{"id":106104,"date":"2018-12-21T15:00:27","date_gmt":"2018-12-21T13:00:27","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=106104"},"modified":"2018-12-24T10:15:52","modified_gmt":"2018-12-24T08:15:52","slug":"margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/","title":{"rendered":"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &#8220;bad hair days&#8221;"},"content":{"rendered":"<p><em>Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &#8220;bad hair days&#8221; deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Magnus Strandholm. Nota: Ek (met vinger-gekamde hare) en Kesha toe ek haar in November ontmoet het.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Toe ek jonk was, was krulhare gewild. En ek het hierdie gier met ope arms omhels. As jy <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontspanning\/blogs\/margaret-gardiner\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">my blog lees<\/a>, dan weet jy ek het \u2019n ding vir hare.<\/p>\n<p>Kyk, ek kla nie sommer oor my hare nie. Dis nou nie juis dik en blink nie, maar ek is gelukkig daarmee. Jy sien, volgens my kriteria is my hare wonderlik.<\/p>\n<div id=\"attachment_106242\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-106242\" class=\"size-medium wp-image-106242\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/youngmargaret-500x533.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &quot;bad hair days&quot;\" width=\"500\" height=\"533\" \/><p id=\"caption-attachment-106242\" class=\"wp-caption-text\">Ek as 17-jarige krulkop<\/p><\/div>\n<p>Ek bedoel dit! In klam weer maak dit groot krulle en omdat ek effe krullerige hare het (wat ek van my ma ge\u00ebrf het en wat my seun by my ge\u00ebrf het) kan ek omtrent enigiets met my hare doen en dit lyk oukei vir die blote oog. En sien, dis hier waar die probleme begin. Want dit wat vir die blote ook oukei lyk, lyk nie noodwendig so goed op kamera nie &#8230;<\/p>\n<div id=\"attachment_106238\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-106238\" class=\"size-medium wp-image-106238\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/janefonda-500x381.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &quot;bad hair days&quot;\" width=\"500\" height=\"381\" \/><p id=\"caption-attachment-106238\" class=\"wp-caption-text\">Goed, my hare lyk nou nie watwonders hier nie &#8211; maar ter verdediging het ek slegs 3 ure geslaap die vorige nag na my seun graadgevang het. Met net oogomlyner, maskara en vliegtuighare as my wapens, het ek gedink ek lyk eintlik heel oukei. En toe sien ek die foto na die tyd &#8230;<br \/>Terloops, my hare lyk s\u00f3 vars uit \u2019n bolla.<br \/>Margaret en Jane Fonda. Foto: Magnus Sundholm.<\/p><\/div>\n<p>Nadat ek die eerste keer met kanker gediagnoseer is en behandeling daarvoor ontvang het, het daar yslike letsels oorgebly. Dit was so erg ek wou nie eers na myself in die spie\u00ebl kyk nie. Ek gebruik dit as verskoning vir hoe my hare die afgelope twee dekades gelyk het. Wanneer jy voor die spie\u00ebl staan en al wat jy sien is \u2019n groot letsel op jou borskas, vergeet jy om na ander dele van jouself te kyk.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-omhels-wie-jy-is\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Margaret se W\u00eareld: Omhels wie jy is<\/a><\/p>\n<p>Mense het al vir my ges\u00ea \u201comhels dit;\u201d \u201cwees lief daarvoor;\u201d \u201c<em>show it off<\/em>.\u201d Dit kom van mense af wat nie deur dieselfde trauma as ek is nie. Die trauma van om wakker te word met vel wat van jou maag gebruik is om die borskas toe te werk. Daarby saam is \u2019n swaar gewig in jou borskas toegewerk om te verseker dat di\u00e9 vel behoorlik heg en aangroei.