{"id":104743,"date":"2018-11-27T10:18:15","date_gmt":"2018-11-27T08:18:15","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=104743"},"modified":"2018-11-27T10:18:15","modified_gmt":"2018-11-27T08:18:15","slug":"emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/","title":{"rendered":"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie)"},"content":{"rendered":"<p><em>Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie) deur Ilse Salzwedel. Foto\u2019s deur Nelis Engelbrecht van Light Lounge Studios<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Emo Adams<\/strong> vier vanjaar drie mylpale: sy veertigste verjaarsdag, dertig jaar in die vermaaklikheidsbedryf en tien jaar sedertsy eerste Afrikaanse album <em>Tall, Dark en Afrikaans.<\/em><\/p>\n<p>Met sy komiese sjarme \u2013 \u201cek weet ek lyk nog nie veertig nie, maar ek was nog met daai groen Sunlightseep\u201d &#8211; en fenomenale sangtalent het hy die afgelope dekade of wat Afrikaanse harte van die Kaap tot Koekenaap verower, en in die proses daarin geslaag om mure tussen rasse af te breek \u2013 want Emo is ewe gewild onder die jonges as onder ouer Afrikaanse ooms en tantes. Want waar Emo is, is PRET \u2013 in hoofletters.<\/p>\n<p>In sy TV-program <em>&#8220;Jou Show&#8221; met Emo<\/em> het hy nou al \u2019n hele paar seisoene lank die draak gesteek met alles en almal, en kykers en resensente was ewe be\u00efndruk. (Die program is die afgelope paar jaar al met sewe ATKVeertjies bekroon.)<\/p>\n<p>Vir hierdie \u201coutjie van Mitchells Plain\u201d het alles in sy pa se amateurtoneelgroep op die Kaapse Vlakte begin. Hy was nege toe hy sy eerste professionele rol op die verhoog gespeel het in <strong>David Kramer<\/strong> en <strong>Taliep Petersen<\/strong> se <em>District Six: The Musical.<\/em> Van daar het sy pad mettertyd geloop tot by Londen se Weseinde waar hy die hoofrol vertolk het in <em>Kat and The Kings.<\/em> Maar terug in Suid- Afrika, was hy lus om iets in Afrikaans te doen. Dit was immers sy huistaal, die taal van sy geliefde Vlakte.<\/p>\n<p>\u201cEk het \u2019n ruk lank weggehardloop van my identiteit, want ek wou \u2019n beter en groter lewe h\u00ea buite Suid-Afrika,\u201d vertel hy op sy reguit, eiesoortige manier. Hy het weer vir Taliep gewerk, hierdie keer in die kykNET-komedie <em>Alie Barber<\/em>. Dit was die eerste keer wat hy as professionele akteur net in Afrikaans gewerk het. Sy Afrikaanse loopbaan was \u2019n direkte uitvloeisel hiervan. \u201cEk het Afrikaans grootgeword, maar al die <em>musicals<\/em> wat ek vir Taliep-hulle gedoen het, was in Engels met net so hier en daar \u2019n Afrikaanse woord. Maar alles by my pa se dramagroep was in Afrikaans. Ons het dit gepraat by die skool, by die kerk, by die moskee.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;So, my besluit om in Afrikaans te werk, was nie \u2019n geval van skielik het ek Afrikaans gevind nie \u2013 ek moes eers gemaklik raak met my Afrikaans. Of nee, eintlik moet ek seker s\u00ea \u00e9k was gemaklik daarmee, maar nie almal om my was nie. Daar was maar altyd \u2019n<em> fight<\/em> binne-in my oor wat aanvaarbaar is in my werk, en wat nie.\u201d<\/p>\n<p>Toe Emo in dieselfde tyd genader is om deel te wees van Huisgenoot se negentigste verjaarsdagvieringe saam met sangers soos<strong> Bobby van Jaarsveld<\/strong>, het hy Taliep se raad gaan vra. \u201cHy\u2019t ges\u00ea dis die regte ding op die regte tyd, maar dat ek net nooit moet vergeet wie ek is nie.\u201d<\/p>\n<p>As hy getwyfel het oor sy besluit om die Afrikaanse rigting te gaan, het sy mentor altyd ges\u00ea: \u201cEmo, moenie worry nie, man. Wie\u2019s soos jou?\u201d Die album <em>Tall, Dark en Afrikaans<\/em> het gevolg, en tien jaar later is hy steeds een van die blinkste sterre op die Afrikaanse horison.<\/p>\n<p>Deesdae is Emo heel gemaklik in sy vel, dankie. \u201cEn daarvoor moet ek my ma, my pa, David Kramer, Taliep en al die ander mense bedank wat daartoe bygedra het.