{"id":101063,"date":"2018-08-16T15:55:20","date_gmt":"2018-08-16T13:55:20","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=101063"},"modified":"2018-08-16T15:55:20","modified_gmt":"2018-08-16T13:55:20","slug":"margaret-se-wereld-mej-fillipyne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/","title":{"rendered":"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne"},"content":{"rendered":"<p><em>Deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Richard Dizon.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Baie mense vra my hoe die Mej. Heelal-kompetisie my lewe verander het. Dit is een van daardie dinge wat jou lewe op verskeie maniere aanraak, selfs dekades nadat dit gebeur het.<\/p>\n<p>Ek is vroe\u00ebr vanjaar as gas van die Mej. SA-kompetisie genooi en onlangs is ek genooi om die Mej. Filippyne Internasionale wedstryd in Los Angeles te beoordeel.<\/p>\n<p>Ek is goeie vriende met my Filippynse kollegas en bewonder hierdie mense. Hulle is warm, deeglik en opreg. Hulle is ook ongelooflik pragtig en eindig gereeld in die topposisies van skoonheidswedstryde. Daarom het ek ingestem om dit te doen.<\/p>\n<p>Wanneer jy aan \u2019n openbare geselligheid deelneem, moet jy mooi dink oor wat jy gaan aantrek. Dit gaan nie oor ydelheid nie. Die gehoor wil h\u00ea die beoordelaars moet iets spesiaals aantrek en as jy voor die fotograwe op die rooi tapyt paradeer, moet jy goed voel oor jou voorkoms.<\/p>\n<p>Ek is in Januarie beseer en kon nie oefen soos wat ek graag wou nie en ek voel nie meer gemaklik in die klere wat my voorheen gepas het nie. Ek het ook nie tyd gehad om iets nuuts te gaan soek nie en moes my na \u2019n modeontwerper wend. Ek was opgewonde toe ontwerper<strong> Alan del Rosario<\/strong> aangebied het om vir my \u2019n rok te maak. Die enigste probleem was dat ek nie tyd gehad het om dit te gaan aanpas nie &#8230;<\/p>\n<p>Ek het my mates geneem met die metaalmaatband wat my man vir huistakies gebruik en het vir hom die mates van my bors, middel, heupe en laer heupe gestuur. Ek het vermoed die mates kan dalk effe uit wees, maar ek het daarna daarvan vergeet. Ek was te besig met reise en om in te haal n\u00e1 my reise.<\/p>\n<p>Die aand voor die geselligheid wou ek \u2019n bietjie stres afskud. Ek het op my fiets gespring vir \u2019n vinnige rit voor sonsondergang. Ek doen dit gereeld, want dit help my ontspan. En op die fiets ervaar ek nie ongemak in my arms van die besering nie. Ek voel dus veilig wanneer ek fietsry.<\/p>\n<p>So ry ek in die sagte sonlig met nie \u2019n kar in sig nie. Ek trap hard, want voor my is \u2019n heuwel en ek het een van daardie outydse fietse sonder ratte, so heuwels verg spierkrag. Ek trap die pedale energiek en dis toe dat ek die vragmotor sien wat halfpad teen die heuwel op geparkeer is. Die pad is oop en ek swenk \u2019n bietjie om verby te gaan. Net toe kom \u2019n kar baie naby my verby en blaas die toeter. Ek skrik en probeer regs swenk, en terwyl die kar voortspoed, besef ek ek gaan in die vragmotor vasry. Geen handbrieke nie. Ek probeer agteruit trap om die botsing te vermy, maar daar is nie genoeg ruimte nie. Ek probeer keer voor ek die vragmotor tref.