{"id":104086,"date":"2025-10-06T14:10:52","date_gmt":"2025-10-06T12:10:52","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=104086"},"modified":"2025-10-06T14:28:07","modified_gmt":"2025-10-06T12:28:07","slug":"jig-maar-dis-seer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/","title":{"rendered":"Jig, maar dis seer!"},"content":{"rendered":"<p><em>Jig! maar dis seer! deur Salom\u00e9 Delport.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Jou heel eerste jigaanval verklap dat jou gewrigte klaar taamlik siek is. Jou liggaam probeer jou vertel \u201chokaai\u201d, en \u201cmaak so om hulle te beskerm\u201d, s\u00ea dr. Martin Wells, Kaapse handchirurg. Hoe weet jy dit is regtig jig (<em>gout<\/em>)? Wat is artritis en rumatiek? En maak dit saak? Beslis, s\u00ea dr. Wells. \u201cBehalwe dat jou dokter hulle verskillend gaan behandel, gaan jy ook tuis jig anders as artritis behandel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Is dit jig? Is dit artritis?<\/span><\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cRumatiek is een van daardie volksmondterme wat mense gebruik om te s\u00ea hulle het \u2019n erg seer gewrig, skouer, heup, vinger of selfs \u2019n elmboog. Eintlik is daar nie \u2019n siekte soos rumatiek nie. Wat ons bedoel, is dat ons \u00f3f jig \u00f3f osteoartritis of albei het. Hulle is elkeen baie spesifieke gewrigsiektes met hul eie kenmerke.\u201d<\/p>\n<p><strong>Jy kan met hierdie drie vrae taamlik akkuraat tussen die twee onderskei:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Hoe vinnig het die pyn ontwikkel? Jig ontwikkel skielik oor \u2019n paar uur. Artritispyn ontwikkel stadigaan. Jy raak eerder oor weke of maande bewus daarvan.<\/li>\n<li>Hoe lank duur die pyn? Jig bedaar gelukkig. Ongelukkig kan jy volgende episodes verwag. Artritispyn bly konstant daar. Dit raak net minder of meer intens.<\/li>\n<li>Is ander gewrigte ook styf? Gewoonlik ervaar mense met jig pyn en inflammasie in net een gewrig \u2013 meestal die groottoon. Maar dit kan ook \u2019n vinger en selfs groot gewrigte soos jou skouer of knie aantas. Artritis veroorsaak ook dieselfde soort inflammasie maar jy ervaar \u2019n kenmerkende styfheid in ander gewrigte ook, al is hulle nie seer nie.<\/li>\n<\/ul>\n<p>As jou dokter jig vermoed, sal hy moontlik jou uriensuurvlakke laat toets om sy diagnose te bevestig \u2013 of x-strale laat neem in die geval van artritis.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-kosse-veroorsaak-jig\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Watter kos veroorsaak jig?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Die enigste rede vir jig<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Uriensuur is die groot sondaar \u2013 en dit word nie net deur die lekker lewe veroorsaak nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Wat is dit?<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cUriensuur is een van die finale afbreekprodukte van vertering. Jou niere skei dit uit en hou so jou uriensuurvlak laag. As jy meer maak as wat jou niere kan hanteer, beland dit in jou bloed. Jou liggaam probeer jou beskerm en sodra dit \u2019n kritieke bloedvlak bereik, word dit as kristalle neergeslaan.&#8221;<\/p>\n<p>\u201cOns noem so \u2019n kristalliggaam \u2019n tofus. Hulle bou oor jare oral in jou liggaam op. Baie keer is hulle stabiel en jy weet nie eens daarvan nie. Maar soms \u2013 en veral by sommige mense \u2013 ontsnap uriensuurkristalle daaruit. Hulle lyk soos naalde en steek net so seer in die sagte weefsel, ligamente en kraakbeen rondom jou gewrigte. Soos altyd probeer jou liggaam jou beskerm en reageer met \u2019n inflammasie, en stort bloed en witbloedselle op die wonde uit, wat jy as daardie kloppende geswelde en pynlike gewrig ervaar.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-158264 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/alexandra-tran-ZH3elieLAtI-unsplash-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Hoekom dit lyk of jy kan wegkom met kul?<\/span><\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Baie mense s\u00ea jig slaan uit die bloute toe. Hulle sien nie \u2019n verband tussen \u2019n jigaanval en wat hulle eet, drink of doen nie.<\/p>\n<p>Dit \u00eds so, s\u00ea dr. Wells. \u201cDit gaan oor die vlak van uriensuurkristalle in jou bloed. Dit verander voortdurend. As jou vlak vandag laag is, sal drie koeksisters waarskynlik nie \u2019n jigaanval sneller nie. Maar daardie ekstra harde oefening wat jy die volgende dag inpas, stoot jou oor die grens \u2013 en daar het jy jou aanval al doen jy vandag alles reg.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Wat van pille en operasies?<\/span><\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Die beste mikpunte is om so te leef dat jy nooit by mediese raad uitkom nie, s\u00ea dr. Wells. Die heel beste raad vir jig is die selfhelp-taktiek. \u201cOnthou, elke jig-episode vernietig die seer gewrig \u2019n bietjie verder. Geen dokter kan ooit vir jou \u2019n gewrig so goed as jou oorspronklike gewrig teruggee nie.&#8221;<\/p>\n<p>Uriensuurbalans is kompleks. Jy kan stabiele kristalle h\u00ea wat nie pla nie. \u2019n Hele klomp faktore kan veroorsaak dat die uriensuur daaruit oplos en dan skade doen op ander plekke in jou liggaam. Daar is soveel dinge wat daarop inspeel sodat baie mense op selfs die beste behandeling drie, vier aanvalle per jaar kan verwag.