{"id":102171,"date":"2018-10-05T13:47:37","date_gmt":"2018-10-05T11:47:37","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=102171"},"modified":"2018-10-05T13:47:37","modified_gmt":"2018-10-05T11:47:37","slug":"margaret-se-wereld-die-operasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/","title":{"rendered":"Margaret se W\u00eareld: Die operasie"},"content":{"rendered":"<p><em>Margaret se W\u00eareld: Die operasie deur Margaret Gardiner. Hooffoto:\u00a0Magnus Sundholm vir die HPFA.<\/em><\/p>\n<p>Ek het die oggend van my operasie vyfuur wakker geword. Dit was nog donker buite. Ek het besluit om my verhaal met almal te deel ingeval dit iemand anders kan help.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-wereld-ope-brief-kanker-neus\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Margaret se ope brief aan rooi rose-lesers oor die kankergewas op haar neus<\/a><\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-nuus-na-die-operasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Biopsies en New York<\/a><\/p>\n<p>Ek was die afgelope week staal en humor en het my spanning probeer verlig. Ek het briewe aan verskeie groepe gestuur oor die kanker op my neus wat \u2018n gat in die middel van my gesig gaan laat. Daar was twee dinge wat kon gebeur: \u00f3f \u2018n flap oor my neus \u00f3f \u2018n flap oor my voorkop. Daar was nie omdraaikans nie. Almal sou weet van die kanker. Ek het my boodskappe nagegaan. Daar was woorde van bemoediging van my vriende wat weet wat aangaan en van my niggie in Suid-Afrika. Sy het die tydsverskil uitgewerk sodat ek die boodskap sou kry as ek wakker word. Ek het dit soos \u2018n spons opgeslurp. Ek het gestort en my hare gewas en gemaklike klere aangetrek wat nie aan my gesig sou raak as ek n\u00e1 die operasie aantrek nie.<\/p>\n<p>Ek het my seun gegroet. Dit was sy tweede week by die werk. Wat \u2018n manier om jou werkslewe te begin. Ek en Andr\u00e9 het hospitaal toe gery. Hy was emosioneel en wou dit wegsteek, maar ek kon sien hy is ontsteld. Ek het die prosedure as buitepasi\u00ebnt laat doen en hy het daarop aangedring om by my te wees. Ek wou presies by die dokters weet wat aangaan. Ek wou in beheer wees en het Andr\u00e9 laat belowe hy sou gaan en wag dat die dokters hom bel wanneer ek uitkom. Ek het saam dr. Jenny Kim ingegaan.<\/p>\n<p>Dit was \u2018n eenvoudige proses. Vreesaanjaend, maar eenvoudig. Hulle sou my neus verdoof en die vleis afskraap om seker te maak hulle verwyder al die kanker. Dan sal hulle die rande nagaan om seker te maak hulle het al die kanker verwyder. Indien nodig, sou hulle die proses herhaal. Ek was voorbereid op herhalings met tussenposes van 45 minute.<\/p>\n<p>Ek het \u2018n weerstand teen pynstillers en sy het seker gemaak ek voel niks. Sy het begin werk en ek was wakker. Hulle het \u2018n stuk watte in die neusgat gedruk om dit stewig te maak. Ek kon die druk voel, maar nie die pyn nie.<\/p>\n<p>Dr. Kim was optimisties en bemoedigend, maar ook realisties. Ek moes in die wagkamer op die uitslae gaan wag.<\/p>\n<p>Dit was vinniger verby as wat ek verwag het. Dit klink maklik, maar ek was vreesbevange. Sowat 7 mm van my neus was weg. Hulle wou my man bel, maar ek het gedink ek moet weer ingaan teater toe en wou hom nie onnodig laat kom nie. Ek het gewag. Ander pasi\u00ebnte het gekom en gegaan. Ek het navraag gedoen, maar daar is meer as een dokter en die toetse word op rotasiebasis gedoen. Elkeen het \u2019n beurt. My sus Bev het op WhatsApp met my gesels en dit was lekker om ondersteuning te h\u00ea. As ek gekla het dat dit te lank neem, het sy laat weet 45 minute is nog nie verby nie.<\/p>\n<p>Dit het soos jare gevoel. Ek het \u2019n foto geneem om my susters tevrede te stel.