<\/p>\n<p>Dit het soos \u2019n donderslag geklink. Ek het dadelik pyn gehad. \u2019n Man wat die geraas gehoor het, kom aangehardloop en vra of ek oukei is. Ek is nie, maar ek s\u00ea ek is. Daar is geen skade aan die vragmotor nie, maar ek voel naar van die skok.<\/p>\n<p>Ek ry huis toe, parkeer my fiets en klim af. Ek het seergekry. Ek kan nie gewig op my voet plaas nie. My kuit is geskraap en bloei. My toon is pers en geswel. My binnebeen verkleur en klop van die pyn, en my ander dy is sensitief wanneer ek loop.<\/p>\n<p>Daar is voordele daaraan om met \u2019n dokter getroud te wees. Ons het \u2019n stil aand beplan en wou na die voorskoue kyk wat die ateljees vir my gestuur het.<\/p>\n<p>Ek gaan sit op \u2019n leunstoel en alles wat vol ys gepak kan word, word toegepak. Ek sluk Arnica-pille en vryf Arnica-room aan my gekneusde lyf, en bind die toon vas. M\u00f4re moet ek beoordelaar wees by die skoonheidswedstryd. Ek moet met ho\u00eb hakke oor \u2019n rooi tapyt stap &#8211; glimlaggend! Ek is bekommerd.<\/p>\n<div id=\"attachment_100814\" style=\"width: 461px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-100814\" class=\"size-medium wp-image-100814\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/marg2-451x600.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Skoonheidkompetisie Miss Filipina\" width=\"451\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-100814\" class=\"wp-caption-text\">In die kar op pad na die skoonheidskompetisie. Ek moet een uur bestuur in 101F-temperatuur &#8230;<\/p><\/div>\n<p>Die volgende oggend is ek verlig dat ek sonder \u2019n gehink kan loop. Dit is \u2019n uur se ry na die geselligheid, en ek weet nog nie watter bykomstighede en skoene ek sal moet dra nie. Ek het \u2019n sak vol opsies ingepak: p\u00earels, goud, diamante, kostuumjuwele. Ek hoop ek kan sandale aantrek, want my seer toon lyk soos \u2019n Weense worsie, net meer pers as rooi, en is blink geswel. Ek hoop ook die rok is lank genoeg om die worsie te verbloem. Ek hoop ook niemand trap per ongeluk op die toon nie. Massas mense, jy weet?<\/p>\n<p>My man s\u00ea ek moet kanselleer. Maar dit is nie wat skoonheidskoninginne doen nie. Selfs nie voormaliges nie. Nee. Ons glimlag en gaan aan.<\/p>\n<p>Ek moet voorbereid daarop wees dat die rok te laag gaan wees en die aaklige kankerletsel op my bors gaan wys. Ander mense daag net op en trek \u2019n rok aan, maar ek moet al hierdie goed in ag neem. Ek probeer myne verbloem en kamoefleer. En laat ek jou vertel, ek moet vindingryk wees. Dus het ek die toon, die letsel en die bykomstighede om in ag te neem.<\/p>\n<p>Ek en my wieletjiestas kom vroeg aan. Ek wil die rok aanpas, my keuses maak, my sak na die kar neem, my grimering aanpas om by die rok te pas \u00e9n ek moet nog die ander beoordelaars gaan ontmoet.<\/p>\n<div id=\"attachment_100808\" style=\"width: 460px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-100808\" class=\"size-medium wp-image-100808\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/basketball-450x600.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Skoonheidkompetisie Miss Filipina\" width=\"450\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-100808\" class=\"wp-caption-text\">Saam met my mede-beoordeelaar, Byron Scott. Hy is \u2019n voormalige speler en toe afrigter vir die LA Lakers en NBA hy is tans \u2019n kommentator vir ESPN.