{"id":104085,"date":"2019-01-09T06:00:55","date_gmt":"2019-01-09T04:00:55","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=104085"},"modified":"2019-01-03T13:29:47","modified_gmt":"2019-01-03T11:29:47","slug":"vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/","title":{"rendered":"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer?"},"content":{"rendered":"<p><em>Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: iStock:\u00a0<a class=\"photographer\" href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/cheery?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">small smiles<\/a><\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Moeg van kos afweeg, kilojoules of koolhidrate tel, of uit groen, oranje en rooi lyste kies? Dan is gereelde vas moontlik die regte dieet vir jou.<\/p>\n<p>Daar is niks te dinke nie. Jy hoef nie te tob oor hoeveel vette en die regte porsiegrootte nie. Koolhidrate is nie verbode nie. Jou enigste uitdaging is om kos \u2019n paar uur lank te vermy. En wat kan makliker as \u2019n bietjie onthouding wees?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Hier is die tien belangrikste feite wat jy van die vasdieet moet weet<\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">1 Kies die beste vas vir j\u00f3\u00fa<\/span><\/strong><\/p>\n<p>Al maak sommige mense aansprake dat hul eie vas-patroon die beste is, is daar geeneen wat in hierdie stadium uitstaan nie. Kies die benadering wat die beste by jou leefstyl, gesin en werk inpas.<\/p>\n<p><strong>Die gewildste opsies is:<\/strong><br \/>\n<strong>Die 16\/8 vas:<\/strong> Jy vas elke dag 16 uur lank en eet die ander agt uur vrylik. Party mense rek die vastyd verder en vas tot twintig uur \u2013 hulle eet net in die venstertydperk van vier uur. Dit kom daarop neer dat jy \u00f3f aandete \u00f3f ontbyt oorslaan. As jy soos \u2019n koning ontbyt wil eet, kies jy jou ontbyttyd \u2013 s\u00ea agtuur soggens. Jy kan dan tot vieruur smiddae eet soos jy wil, maar niks daarna nie. As jy aandete saam met jou gesin vir niks ter w\u00eareld mis nie, vas jy van n\u00e1 aandete vir 16 uur. As jy tipies rondom seweuur vir aandete aansit, breek jy jou vas met \u2019n ontbyt teen elfuur die volgende oggend. Jou eetvenster is van elf tot sewe.<\/p>\n<p><strong>Die 5\/2 vas:<\/strong> Dit kom daarop neer dat jy twee dae van die week op \u2019n streng dieet van 2 100 kJ per dag is, terwyl jy die res van die tyd normaalweg eet. Jy kan twee aaneenlopende dae vas, soos elke Maandag en Dinsdag, en die res van die week gewoonweg eet, of jy kan enige twee nie-aaneenlopende dae kies, soos Maandag en Donderdag. Sommige mense vas van twee-uur smiddae tot twee-uur die volgende dag. Jy vas dus 24 uur lank maar eet elke dag \u00f3f ontbyt \u00f3f aandete. Op di\u00e9 manier strek jou vas oor vier dae van die week. Die alternatiewe dag vas jy elke tweede dag: een dag kos, een dag vas.<\/p>\n<p><strong>Ander variasies:<\/strong> Geloofsgroepe soos die Mormone vas die eerste Sondag van elke maand. Moslems vas jaarliks vier weke lank van sonop tot sononder. Sommige mense vas \u2019n week per jaar. Jesus, Johannes die Doper en Moses het veertig dae lank gevas. Dr. Mark Mattson van die Johns Hopkins-universiteit, w\u00eareldbekend vir sy werk oor vasting by diere, s\u00ea gesonde mense kan met gemak \u2019n week vas. Trouens, ons kan \u2019n maand lank sonder kos oorleef. Vas is sy normale eetpatroon. Hy vas elke dag 18 uur, met \u2019n eetvenster van ses uur smiddae tot vroegaand.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Maar mag j\u00fd vas?<\/span><\/strong><br \/>\nDr. Mattson s\u00ea hy hoop nie die vaskonsep is net \u2019n verbygaande gier nie. Hy beskou dit as \u2019n baie gesonder eetpatroon as die gebruiklike patroon van drie etes en twee snoepgoed of \u2013 nog erger \u2013 \u2019n gepeusel heeldag lank.