<\/p>\n<p>As ek nou daarna kyk, lyk dit of ek tien jaar ouer geword het. My dokter se spreekkamer het my gebel en daaraan herinner dat ek na \u2018n ander vloer moet gaan sodat die wond toegewerk kan word, maar hulle het nie geweet of hulle al die kanker uitgesny het nie. Ek het hulle gevra of hulle weet of my dokter vir \u2018n tweede toets gevra het.<\/p>\n<p>Tylenol is vir die pyn voorgeskryf, maar ek was bang ek het iets sterkers nodig en het \u2018n voorskrif gevra. Ek het tyd verwyl om apteek toe te stap. Terug by die dokter was die goeie nuus dat ek kon ingaan.<\/p>\n<p>Ek kan nie die afwagting beskryf toe ek instap nie. Die nuus was goed &#8211; hulle het al die kanker verwyder. Ek was verlig en het begin lag, maar my o\u00eb was vol trane. Het dit beteken \u2018n neusflap is nodig en nie \u2018n voorkopflap nie? Ek het \u2018n vorm gekry vir die opvolgprosedure en ek is terug na die operasie-afdeling.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-102177 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/marghospitaal-e1538739068653.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Die operasie\" width=\"240\" height=\"320\" \/><\/p>\n<p>Nog \u2018n selfie terwyl ek vir die chirurg wag. Die kontras met die vorige een was groot. Die verligting het \u2018n verskil gemaak. Ek het dr. Roostaeian, die chirurg, gevra of ek \u2018n voorkopflap nodig het. Hy het die verbande verwyder en daar was \u2018n 7 mm-sirkel op my neus. Geen voorkopflap nodig nie! Hy het belowe hy sal die chirurgie tot die neus probeer beperk. Hy het my gerus gestel dat hy die gat sal probeer toemaak met die minste visuele skade sigbaar.<\/p>\n<p>Twee uur later was ek wakker en het my man my huis toe geneem. Ek was eufories. Ek wou nie gaan l\u00ea nie en het besluit om laaie reg te pak. Oeps. Nie \u2018n goeie idee nie. Die afkyk het druk op die wond geplaas. Dit was seer en ek het in die bed gaan klim.<\/p>\n<p>Die volgende dag was my gesig geswel en ongemaklik. My man moes tien dae Europa toe gaan en ek het gemeen dit is onnodig om dit af te stel. Wat sou hy by die huis doen? Sit en kyk hoe ek beter word? Die motor het hom twee-uur kom haal en ek het na my boodskappe op FB gekyk. So baie steun en baie het hul eie ervaring gedeel. Ek kon agterkom mense gee om en verstaan watter vrees ek die afgelope tien dae beleef het.<\/p>\n<p>Die operasie was \u2018n sukses en hulle het al die kanker verwyder. My gesig was steeds my gesig. Hoe die wond lyk, was nog onbekend, maar ek was gelukkig. Ek het selfies geneem en gedeel. Ek wou nie h\u00ea mense moet bekommerd wees nie.<\/p>\n<p>Ek en my seun het Vrydagaand saam deurgebring en hy het voorgestel ons kyk na \u2018n komediant om die spanning te verlig. Ek het lekker gelag, en ek weet nie of jy weet nie, maar as jy lag, lag jou neus saam. N\u00e1 \u2018n lekker lagbui het ek gevoel hoe die verband loskom. Ek het gedink die lag het dit losgemaak, maar toe voel ek die bloed vloei. O nee, het ek so uitbundig gelag dat ek die steke losgelag het? \u2018n Straaltjie bloed het uit die wond geloop en ek het druk daarop toegepas en gaan l\u00ea.<\/p>\n<p>Met Andr\u00e9 weg, kon niemand my gerusstel nie maar ek het beste vriende wat ook dokters is. Ek het boodskappe gestuur. \u201cMoet ek hospitaal toe gaan?\u201d Vanwe\u00eb die tydsverskil met Suid-Afrika was daar eers geen antwoord nie. Ek het my sus Bev gevra en sy het gevra wat ek aangevang het. \u201cGelag,\u201d het ek geantwoord. \u201cHet dit ophou bloei?\u201d het sy gevra. \u201cJa.\u201d \u201cDan sal dit oukei wees, maar bel jou chirurg.\u201d<\/p>\n<p>Die dokter wat vir hom instaan, het aanbeveel ek moenie te veel beweeg nie. Ek moet rus tot en met my volgende afspraak oor \u2018n week. As dit weer bloei, moet ek bel. Teen di\u00e9 tyd het my vriend in Vegas ook die boodskap gekry. Al die dokters was dit eens. Wees rustig.<\/p>\n<p>Maar die bloed het my ontstel. S\u00ea nou die vel het geskeur? Ek kon my voorstel hoe die netjiese stekies van die plastiese chirurg geskeur is. Maar ek het die boodskap gekry: <em>Wees rustig<\/em>.