<\/p><\/div>\n<p>Maar di\u00e9 planne werk nie. Die ontwerper is nog nie daar nie. Sommige van die beoordelaars is reeds daar. Gelukkig dra ek gemaklike skoene en \u2019n swart rok. Ek glip my voet uit my skoen onder die tafel en vertel die skreeusnaakse deel van my ongeluk aan my mede- beoordelaars terwyl ek rasend teksboodskappe stuur.<\/p>\n<p>Kan ek my grimering laat doen terwyl ek vir die rok wag?<\/p>\n<p>Geen antwoord.<\/p>\n<p>My ontwerper is vasgevang op die snelweg. Dit is nou tien minute voor die geselligheid begin.<\/p>\n<p>Die ander vroue skitter in hul pragtige uitrustings en hoe senuweeagtiger ek raak hoe snaakser raak ek.<\/p>\n<p>Ek sit langs die burgemeester, \u2019n akteur en \u2019n top internasionale juwelier wat spesiaal vanaf Griekeland vir die geleentheid ingevlieg het.<\/p>\n<p>Ek verstom my hoe my mond kan aanhou beweeg met al hierdie sjarmante s\u00eagoed terwyl my brein probeer s\u00ea: Regtig? Gaan ek beoordeel met my balletskoene en 20 dollar-rok?<\/p>\n<p>Ek begin grappe daaroor maak. Niemand sal tog na my kyk nie. Hulle sal mos op die deelnemers fokus.<\/p>\n<p>Ek begin beter voel oor my dilemma, en toe is daar \u2019n kloppie op my skouer. Die rok is hier! Waar? Ek het reeds die omgewing gefynkam en daar was \u2019n gemaklike toilet waar ek kon aantrek.<\/p>\n<p>Nee, die rok is in die aantrekkamer van voormalige Mej. Aarde, <strong>Jamie Herrell,<\/strong> wat \u2019n gas by die geleentheid is. Ons het dieselfde ontwerper. Alan het deur die nag aan ons rokke gewerk, en kan ek asseblief na die aantrekkamer kom?<\/p>\n<p>Ek dink: my toon, my wieletjiestas &#8230; E, ja, sekerlik! Hoe gouer hoe beter.<\/p>\n<p>Ons stap na die aantrekkamer &#8211; uit deur die ouditorium, langs die verhoog verby, en heelpad \u00a0word ek voorgestel aan mense wat foto\u2019s wil neem. Dit tyd tik verby. En s\u00ea nou die rok pas nie?<\/p>\n<div id=\"attachment_100812\" style=\"width: 460px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-100812\" class=\"size-medium wp-image-100812\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/IMG_5643-450x600.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Skoonheidkompetisie Miss Filipina\" width=\"450\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-100812\" class=\"wp-caption-text\">Saam met Cece Gutierrez<\/p><\/div>\n<p>Toe is ons daar. Die rooi kantnommertjie lyk soos iets wat iemand in die vyftigerjare na \u2019n saloon sou dra. Die kantkorset het \u2019n rits aan die voorkant en \u2019n lang romp met \u2019n visstert.\u00a0Die agterkant is pragtig. My asem is weggeslaan. Nou is die groot vraag: Sal dit pas? Ek glip in die rok en dit pas soos \u2019n handskoen. Hoe kry hy dit reg sonder dat ek voorafgepas het? Die enigste probleem is die letsel wat sigbaar is en die romp verg my toehakskoen.<\/p>\n<p>Die toon en die letsel.<\/p>\n<p>Ek gooi die juwele en bykomstighede wat ek gebring het op die tafel en grawe in die sak op soek na die regte skoene wat nie die toon sal druk nie.<\/p>\n<p>Die juwele wat die letsel bedek, pas nie by die skoene wat nie my toon druk nie.<\/p>\n<p>Ek probeer in die sandale loop, maar die romp pootjie my. Ek trek toe maar die skoen aan. Perfeksie. Ek ignoreer die pyn. Die halssnoer wat by die skoene pas, bedek die letsel!<\/p>\n<p>Maar nou het my hare en grimering in die hitte verwelk en gesmelt.