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Mediese raad sluit in:<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ul>\n<li>Vir \u2019n noodgeval is kolgisien, wat jy sonder voorskrif kan kry, \u2019n groot uitkoms. Maar jy is nie veronderstel om dit langer as \u2019n week te gebruik nie. Dit veroorsaak boonop diarree.<\/li>\n<li>As voorskrifmedisyne bly Allopurinol en soortgelyke medikasies staatmakers.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Baie mense kla dat dit jig vererger. Hoe werk dit?<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cDaar is \u2019n kinkel in die manier waarop hierdie medikasie werk: Sodra dit die uriensuurvlak in jou bloed verminder, los die uriensuurkristalle in jou gewrigte stadigaan in jou bloed op, van waar dit in \u2019n ander gewrig soos jou groottoon kan neerslaan. Jy moet maar net aanhou met jou medikasie. Op die lang duur gaan dit die uriensuur wel afbring.<\/p>\n<p>\u201cOns doen selde \u2019n operasie vir jig, maar dit gebeur soms dat \u2019n tofus so groot raak dat die vel daaroor skeur. Ons haal dan die tofus uit die gewrig.\u201d<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/eet-jou-hart-gesond\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Eet jou gesond<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-158268 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-shvetsa-5067702-500x333.jpg\" alt=\"\" width=\"500\" height=\"333\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Verklaring vir nagaanvalle<\/strong><\/span><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Jig se gunstelingplek is groter toongewrigte. Die teorie is dat jy deur die dag \u2019n bietjie edeem (water) in jou voete opbou, veral in die weefsel rondom die gewrig. Die uriensuur in jou gewrig bly opgelos, en pla jou nie. Snags wanneer jy slaap, dreineer die ekstra vloeistof weg. Minder water beteken dat die konsentrasie uriensuur opstoot. Terselfdertyd is dit snags koeler, wat kristallisasie van die uriensuur aanhelp. En daarmee het jy die perfekte resep vir pynlike uriensuurkristalle.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/suur-kry-raad-wat-vir-jou-werk\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Raad vir suurheid wat regtig werk<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><strong>Tien maniere om jig te keer<\/strong><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Aangesien die probleem uriensuur is, is die logiese oplossing om te kyk waar uriensuur in jou liggaam vandaan kom.<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<ol>\n<li><strong>Sny hierdie kosse uit: <\/strong>Waarskynlik het jy klaar by Dr. Google gehoor dat as jy lewer, niertjies, ansjovis, sardiens, mossels, spek, kalkoen, wild en rooivleis beperk, sal jig jou nooit weer kom pla nie. Almal van hulle is ryk bronne van purien, wat na uriensuur afbreek \u2013 die volmaakte oplossing.<\/li>\n<li><strong>Maar jy eet dit nie juis nie en jy sukkel steeds?<\/strong> Dr. Masanari Kuwabara, hartnavorser van St Luke\u2019s-hospitaal in Tokio, s\u00ea in \u2019n oorsigartikel op <a href=\"https:\/\/www.ncbi.nlm.nih.gov\/pmc\/articles\/PMC4865070\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">PubMed<\/a>\u00a0 jou liggaam maak baie meer uriensuur op ander maniere as wat jy van purien-veroorsakende kosse kan kry.<\/li>\n<li><strong>Eet minder en minder gereeld.<\/strong> Jou metabolisme is een van die grootste skeppers van uriensuur. Hoe meer jy eet en hoe meer gereeld, hoe aktiewer is hy \u2013 en hoe meer uriensuur het jy. Dit help as jy nie peusel nie. Maar moet ook nie vas nie, aangesien dit ketose veroorsaak wat ook jou uriensuur opstoot.<\/li>\n<li><strong>Oefen \u2013 maar nie te veel nie.<\/strong> Dit voel baie onregverdig: jy oefen dan juis vandag om gister se sjokolade af te werk. Ongelukkig verhoog harde oefening jou energie-metabolisme en so jou uriensuurvlak ook. Aan die ander kant veroorsaak te min oefening meer uriensuur. Die kuns is om genoeg te oefen sonder om te ooroefen \u2013 en net jy weet waar die balans vir j\u00f3\u00fa l\u00ea.<\/li>\n<li><strong>Sny gaskoeldrank, sap en suiker uit.<\/strong> Suiker, spesifiek die fruktose daarin, breek af na uriensuur. Daarom skep alles met suiker vir jou probleme &#8211; ook die suiker in vrugte, gaskoeldranke, vrugtesappe, suikerversoete melkdrankies, sjokolade, lekkers, konfyte en selfs heuning \u2013 en veral HFCS (high fructose corn syrup) waarmee suikerstrope vir koeldranke en melkskommels dikwels gemaak is. Hoe soeter, hoe slegter vir jou jig.<\/li>\n<li><strong>Sny die drankies.<\/strong> Hulle is propvol kilojoules, waarmee jou liggaam niks anders kan doen as om dit af te breek na uriensuur nie \u2013 tensy jy met sjampanje in die hand draf, soos in daardie stokou fliek, Chariots of Fire. Bier is die nadeligste vir jiglyers. Hardehout is \u2019n klein bietjie minder riskant, terwyl \u2019n glasie wyn per dag baie jiglyers nie pla nie.<\/li>\n<li><strong>Drink liewer koffie<\/strong> (sonder suiker) Vier koppies koffie of agt koppies tee per dag verskaf jou genoeg kafe\u00efen, wat jou sowaar teen jig beskerm.<\/li>\n<li><strong>Gebruik hormoonvervanging \u2013 as jy kan<\/strong>. Hoe laer jou estrogeenvlakke, hoe meer uriensuur in jou bloed. Daarom begin jig vroue meestal eers n\u00e1 die menopouse pla.