{"id":105820,"date":"2018-12-21T08:54:38","date_gmt":"2018-12-21T06:54:38","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=105820"},"modified":"2019-09-03T17:24:03","modified_gmt":"2019-09-03T15:24:03","slug":"bloublasie-raad-hulp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/","title":{"rendered":"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies"},"content":{"rendered":"<p><em>Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: istock\/<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/Alina_McCullen?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Alina McCullen<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>#rrGesondheid\u00a0\u00a0<\/strong>Gebrand deur &#8216;n bloublasie? <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-beste-noodhulp\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Hier is die kortpadskakel na noodhulp vir &#8216;n bloublasiebrand<\/a>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Het jy geweet? Bloublasies wat saam uitspoel is almal \u00f3f links \u00f3f regs. S\u00f3 s\u00ea die Australiese Museum in Sydney.<\/p>\n<p>As jy mooi kyk na al die vars bloublasies op die brandersoom sal jy sien dat die stringknoop waar dit aan die blasie heg byna almal aan dieselfde kant van die middelrif sit: \u00f3f regs \u00f3f links.<\/p>\n<p>In die oop oseaan is daar min of meer ewe veel regse en linkse bloublasies in elke armade, soos \u2019n &#8220;vloot&#8221; bloublasies (of <em>Portuguese man-of-war<\/em>, of<em>\u00a0bluebottles<\/em> in Engels) genoem word.<\/p>\n<p>Hoekom sien jy dan net een tipe op die sand l\u00ea? Die windrigting bepaal of die linkses of regses uitgespoel word. Dit is Moeder Natuur se manier om te verseker die hele armade nie deur een windstorm na \u2019n gewisse landsdood gejaag word nie. Slim, n\u00e8!<\/p>\n<p>Wanneer bloublasies na \u2019n winderige dag uitspoel, kan jy jouself aan die delikaatheid daarvan verkyk \u2013 aan die deursigtige blasie met sy indigo-blou riffie, en die akwakleurige tentakels wat meters ver elegant en onge\u00ebrg deur die waters wieg en swink.\u00a0 Broos maar braaf genoeg vir die oseane van die ganse w\u00eareld. En altyd met die blink kant bo, selfs tot op die laaste. Bloublasies is \u2019n mooi voorbeeld vir ons &#8211; maar giftig ook.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan jy sterf van \u2019n bloublasiebrand?<\/h4>\n<p>Nee wat. Maar dit het al gebeur, moet ons bys\u00ea.\u00a0In Januarie 2012 is die 58-jarige Roland Singh oorlede na \u2019n bloublasie by die Strand hom raak geslaan het \u2013 sover bekend die enigste geval in ons land.<\/p>\n<p>Wikipedia gee \u2019n lys van mense wat weens kontak met bloublasies en jellievisse in Australi\u00eb oorlede is. Die rekord, wat van 1883 bygehou word, lys net drie bloublasiesterftes in 135 jaar.<\/p>\n<p>Ons hoor nie sommer van bloublasiesterftes langs die kuswaters van ander kontinente nie, waaruit mens seker mag aflei dat bloublasies eerder lastig as gevaarlik is.<\/p>\n<p>Miskien verklaar dit waarom min behoorlike navorsing oor hulle gedoen word \u00e9n hoekom ons in die war bly oor die beste manier om \u2019n bloublasiebrand te behandel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Waar sit die gif van \u2019n bloublasie?<\/h4>\n<p>Ja, soos jy verneem het sit dit in die blou &#8220;toue&#8221; of tentakels.<\/p>\n<p>Die werking van die gifselle is kompleks en interessant \u00e9n bepaal hoe jy \u2019n bloublasiebrand moet hanteer.<\/p>\n<p>Die hele lengte van elke tentakel is oordek met nematosiste, soos bloublasies se gespesialiseerde gifselle genoem word. Hulle is in groepies gerangskik wat batterye genoem word.<\/p>\n<p>Gif kom inderdaad in klein pakkies, dus. Die Australian Museum verduidelik dat elke gifsel maar net 0.001 mm in deursnit is. \u2019n Gifsel lyk soos \u2019n hol bolletjie met weerhakies en \u2019n gifnaald binne-in. \u2019n Dekseltjie sluit die bolletjie dig. Die dekseltjie is druksensitief. Selfs net \u2019n klein bietjie druk, soos as die water se beweging dit teen \u2019n vissie (of jou kuit) slaan, laat dit oopwip. Die bolletjie dop buitentoe uit, die weerhakies laat die gifsel tot 1 mm diep in die vel van die prooi inplant, en die angel spuit sy gif uit.