<\/p>\n<p>Die dag voor die verbande verwyder is, het dit van die wond begin wegtrek en ek kon na die wond loer. Ek was so opgewonde. Maar ek het \u2018n swart bloedlyn oor my neus gesien en \u2018n swart kring bloed waar die wond was. My maag het gedraai. Dit was aaklig. Ek het naar gevoel en dit gou weer toegemaak. Hoe was dit moontlik? Het die vel teruggetrek van die gat toe ek gelag het? Dit was lelik en opgeswel.<\/p>\n<p>Dit was intiem, maar ek moes dit met iemand deel. Ek wou nie my man vertel nie. Hy was op \u2018n sakereis op \u2018n ander vasteland. Ek en hy het genoeg tyd tot ons oudag om na die letsel te kyk.<\/p>\n<p>Ek wou nie wys hoe \u2018n lafaard ek is nie. Ek het boodskappe aan my susters gestuur, maar dit was in die middel van die nag in Suid-Afrika. Ek kon hulle nie wakker maak nie, maar ek wou praat. Ek het n\u00e1 die tyd my boodskappe gelees en dit was so pateties. Ek het myself kwalik geneem. Maar wat kon ek doen? Hulle almal vertel ek is bang? Ek het dit reeds voor die operasie aan Sandy ges\u00ea. Moes ek hulle wakker maak en s\u00ea ek het na my wond gekyk en dit lyk aaklig? Ek het die boodskap gestuur. Ek het hulpeloos gevoel. Ek was teleurgesteld in myself en wou simpatie h\u00ea. Dit het nie goed gevoel nie. Ek het \u2018n goeie huilsessie gehad. Dit was maar die derde keer in die hele proses. Ek het een keer gehuil toe ek my susters in New York gekontak het en het \u2018n paar trane gehuil teenoor \u2018n kollega in \u2018n restaurant. Ek het probeer vasstel wat met my aangaan. Was ek selfgesentreerd?<\/p>\n<p>Ek het hard met myself gepraat: \u201cMargaret Gardiner! Jy is so \u2018n gelukkige mens. Dit is net jou neus. Jou hele gesig is nie geskend nie, Hoe kan jy kla as jou voorkop of wang ook geskend kon wees? Hulle het al die kanker verwyder. Hoe gelukkig. Jy is ydel en selfgesentreerd.\u201d My seun sou binnekort by die huis wees. Ek het myself reggeruk en \u2018n boodskap aan my susters gestuur. Hulle moet maak of ek nie al my vrese met hulle gedeel het nie. Ek stuur glimlaggies. Ek het gewonder of hulle my glo, maar dit is oukei as hulle nie my glimlaggies glo nie. In werklikheid was ek \u2018n bewende gemors. Ek het my ma nodig gehad. Sy was die een mens met wie ek eerlik kon wees. Dit maak nie saak hoeveel keer ek vir haar ges\u00ea het ek is oukei nie, sy sou bel en vra of als reg is. Ons kon praat en dan het ek veilig gevoel. Ek het gevoel ek het nie die reg om so te voel nie. My wond was die beste uitkoms en ek was selfgesentreerd. Hulle het al die kanker uitgehaal en dit was net my neus. Hoera! Net glimlaggies en dankbaarheid!<\/p>\n<p>Bev het verkoue gekry nadat sy twee siek babas versorg het terwyl haar dogter met vakansie was en Sandy het Bev, haar kleinkind en \u2018n pasgeborene versorg. Die tydsverkil het beteken dit is moeilik om hulle in die hande te kry en hulle was besig met die lewe, hul gesinne, siekte en kleinkinders. Ek kon nie met Bev praat sedert ek gehoor het ek het kanker nie. Hulle het tonne boodskappe gestuur en op die hoogte gebly van die mediese prosedure. Ek wou nie h\u00ea hulle moet hulle nog oor my ook bekommer nie. Ek het hulle aanhoudend verseker dat ek oukei is. Toe ek gehoor het ek het kanker, het ek hulle gevra om my tyd en ruimte te gee om dit te verwerk tot ek weet wat aangaan. Ek was in \u2018n fase van inligting bymekaarmaak. Ek was in \u2018n oorlogsone. Ek moes myself bewapen en myself dapper maak. Ek wou nie h\u00ea mense moet my kwetsbaarheid sien nie. Ek huil. Ek val uitmekaaruit.<\/p>\n<p>Ek moes dit wat gebeur, hanteer en steeds my pligte nakom.