<\/p>\n<p>Maar nou ja, dis eintlik \u2019n storie vir \u2019n ander dag. Vandag wil ek praat oor my hare.<\/p>\n<p>Omdat ek so bevoorreg was om lieflike hare te h\u00ea, het ek nooit regtig aandag daaraan gegee nie. Dis soos familie. Jy weet hulle is lief vir jou, so jy kan vir hulle die gebo\u00eb en gebroke dele van jouself wys en hoop dat hulle steeds sal lief bly vir jou. En as hulle nie lief bly nie, moet jy oorweeg om \u2019n nuwe familie te vind wat sag genoeg is om vir jou om te gee, maak nie saak wat gebeur nie.<\/p>\n<div id=\"attachment_106240\" style=\"width: 460px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-106240\" class=\"size-medium wp-image-106240\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/margkrul-450x600.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &quot;bad hair days&quot;\" width=\"450\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-106240\" class=\"wp-caption-text\">Ek, pas na my eerste kankerdiagnose en net nadat ek dit teruggekleur het van my blonde eskapade af.<\/p><\/div>\n<p>Wanneer dit voel asof my lewe buite beheer wil ruk, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-emmys-en-hbo-partytjie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">probeer ek om iets aan my lyf te verander<\/a> nadat ek alles anders probeer doen het om vrede te maak met die nuwe verandering in my lewe. Wanneer ek alles anders gedoen het en niks uitgewerk het nie, wanneer daar steeds \u2019n huilerigheid of geweldige skreeustem in my kop is, vertel ek niemand daarvan nie en ek doen ook niks anders nie. Niemand sal die skerwe sien as ek hulle nie daarvan vertel nie. Maar ek verander wel iets aan myself. Dit voel asof ek iets aan my voorkoms kan verander wat dan my denkwyse sal verander wat my sal help om te oorleef.<\/p>\n<p>Soos die keer toe my seun vier jaar oud was en ek kon nie my arms gebruik nie. Wel, nou nie glad nie gebruik nie, maar ek het wel baie pyn in my arms ervaar en ek het gevoel asof ek nie die ho\u00eb standaarde kon bereik wat ek vir myself gestel het nie. Die skreeustemmetjie het te hard in my kop begin raak en ek het al my hare afgesny en dit blond gekleur. Daar is nie baie foto\u2019s van my gedurende daardie tyd nie. Gelukkig nie, want dit het nie watwonders gelyk nie.<\/p>\n<p>Nadat ek my hare gesny en gekleur het, het ek besef dat kort hare twee goed doen.\u00a0Een: Dit neem die sonbeskerming wat dit aan jou nek gebied het weg. En twee: Ek het niks gehad om die letsel op my borskas mee weg te steek nie. So toe laat groei ek maar weer my hare.<\/p>\n<p>Ek het dit langer laat groei, maar niks daarmee gedoen nie. Ek kyk nou terug na foto\u2019s van daardie tyd in my lewe tot nou toe en dit wys net hoe selfbewus ek oor my uiterlike voorkoms was.<\/p>\n<p>Dis seker \u2019n skokkende uitlating komende van \u2019n gewese skoonheidskoningin en internasionale model, n\u00e8. Ek maak sommer \u2019n grappie, maar dit bevat tog waarheid. Om eerlik te wees, ek het baie hard probeer dat niemand foto\u2019s van my neem nie en selfs wanneer daar foto\u2019s van my geneem is, het ek alles vergeet wat ek eintlik moes weet.<\/p>\n<div id=\"attachment_106236\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-106236\" class=\"size-medium wp-image-106236\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/brosnan-500x405.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &quot;bad hair days&quot;\" width=\"500\" height=\"405\" \/><p id=\"caption-attachment-106236\" class=\"wp-caption-text\">Hey! Ek het eintlik hier probeer &#8211; wie sou nie ekstra moeite doen vir \u2019n voormalige 007 nie? (My geheim: \u2019n Versagtingsjel en Bumble &amp; Bumble-haarsproei)<br \/>Margaret en Pierce Brosnan. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.