{"id":103922,"date":"2022-11-14T09:30:54","date_gmt":"2022-11-14T07:30:54","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=103922"},"modified":"2022-11-14T09:31:58","modified_gmt":"2022-11-14T07:31:58","slug":"diabetes-dalk-jou-voorland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/","title":{"rendered":"Is diabetes dalk jou voorland?"},"content":{"rendered":"<p><em>Is diabetes dalk jou voorland? deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto: pexels<\/em><\/p>\n<p>Jy \u00eds \u2019n bietjie oorgewig. Maar darem nie te veel nie. En toe jy by die dokter kom oor heel iets anders, wil hy jou middel meet. Jou middel? Ja, s\u00ea hy. Hy maak so en die omtrek is meer as 80 cm. Jy weet, sou jy vir hom vooraf kon ges\u00ea het. Jy pas lankal nie meer in \u2019n nommer tien (of \u2019n twaalf of \u2019n veertien) nie. Waarom pla dit h\u00f3m? Hy frons asof hy dink almal behalwe jy weet waaroor dit gaan. Hy verduidelik met passie: \u201cDiabetes, mevrou, diabetes. Vroue<br \/>\nmet \u2019n middel van meer as 80 cm &#8211; dis \u2019n outydse 28 duim &#8211; en mans met \u2019n middel van meer as 94 cm g\u00e1\u00e1n vroe\u00ebr of later diabetes ontwikkel.&#8221;<\/p>\n<p>Lees hier: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wereld-fokus-op-diabetes\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Die verskil tussen tipe 1- en tipe 2-diabetes<\/a><\/p>\n<p>\u201cMaar mense dink mos diabetes is eintlik oukei en diabete kan redelik normaal voortgaan. Maar diabetes maak mense dood. Hul niere gee in. Dialise kos \u2019n fortuin, dialisemasjiene is skaars en die Staat help nie. Hul o\u00eb gee in, en hulle kan nie meer lees of werk nie. Hul harte gee in, en hulle gaan dood. Hul are verstop en hulle kry beroerte. Hulle kry sere op hul voete en bene wat nie genees nie en hul bene word geamputeer. As hul diabetes buite beheer raak, kan hulle in \u2019n koma gaan en mag hulle nie meer motor bestuur nie. Jy, mevrou, moet snags wakker l\u00ea en jou behoorlik bekommer oor diabetes tot jy daardie ekstra kilogramme afgeskud het. En moenie dink diabetes is \u2019n \u2018oumenskwaal\u2019 wat jou eers op jou oudag gaan tref nie. Die diabete wat by my praktyk instap, is in hul dertiger en<br \/>\nveertigerjare.\u201d<\/p>\n<p>Toe skrik jy. Jy hoor die WGO sien diabetes as \u2019n w\u00eareldwye ramp-aan-die-gebeur, en waarsku dat baie van vandag se bejaardes hul oorgewig volwasse kinders gaan begrawe. Die jongste sterftestatistieke vir Suid-Afrika wys dis presies wat by ons gebeur. In vergelyking met 1990 het daar in 2004 agttien persent meer vroue aan diabetes gesterf, met die grootste toename onder jong vroue (tussen 20 en 32) en vroue in hul middeljare (45 &#8211; 64). By mans het die diabetessterftes met 35% gestyg. Ons het reeds meer as 1,5 miljoen diabete, benewens \u2019n geskatte verdere vier<br \/>\nmiljoen prediabete wat in die vroe\u00eb, simptoomlose fase van diabetes is. Elkeen van ons wat oorgewig en onfiks is k\u00e1n een van die statistieke raak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Waarom is oorgewig die skakel?<br \/>\n<\/strong>Die liggaam gebruik suiker (ons noem dit suiker, maar dit is eintlik koolhidrate, en spesifiek glukose wat na glikogeen omgeskakel word) as sy basiese brandstof. Insulien, die hormoon wat in die pankreas gemaak word, neem die suiker na jou selle.<\/p>\n<p>Dis hier waar vet veral om die middel inkom: vetweefsel is nie maar net onaktief nie. Dit skei \u2019n hele aantal hormone af, wat onder meer die werking van insulien onderdruk. Dus, al is daar oorgenoeg suiker in jou bloed, kan die insulien dit nie na jou liggaamselle vervoer nie. Daarom kry hulle nie die nodige brandstof nie en \u201cverhonger\u201d jou selle te midde van \u2019n oorvloed suiker (energie) in jou bloed. Jou liggaam spring in en brand jou vetstore om energie in die hande te kry. Daarom verloor jy baie gewig. Jou liggaam moet ook van die oormaat suiker ontslae raak om skade te voorkom, en doen dit met oormatige urinering.