<\/p>\n<p>Ek het toe nog nie besluit om dit bekend te maak nie en ek moes eers inligting oor die gevolge kry. Ek het drie dae gehad om die nuus te verwerk, met dokters te praat, gereed te maak vir die operasie en my huis gereed te maak voor ek New York toe kon vlieg vir die <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-nuus-na-die-operasie\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">onderhoud met Blake Lively<\/a> en ander op video. Daar moes ek in \u2018n vertrek vol vreemdelinge herhaaldelik vertel dat ek \u2018n wond op my neus het en dat hulle nie daarop moet inzoem nie. Ek moes ekstra tyd aan my grimering bestee om die letsel te bedek.<\/p>\n<p>Ek is terug LA toe, het besef dit is my verjaarsdag en moes die nuus oor die kanker deel met vriende wat nog nie geweet het nie. Ek moes stories skryf, video\u2019s edit en voorberei om die nuus aan my kollegas en die w\u00eareld te deel. Ek was ook besig om \u2018n reis na Suid-Afrika te beplan en die reisagent het my op datum gehou. Hierdie dinge het oor my lewe gespoel terwyl ek seker gemaak het my seun raak nie ontsteld nie.<\/p>\n<p>Twee dae later, die operasie, die neusbloei, die onderhoude met die pers. Ek kon nie my hare was nie en ek moes vrae beantwoord aan mense oor my operasie. Ek het nie lus gevoel om dit te doen nie.<\/p>\n<p>Ek wou die skoonheid sien, oor alles lag, maar die werklikheid het my daaraan herinner, \u201cDit het met jou gebeur. Jy s\u00ea jy gaan oukei wees, maar ons kan jou neus sien. Jy het probeer om daardeur te seil, maar daar is \u2018n tsoenami aan die opbou binne jou.\u201d Ek het almal verseker ek is oukei. Ek het my spertye gemaak. Ek het probeer om my familie nie te laat raak nie.<\/p>\n<p>Maar toe laat my emosies my in die steek. Ek het dit verwerk, maar ek kon nie langer voordoen nie. Ek wou dit hanteer. Die voltooiing van hierdie avontuur was op pad. Die deksel wat ek op my emosies geplaas het, het gekraak en het soos \u2018n vulkaan ontplof.<\/p>\n<p>Ek het sedert New York probeer om my emosies in toom te hou. Ek het met my susters daaroor gepraat, maar elke keer weer die lug probeer blou verf. Maar dit het al hoe moeiliker geraak om die emosies te beheer.<\/p>\n<p>My liggaam het my stadig begin waarsku om die vrees te probeer verwerk. My kop was deurmekaar. Ek kon nie helder dink nie. Ek het dinge gelees en dit verkeerd verstaan. Ek het langer geneem om artikels te skryf.<\/p>\n<p>Ek het op verkeerde verdiepings uit die hysbak geklim, ek het kruideniersware gaan koop en goed gekoop wat ek nie nodig het nie. Ek het goed vergeet wat ek nodig het. Ek kon nie TV-werk aanvaar nie, want ek het nie geweet hoe ek op kamera gaan lyk nie.<\/p>\n<p>Dit was voor Toronto waar ek twee tot drie flieks per dag moes sien en ateljees kon nie verstaan hoekom ek skielik nie beskikbaar is nie. Ek het telefoononderhoude vergeet. \u2018n Ateljee het gebel vir \u2018n onderhoud met \u2018n ster wat ek weke tevore gere\u00ebl het en ek het daarvan vergeet. Kli\u00ebnte het gevra oor spertye vir opkomende stories. Dior het my na die modeweek in Parys genooi. Ek wou regtig gaan, maar hoe daag jy op by so \u2018n geleentheid met \u2018n onbekende faktor op jou gesig? Suid-Afrika het my genooi na \u2018n Mej. SA-geleentheid en hulle wou foto\u2019s h\u00ea. Ek wou nie na foto\u2019s kyk waarin my loopbaan gevier word op grond van hoe my gesig lyk nie.<\/p>\n<p>My seun het sy eerste week by sy nuwe werk gehad en ek wou hom so rustig moontlik hou.<\/p>\n<p>Die geluk was aan my kant met die grootte van die kanker, maar dit was steeds \u2018n skok vir my gestel. Ek was so besig om almal te verseker ek is oukei, ek het nie kans gekry om die emosies, vrees en stres te verwerk nie. Ek het dit nie uitgepraat nie.