<\/p><\/div>\n<p>Elke nou en dan in die twee dekades na hierdie gebeurtenis het ek \u2019n pragtige gladde haredos. Maar oor die algemeen kan jy sien dat ek nou nie juis te lank in die spie\u00ebl gestaar het voor ek by die deur uit is nie. Ek sou begin droogmaak aan my hare en dan voor dit nog gereed is, is ek woerts by die deur uit en in die kar.<\/p>\n<p>Elke nou en dan krul ek ook my hare, sommer vir \u2019n verandering. Soos in regte groot krulle met haarkrullers en nie met \u2019n krultang nie. Ek is \u2019n bietjie uit oefening hiermee, so ek het vooraf geen idee hoe die eindproduk gaan lyk nie! Dit vat tyd, jy weet. En my kop is gewoonlik op \u2019n duisend ander plekke. En my lewe is lekker interessant, so my redenasie is dat as ek 30 minute aan my hare spandeer, het ek myself van daardie 30 minute op iets anders wat lekker is ontneem, en daar is regtig niks wat ek daarvoor wil prysgee nie. Maar elke nou en dan het ek \u2019n dag soos die keer wat ek \u2019n onderhoud gevoer het met <strong>Yvonne Strahovski<\/strong> van <em>The Handmaid\u2019s Tale<\/em>, waar ek besluit om my hare te krul.<\/p>\n<p>Indien jy nie weet nie (en omdat ek minder as 200 volgelinge op YouTube het, reken ek dat\u00a0<em>niemand<\/em> weet nie), het <a href=\"http:\/\/www.youtube.com\/channel\/UC1yd1WWOOKRGapaP71wxZjA\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">ek \u2019n YouTube-kanaal geskep<\/a> waar ek met bekendes oor hul nuutste rolle gesels, asook ander belangrike kwessies, soos die veranderinge in geslagsrolle, gesinstyd, en hul klerekaskeuses.<\/p>\n<p>Ons kry nagenoeg 3-5 minute vir hierdie tipe onderhoude. Dis nou nie juis vir diep gesprekke nie, maar ek geniet dit baie. Ek probeer altyd \u2019n vraag inwerk oor hul karakters en hul lewens. Uit die minder-as-200-volgelinge wat ingeteken het op my kanaal (terloops, baie dankie indien jy het, ek is so dankbaar en dink aan maniere om my dankbaarheid te toon), kry ek darem wel komplimente.<\/p>\n<p>Maar die oorgrote meerderheid van die w\u00eareld toon geen belangstelling in my gesprekke met mense soos <strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/luister-margaret-gardiner-gesels-met-charlize-theron\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Charlize Theron<\/a>, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/nicole-kidman-sag-maar-sterk\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Nicole Kidman<\/a><\/strong> en <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-onderhoud-met-john-david-washington\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>Spike Lee<\/strong><\/a> nie. Ek is effe stomgeslaan oor hierdie totale tekort aan belangstelling van mense om na sulke onderhoude met fassinerende persoonlikhede te kyk en iets te leer van hierdie mense en hoe hulle hul rolle aanpak.<\/p>\n<p>Byvoorbeeld, een van die akteurs in <em>Gilmore Girls<\/em> en <em>Mike and Molly<\/em>, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/melissa-mccarthy\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>Melissa McCarthy<\/strong><\/a>, het een van daardie werklike unieke stories gedeel oor grootword waar jy iets heel onskuldig (maar heeltemal verkeerd!) doen en hoe haar ma te werk gegaan het om haar die regte maniere te leer. Dis \u2019n wonderlike storie! En net minder 200 mense het daarna gekyk. Jy moet dit nou in konteks stel. Die meeste ander mense se videos kry ongeveer 20 000 besoekers. Ek \u2013 minder as 200.<\/p>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"615\" height=\"350\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/TR3cWeZLgTA\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Nou, ek is nou besig om hierdie lang storie oor my hare en my totale tekort aan volgelinge te skryf om tot die punt van my bloginskrywing te kom.