<\/p>\n<p>Dis waar dat diabete met die regte sorg lank betreklik gesond bly, maar enige diabeet sal jou vertel dis nie \u2019n piekniek nie. Dit kos geld, met minder oor vir al die lekker dinge van die lewe juis in die stadium dat jy tyd daarvoor begin kry.<br \/>\nEn dit perk jou vryheid in, want skielik raak koek en tee saam met \u2019n vriendin, feestelike etes, werkgesellighede, \u2019n wynproe en selfs heerlike somervrugte, soos druiwe en waatlemoen kwessies. Jy kan ook nie maar net gaan gim of stap of reis sonder om vir jou insulienvlakke te beplan nie.<\/p>\n<p>Die tragedie is dat diabetes \u2019n leefstylsiekte is, met ander woorde een wat vir die meeste van ons voorkombaar is. \u2019n Groot Finse studie het bewys dat meer as die helfte van prediabete \u201cgenees\u201d as hulle hul leefstyl aanpas &#8211; in die praktyk gewig verloor, verstandig eet en 150 minute per week aktief oefen.<\/p>\n<div id=\"attachment_103967\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-103967\" class=\"size-medium wp-image-103967\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/11\/pexels-photo-262876-500x333.jpeg\" alt=\"Is diabetes dalk jou voorland?\" width=\"500\" height=\"333\" \/><p id=\"caption-attachment-103967\" class=\"wp-caption-text\">Foto: pexels<\/p><\/div>\n<p>Ons het kenners gevra om ons te help om \u2019n vraelys op te stel om ons kennis van di\u00e9 siekte te verbreed. Kyk hoe jy vaar. As jy vol punte kry, weet jy genoeg om jouself te vrywaar &#8211; jy moet net begin d\u00f3\u00e9n.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Toets jouself: Hoeveel weet jy van diabetes?<\/h4>\n<ol>\n<li>Daar is twee soorte diabetes. <strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<li>Ek\u2019s net \u2019n bietjie oorgewig. Dus is my risiko klein.\u00a0<strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<li>\u2019n Mens kom gou agter as jy diabetes het.\u00a0<strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<li>Mense wat suiker uitsny, kry nie diabetes nie\u00a0<strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<li>Vir diabete is blindheid byna onvermydelik\u00a0<strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<li>Diabete kan nie wyn drink of soetgoed eet nie\u00a0<strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<li>Stap is oorgenoeg oefening.\u00a0<strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<li>\u2019n Glas melk kan \u2019n diabeet se lewe red\u00a0<strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<li>Diabete mag nie motor bestuur nie\u00a0<strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<li>Eers op medisyne, altyd op medisyne.\u00a0<strong>Waar\/Vals<\/strong><\/li>\n<\/ol>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Antwoorde:<\/h4>\n<p><strong>1 Daar is twee soorte diabetes: Vals<\/strong>.<\/p>\n<p>Daar is eintlik is vier soorte. Die een waaroor jy jou moet bekommer, is tipe 2-diabetes, want nege uit elke tien diabete ly hieraan. Die ander soorte is tipe 1-diabetes, wat meestal by jonger mense ontwikkel; <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/swanger-bo-40\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">swangerskapdiabetes<\/a>; en die seldsame diabetes insipidus. By tipe 1-diabete gaan die pankreasselle wat insulien moet vervaardig tot niet \u2013 niemand weet waarom nie. (\u2019n Interessantheid: die asem van lyers in hierdie fase ruik na naellakverwyderaar; dis ook \u2019n waarskuwingsteken dat iets skort.) Net een uit elke tien diabete ly aan hierdie vorm en die meeste ontwikkel dit as kinders of jongmense. Hulle het permanent insulien nodig om hul probleem te herstel.<\/p>\n<p>Tipe 2-diabete skei oorgenoeg insulien af maar die liggaam raak onsensitief en \u201clees\u201d nie meer dat insulien afgeskei is nie. By baie kan die regte dieet en oefening die liggaam se insuliensensitiwiteit herstel, terwyl ander wel insulien benodig. Die skaarsste een, diabetes insipidus, het niks met bloedsuiker of jou dieet te doen nie en ontwikkel as die liggaam te min antidiuretiese hormoon, die hormoon wat urienafskeiding reguleer, vorm. Jou liggaam het as \u2019t ware nie \u201cremme\u201d nie en dus urineer jy onophoudelik, die rede waarom lyers tot tien liter water per dag drink. Lyers kry nie insulien nie, maar medisyne wat die hormoonvlak herstel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>2 Ek\u2019s net \u2019n bietjie oorgewig. Dus is my risiko klein: Vals<\/strong>.