<\/li>\n<li><strong>Aspirien kan lol<\/strong> Dit lyk asof klein dosisse (juis die hoeveelheid wat mense drink om hul bloed te verdun, vir hartgesondheid) aan jig gekoppel word. \u2019n Vol dosis word nie daaraan gekoppel nie.<\/li>\n<li><strong>Dit word aan jig gekoppel: <\/strong>Dehidrasie, Down-sindroom, bier maar nie wyn nie, die tydperk n\u00e1 \u2019n operasie, langtermyngebruik van lae dosisse aspirien, talle medikasies, Vitamien B3 (niasien) en ketose, wat kan ontstaan as jy vas.<\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<\/strong><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/pyn-op-die-maag\/\">Kolonkanker: Hoe om jou risiko klein te hou<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moeg van uithou met jig? Hier is oplossings wat jou pynlike hinke-pink kan spaar.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":158271,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[63716,136,2792,4911,4921,23458,23664],"class_list":["post-104086","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gout","tag-gesondheid","tag-leef-gesond","tag-suur","tag-jig","tag-lifestyle","tag-health"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Jig, maar dis seer! | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Moeg van uithou met jig? Hier is oplossings wat jou pynlike hinke-pink kan spaar. Klik hier vir goeie raad en belangrike inligting.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Jig, maar dis seer! | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Moeg van uithou met jig? Hier is oplossings wat jou pynlike hinke-pink kan spaar. Klik hier vir goeie raad en belangrike inligting.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-10-06T12:10:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2025-10-06T12:28:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1750\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Jig, maar dis seer!\",\"datePublished\":\"2025-10-06T12:10:52+00:00\",\"dateModified\":\"2025-10-06T12:28:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/\"},\"wordCount\":1423,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg\",\"keywords\":[\"gout\",\"Gesondheid\",\"leef gesond\",\"suur\",\"jig\",\"lifestyle\",\"health\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2025\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/\",\"name\":\"Jig, maar dis seer! | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg\",\"datePublished\":\"2025-10-06T12:10:52+00:00\",\"dateModified\":\"2025-10-06T12:28:07+00:00\",\"description\":\"Moeg van uithou met jig? Hier is oplossings wat jou pynlike hinke-pink kan spaar. Klik hier vir goeie raad en belangrike inligting.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2025\\\/10\\\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg\",\"width\":1750,\"height\":1280},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/jig-maar-dis-seer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Jig, maar dis seer!\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Jig, maar dis seer! | rooi rose","description":"Moeg van uithou met jig? Hier is oplossings wat jou pynlike hinke-pink kan spaar. Klik hier vir goeie raad en belangrike inligting.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Jig, maar dis seer! | rooi rose","og_description":"Moeg van uithou met jig? Hier is oplossings wat jou pynlike hinke-pink kan spaar. Klik hier vir goeie raad en belangrike inligting.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2025-10-06T12:10:52+00:00","article_modified_time":"2025-10-06T12:28:07+00:00","og_image":[{"width":1750,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"7 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Jig, maar dis seer!","datePublished":"2025-10-06T12:10:52+00:00","dateModified":"2025-10-06T12:28:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/"},"wordCount":1423,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg","keywords":["gout","Gesondheid","leef gesond","suur","jig","lifestyle","health"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2025","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/","name":"Jig, maar dis seer! | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg","datePublished":"2025-10-06T12:10:52+00:00","dateModified":"2025-10-06T12:28:07+00:00","description":"Moeg van uithou met jig? Hier is oplossings wat jou pynlike hinke-pink kan spaar. Klik hier vir goeie raad en belangrike inligting.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/pexels-daniel-reche-718241-3601094-e1759752643133.jpg","width":1750,"height":1280},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jig-maar-dis-seer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Jig, maar dis seer!"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104086","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=104086"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104086\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":158274,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104086\/revisions\/158274"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/158271"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=104086"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=104086"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=104086"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}