<\/p>\n<p>Op elke tentakel is dermiljoene gifselle, maar gelukkig is net party onmiddellik aktief. Die Universiteit van Hawaii bereken dat maar net 1% van die nematosiste met die eerste kontak aktiveer. Vermoedelik is party nog nie volwasse nie, of het hulle reeds hul gif in vorige jagpogings uitgestort.<\/p>\n<p><strong>Maar \u2013 en dit is hoekom die regte hantering na kontak so belangrik is \u2013 tot 50% van die gifselle kan met enige verdere stimulasie hul gif vrystel.<\/strong> Laboratoriumwerk wys dat hulle tot 24 uur lank reageer op stimulasie. Daardie brand kan w\u00e9\u00e9r begin. En al brand dit nie kan die gifselle jou oor die volgende paar uur nog gif toedien \u2013 net so \u2019n aaklige gedagte. Daarby is ons dosis-sensitief vir bloublasiegif. Hoe meer gif jy ontvang hoe erger is jou reaksie daarop.<\/p>\n<p>Die punt is dat jy die enige verdere blootstelling aan die gif wil vermy. Ons moet dit op twee fronte teenwerk, s\u00ea die Hawaiiese navorsers. Buiten dat ons moet keer dat meer gifselle geaktiveer word, kan ons ook die gif self inaktiveer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_106166\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-106166\" class=\"size-medium wp-image-106166\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/iStock-664350698-500x334.jpg\" alt=\"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies\" width=\"500\" height=\"334\" \/><p id=\"caption-attachment-106166\" class=\"wp-caption-text\">IDANIA LE VEXIER\/istock<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wat help teen \u2019n bloublasie se gif en gifselle?<\/h4>\n<p>Dit is beslis waar al die verwarring inkom. Die rate en selfs amptelike prosedures reik van grillerig (&#8220;kom ek piepie gou daarop&#8221;) tot teenstrydig. Hier is die gewildstes &#8211; reg en sleg:<\/p>\n<ul>\n<li>Die ou mense s\u00ea <strong>giet asyn oor<\/strong>.<\/li>\n<li>Sedert die 1980s is die amptelike noodhulpriglyn w\u00eareldoor egter dat asyn vermy moet word en selfs die brand kan vererger.<\/li>\n<li>Jy moet liewer aluminiumsulfaat opsit \u2013 met ander woorde \u2019n bakpoeier-en-water pasta of \u2019n middel soos Stingose.<\/li>\n<li>Ander s\u00ea weer dat die drade met <strong>seewater<\/strong> afgespoel moet word.<\/li>\n<li>Nee, s\u00ea nog \u2019n ewe oortuigde groep, vars water is beter.<\/li>\n<li>Uit \u2019n biochemiese oogpunt klink yspakke en koue water logies, want koue onderdruk chemiese reaksies en sal dus die gif minder aktief maak.<\/li>\n<li>Nee, nee, <strong>warm water<\/strong> is die beste, s\u00ea wat dit al probeer het.<\/li>\n<li>Gooi Coke oor &#8211; of bier, of brandewyn<\/li>\n<li>Daar is selfs raad dat jy oor die vel met \u2019n mes of bankkaart moet skraap, om die agterblywende angels af te skraap.<\/li>\n<li>En laastens is daar die eg Suid-Afrikaanse brigade wat by <strong>Robertson\u2019s Meat Tenderizer<\/strong> sweer.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasiebrand-meat-tenderizer-boereraat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Help hierdie boereraat vir bloublasiebrande?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Gelukkig het die Universiteit van Hawaii die saak nagevors en die volgende vas gestel:<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>1 Tyd tel<\/strong><\/p>\n<p>Hoe langer jou vel in kontak met die tentakels is, hoe groter is die kans dat meer gif vrygestel word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>2 Moenie die vel druk of vryf nie &#8211; veral nie met sand nie<\/strong><\/p>\n<p>Selfs net die ligste bietjie druk aktiveer die agterblywende nematosiste. Druk kan tot drie keer meer van hulle stimuleer om gif vry te stel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>3 Spoel die drade dadelik af &#8211; asyn is tog die beste vir bloublasiebrand<\/strong><\/p>\n<p>Spoelmiddels kan die gifselle en hul gif \u00f3f aktiveer \u00f3f selfs deaktiveer. Die span het \u2019n rits van die bekende rate vergelyk en gevind dat outydse asyn die heel beste van al die spoelmiddels werk. Dit stel die gifsel onskadelik \u00e9n inaktiveer sy gif byna volkome \u2013 twee vlie\u00eb met een klap.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>4 Alle soorte asyn help teen bloublasies<\/strong><\/p>\n<p>Enige asyn \u2013 mout, appel, wyn, bruin of wit \u2013 werk, mits dit nie verdun word nie.