<\/p>\n<p>Oorgewig, veral om jou middel, is die grootste enkel risiko vir tipe 2- diabetes. Jou risiko is nog groter as jy ook verhoogde cholesterol- en bloedlipiedvlakke<br \/>\nhet.<\/p>\n<p>Die ander groot risikofaktor is \u2019n familiegeskiedenis. As jy \u2019n broer, suster of ouer met diabetes het, is jou kans baie goed om ook diabetes te ontwikkel.<\/p>\n<p>Skisofrene, vroue wat aan polisistiese ovariale sindroom ly, vroue wie se babas by geboorte meer as vier kilo\u2019s weeg, en mense met verhoogde cholesterol- en lipiedvlakke ontwikkel ook makliker diabetes.<\/p>\n<p>Jy kan die gevaarlikste risikofaktor &#8211; jou gewig &#8211; beheer en werklik \u201cbesluit\u201d of jy diabetes gaan systap. Daarom is dit sinvol om veral dierevette te verminder, wit stysel vir bruin stysel te verruil, suiker uit te sny en gereeld te oefen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>3 \u2019n Mens kom gou agter as jy diabetes het: Vals<\/strong>.<\/p>\n<p>Bitter min mense besef dat hulle reeds diabete is. Hulle voel miskien moeg, kla van duiseligheid, \u2019n dooie gevoel,<br \/>\nof die gevoel dat jou hande of voete slaap, seerplekkies wat nie genees nie en dowwe sig. Baie let dalk op (maar nie altyd nie) dat hulle gereelder urineer en ooreenstemmend meer dors is. Dorstigheid kan wel normaal wees, veral by aktiewe mense in die somer.<\/p>\n<p>\u2019n Goeie riglyn is om na te dink oor wat snags gebeur. As jy dan ook baie dors is en \u2019n hele paar keer \u2019n draaitjie moet loop, is dit tyd dat jy vir diabetes getoets word. Dit word meestal in die spreekkamer opgespoor wanneer die dokter in \u2019n urientoets ho\u00eb suikervlakke opspoor, wat dan met \u2019n bevestigende vastende plasmaglukosetoets opgevolg word. Jou bloedsuiker kan normaal wees, of jy kan prediabeties wees, met aangetaste glukosetoleransie (met ander woorde jy kan net \u2019n beperkte hoeveelheid suiker hanteer) of jy kan reeds volle diabetes h\u00ea.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>4 Mense wat suiker uitsny, kry nie diabetes nie: Dis feitlik altyd waar. <\/strong><\/p>\n<p>As jy die resep\u00a0soek om die voorkombare tipe 2-diabetes te ontwikkel, moet jy van die m\u00f4re tot die aand wegl\u00ea aan verfynde stysel soos suiker, soetgoed, sjokolade, gaskoeldranke, vrugtesap, versoete melkdrankies, soet jogurt, koek, wit beskuit, witbrood, vrugtesap, soet kitspappe en kitskos soos pasteitjies, samoesas, hamburgers, aartappelskyfies,<br \/>\npizza en pastas.<\/p>\n<p>Dis nie nodig om al die lekkernye uit te sny nie. Maar hou hulle vir bederfgoedjies waarvan jy nie meer as een per dag eet nie. As jy diabetes wil vryspring, sal jy liewer bly by tuisbereide kos met min vet en suiker en baie vesel. So is \u201coutydse\u201d hawermout vir ontbyt met onversoete jogurt, \u2019n vars vrug en \u2019n eier \u2019n baie beter keuse as versuikerde kitspap (al is dit vitamienverryk), vrugtesap, spek en \u2019n broodrolletjie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>5 Vir diabete is blindheid byna onvermydelik:<\/strong><\/p>\n<p>Dis waar dat diabete \u2019n groot risiko loop om swaksiende of heeltemal blind te word en\/of gloukoom en katarakte te<br \/>\nontwikkel. Maar met die jongste laserchirurgiese tegnieke is sigprobleme nie \u2019n gegewe nie. Mits diabete jaarliks vir \u2019n oogondersoek gaan, kan hulle lank goed genoeg sien om te kan lees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>6 Diabete kan nie wyn drink of soetgoed eet nie: Meestal vals. <\/strong><\/p>\n<p>Deesdae is min dinge heeltemal verbode vir diabete. Drankies word beperk maar nie uitgesny nie. Diabete kan een drankie per dag drink, saam met \u2019n onbeperkte hoeveelheid water of vonkelwater en kunsmatig versoete water\/koeldrank.