\u201d<\/p>\n<p>Maar hoekom het Emo, \u2019n fyn waarnemer en filosoof wat aanvanklik sielkunde studeer\u00a0 het, juis musiek vir \u2019n loopbaan gekies? \u201cEk het geweet musiek is \u2019n baie kragtige medium. Dit speel onbewustelik \u2019n groot rol in ons alledaagse lewe. As jy in \u2019n goeie bui is, luister jy musiek. As iemand jou hart gebreek het, luister jy \u00f3\u00f3k musiek. Daar is musiek vir alles, vir elke bui. Dit verduidelik ons emosie, en s\u00ea amper vir ons hoe ons moet voel. Musiek is die een ding wat ek by my <em>shows<\/em> kan beheer &#8211; as mense deur \u2019n moeilike tyd gaan, is dit my\u00a0<em>job<\/em>\u00a0om dit agter te kom en te sorg dat hulle met \u2019n <em>smile<\/em> daar uitstap. &#8221;<\/p>\n<p>Hy het dalk so half per ongeluk in Afrikaans begin werk, maar moenie dink hy het enige iets in sy loopbaan daarna net aan die toeval oorgelaat nie. Daar het fyn beplanning en baie harde werk ingegaan in die skep van wat hy die Emo-handelsmerk noem.<\/p>\n<p>\u201cDalk omdat ek sielkunde geswot het, of dalk omdat ek hou van musiek en teater, of dalk \u2019n samevoeging van alles. Maar ek het besef ek moet \u2019n <em>brand<\/em> bou. Laat mense in jou <em>brand<\/em> glo eerder as in die produk wat jy verkoop. Want as mense eers daarin glo, maak dit eintlik nie saak wat jy verkoop nie.\u201d<\/p>\n<p>Dat dit werk, is duidelik wanneer jy hoor sy eerste \u00e9n laaste Afrikaanse album was <em>Tall, Dark en Afrikaans<\/em> in 2008. En steeds stroom die mense na sy vertonings &#8230;<\/p>\n<p>Kan \u2019n mens sy musiektalent terugtrek na sy pa toe? (Emo se broer, Loukmaan, is ook \u2019n bekende sanger.) \u201cEk weet nie regtig of jy kan s\u00ea ons is \u2019n musikale familie nie, want niemand in ons familie speelenige instrumente nie. Ek ook nie. Maar my pa het \u2019n ongelooflike oor vir musiek, hy was van jongs af \u2019n koormeester vir Maleierkore en Kaapse Klopse. Ek dink die musiekding het maar net gebeur omdat hy my en my broer altyd saamgesleep het na al die repetisies van die kore. Hy het ons gedwing om te gaan in \u2019n stadium van my lewe toe ek regtig nie wou gegaan het nie. Maar dit was beslis tot my voordeel, want ek het nie net geleer hoe ons musiek werk nie, maar ook hoe ons kultuur werk en wat ons musiekgewys tot ons kultuur bydra. En dit het my baie van \u2019n groot spektrum musiek geleer.\u201d<\/p>\n<p>Baie mense weet dit nie, maar daar is \u2019n groot verskil tussen Maleierkore en Kaapse Klopse. \u201cDie Klopse gaan mal en sing enige iets. Daar is nie eintlik enige re\u00ebls daar nie. Maar Maleierkore is die enigste mense wat nog oorspronklike Nederlandse liedjies sing. Jy mag niks daaraan verander nie \u2013 jy moet dit sing in Nederlands soos wat die mense destyds geleer het toe hulle nog slawe was. Hulle sing dit steeds in dieselfde vorm, maar sing dit nou \u2019n bietjie mooier, met harmonie\u00eb en dinge. So, dis eintlik \u2019n lieflike stuk geskiedenis waarna mooi gekyk is.\u201d<\/p>\n<p>Emo is deesdae nie net sanger nie, maar ook vervaardiger en regisseur wat ondermeer die Taliep Petersenhuldigingskonsert vir kykNET gedoen het, asook \u2019n huldeblyk om die Kaapse groep die Rockets se vyftigste bestaansjaar te vier. Hy was ook voor \u00e9n agter die skerms vir \u2019n <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/maak-famous-saam-met-emo-adams-en-kyknet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">kykNET- program<\/a> om sy eie dertig jaar in die bedryf te vier. \u201cEk is baie dankbaar vir die kans om my kreatiwiteit \u2019n bietjie te versprei.\u201d<\/p>\n<p>Al kan Emo gehore laat skater, beskou hy hom geensins as \u2019n komediant nie. \u201cEk het maar net altyd die prettige, ligter kant van die lewe raakgesien. Ek sien snaakse goed en kan snaakse stories vertel \u2013 dis eintlik net \u2019n lekker <em>intro<\/em> vir my musiek en om dit meer <em>relatable<\/em> te maak. Maar eintlik is ek glad nie snaaks nie. Moenie vir my in \u2019n winkelsentrum kom vra om \u2019n joke te vertel nie. My brein werk net nie so nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy berei net \u2019n bre\u00eb tema voor vir sy <em>Jou Show met Emo<\/em>. Hoe werk die program dan? \u201cDis net goed wat in my kop spring, en dan connect my brein my mond. Wat daar uitkom op daai oomblik &#8230; ek kan nie help vir daai nie.