<\/p>\n<p>In daardie oomblik het alles oopgebars. Oor my lag en die versekering dat ek oukei is. Ek kon nie my susters in die middel van die nag wakker maak nie. Hoe kon ek op hulle skouers huil? Hulle het hulle hande vol gehad. Ek het reeds \u2018n vorige keer begin huil toe ek Sandy se stem gehoor het. Sandy is op haar eie reis en navigeer haar eie lewe. \u2018n Mens kan net op een ding op \u2018n slag konsentreer. Ons is altyd daar vir mekaar. Dis hoekom susters daar is, maar hulle het \u2018n paar berge van hul eie gehad en het nie nog \u2018n probleem nodig gehad nie. Ek kon nie my emosies per WhatsApp stuur nie en dit wat ek gestuur het, het deurmekaar uitgekom want my brein was deurmekaar. Alles was effe wolkerig nieteenstaande my goeie bedoelinge.<\/p>\n<p>Alles het lank geneem om te voltooi. Ek het die bal laat val. Ek het \u2018n diep asemteug geneem, my trane afgedroog en agtergekom ek kan my neus blaas!<\/p>\n<p>Ek het daar op die trappe gesit en besef ek kan lag. Dit was beter. Dit was die ek wat ek geken het. As dinge verkeerd gaan, moet ek humor kry. Ek was moeg om pateties te wees. Ek was so jonk toe ek uit die huis is en het \u2018n wapenrusting om my gebou as ek bang was. As 16-jarige met my familie op \u2018n ander vasteland en niemand om mee te praat nie moes ek op myself staatmaak. Toe ek die geleentheid gekry het om in Parys modelleerwerk te doen het ek na \u2018n land getrek waar niemand my verstaan nie en ek niemand geken het nie. Ek het nie die bedryf geken nie en was heeltemal alleen. As daar \u2018n probleem was, het jy die oplossing gesoek vir die gevegte wat jy verloor het. Jy het oorleef. Ek het nie met my mense gepraat nie, want dit sou hulle bekommerd gemaak het. So as dinge vir my verkeerd loop, begrawe ek dit diep. Ek is nie gewoond om hulp te vra en om in nood te wees nie.<\/p>\n<p>My ma was die enigste mens vir wie ek sulke dinge kon vertel en sy was weg. Ek het besef een van die redes hoekom ek so gesukkel het om haar dood te verwerk, is omdat sy die enigste mens was wat ek toegelaat het om my nood te sien.<\/p>\n<p>Ek het haar nodig gehad om my te help om oor die verlies van haar te kom. Ek het haar emosionele steun nodig gehad en ek het dit diep in my gedra. Sy het deur veel erger gegaan as waardeur ek nou gaan en ek het haar nooit sien doen wat ek nou doen nie.<\/p>\n<p>Nooit enige selfbejammering nie. Ek het besef sy is die enigste een vir wie ek emosionele steun gevra het. Vir die res is ek die een wat die emosionele steun gee. Ek hoef nooit dapper by haar te gewees het nie. Maar sy was weg. Die w\u00eareld was anders. \u2018n Bietjie kouer en \u2018n bietjie werkliker. Ek het besef dat ek onbewustelik vir haar wag om te bel. Dit was tyd om sterker te word. Sy is twee jaar dood.\u00a0 Ek wou haar vertel hoe ek voel, maar sy kon nie bel nie.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-gardiner-n-ma-soos-myne\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Margaret Gardiner: \u2019n Ma soos myne<\/a><\/p>\n<p>M\u00f4re kan nie vinnig genoeg kom nie. Ek was moeg om voor te gee. Hierdie was nie \u2018n sprokie waar jy \u2018n towerstaf kan waai en alles is weer reg nie. Daar is dit waarvoor ons wens en dit waarvoor ons nie wens nie. Jy kan jou verbeel daar is eenhorings, maar as jy aan hulle raak, besef jy hulle is nie werklik nie.<\/p>\n<p>Ek het nog altyd op die beste gehoop en dit hanteer wat gebeur het. Ek gee nie op met die eerste probleem nie, ek pas aan en kyk die werklikheid in die o\u00eb.<\/p>\n<p>Ek het my ma gemis en ek wou sien wat onder die verbande wegkruip. Ek wou dit aanvaar en voort beweeg. Ek het myself belowe ek gaan positiwiteit op facebook deel. Ek sal \u2018n metaforiese net oor my kop trek en glimlag. Ek sal nie huil en ingee vir vrees nie. Die w\u00eareld het gedraai. Ek sou vir ewig\u00a0 anders wees. Van buite en van binne.<\/p>\n<p>Ek het die volgende dag self na die chirurg gery. Die vrou oorkant my in die wagkamer het ook verbande om haar neus gehad, maar hare was \u2018n kosmetiese operasie. Ek het gedink aan die keuse om aan jou neus te laat werk. Ek was seker haar neus sou perfek wees. My chirurg het daaraan gewerk. Dit het my hoop gegee.