<\/p>\n<p>Hulle k\u00e1n ook heerlik saameet. Die klem val eerder op kosse met \u2019n lae GI-waarde as op die uitsny van alle soetgoed<br \/>\nen wit stysel. Dis ook belangrik dat diabete ses klein maaltye eerder as twee of drie grotes eet.<\/p>\n<p>\u2019n Dieetkundige se advies wat jou al die fyner kunsies wys om die aanpassing na \u2019n diabetiese leefstyl te vergemaklik, is elke sent werd. Diabete behoort ook in te skakel by \u2019n diabeteskliniek (wat baie goedkoop by talle apteke aangebied word) waar \u2019n opgeleide verpleegsuster hulle maandeliks monitor.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/jy-op-datum-met-diabetes\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Slim raad vir drankies vir diabete<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>7 Stap is oorgenoeg oefening: Dis waar &#8211; voorwaardelik.<\/strong><\/p>\n<p>Jy hoef nie te oefen asof jy vir die Ystervrou-kompetisie wil inskryf nie, maar \u2019n statige wandelinkie om die blok is ook nie genoeg nie. Elkeen van ons &#8211; diabeet, prediabeet of doodgewoon gesond &#8211; moet mik vir \u2019n oefensessie van dertig minute per dag. Als wat jou asem laat jaag, jou hartklop versnel en jou soepel hou, tel &#8211; van \u2019n flinke stap tot<br \/>\ndie stoep fluks vee, touspring of dans.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>8 \u2019n Glas melk kan \u2019n diabeet se lewe red: Dis waar, maar &#8230; <\/strong><\/p>\n<p>&#8230; daar is beter maniere om dit te hanteer as \u2019n diabeet skielik begin sweet, bewe, hoofpyn het en verward is of deurmekaar praat. Suiker in een of ander vorm kan die bloedsuikervlakke gou herstel. As die diabeet nog kan kou en<br \/>\nsluk, sal \u2019n teelepel suiker, \u2019n suiglekker, \u2019n koppie soet tee of vrugtesap sy bloedsuikervlak blitsig herstel. As hy nie meer kan nie, werk dit om \u2019n bietjie heuning, gouestroop, konfyt of kondensmelk met \u2019n teelepel in sy mond te sit.<\/p>\n<p>Diabete wat aan sport deelneem, moet ook tussendeur \u2019n sportdrankie of suiglekkers kou om hul bloedsuiker stabiel te hou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>9 Diabete mag nie motor bestuur nie: Vals.<\/strong><\/p>\n<p>Diabete kan alles bly doen, mits hulle hul bloedsuikervlakke stabiel hou. Maar as \u2019n diabeet sukkel om sy bloedsuiker<br \/>\nte beheer, loop hy \u2019n werklike risiko om in \u2019n koma te gaan. Sy dokter sal hom gevolglik verbied om motor te bestuur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>10 <\/strong>\u00a0<strong>Eers op medisyne, altyd op medisyne:\u00a0Vals. <\/strong><\/p>\n<p>Net mense met tipe 1-diabetes moet altyd op insulien bly.\u00a0Meer as die helfte van tipe 2-diabete kan hul medisyne staak deur net reg te eet en elke dag te oefen. Maar hul dokter kan ander medisyne nodig ag, soos middels wat<br \/>\ncholesterol verlaag of beroerte voorkom.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Knap gou jou kennis oor diabetes op. Dalk besef jy dan dis \u2019n baie ernstiger siekte as wat jy vermoed. \u00c9n besluit om plan te maak met die ekstra gewig wat jy dalk saamdra. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":134683,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,667],"tags":[136,620,829,23664,23823],"class_list":["post-103922","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-dieet","tag-diabetes","tag-health","tag-diet"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Is diabetes dalk jou voorland? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Knap jou kennis oor diabetes op. Dan besef jy dis \u2019n baie ernstiger siekte as wat jy vermoed. \u00c9n besluit om plan te maak met die ekstra gewig.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Is diabetes dalk jou voorland? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Knap jou kennis oor diabetes op. Dan besef jy dis \u2019n baie ernstiger siekte as wat jy vermoed. \u00c9n besluit om plan te maak met die ekstra gewig.