<br \/>\nMaar hy voeg dadelik by dat mense met enige soort metaboliese siekte, soos diabetes, \u2019n vasdieet net onder toesig van \u2019n dokter mag aanpak. Eintlik moet ons almal, veral as ons \u2019n dag of meer wil vas, by ons dokter \u2019n draai maak voor ons wegspring. Mense met eetsteurings, soos anoreksie, bulimie en dismorfie, moet ook nie die vasdieet aanpak nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Die beste drinkgoed \u2026 en <\/span><\/strong><strong><span style=\"color: #ff0000;\">eetgoed!<\/span><\/strong><br \/>\nVir \u2019n kort vas, soos die 16\/8 vas, kan jy soveel water, borrelwater, koffie en tee drink as wat jy wil, solank dit sonder melk en suiker is. Dit is net logies dat vrugtesap, melk, jogurt, drank en suikerversoete koeldranke nie as vaskos werk nie.<\/p>\n<p>Maar as jy \u2019n langer vas aanpak, soos die 5\/2 vas, kan jy ook ietsie eet \u2013 maar net 2 100 kJ per dag, of 2 500 kJ vir mans. Jy eet dus vir twee dae van die week baie min, asof jy op \u2019n superstreng dieet is.<\/p>\n<p>Maar dit is g\u2019n piekniek nie \u2013 nie eens \u2019n halwe piekniek nie. Die bietjie kilojoules is genoeg vir een prote\u00efen, soos vis of \u2019n eier saam met een vrug, een koppie van een of twee soorte lae-styselgroente, soos blomkool, kool, sampioene, blaarslaai, spinasie of murgpampoen, \u2019n derde koppie jogurt en \u2019n een of twee kraakbeskuitjies. Jy kan dus iets uit elke voedselgroep kies. Sommige mense hou by een kossoort, soos \u2019n liter Bulgaarse jogurt, wat ook rondom 2 400 kJ verskaf.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Teoreties werk vas s\u00f3:<\/span><\/strong><br \/>\nDie kos wat jy eet, word in glukose omgesit wat as jou energiebron dien, verduidelik dr. Mattson.<\/p>\n<p>Wat jy nie dadelik verbrand nie, word as glikogeen in jou lewer en spiere geb\u00eare. Kom jy energie kort, word dit blitsig in glukose omgesit. As jy dit nie binne twaalf uur of wat gebruik nie, word dit in vet omgesit wat as jou bron van gestoorde energie dien.<\/p>\n<p>Jou liggaam het gewoonlik genoeg glukose\/glikogeen as energie beskikbaar. Sodra daardie vlakke laag raak, begin jy vet te verbrand.<\/p>\n<p>Dit is presies wat jy met \u2019n vas-eetpatroon probeer regkry \u2013 om jou lewer se glikogeenstoor taamlik drasties te verlaag sodat jy van jou vetstore begin verbrand.<\/p>\n<p>As jy gemiddeld aktief is, neem dit sowat twaalf uur voor jou glikogeenstore uitgeput raak \u2013 daarom is dit belangrik dat jy minstens 16 uur lank moet vas om daarby te baat te vind en\/of om gewig te verloor, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_106399\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-106399\" class=\"size-medium wp-image-106399\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/iStock-938210248-500x374.jpg\" alt=\"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer?\" width=\"500\" height=\"374\" \/><p id=\"caption-attachment-106399\" class=\"wp-caption-text\">iStock\/strelov<\/p><\/div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Nog fantastiese ekstra voordele<\/span><\/strong><br \/>\nDie navorsingsresultate van dr. Valter Longo van die Universiteit van Suid-Kaliforni\u00eb se Davis School of Medicine is baie opwindend vir ons almal wat bo veertig is en tekens van die algemeenste ouderdomsiektes begin toon, soos ho\u00ebr cholesterol (en by implikasie hartkwale) of ho\u00ebr bloedsuiker (en diabetes). Dit is nog net in klein groepies mense bevestig, maar Longo s\u00ea vasting verlaag jou merkers vir die groot vier: diabetes, hartsiektes, kanker en selfs Alzheimersiekte.<\/p>\n<p>Vasting vernuwe jou letterlik, en maak jou daardeur jonger, s\u00ea dr. Luigi Fontana van die Washington-universiteit.<br \/>\n\u201cOns weet dat selskade wat oor dekades opbou tot ouderdomsiektes soos demensie lei. \u2019n Interessante verskynsel wat net plaasvind wanneer jy vas, is outofagie. Dit beteken dat jou liggaam homself begin \u2018eet\u2019. Dit klink skrikwekkend \u2013 en dit is, indien jy anoreksies is, of weke aaneen vas. Maar by gesonde mense op \u2019n 5\/2- of 16\/8-vas, beteken dit doodeenvoudig dat die beskadigde selle as \u2018kos\u2019 vir nuwe selle afgebreek word. Dus, met vasting raak jy ontslae van ou selle. Nuwe, gesonde selle word gevorm. Jy vernuwe as \u2019t ware jouself.