<\/p>\n<p>Ek het die chirurg gevra vir \u2018n selfie om te deel. Hy het voorgestel ek wag tot die verbande af was. Hy het die wond skoongemaak. \u201cDit lyk goed,\u201d het hy ges\u00ea. Ek het gevra of ek kan sien. Ek het myself voorberei op dit wat ek gesien het toe ek onder die verbande ingeloer het. Maar dit was wonderlik. Die bloedlyn moes gedroogde bloed gewees het wat uit my neusgat geloop het. Die lelike bloedkol was ou bloed wat droog geword het. Ek het \u2018n pers letsel oor die brug van my neus en af op my neusgat gehad. Daar was \u2018n effense duik waar hy die punt van my neus geneem het en gerek het om die gat toe te maak. Daar was \u2018n effense bultjie waar die gat was. Die snit het die natuurlike skadu van my neus gevolg en die pers letsel sal maklik met grimering bedek kan word. Van voor af lyk dit soos \u2018n skaduwee. Ek kan gewoond raak aan die klein hobbeltjie wat so groot is soos \u2018n vingernael. Ek het later besef ek het ook \u2018n hobbel aan die binnekant van my neusgat wat my asemhaling effens raak. Ja, ek was anders, maar ek was oukei.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-102173 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/margaretdokter-e1538739552208.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Die operasie\" width=\"240\" height=\"320\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Ek het \u2018n week gehad om daaraan gewoond te raak voor ek Toronto toe vlieg. Daar moes ek tonne glansmense groet en na hulle skeppings uitvra.<\/p>\n<p>Ek het eers die verband aangehou sodat my seun dit nie kon sien nie. Ek was skaam. N\u00e1 twee dae het ek die huis verlaat. Vier dae later het ek \u2018n voorskou bygewoon saam kollegas en ek het die verband opgesit. Ek was nog nie gereed om dit vir vreemdes te wys nie. Ek was nog nie gereed om grimering op die wond te sit nie.<\/p>\n<p>Ek het \u2018n brief uitgestuur om my kollegas te vra om nie daaroor te praat nie, maar die ateljeepersoneel het nie daarvan geweet nie en ek moes weer en weer verduidelik wat gebeur het.<\/p>\n<p>Ek het ook die kans gehad om my dokter te besoek oor my fietsry-ongeluk vyf weke tevore en gehoor my toon was gebreek. Ek het ook dieselfde dag na die ortopeed gegaan vir kortisooninspuitings vir my gewrig en elmboog wat ek in Februarie beseer het. (\u2018n Man het my aan die arm gegryp toe hy gegly en geval het).<\/p>\n<p>Ek het gevoel of ek oral seer het, maar die goeie nuus is dit was net tydelik. Andr\u00e9 sou Vrydag terugkom. Dit was tien dae n\u00e1 my operasie en drie weke nadat ek ontdek het ek het kanker. Ek was op pad na Toronto-rolprentfees en dit sou my eerste blootstelling aan mense wees sonder die verbande.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-102174 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/margaretklere.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Die operasie\" width=\"218\" height=\"320\" \/><\/p>\n<p>Ek was baie selfbewus. Om my selfvertroue te gee het ek \u2018n borsspeld gedra wat my ma my gegee het van twee vo\u00ebls wat vlieg. Hulle was met \u2018n kettinkie verbind. Dit was metafories. Ek wou wegvlieg en ontsnap. Die kettings het my aan die werklikheid vasgehou. Dit het my sterk gemaak. My ma was die een met die ware krag. Ek het die hare oor die kant van my gesig laat hang. Dom van my. Genoeg. Jou neus is in die middel van jou gesig en jy kan dit nie met hare toemaak nie. Ek het bewerig aangegaan asof niks verkeerd is nie.<\/p>\n<p>\u201cJy lyk pragtig,\u201d het een van die sterre vir my ges\u00ea tydens \u2018n fotosessie. \u201cEk het pas kanker uit my gesig laat sny,\u201d het ek dit uitgeblaker. \u201cJa, is jy oukei?\u201d Ek sal weer oukei wees,\u201d het ek bewerig ges\u00ea. \u201cJy sal,\u201d het hy ges\u00ea. En sy kop hartlik geskud. \u201cEn dit lyk oukei.