\u201d So snaaks as wat hy kan wees, so ernstig en filosofies kan Emo Adams wees. Met sy musiek wil hy ook \u2019n verskil maak. \u201cEk weet nie of dit my opvoeding of my velkleur is, of die feit dat ons arm grootgeword het nie, maar ek het gevoel ek wil \u2019n <em>advocate<\/em> wees \u2013 nie noodwendig vir bruin mense nie, maar vir alle mense. Want die lewe m\u00f3\u00e9t beter wees. Dit moet great wees! Ek dink nie ons is geskep en in so \u2019n fantastiese plek op aarde gesit om net probleme te h\u00ea nie. Ek weet daar is iets groter as ons. Ek wil die <em>advocate<\/em> wees wat vir mense s\u00ea probleme behoort nie gegrond te wees op kleur of godsdienstige oortuiging of politiek nie. Daar is baie meer in die lewe. Dis hoekom mense na my <em>shows<\/em> toe kom en dit geniet. Alle rasse, alle ouderdomme \u2013 van ses tot ses- en-sestig. Maar ek het dit nie beplan nie \u2013 ek het maar net \u2019n <em>different<\/em> uitkyk op die lewe, en ek dink mense <em>like<\/em>\u00a0hoe ek die lewe sien. Iets in my <em>inner being inspire<\/em> mense.\u201d<\/p>\n<p>Dit was ook vir Emo belangrik om stereotipes rondom bruin mense te verbreek. \u201cEk wil die ander kant van \u2019n bruin gemeenskap wys. Ek kry soms rolle in flieks wat ek weier, want dit gaan altyd oor <em>gangs<\/em> en goed, en ek voel daar is baie meer wat ons is en wat ons kan wees. Ek herinner mense aan al daardie beter goed, en dat hulle nie moet toelaat dat hul omstandighede dikteer wat vorentoe op hul pad gebeur nie. Onthou, ek het dit geleef \u2013 ek was arm en is beperk deur my velkleur. So, ek weet hoe dit voel. Ek is \u2019n laaitie van Mitchells Plain wat \u2019n <em>lead<\/em> rol gespeel het op West End. Daar is baie mense wat akteurskole toe gegaan het om dit te doen en dit nie regkry nie.\u201d<\/p>\n<p>As hy terugkyk op dertig jaar in die bedryf, wat weet hy nou? \u201cDertig jaar gelede het ek gedink my doel is om beroemd te wees. Nou weet ek dis nie dit nie. My doel is eintlik om mense te help \u2013 op my manier. Ek het geswot om \u2019n sielkundige te wees, want dis hoe ek mense wou help. Nou doen ek dit net op \u2019n ander manier: op die verhoog, met \u2019n mikrofoon in my hand.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>&#8220;Afrikaans sal oorleef&#8221;<\/h4>\n<p>Emo is glad nie bekommerd oor die toekoms van Afrikaans nie. \u201cEk weet nie eens waar die gesprek begin het dat dit kan uitsterf nie. Onthou maar dat Afrikaans die taal is wat die tweede meeste gepraat word in ons land. Engels is maar vyfde op die lys \u2013 die ander is almal inheemse tale.\u201d<\/p>\n<p>Hoekom sal die taal oorleef? \u201cWant mense druk hulself verskillend uit, en dis wat Afrikaans so uniek en mooi maak. Gaan luister \u2019n bietjie na liedjies soos \u2018Skipskop\u2019, \u2018Kinders van die wind\u2019 en <strong>Coenie de Villiers<\/strong> se \u2018Klein-Karoo\u2019 \u2013 dis liedjies wat net in Afrikaans gesing kan word. Dis wat Afrikaans so uniek en mooi maak. En ons taal het wonderlike ondersteuning en infrastruktuur soos kunstefeeste. En selfs as ons net vyftig mense is wat oorbly wat Afrikaans is, maak dit nie van ons \u2019n unieke groep nie?\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>30 Jaar se lesse<\/h4>\n<ul>\n<li>Daar is beslis nie kortpaaie na sukses nie. \u201cDie enigste pad is om hard te werk.\u201d<\/li>\n<li>Moenie dink jy is beter as ander nie. \u201cWant jy is nie.\u201d<\/li>\n<li>\u201cLove what you do, and if you don\u2019t love it, change it!\u201d<\/li>\n<li>Moenie mense in die rug steek nie, en wees opreg. \u201cMoenie sleg praat van ander mense nie, maar maak seker ander mense praat van dit wat jy reg doen.\u201d<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sanger, komediant, filosoof en o\u00ebnskynlik almal se pel. Maar terselfdertyd \u2019n uiters professionele kunstenaar vir wie detail belangrik is. Dis Emo Adams, wat vanjaar sy dertigste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier. Ons wou weet wat sy geheim is.