<\/p>\n<p>Omdat ek self die video\u2019s vir my YouTube-kanaal moet redigeer moet ek na opnames van myself staar \u2013 en dan raak ek verveeld met my voorkoms. Eerstens, om jouself langsaan van die mooiste vroue op aarde te sien terwyl jy swoeg aan die finale video is nie iets wat enige volwasse vrou by haar volle sinne sal kies om te doen nie. (S\u00ea! Dis dalk hoekom niemand ingeteken het tot my YouTube-kanaal nie!). Maar tog, terwyl jy besig is om seker te maak dat die dialoog en die video gesinkroniseerd is, rus jou o\u00eb op die mense met wie jy die onderhoud voer. Miskien gebeur dit as gevolg van my loopbaan as model waar hulle jou soos iemand anders laat lyk, is ek daarop ingestel om te kyk na mense wat vir \u2019n slag net soos hulself lyk.<\/p>\n<p>Ek hou daarvan om met my voorkoms te eksperimenteer. Ek hou daarvan om met vorm en kleur te speel. Soms werk dit. Soms nie &#8230;<\/p>\n<p>So terug by my onderhoud met<strong> Yvonne Strahovski<\/strong>. Ek was nogal moeg na \u2019n propvol skedule en ek was veronderstel om \u2019n breek te neem, maar toe ek hoor dat Yvonne bereid was om onderhoude te gee, het ek dadelik gevra of ek ook kan deelneem. Ek is mal oor <em>The Handmaid&#8217;s Tale<\/em> want dit handel oor die nagevolge van om net goed te laat gaan sonder om iets daaraan te doen nie \u2013 tot dit te laat is. Dit handel ook oor die teenstellende kragte wat binne een persoon kan bestaan.<\/p>\n<p>Ek was ook \u2019n groot aanhanger van die reeks <em>Chuck<\/em> (waarin sy \u0149 hoofrol gespeel het). Ek en my seun het dit slaafs gekyk gedurende sy vroe\u00eb tienerjare. Wie sou daardie jare kon raai watter wonderlike werk sy sou verrig in die daaropvolgende jare? Boonop is die #MeToo-beweging wat so relevant in die huidige klimaat so nou verband aan die onderwerp van <em>The Handmaid\u2019s tale.<\/em><\/p>\n<p>So, lang storie kort, ek wou baie graag \u2019n onderhoud met Yvonne voer.<\/p>\n<p>Op die dag van die onderhoud het my alarm my darem betyds wakker gemaak. Sommer vir die lekkerte het ek besluit om my hare te krul. Met warm krullers en \u2019n bietjie haarsproei. \u00c9n ek wou iets nuuts met my grimering probeer.<\/p>\n<p>Ek het gaan stort en die krullers in my hare gedraai. Intussen het ek rondgeslenter en navorsing oor haar gedoen en toe my grimering aangewend.<\/p>\n<p>En dis hier iewers wat als begin skeefloop het.<\/p>\n<p>Ek gebruik normaalweg niks met blinkertjies nie, maar ek het \u2019n bleek Maybelline blinkpers-oogskadu aan my boonste ooglid aangewend. Oe! Ek het baie van hierdie verandering gehou! Ek het hierdie verandering geniet. In retrospek moes ek hier my oogpotlood neersit.<\/p>\n<p>Maar jy sien, ek is van die mening dat as jy van iets hou, moet jy dit volledig omhels. Wel, uhm, nuusflits: Sekere goed moet nie met soveel oorgawe omhels word nie. Ek het sedertdien alweer hierdie grimering meer (hoe sal ek dit stel?) <em>strategies<\/em> gebruik met pragtige resultate. Maar daardie oggend. Wel. <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=4aOoVbhkOYo\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kyk maar self na die video<\/a>.<\/p>\n<p>Die krulle het soos Shirley Temple-krulletjies uitgekom. Sulke klein ou ringetjies wat die lengte van my hare verkort het en sulke ringklompies om my kop in \u2019n bisarre halo geskep. Dit was absoluut fassinerend! Wie is hierdie vrou in die spie\u00ebl voor my?<\/p>\n<p>Ek het \u2019n truitjie van Zara gegryp \u2013 \u2019n rooie \u2013 en \u2019n ontwerperrompie \u2013 ook rooi \u2013 om aandag van die krulledos af te lei. En teryl ek my swart Jimmy Choo\u2019s aangeglip het, was ek vasgenael voor die spie\u00ebl, voor hierdie verskynsel wat niks soos ek lyk nie en terselfdertyd tog presies soos ek gelyk het.