\u201d<\/p>\n<p>Verder lei vas tot \u2019n gesonder kombi<span style=\"color: #000000;\">nasie van dermflora. Ons begin nou maar eers verstaan hoe belangrik ons dermmikrobes vir onder meer ons gemoed, allergie en weerstand teen siektes is.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Is \u2019n eet\/vas dieet beter as om voluit te dieet?<\/span><\/strong><br \/>\nVoorstanders van vas, soos dr. Valter Longo van die Universiteit van Suid-Kaliforni\u00eb se Davis School of Medicine en dr. Mark Mattson van Johns Hopkins, voel sterk positief daaroor. Altwee is w\u00eareldbekend vir hul navorsingsresultate oor die vasgebruik. Hulle glo albei dat die vasgebruik jou metabolisme op meer maniere bevoordeel as di\u00ebte vir gewigverlies wat maande lank konstant gevolg word.<\/p>\n<p>Dr. Michelle Harvie and prof. Anthony Howell van die Universiteit van Manchester s\u00ea daar is nog te min ondersoeke wat die twee met mekaar vergelyk, hoewel hulle wel na navorsingsresultate verwys wat toon dat tot \u2019n derde van die mense \u2019n jaar n\u00e1 die oorspronklike proef steeds gevas het terwyl di\u00ebters selde voortgaan. Dit wil lyk asof dit vir meer mense makliker is om van vas \u2019n lewenswyse te maak as om heeltyd versigtig te moet eet.<\/p>\n<p>Prof. Kristina Varady van die Universiteit van Illinois in Chicago s\u00ea hul ondersoek van die 16\/8-dieet het ook aangedui dat minder mense hul vasdieet staak as wat die geval is onder mense op tipiese gewigsverliesdi\u00ebte: \u201cNa my mening is die boodskap dat die 16\/8-vas net so \u2019n geldige benadering tot gewigsverlies as enige ander dieet is.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">\u2019n Geheimpie: vastende <\/span><\/strong><strong><span style=\"color: #ff0000;\">oefening<\/span> <\/strong><br \/>\nDie voordele van vasting skop in wanneer jy die glikogeenstore in jou lewer drasties verlaag \u2013 en niks kry dit so vinnig reg soos \u2019n bietjie oefening v\u00f3\u00f3r jy jou vas breek nie.<\/p>\n<p>Maar wat van lae bloedsuikervlakke? Gestel jy raak flou terwyl jy fiets ry?<\/p>\n<p>Nee wat! Dr. Mattson verduidelik dat jou metabolisme reeds vet begin verbrand wanneer jou glikogeenstore laag raak. Daar verloop nie \u2019n tyd van \u201cgeen energie\u201d nie. Navorsing op atlete wat voor oefening gevas het (teenoor \u2019n groep wat nie gevas het nie) wys dat hul bloedsuikervlakke tydens oefening dieselfde bly. Met ander woorde, indien jy oefen terwyl jy vas, trek jy dadelik en outomaties energie uit jou vetstore.<\/p>\n<p>Dit is nou indien jy gesond is en ook nie skielik jou lyf superatleet hou nie. Die meeste van ons kan met gemak twintig tot veertig minute se matige oefening doen terwyl ons vastend is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #ff0000;\"><strong>Hoe om jou vas te breek<\/strong><\/span><br \/>\nHospitale in die Midde-Ooste waar die Ramadan-vastyd baie algemeen is, het elke jaar \u2019n groot toename in pasi\u00ebnte wat oor maagprobleme kla, soos opgeblasenheid, winderigheid, sooibrand en selfs vomering. Hulle skryf dit daaraan toe dat mense n\u00e1 \u2019n vas t\u00e9 skielik t\u00e9 veel en t\u00e9 ryk stysels en vette eet.<\/p>\n<p>Breek jou vas met iets ligs en gesond, soos \u2019n vrug en jogurt, of \u2019n paar dadels en \u2019n glas water soos dit in die Ramadan-tydperk met sy lang tradisie van vas die gebruik is. Spaar die biefstuk en skyfies vir \u2019n paar uur later.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Gaan jy swaai van vas na fees \u2026 en vet word?<\/span><\/strong><br \/>\nDit is \u2019n feit soos \u2019n koei dat jy soos \u2019n os gaan lyk wanneer jy jou n\u00e1 jou vas aan lekkernye vergryp. Maar dit is onwaarskynlik. Verskeie ondersoeke wys dat mense wat gereeld vas, juis minder in hul vry-eet tydperk eet. Die jongste ondersoek deur dr. Kristina Varady van die Universiteit van Illinois in Chicago wat in Junie vanjaar gepubliseer is, toon dat mense op die 16\/8-vas in die ure waarin hulle vry kon eet, gemiddeld 1 400 kJ m\u00ednder as die kontrolegroep ge\u00ebet het.