{"id":102738,"date":"2018-11-21T08:39:42","date_gmt":"2018-11-21T06:39:42","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=102738"},"modified":"2018-11-21T09:17:54","modified_gmt":"2018-11-21T07:17:54","slug":"diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/","title":{"rendered":"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan"},"content":{"rendered":"<p><em>Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan deur Mariette Snyman. Foto\u2019s deur Gerrie Snyman, tensy anders aangedui.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hoewel die bekroonde kunstenaar <strong>Diek Grobler<\/strong> in verskeie mediums werk, was vanjaar vir hom in terme van sy animasiekuns \u2019n groot jaar. Van sy films is gekies om op animasie- en po\u00ebsiefilmfeeste in onder meer Frankryk, Duitsland, Ierland en Japan ten toon gestel te word.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>1. Diek, waar het jou animasiewerk vanjaar oral gaan draai?<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Ek is genooi om \u2019n voorlegging te doen by die <strong>Annecy Animasiefees in Frankryk<\/strong>, wat \u2019n keur van dit wat elders in die w\u00eareld geskep word, bied aan studios op soek na interessante projekte. \u2019n Klein studio in Londen gaan moontlik by my film <em>Laaste Woord<\/em> betrokke raak.<\/li>\n<li>Kort daarna is my po\u00ebsiefilm <em>Mon Pays<\/em> (<em>My Land<\/em>) \u2013 van \u2019n gedig deur <strong>Ousmane Moussa Diagana<\/strong> met musiek deur <strong>Laurinda Hofmeyr<\/strong> \u2013 gekies vir die kortlys van die <strong>Weimar po\u00ebsiefilmprys in Duitsland<\/strong>. Dis ook gekies vir \u2019n paar <strong>ander feeste in Europa<\/strong> en is op die kortlys van die <strong>O\u2019Beal Po\u00ebsiefilmfees in Ierland<\/strong>.<\/li>\n<li>Die hoogtepunt was egter toe my kinderfilm <em>Net een slukkie, Padda <\/em>gekies is om by die <strong>Hirosjima Internasionale Animasiefees<\/strong> te gaan kompeteer. Dis die belangrikste animasiefees in die Ooste, deur die W\u00eareldliggaam vir Animasiefilm geakkrediteer, en \u2019n Oscar-kwalifiserende fees. <em>Net een slukkie, Padda<\/em> was een van 75 films gekies uit \u2019n somtotaal van 2850 inskrywings. En toe wen ons boonop \u2019n spesiale prys &#8211; die kersie op die koek!<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lees ook ons onderhoud met <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ons-praat-met-laurinda-hofmeyr\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Laurinda Hofmeyr<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>2. Vertel van julle reisplan na die Ooste<\/strong><\/p>\n<p>Ek en my eggenoot, <strong>Gerrie Snyman<\/strong>, het ongelukkig \u2019n beperkte reistyd gehad. Ons was slegs drie dae in Hong Kong en drie dae in Tokio. Toe is ons met die Shinkanzen \u2013 die ho\u00ebspoedtrein \u2013 na Hirosjima vir \u2019n week by die fees.<\/p>\n<div id=\"attachment_102826\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-102826\" class=\"size-full wp-image-102826\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/diek-hong-kong.jpg\" alt=\"Diek-Grobler-en-sy-animasiekuns-in-Japan-hong-kong\" width=\"448\" height=\"336\" \/><p id=\"caption-attachment-102826\" class=\"wp-caption-text\">Gerrie fotografeer die stadsprofiel in Hong Kong (Foto Diek Grobler)<\/p><\/div>\n<h4><\/h4>\n<p><strong>3. Wat was jou eerste indruk van Japan?<\/strong><\/p>\n<p>Wanneer jy n\u00e1 \u2019n lang reis die eerste keer daar aan wal stap, is dit nogal oorweldigend om jou weg te moet baan en al die lettertjies wat jy sien, is in Japannees. Die mense is egter ontsettend hulpvaardig en hoflik. En nie een of twee nie. Almal.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>4. Vertel ons van die landskap<\/strong><\/p>\n<p>Die landskap deur die treinvenster was groen en vriendelik \u2013 nogal dig bebou, maar dit het tog gelyk of baie wildernis behou word. Hiroshjima is omring deur groen heuwels, so dit voel nogal knus. In kontras daarmee was die park waar die atoombom geval het drie straatblokke van ons woonplek af.