<\/p>\n<p>Ek het my vingers deur my hare getrek om ten minste te probeer om die krulle los te trek en om my hare \u2019n bietjie langer te laat lyk. Dit het nie goed gelyk nie. Dit is juis die rede hoekom ek nooit iets nuuts probeer op die dag van \u2019n belangrike geleentheid nie. Ek oefen altyd eers voor die tyd. Lyk my ek het dit daardie dag vergeet: Dit was \u2019n duidelike geval van \u201c<em>do what I say and not what I do!<\/em>\u201d. Sjoe.<\/p>\n<p>Ek het Beverly Hills toe gery met oop vensters met die hoop dat die vars briesie die krulle sou versag. Ek het soos ons Nicky, my hondjie van my kinderjare, gevoel. Wanneer ons iewers heen gery het, het Nicky sy kop by die venster uitgesteek en sy tong het heerlik in die wind geflap, hondespoeg orals! Gelukkig het my tong nie uitgehang nie en niks speeksel het oor my lippe ontsnap nie!<\/p>\n<p>Ek het by die stel aangekom en oor die marmervoorportaal geloop, al klikkende in my hakskoene, oppad badkamer toe om die skade te assesseer. Die wind het tog gehelp, maar net nie soveel soos ek graag sou wou h\u00ea nie. Ek moes regtig nie soveel haarsproei gebruik het nie, het ek gedink. Ook nie soveel blinkerpers-oogskadu nie.<\/p>\n<p>Ek het aan my hare getrek en aan die blinkers gevee. In my rooi uitrusting het ek \u2019n bietjie soos \u2019n Kersboom gevoel: Glinsterend met hare soos goue\u00a0<em>tinsel<\/em> wat om my kop skyn en oorbelle wat soos versierings hang. Hmmm.<\/p>\n<p>Nou ja, ek sou binnekort voor \u2019n kamera verskyn vir my minder-as-200-volgelinge. Ek het gou die positiewe teen die negatiewe geweeg.<\/p>\n<p>Die goeie deel van die onderhoud was dat die vrae uitstekend was. Dit sou werklik \u0149 wonderlike gesprek wees. Die slegte deel? Wel, hoe ek lyk.<\/p>\n<p>Die ander goeie deel? Niemand het ingeteken tot die onderhoud nie. Die slegte deel? My voorkoms.<\/p>\n<p>Die goeie deel? Ek het iets gedoen wat vir my baie lekker is en waarvoor ek lief is. Die slegte deel? Almal saam hierdie keer: My voorkoms!<\/p>\n<p>Ek het histeries begin giggel en dit toe weggesug. Soms word ons wense nie verwesenlik nie. As ek nie hierdie kanaal in die eerste plek begin het nie, sou ek beslis nie nou in hierdie penarie wees nie!<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-106237 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/IMG_3727-500x376.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &quot;bad hair days&quot;\" width=\"500\" height=\"376\" \/><\/p>\n<p>Nee, wat! Kom ons maak asof ek nooit dit ges\u00ea het nie.<\/p>\n<p>Om te vra vir dit wat jy wil h\u00ea \u00e9n om dit boonop dan te kry is \u2019n gawe en voorreg. Om in die openbaar iets te probeer, al misluk jy en niemand skryf in tot jou gratis kanaal nie, wel, dis hoe die lewe werk. As ons net goed gedoen het wat ons geweet het sal werk, sou ons dan kon groei? Om in die openbaar te faal vra vir baie meer moed. Om iets in die openbaar op die ouderdom van 59 te probeer? Meeste mense sou jou aanraai om net op te hou. Waarom sal jy nou wil aangaan? Waarom waag? Waarom enigsins probeer? Hoekom tree jy nie net af nie?<\/p>\n<p>Terwyl ek daardie mening verstaan, voel ek dat dit is soos die keer wat ek al my hare afgesny het en dit blond gekleur het omdat ek gesukkel het met \u2019n klein seuntjie wat so graag \u2019n hondjie wou h\u00ea, en \u2019n herstelproses van kanker \u00e9n arms wat so seer is dat jy hulle nie eens kan gebruik nie. Dis so seer dat jy nie krag het om die hondjie te versorg nie. Dis so seer jy kan nie eens die oulike woefie optel en vashou nie. Jy kan skaars wakker word in die oggende en sien nie kans om die w\u00eareld aan te pak nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-sulke-dae\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Margaret se W\u00eareld: Ons het almal sulke dae &#8230;<\/a><\/p>\n<p>So jy gee noodgedwonge die hondjie weg aan \u2019n huis wat beter vir hom kan sorg. En jy breek jou vierjarige se hart in die proses. Maar jy weet jy kan nie anders nie. Jy. Kan. Dit. Net. Nie. Doen. Nie. Jy kan net nie. Jy het jou bes probeer.