<\/p>\n<p>Dr. Michelle Harvie en prof. Anthony Howell van die Universiteit van Manchester skryf in \u2019n 2017-oorsigartikel in Behavioural Science dat daar \u2019n soort oordrag-uitwerking ter sprake is \u2013 as jy vandag minder eet, sal jy m\u00f4re ook vanself minder eet. Hulle het bevind dat mense tot 20% minder op nie-vas dae eet.<\/p>\n<p>Daar word gewoonlik aanbeveel dat jy by die tipiese Mediterreense dieet hou wanneer jy nie vas nie, hoewel dr. Harvie, wat ook die boek The Two Day Diet geskryf het, in \u2019n artikel s\u00ea dat dit lyk of mense wat koolhidrate op hul vry-eet dae beperk, tog \u2019n bietjie meer vet verloor.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #ff0000;\">Kwaai honger of kwaadhonger?<\/span><\/strong><br \/>\nParty mense voel besonder skerp en energiek op die vasdieet en word nie regtig so honger nie, terwyl ander ge\u00efrriteerd en tam is, sukkel om te konsentreer en heeltyd aan kos dink. Dr. Harvie en prof. Howell s\u00ea dit lyk asof mense wat oorgewig is, goed voel terwyl diegene met \u2019n normale gewig meer geneig is tot kwaadhonger wanneer hulle vas.<\/p>\n<p>Dr. Mattson s\u00ea hy merk dikwels op dat mense net die eerste paar dae ge\u00efrriteerd is. Dit \u00eds \u2019n groot skok vir jou liggaam en \u2019n sosiale aanpassing, maar die meeste mense pas binne \u2019n maand goed daarby aan, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Wil jy die vas-dieet probeer? Lees dan ons addisionele artikels hier:<\/h4>\n<ol>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-saam-rooi-rose\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kom vas saam met rooi rose!<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kan vas jou werk affekteer oor lae bloedsuiker?<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/oefen-vas-duiselig-bloedsuiker\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kan jy oefen terwyl jy vas?<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-nadele-hoofpyn-dehidrasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Wat is die nadele van \u2019n vas?<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-voordele-verjonging-konsentrasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Die onverwagte voordele van vas wat jy nie wil misloop nie &#8230;<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-ooreet-vet-gewig\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Van vas na fees: Gaan jy ooreet en vet word?<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-sosiale-lewe-naweek\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoe om \u2019n vas rondom jou sosiale lewe in te pas<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-konsentrasie-emosie-woede\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Vastend en kwaadhonger: Vas se effek op jou brein<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/hoe-lank-vas-voordele\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Hoe lank moet ek vas voor die voordele inskop?<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-insulien-sensitief-weerstandig\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Alles wat jy moet weet oor vas en insulienweerstandigheid<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/banting-vas-dieet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kan banters vas?<\/a><\/li>\n<li><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-uitdagings-lesse\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Lesse geleer en uitdagings van vas as \u2019n leefstyl<\/a><\/li>\n<\/ol>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: iStock:\u00a0small smiles &nbsp; Moeg van kos afweeg, kilojoules of koolhidrate tel, of uit groen, oranje en rooi lyste kies? Dan is gereelde vas moontlik die regte [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":106398,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2950,667],"tags":[136,620,23664,23823],"class_list":["post-104085","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dieet","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-dieet","tag-health","tag-diet"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: iStock:\u00a0small smiles &nbsp; Moeg van kos afweeg, kilojoules of koolhidrate tel, of uit groen, oranje en rooi lyste kies? Dan is gereelde vas moontlik die regte [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2019-01-09T04:00:55+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1125\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"900\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Anelle Tewson\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anelle Tewson\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\"},\"headline\":\"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer?\",\"datePublished\":\"2019-01-09T04:00:55+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/\"},\"wordCount\":2045,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/01\\\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"dieet\",\"health\",\"diet\"],\"articleSection\":[\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2019\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/\",\"name\":\"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/01\\\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg\",\"datePublished\":\"2019-01-09T04:00:55+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/01\\\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2019\\\/01\\\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg\",\"width\":1125,\"height\":900,\"caption\":\"Creative idea layout made of fresh orange slice alarm clock on plate with spoons and forks on blue color background. minimal healthcare concept.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730\",\"name\":\"Anelle Tewson\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anelle Tewson\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? | rooi rose","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? | rooi rose","og_description":"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: iStock:\u00a0small smiles &nbsp; Moeg van kos afweeg, kilojoules of koolhidrate tel, of uit groen, oranje en rooi lyste kies? Dan is gereelde vas moontlik die regte [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2019-01-09T04:00:55+00:00","og_image":[{"width":1125,"height":900,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anelle Tewson","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Anelle Tewson","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/"},"author":{"name":"Anelle Tewson","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730"},"headline":"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer?","datePublished":"2019-01-09T04:00:55+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/"},"wordCount":2045,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg","keywords":["Gesondheid","dieet","health","diet"],"articleSection":["Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2019","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/","name":"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg","datePublished":"2019-01-09T04:00:55+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2019\/01\/iStock-1060895794-e1546514677368.jpg","width":1125,"height":900,"caption":"Creative idea layout made of fresh orange slice alarm clock on plate with spoons and forks on blue color background. minimal healthcare concept."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Vasbyt: Is dit dalk tyd om die vas-dieet te probeer?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/4f17c1c866533e389e28590e557e7730","name":"Anelle Tewson","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/51c7260d69b78f54e605640e0044be7c1139bdbe0b57d0ca702d946adba90511?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anelle Tewson"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104085","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=104085"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104085\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/106398"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=104085"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=104085"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=104085"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}