\u201d Ek het byna gehuil oor sy vriendelikheid. Ek kon die letsel op my neus sien. Ek kon die verskil op foto\u2019s sien. Was hy net gaaf? Ek weet nie. Ek was moeg van \u2018n fasade van glimlagte voorhou.<\/p>\n<div id=\"attachment_102176\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-102176\" class=\"size-medium wp-image-102176\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/marggaga-500x333.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Die operasie\" width=\"500\" height=\"333\" \/><p id=\"caption-attachment-102176\" class=\"wp-caption-text\">Lady Gaga, A Star is Born<\/p><\/div>\n<p>Ek is terug na my kamer. Het \u2018n gesonde aandete ge\u00ebet en gaan slaap. Daarna het ek my grimering versigtig gedoen. Dit is vreemd. As jy grimering aan jou neus aanwend, staar dit direk na jou. Dit kyk na jou as jy jou tande borsel, jou hande was en jou hare borsel. Dit staar onafwendbaar terug na jou.<\/p>\n<p>Ek het versigtig gewerk en \u2018n gebedjie opges\u00ea oor hoe dankbaar ek is. Baie mense het my van hulle ervarings vertel en hulle het erge letsels opgedoen. Myne was daar. Ek sien dit elke keer as ek na my weerkaatsing kyk, maar ek kan dit toesmeer.<\/p>\n<p>Die span het \u2018n fantastiese werk gedoen. Ek is so dankbaar teenoor hulle. Ook aan die Suid-Afrikaners wat my ondersteun het en die beste toegewens het. Diegene wat hulle persoonlike reise gedeel het. Ek het \u2018n rok aangetrek, \u2018n groot ketting om my nek gehang om die ou kankerletsel te bedek en gegiggel. Kan ek nie \u2018n mode begin met goue kettings wat oor die neus hang nie?<\/p>\n<p>Ek het gelag, my handsak geneem en na die Four Seasons gegaan om onderhoude met rolprentsterre te doen. Asof die vorige vier weke nooit gebeur het nie.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-102175 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/margaretrooirok.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Die operasie\" width=\"224\" height=\"320\" \/><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>As jy meer oor Margaret se lewe wil leer, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontspanning\/blogs\/margaret-gardiner\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">lees gerus haar blog vir rooi rose.<\/a><\/p>\n<p>Hou ook vir Margaret dop op sosiale media. Volg haar op <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MargaretGardinerOfficial\/?fb_dtsg_ag=Adzx34QbfQIotP7QNsgH2_tsODHLf35bg1Hnj0MTvrvSKg%3AAdymfRDMmnrZMgViQREgm1SUFyE7SyKdHax0Mnul8KPkUg\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">facebook<\/a> en <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/margaret_gardiner\/?hl=en\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Instagram.<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Margaret Gardiner vertel ons van die kankergewas op haar neus, en haar emosies en ervarings toe dit verwyder is. <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":102172,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682,52505,3476],"tags":[1387,4396,23450,23664,24339],"class_list":["post-102171","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-margaret-gardiner","category-ontspanning","tag-celebs","tag-ontspanning","tag-entertainment","tag-health","tag-local-celebs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Margaret se W\u00eareld: Die operasie | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Margaret Gardiner vertel ons van die kankergewas op haar neus, en haar emosies en ervarings toe dit verwyder is. Klik hier om haar blog te lees.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Margaret se W\u00eareld: Die operasie | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Margaret Gardiner vertel ons van die kankergewas op haar neus, en haar emosies en ervarings toe dit verwyder is. Klik hier om haar blog te lees.