<\/p>\n<p>Mislukking is iets wat ons almal geleer word om te vermy. Ek is bevoorreg dat ek baie suksesse in my lewe kon behaal, maar dis die mislukkings wat gemaak het dat ek \u2019n oomblik stilstaan. Hierdie YouTube-rekening is soos <strong>Kevin Costner<\/strong> se fliek <em>The Field of Dreams<\/em>. As jy dit skep, sal hulle kom. Maar wat doen jy as jy iets skep en niemand kom nie? Wat doen jy as jy die hondjie moet weggee en nie seker is wat daarvan sal word nie, maar jy kan onder die omstandighede net nie alles hanteer nie? Wat gebeur as jy iets soos \u2019n YouTube-kanaal skep met toptalent daarop, dis gratis en niemand teken in nie?<\/p>\n<p>Dit lyk dalk asof hierdie goed nie verband hou met mekaar nie. Hulle het nie. Maar wanneer die heelal jou forseer om sekere waarhede te leer, wat doen ons? Ek? Ek doen \u2019n <em>cost-benefit analysis<\/em>.<\/p>\n<div id=\"attachment_106241\" style=\"width: 410px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-106241\" class=\"size-medium wp-image-106241\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/rooirok-400x600.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &quot;bad hair days&quot;\" width=\"400\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-106241\" class=\"wp-caption-text\">Ek, vroe\u00ebr vanjaar voor my operasie. Iemand het my hare gedoen &#8211; hulle het dit gekrul &#8211; en ek is so dankbaar daarvoor. Dit lyk soos wanneer ek my hare met my vingers kam. Dis ook, terloops, die voorkoms wat ek probeer skep het in my onderhoud met Yvonne &#8230;<\/p><\/div>\n<p>In die hondjie se geval het ek regtig so lank aan die ou brakkie geklou as wat ek kon. Toe ek nie meer kon nie, het \u2019n top-vervaardiger aangebied om die hondjie te vat. Die hondjie is hondeskool toe en lewe nou regtig \u2019n gemaklike lewe in \u2019n huis met \u2019n uitsig oor die Beverly Hills!<\/p>\n<p>Die seuntjie sal natuurlik altyd onthou dat ek sy hondjie weggegee het, maar ek hoop net hy fokus eerder daarop en nie op die feit dat sy ma te swak was om goed op te tel nie, en oornag haar hare afgeknip het en blond gekleur het nie! Waneer hy sy eie lewe lei kan hy weer \u0149 hondjie kry en lief wees daarvoor soos hy wou toe hy klein was en sy ma siek was.<\/p>\n<p>En nou, ek met my YouTube-kanaal en minder-as-200-volgelinge op my YouTube-kanaal? Ek het die luukse om iets te kan doen waarvoor ek baie lief is, om te leer soos ek aangaan, om geweldig te misluk en om steeds dit te wil doen. Wie\u2019t ges\u00ea ons moet net goed doen wat sukses belowe?<\/p>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"615\" height=\"350\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/4aOoVbhkOYo\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n<p>So, op daardie oggend met my persblinkergrimering en krullekransie wat \u0149 lewe van sy eie gehad het, het ek oorkant <strong>Yvonne Strahovski<\/strong> gaan sit. Ek het vergeet oor hoe ek lyk, wie dit sal sien, en hoeveel mense dit sou sien. Ek het eerder \u2019n fassinerende gesprek gehad met \u2019n vrou wat ek met baie positiewe herinneringe assosieer, omdat ek en my seun altyd lekker gesels het wanneer ons saam <em>Chuck<\/em> gekyk het. Met \u2019n beeldskone vrou wat maklik onderskat sou wees as gevolg van haar aantreklike Pools-Australiese voorkoms. \u2019n Vrou wat onlangs ma geword het en steeds opgedaag het om \u2019n projek te bemark waarop sy trots is.