<\/p>\n<p>Die oorsese gaste by die fees is almal vir \u2019n piekniek die berge ingeneem. Ons het twee ure tussen groen heuwels, later berge, deurgery tot by \u2019n hoogliggende vakansieoord met \u2019n glashelder bergstroom waarin ek heerlik geswem het.<\/p>\n<div id=\"attachment_102924\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-102924\" class=\"size-full wp-image-102924\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/vredeskoepel-hiros.jpg\" alt=\"ler-en-sy-animasiekuns-in-japan\" width=\"448\" height=\"299\" \/><p id=\"caption-attachment-102924\" class=\"wp-caption-text\">Die vredeskoepel in Hirosjima<\/p><\/div>\n<h4><\/h4>\n<p><strong>5. En die mense?<\/strong><\/p>\n<p>Ek het nog nooit so baie ordentlike mense bymekaar beleef nie.\u00a0 En almal is uiters ordentlik met almal, nie net met ons vreemdelinge nie.\u00a0 In \u2019n week en \u2019n half het ek net een onbeskofte Japannees raakgeloop.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>6. Hoe het jy die algemene leefwyse ervaar?<\/strong><\/p>\n<p>Dis \u2019n baie geordende samelewing. Alles werk en is betyds; niemand druk by rye in nie, elkeen wag sy beurt af. \u2019n Toeris se indrukke is natuurlik nie noodwendig akkuraat nie &#8211; jy bevind jou buite jou gewone verwysingsraamwerk en kan maklik situasies idealiseer.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>7. Vertel ons van die kos!<\/strong><\/p>\n<p>Die kos val honderd present in my smaak en elke happie was \u2019n avontuur.\u00a0 Ons het meesal eenvoudig ge\u00ebet \u2013 sommer gou by \u2019n straatrestaurantjie ingeval vir ramen, gebraaide hoender of \u2019n bakkie noedels. Wanneer ek weer gaan, wil ek meer tyd h\u00ea, meer stede sien en die kos behoorlik beproe. Di\u00e9 ontdekking van die reis was \u2019n fusie van Japannese en Westerse kos: Wasabi-risotto! Dit is die tipe dis waarvoor jy dalk jou geboortereg sal verkoop\u2026<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-102925 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/kos-1.jpg\" alt=\"masiekuns-in-japan-kos\" width=\"448\" height=\"299\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>8. Hoe het jy die animasiefees ervaar?<\/strong><\/p>\n<p>Elke aand was daar \u2019n kompetisievertoning van 18 tot 20 films \u2013 die dag se belangrikste vertoning, en altyd stampvol. Deur die dag was daar ook ander vertonings, soos oorsigvertonings van die jurielede se werk, werkwinkels en paneelbesprekings.<\/p>\n<p>Weer was die respek van mense vir mekaar besonders.\u00a0 Ek het n\u00f3\u00f3it in enige vertoning \u2019n selfoon hoor lui nie. Jy eet of drink ook nie in \u2019n gehoorsaal nie.\u00a0 In Junie in Frankryk het dit my grensloos ge\u00efrriteer wanneer die gehoorlede, terwyl hulle wag vir die vertoning om te begin, mekaar en die skerm met goed gooi &#8211; van papiervliegtuigies tot <em>popcorn<\/em>. Die Japannese doen dit nie.<\/p>\n<p>Die reaksie op my werk was uiteraard nogal goed \u2013 die mees uitgelese paneel jurielede wat ek nog saam gesien het, het vir my \u2019n prys gegee! En glo my, hulle laat jou voel asof jy die Nobelprys vir Vrede gewen het, nie net \u2019n klein silwerbekertjie nie.<\/p>\n<div id=\"attachment_103135\" style=\"width: 346px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-103135\" class=\"size-full wp-image-103135\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/prys.jpg\" alt=\"ns-in-japan-diek-met-beker\" width=\"336\" height=\"417\" \/><p id=\"caption-attachment-103135\" class=\"wp-caption-text\">Diek ontvang sy prys (Foto Tadashi Kushiro)<\/p><\/div>\n<h4><\/h4>\n<p><strong>9. Watter uitstappies en inkopies kan jy aanbeveel?<\/strong><\/p>\n<p>Ek sou enige uitstappie wat jou in Japan gaan kry, aanbeveel. En dan is daar \u2019n Japannese ontwerpwinkel, Muji \u2013 hulle het ook takke in ander w\u00eareldstede, maar die een in Tokio is nogal fantasties \u2013 met die mooiste ontwerpersgoed, van pantoffels tot kleefband, van stoele tot naelknippertjies. Alles is pragtig, eenvoudig en skoon.\u00a0 En dan die <em>mochi:<\/em> \u2019n\u00a0jellierige lekkerny gemaak van rys wat met hamers gemoker word totdat dit \u2019n vreemde, sagte, jellierige tekstuur kry. Ek dink dis nou my gunstelinglekkergoed.