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":104790,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[661,675],"tags":[147,1387,3434,23450,24339],"class_list":["post-104743","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-ons-mense","category-bekendes","tag-bekendes","tag-celebs","tag-ons-mense","tag-entertainment","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie) | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Sanger, komediant, filosoof en o\u00ebnskynlik almal se pel. Dis Emo Adams, wat vanjaar sy dertigste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie) | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Sanger, komediant, filosoof en o\u00ebnskynlik almal se pel. Dis Emo Adams, wat vanjaar sy dertigste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-11-27T08:18:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/AUGEmo01RR.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1075\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie)\",\"datePublished\":\"2018-11-27T08:18:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/\"},\"wordCount\":1893,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/11\\\/AUGEmo01RR.jpg\",\"keywords\":[\"bekendes\",\"celebs\",\"ons mense\",\"entertainment\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Ons mense\",\"Bekendes\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/\",\"name\":\"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie) | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/11\\\/AUGEmo01RR.jpg\",\"datePublished\":\"2018-11-27T08:18:15+00:00\",\"description\":\"Sanger, komediant, filosoof en o\u00ebnskynlik almal se pel. Dis Emo Adams, wat vanjaar sy dertigste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/11\\\/AUGEmo01RR.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/11\\\/AUGEmo01RR.jpg\",\"width\":1613,\"height\":1075,\"caption\":\"Foto\u2019s deur Nelis Engelbrecht van Light Lounge Studios\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie)\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie) | rooi rose","description":"Sanger, komediant, filosoof en o\u00ebnskynlik almal se pel. Dis Emo Adams, wat vanjaar sy dertigste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie) | rooi rose","og_description":"Sanger, komediant, filosoof en o\u00ebnskynlik almal se pel. Dis Emo Adams, wat vanjaar sy dertigste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-11-27T08:18:15+00:00","og_image":[{"width":1613,"height":1075,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/AUGEmo01RR.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"9 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie)","datePublished":"2018-11-27T08:18:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/"},"wordCount":1893,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/AUGEmo01RR.jpg","keywords":["bekendes","celebs","ons mense","entertainment","local celebs"],"articleSection":["Ons mense","Bekendes"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/","name":"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie) | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/AUGEmo01RR.jpg","datePublished":"2018-11-27T08:18:15+00:00","description":"Sanger, komediant, filosoof en o\u00ebnskynlik almal se pel. Dis Emo Adams, wat vanjaar sy dertigste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/AUGEmo01RR.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/AUGEmo01RR.jpg","width":1613,"height":1075,"caption":"Foto\u2019s deur Nelis Engelbrecht van Light Lounge Studios"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/emo-adams-die-ernstige-en-dis-nie-n-grap-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Emo Adams die ernstige (en dis nie \u2019n grap nie)"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104743","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=104743"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104743\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/104790"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=104743"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=104743"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=104743"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}