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2022-11-14T07:30:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2022-11-14T07:31:58+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/pexels-photomix-company-1001897.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Is diabetes dalk jou voorland?\",\"datePublished\":\"2022-11-14T07:30:54+00:00\",\"dateModified\":\"2022-11-14T07:31:58+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/\"},\"wordCount\":2043,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/pexels-photomix-company-1001897.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"dieet\",\"diabetes\",\"health\",\"diet\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2022\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/\",\"name\":\"Is diabetes dalk jou voorland? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/pexels-photomix-company-1001897.jpg\",\"datePublished\":\"2022-11-14T07:30:54+00:00\",\"dateModified\":\"2022-11-14T07:31:58+00:00\",\"description\":\"Knap jou kennis oor diabetes op. Dan besef jy dis \u2019n baie ernstiger siekte as wat jy vermoed. \u00c9n besluit om plan te maak met die ekstra gewig.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/pexels-photomix-company-1001897.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2022\\\/11\\\/pexels-photomix-company-1001897.jpg\",\"width\":1280,\"height\":853},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diabetes-dalk-jou-voorland\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Is diabetes dalk jou voorland?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Is diabetes dalk jou voorland? | rooi rose","description":"Knap jou kennis oor diabetes op. Dan besef jy dis \u2019n baie ernstiger siekte as wat jy vermoed. \u00c9n besluit om plan te maak met die ekstra gewig.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Is diabetes dalk jou voorland? | rooi rose","og_description":"Knap jou kennis oor diabetes op. Dan besef jy dis \u2019n baie ernstiger siekte as wat jy vermoed. \u00c9n besluit om plan te maak met die ekstra gewig.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2022-11-14T07:30:54+00:00","article_modified_time":"2022-11-14T07:31:58+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":853,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/pexels-photomix-company-1001897.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"10 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Is diabetes dalk jou voorland?","datePublished":"2022-11-14T07:30:54+00:00","dateModified":"2022-11-14T07:31:58+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/"},"wordCount":2043,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/pexels-photomix-company-1001897.jpg","keywords":["Gesondheid","dieet","diabetes","health","diet"],"articleSection":["Leef gesond","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2022","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/","name":"Is diabetes dalk jou voorland? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/pexels-photomix-company-1001897.jpg","datePublished":"2022-11-14T07:30:54+00:00","dateModified":"2022-11-14T07:31:58+00:00","description":"Knap jou kennis oor diabetes op. Dan besef jy dis \u2019n baie ernstiger siekte as wat jy vermoed. \u00c9n besluit om plan te maak met die ekstra gewig.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/pexels-photomix-company-1001897.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2022\/11\/pexels-photomix-company-1001897.jpg","width":1280,"height":853},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diabetes-dalk-jou-voorland\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Is diabetes dalk jou voorland?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/103922","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=103922"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/103922\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/134683"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=103922"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=103922"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=103922"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}