<\/p>\n<p>Noodhulpmiddel uit die apteek soos Lidocaine en Sting No More (nie hier beskikbaar nie) was nie doeltreffender as asyn nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>5 Hitte help uitstekend teen bloublasiebrand<\/strong><\/p>\n<p>Die ondersoek kon ook die koue-vs-hitte-debat uitsorteer. Twintig minute se kontak met koue water het meer as dubbeld die aantal gifselle geaktiveer, in vergelyking met kamertemperatuur. Die tweede verrassing was hoe sleg koue met hitte vergelyk: koue vir veertig minute het meer as 100 keer soveel gifselle geaktiveer as hitte. Die span vermoed dat koue die gif doeltreffender laat werk.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>6 Seewater help niks. Maar dit is beter as vars water<\/strong><\/p>\n<p>Seewater aktiveer nie die gif nie maar deaktiveer dit ook nie. Dit is dus nie nadelig nie maar dit help jou ook nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>7 Hierdie\u00a0popul\u00eare middels teen bloublasiebrand help niks en is selfs skadelik<\/strong><\/p>\n<p>Jy het vir seker as gehoor dat uriene, skeerroom en bakpoeier help. Die navorsers het die gewilde rate vergelyk en hulle so gerangskik in volgorde van taamlik\u00a0nutteloos tot selfs gevaarlik:<\/p>\n<ul>\n<li>skottelgoedseep<\/li>\n<li>vars water<\/li>\n<li>Coke<\/li>\n<li>magnesiumsulfaat (Stingose, pasta van water en bakpoeier)<\/li>\n<li>skeerroom<\/li>\n<li>suurlemoensap<\/li>\n<li>kommersi\u00eble soutwater (saline)<\/li>\n<li>uriene en<\/li>\n<li>alkohol.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit is inderdaad gevaarlik om alkohol en uriene oor bloublasiebrandwonde te giet omdat hulle die vrystelling van die gif aanhelp. Die navorsingspan het gevind dat hoe meer alkohol in \u2019n drank is, hoe gevaarliker is dit as spoelmiddel teen bloublasiebrand. So is brandewyn, whisky, tequila of vodka selfs nadeliger as gewone wyn of bier.<\/p>\n<p>En wat van Robertson&#8217;s Meat Tenderizer vir bloublasiebrand? <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasiebrand-meat-tenderizer-boereraat\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Lees hier<\/a>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Nog interessanthede omtrent bloublasies<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Eintlik is \u2019n bloublasie <strong>\u2019n vierling<\/strong>. Jy sien net een diertjie, maar volgens die Universiteit van Hawaii bestaan \u2019n bloublasie eintlik uit vier diertjies wat \u2019n maag en seunuweestelsel deel. Die opsigtelikste is die blasie, of pneumatofoor met sy riffie, wat die groepie bo die water hou. Die tentakel is eintlik \u2019n daktiloso\u00efed, wat die kos opspoor, vang, en bring na die gastroso\u00efed, wat die vertering beheer en sorg dat al vier gevoed word. Die gonoso\u00efed sorg vir voortplanting van almal.<\/li>\n<li>Daar is tekens dat die <strong>getalle bloublasies toeneem<\/strong>, volgens Italiaanse syfers. Niemand weet of dit te doen het met klimaatsverandering of die versouting van die see nie.<\/li>\n<li>Al is bloublasies giftig, is hulle <strong>smulkos vir ander<\/strong> seediertjies, soos die periwinkelslak wat baie algemeen op ons strande net onder die sand naby brandersoom leef, terwyl die sonvis en seeskilpaaie dieper in die oseane hulle jag.<\/li>\n<li>Daar is twee spesies bloublasies, maar vir praktiese doeleindes is hulle ewe giftig.<\/li>\n<\/ul>\n<h4><\/h4>\n<h4><\/h4>\n<p><strong>Hoofbron<\/strong><\/p>\n<p>Lees die <a href=\"https:\/\/www.ncbi.nlm.nih.gov\/pmc\/articles\/PMC5450697\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">oorspronklike navorsingartikel hier\u00a0<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Byna niemand sterf van bloublasiegif nie. Maar dat dit vir &#8216;n uur of so brand soos vuur is &#8216;n feit. As jy hierdie seediertjie sy gifangel kan vergeef, is die storie agter bloublasiegif en die regte raad vir &#8216;n bloublasie se brand baie interessant.<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":106167,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,2450,2792,23664,64408,64410,64436,64437,64438],"class_list":["post-105820","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-noodhulp","tag-leef-gesond","tag-health","tag-bloublasie","tag-eerstehulp","tag-brand","tag-gif","tag-seevakansie"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Byna niemand sterf van bloublasiegif nie. Maar dat dit vir &#039;n uur of so brand soos vuur is &#039;n feit. Hier is wat jy moet weet oor bloublasies.