<\/p>\n<div id=\"attachment_102928\" style=\"width: 309px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-102928\" class=\"size-full wp-image-102928\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/toeris-tokio-1.jpg\" alt=\"oepel-tokio-straattoneel\" width=\"299\" height=\"448\" \/><p id=\"caption-attachment-102928\" class=\"wp-caption-text\">Diek speel toeris in Tokio<\/p><\/div>\n<h4><\/h4>\n<p><strong>10. Enige reiswenke vir Japan?<\/strong><\/p>\n<p>Gaan onmiddellik! Dis ver en die vliegkaartjies is maar duur, maar Japan self was vir my goedkoper as Europa. Die drukkend warm monsoenseisoen (Augustus) is nogal uitputtend, so jy kry minder gedoen as wat jy graag sou wou.\u00a0 Ek dink die lente of herfs gaan n\u00f3g lekkerder wees.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>11. Wat het jou hart gesteel?<\/strong><\/p>\n<p><em>Mochi<\/em>. Japan. Hirosjima.<\/p>\n<div id=\"attachment_103150\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-103150\" class=\"size-full wp-image-103150\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/naglewe.jpg\" alt=\"d-in-japan-tokio-naglewe\" width=\"448\" height=\"299\" \/><p id=\"caption-attachment-103150\" class=\"wp-caption-text\">Die naglewe in Tokio<\/p><\/div>\n<h4><\/h4>\n<p><strong>12. Waar kan ons van jou kunswerke te sien kry, en meer uitvind oor jou animasiewerkwinkels?<\/strong><\/p>\n<p>Algemene inligting en kunswerke by <a href=\"http:\/\/www.diekgrobler.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.diekgrobler.co.za<\/a> en animasiewerke by <a href=\"https:\/\/vimeo.com\/channels\/1364705\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">https:\/\/vimeo.com\/channels\/1364705<\/a>\u00a0of stuur \u2019n e-pos aan\u00a0<a href=\"mailto:diek@fopspeen.co.za\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">diek@fopspeen.co.za<\/a><\/p>\n<p><strong>Animasiewerkwinkels<\/strong><\/p>\n<p>Ek hou van tyt tot tyd werkwinkels wat fokus op handgemaakte en eksperimentele animasie. Ek pas die werkwinkels aan soos verlang &#8211; dit kan vir absolute beginners wees, of vir studente of kunstenaars wat meer van die dissipline wil weet. Ek hou dit gewoonlik by Johann van Heerden se gallery in 593 Jacquelineweg, Garsfontein, Pretoria. Die werkwinkels verg geen duur sagteware of toerusting nie. Meer inligting by Miekie: 079 780 9807.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<div id=\"attachment_102930\" style=\"width: 458px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-102930\" class=\"size-full wp-image-102930\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/meisies.jpg\" alt=\"-meisies-met-geishaklere\" width=\"448\" height=\"299\" \/><p id=\"caption-attachment-102930\" class=\"wp-caption-text\">Meisies met geisha-klere by die Meiji-tempel in Tokio<\/p><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis nie aldag dat \u2019n Suid-Afrikaanse kunstenaar genooi word om in Hirosjima te gaan kompeteer en boonop \u2019n prys wen nie! Diek Grobler gesels oor die Japannese se ordentlikheid, hul ontwerpersgoed, die landskap &#8211; en die mochi.<\/p>\n","protected":false},"author":21,"featured_media":103134,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2968,3476],"tags":[628,997,60574,60575,60576,60746,60747],"class_list":["post-102738","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-reis","category-ontspanning","tag-travel","tag-japan","tag-diek-grobler","tag-animasiekunstenaar","tag-animasie","tag-hirosjima","tag-tokio"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Suid-Afrikaanse kunstenaar Diek Grobler gesels oor die animasiefees in Hiroshima waar hy &#039;n prys gewen het, oor die mense, ontwerpersgoed - en die mochi.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Suid-Afrikaanse kunstenaar Diek Grobler gesels oor die animasiefees in Hiroshima waar hy &#039;n prys gewen het, oor die mense, ontwerpersgoed - en die mochi.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-11-21T06:39:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-11-21T07:17:54+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/teater.