<\/p>\n<p>Dus, toe ek die video uiteindelik sien, het ek met sagter o\u00eb na myself gekyk. Want dit wat my bygebly het was die goeie gesprek en die trots wat ek gevoel het dat ek kon deelneem daaraan. \u2019n Gevoel van deernis het oor my gespoel vir hierdie vrou wat op 59 steeds nuwe goed probeer en eerder die proses geniet as die eindproduk. So ja, ek het minder as 200 volgelinge op my kanaal, maar ek is lief vir hierdie gesprekke wat \u2019n teer oomblik kan skep waar jy die persoon agter die beeld sien.<\/p>\n<p>Beelde is maklik om te volhou, maar daar is geen buigbaarheid daaraan nie. Krake wys nie. \u2019n Yslike beeld van perfeksie word voorgegee, maar inderwaarheid groei jy dan glad nie.<\/p>\n<p>My waarheid is dat die lewe deurmekaar is. Goed gebeur. En my hare weerspie\u00ebl die ware ek. Soms is dit glad en perfek. En ander kere? Wel, andere kere lyk ek soos die keer wat ek \u2019n onderhoud met Yvonne gevoer het!<\/p>\n<p>Die lewe gaan oor dit wat jy doen en dit sluit die plesier en die pyn in. Die stresfrakture vorm jou en die besluite wat jy moet neem en niemand anders behalwe jy kan dit verstaan nie. Dit gaan daaroor om iets vierkantig in die o\u00eb te kyk en jou bes te doen. En om jouself te vergewe wanneer jy misluk, want op die ou einde het ons almal \u201c<em>bad hair days<\/em>\u201d.<\/p>\n<p><em>xx Margaret<\/em><\/p>\n<p>NS Indien jy wil sien wat my minder-as-200-intekenaars geniet, klik op die skakel en volg my. Ek hoop jy geniet die onderhoude soveel as wat ek geniet om hulle te voer! \ud83d\ude42 En indien nie, is dit ook oukei \u2013 geniet die reis waarop dit jou geneem het en dankie dat jy \u2019n oomblik geneem het om my inskrywing te lees. Ek is so dankbaar vir jou tyd.<\/p>\n<p>Hier is <a href=\"http:\/\/www.youtube.com\/channel\/UC1yd1WWOOKRGapaP71wxZjA\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">my YouTube-kanaal<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie\u2019t ges\u00ea ons moet net goed doen wat sukses belowe? Margaret Gardiner gesels oor die &#8220;bad hair days&#8221; van die lewe &#8230; <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":106239,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682,52505,3476],"tags":[3434,4396,23450,24339,60524,35,147,998,1384,1387,1389],"class_list":["post-106104","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-margaret-gardiner","category-ontspanning","tag-ons-mense","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-local-celebs","tag-margaret-se-wereld","tag-blogs","tag-bekendes","tag-vermaak","tag-fashion","tag-celebs","tag-beauty"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &quot;bad hair days&quot; | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Wie\u2019t ges\u00ea ons moet net goed doen wat sukses belowe? Margaret Gardiner gesels oor die &quot;bad hair days&quot; van die lewe ... Klik hier.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &quot;bad hair days&quot; | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Wie\u2019t ges\u00ea ons moet net goed doen wat sukses belowe? Margaret Gardiner gesels oor die &quot;bad hair days&quot; van die lewe ... Klik hier.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-12-21T13:00:27+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-12-24T08:15:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/kesha-e1545396640494.