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Byna niemand sterf van bloublasiegif nie. Maar dat dit vir &#039;n uur of so brand soos vuur is &#039;n feit. Hier is wat jy moet weet oor bloublasies.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-12-21T06:54:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2019-09-03T15:24:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/iStock-914320300.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"724\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"483\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies\",\"datePublished\":\"2018-12-21T06:54:38+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-03T15:24:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/\"},\"wordCount\":1496,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/iStock-914320300.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"noodhulp\",\"leef gesond\",\"health\",\"bloublasie\",\"eerstehulp\",\"brand\",\"gif\",\"seevakansie\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/\",\"name\":\"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/iStock-914320300.jpg\",\"datePublished\":\"2018-12-21T06:54:38+00:00\",\"dateModified\":\"2019-09-03T15:24:03+00:00\",\"description\":\"Byna niemand sterf van bloublasiegif nie. Maar dat dit vir 'n uur of so brand soos vuur is 'n feit. Hier is wat jy moet weet oor bloublasies.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/iStock-914320300.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/12\\\/iStock-914320300.jpg\",\"width\":724,\"height\":483,\"caption\":\"man-o-war on the sand with the ocean and morning sky in the background\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/bloublasie-raad-hulp\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies | rooi rose","description":"Byna niemand sterf van bloublasiegif nie. Maar dat dit vir 'n uur of so brand soos vuur is 'n feit. Hier is wat jy moet weet oor bloublasies.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies | rooi rose","og_description":"Byna niemand sterf van bloublasiegif nie. Maar dat dit vir 'n uur of so brand soos vuur is 'n feit. Hier is wat jy moet weet oor bloublasies.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-12-21T06:54:38+00:00","article_modified_time":"2019-09-03T15:24:03+00:00","og_image":[{"width":724,"height":483,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/iStock-914320300.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies","datePublished":"2018-12-21T06:54:38+00:00","dateModified":"2019-09-03T15:24:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/"},"wordCount":1496,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/iStock-914320300.jpg","keywords":["Gesondheid","noodhulp","leef gesond","health","bloublasie","eerstehulp","brand","gif","seevakansie"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/","name":"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/iStock-914320300.jpg","datePublished":"2018-12-21T06:54:38+00:00","dateModified":"2019-09-03T15:24:03+00:00","description":"Byna niemand sterf van bloublasiegif nie. Maar dat dit vir 'n uur of so brand soos vuur is 'n feit. Hier is wat jy moet weet oor bloublasies.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/iStock-914320300.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/12\/iStock-914320300.jpg","width":724,"height":483,"caption":"man-o-war on the sand with the ocean and morning sky in the background"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/bloublasie-raad-hulp\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Bloublasie, jou bloublikskottel! Wat jy moet weet oor bloublasies"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105820","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=105820"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105820\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/106167"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=105820"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=105820"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=105820"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}