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"382\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Mariette Snyman\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Mariette Snyman\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\"},\"headline\":\"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan\",\"datePublished\":\"2018-11-21T06:39:42+00:00\",\"dateModified\":\"2018-11-21T07:17:54+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/\"},\"wordCount\":1135,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/10\\\/teater.jpg\",\"keywords\":[\"travel\",\"Japan\",\"diek grobler\",\"animasiekunstenaar\",\"animasie\",\"hirosjima\",\"tokio\"],\"articleSection\":[\"Reis\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/\",\"name\":\"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/10\\\/teater.jpg\",\"datePublished\":\"2018-11-21T06:39:42+00:00\",\"dateModified\":\"2018-11-21T07:17:54+00:00\",\"description\":\"Suid-Afrikaanse kunstenaar Diek Grobler gesels oor die animasiefees in Hiroshima waar hy 'n prys gewen het, oor die mense, ontwerpersgoed - en die mochi.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/10\\\/teater.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/10\\\/teater.jpg\",\"width\":640,\"height\":382,\"caption\":\"imasiekuns-in-japan-teater\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07\",\"name\":\"Mariette Snyman\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Mariette Snyman\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan | rooi rose","description":"Suid-Afrikaanse kunstenaar Diek Grobler gesels oor die animasiefees in Hiroshima waar hy 'n prys gewen het, oor die mense, ontwerpersgoed - en die mochi.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan | rooi rose","og_description":"Suid-Afrikaanse kunstenaar Diek Grobler gesels oor die animasiefees in Hiroshima waar hy 'n prys gewen het, oor die mense, ontwerpersgoed - en die mochi.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-11-21T06:39:42+00:00","article_modified_time":"2018-11-21T07:17:54+00:00","og_image":[{"width":640,"height":382,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/teater.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Mariette Snyman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Mariette Snyman","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/"},"author":{"name":"Mariette Snyman","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07"},"headline":"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan","datePublished":"2018-11-21T06:39:42+00:00","dateModified":"2018-11-21T07:17:54+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/"},"wordCount":1135,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/teater.jpg","keywords":["travel","Japan","diek grobler","animasiekunstenaar","animasie","hirosjima","tokio"],"articleSection":["Reis","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/","name":"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/teater.jpg","datePublished":"2018-11-21T06:39:42+00:00","dateModified":"2018-11-21T07:17:54+00:00","description":"Suid-Afrikaanse kunstenaar Diek Grobler gesels oor die animasiefees in Hiroshima waar hy 'n prys gewen het, oor die mense, ontwerpersgoed - en die mochi.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/teater.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/teater.jpg","width":640,"height":382,"caption":"imasiekuns-in-japan-teater"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/diek-grobler-en-sy-animasiekuns-in-japan\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Diek Grobler en sy animasiekuns in Japan"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/0fddfbc7964e5432744ab907a4c40c07","name":"Mariette Snyman","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6a862306729ff00bb273e06947416e137e38ae913367803ad31a948e1536174e?s=96&d=mm&r=g","caption":"Mariette Snyman"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102738","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/21"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=102738"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102738\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/103134"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=102738"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=102738"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=102738"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}