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1409\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"18 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &#8220;bad hair days&#8221;\",\"datePublished\":\"2018-12-21T13:00:27+00:00\",\"dateModified\":\"2018-12-24T08:15:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/\"},\"wordCount\":3550,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/kesha-e1545396640494.jpg\",\"keywords\":[\"ons mense\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"local celebs\",\"margaret se wereld\",\"blogs\",\"bekendes\",\"Vermaak\",\"fashion\",\"celebs\",\"beauty\"],\"articleSection\":[\"Blogs\",\"Margaret se W\u00eareld\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/\",\"name\":\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal \\\"bad hair days\\\" | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/kesha-e1545396640494.jpg\",\"datePublished\":\"2018-12-21T13:00:27+00:00\",\"dateModified\":\"2018-12-24T08:15:52+00:00\",\"description\":\"Wie\u2019t ges\u00ea ons moet net goed doen wat sukses belowe? Margaret Gardiner gesels oor die \\\"bad hair days\\\" van die lewe ... Klik hier.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/kesha-e1545396640494.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/kesha-e1545396640494.jpg\",\"width\":1409,\"height\":1000,\"caption\":\"Kesha. Photo: Magnus Sundholm for the HFPA.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &#8220;bad hair days&#8221;\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal \"bad hair days\" | rooi rose","description":"Wie\u2019t ges\u00ea ons moet net goed doen wat sukses belowe? Margaret Gardiner gesels oor die \"bad hair days\" van die lewe ... Klik hier.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal \"bad hair days\" | rooi rose","og_description":"Wie\u2019t ges\u00ea ons moet net goed doen wat sukses belowe? Margaret Gardiner gesels oor die \"bad hair days\" van die lewe ... Klik hier.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-12-21T13:00:27+00:00","article_modified_time":"2018-12-24T08:15:52+00:00","og_image":[{"width":1409,"height":1000,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/kesha-e1545396640494.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"18 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &#8220;bad hair days&#8221;","datePublished":"2018-12-21T13:00:27+00:00","dateModified":"2018-12-24T08:15:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/"},"wordCount":3550,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/kesha-e1545396640494.jpg","keywords":["ons mense","Ontspanning","entertainment","local celebs","margaret se wereld","blogs","bekendes","Vermaak","fashion","celebs","beauty"],"articleSection":["Blogs","Margaret se W\u00eareld","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/","name":"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal \"bad hair days\" | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/kesha-e1545396640494.jpg","datePublished":"2018-12-21T13:00:27+00:00","dateModified":"2018-12-24T08:15:52+00:00","description":"Wie\u2019t ges\u00ea ons moet net goed doen wat sukses belowe? Margaret Gardiner gesels oor die \"bad hair days\" van die lewe ... Klik hier.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/kesha-e1545396640494.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/kesha-e1545396640494.jpg","width":1409,"height":1000,"caption":"Kesha. Photo: Magnus Sundholm for the HFPA."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-ons-het-almal-bad-hair-days\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Margaret se W\u00eareld: Ons het almal &#8220;bad hair days&#8221;"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/106104","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=106104"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/106104\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/106239"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=106104"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=106104"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=106104"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}