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-10-05T11:47:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/jimcarrey.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"320\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"226\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"21 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Margaret se W\u00eareld: Die operasie\",\"datePublished\":\"2018-10-05T11:47:37+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/\"},\"wordCount\":4276,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/10\\\/jimcarrey.jpg\",\"keywords\":[\"celebs\",\"Ontspanning\",\"entertainment\",\"health\",\"local celebs\"],\"articleSection\":[\"Blogs\",\"Margaret se W\u00eareld\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/\",\"name\":\"Margaret se W\u00eareld: Die operasie | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/10\\\/jimcarrey.jpg\",\"datePublished\":\"2018-10-05T11:47:37+00:00\",\"description\":\"Margaret Gardiner vertel ons van die kankergewas op haar neus, en haar emosies en ervarings toe dit verwyder is. Klik hier om haar blog te lees.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/10\\\/jimcarrey.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/10\\\/jimcarrey.jpg\",\"width\":320,\"height\":226,\"caption\":\"Jim Carrey. Foto: Magnus Sundholm for the HPFA.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-die-operasie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Margaret se W\u00eareld: Die operasie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Margaret se W\u00eareld: Die operasie | rooi rose","description":"Margaret Gardiner vertel ons van die kankergewas op haar neus, en haar emosies en ervarings toe dit verwyder is. Klik hier om haar blog te lees.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Margaret se W\u00eareld: Die operasie | rooi rose","og_description":"Margaret Gardiner vertel ons van die kankergewas op haar neus, en haar emosies en ervarings toe dit verwyder is. Klik hier om haar blog te lees.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-10-05T11:47:37+00:00","og_image":[{"width":320,"height":226,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/jimcarrey.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"21 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Margaret se W\u00eareld: Die operasie","datePublished":"2018-10-05T11:47:37+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/"},"wordCount":4276,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/jimcarrey.jpg","keywords":["celebs","Ontspanning","entertainment","health","local celebs"],"articleSection":["Blogs","Margaret se W\u00eareld","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/","name":"Margaret se W\u00eareld: Die operasie | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/jimcarrey.jpg","datePublished":"2018-10-05T11:47:37+00:00","description":"Margaret Gardiner vertel ons van die kankergewas op haar neus, en haar emosies en ervarings toe dit verwyder is. Klik hier om haar blog te lees.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/jimcarrey.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/10\/jimcarrey.jpg","width":320,"height":226,"caption":"Jim Carrey. Foto: Magnus Sundholm for the HPFA."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-die-operasie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Margaret se W\u00eareld: Die operasie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102171","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=102171"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102171\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/102172"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=102171"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=102171"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=102171"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}