<\/p>\n<p>Ek gooi bondels juwele en skoene terug in my wieletjiestas en begin hardloop, tussen liggame deur. Daar is baie van hulle. Ek het my romp in my hand en ek hardloop op vyfduimhakke.<\/p>\n<p>Ek is in die vertrek saam met die deelnemers. Ek mag hulle nie sien nie, maar dit is waar die grimeerkunstenaar en al sy toerusting is.<\/p>\n<p>Ek hou my o\u00eb neergeslaan en hou my hand voor my o\u00eb.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-101065 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/IMG_5610-1-451x600.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Skoonheidkompetisie Miss Filipina\" width=\"451\" height=\"600\" \/><\/p>\n<p>Maria Quiban, aanbieder van Good Day LA.<br \/>\nNS. Moet tog asb. niks oor my hare s\u00ea nie!Ek hoor jong vroue wat besig is om voor te berei vir die skoonheidswedstryd, maar al wat ek sien, is enkels. Ek sit en Maxi, die towenaar wat \u2019n paar jaar gelede ook my grimering gedoen het, bekyk my. \u201cEk moet oor drie minute op die rooi tapyt wees!\u201d<\/p>\n<p>\u201cSkat, ek sal jou ongelooflik laat lyk!\u201d antwoord hy. Ek glo hom nie, maar ek het nie \u2019n keuse nie. Ek vertrou hom.<\/p>\n<p>Hy verf my gesig letterlik met kontoere, gee my vals wimpers en verander my lipstif.<\/p>\n<p>\u201cTyd!\u201d gil iemand. \u201cMy hare?\u201d Hy kyk na my en jok, \u201cPragtig!\u201d<\/p>\n<p>Hy druk sy vingers op my skedel en <em>fluff<\/em> my hare. Ek kyk na myself. My hare is ni\u00e9 pragtig nie! Hy stuur vir my lugsoentjies en ek sukkel om my seer toon weer terug in die skoen te kry. Ek probeer onthou om nie kruppel te loop nie. Ek verlaat die vertrek en hou my o\u00eb neergeslaan.<\/p>\n<p>Hy het wondere verrig met my gesig. Ek voel gereed vir die pers. Ek weet nie wat om met my hare te doen nie, anders as om net daaroor te ontspan.<\/p>\n<p>Ek stap oor die rooi tapyt en kameras flits. Ek balanseer op my een been sodat die toon nie te veel pyn nie. En ek GLIMLAG.<\/p>\n<p>Ja, ek voel \u2019n bietjie ongemaklik, soos \u2019n ooievaar of \u2019n kraanvo\u00ebl wat op een been balanseer. Daar is nie tyd om te dink nie en ek doen \u2019n TV-onderhoud. Die aanbieder van die oggendvertoning kom staan langs my. Sy is Filippyns en sy is beeldskoon &#8230; sy komplimenteer my hare! Wag, dink ek, is dit \u2019n regte kompliment?<\/p>\n<p>Ek dink na. Nee, dit is hoflik en eerlik. Maxi, jy is \u2019n ster!<\/p>\n<p>Ek onderdruk \u2019n histeriese giggel en gee haar \u2019n spontane drukkie. Sy is professioneel en as sy my hare komplimenteer, het Maxi se towerstaf gewerk. \u2019n Voormalige Mej. Amerika en van die ander beoordelaars kom staan by my en toe gaan ons na die beoordelaarskamer om ons amptelike werk in die ouditorium te doen.<\/p>\n<div id=\"attachment_100816\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-100816\" class=\"size-medium wp-image-100816\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/pageant6-500x376.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Skoonheidkompetisie Miss Filipina\" width=\"500\" height=\"376\" \/><p id=\"caption-attachment-100816\" class=\"wp-caption-text\">By die beoordeelaarstafel<\/p><\/div>\n<p>Die gehoor is spesiaal. Hulle het baniere. Hulle het flikkerliggies. Hulle het plakkate met hul gunsteling-deelnemer se naam op en hulle roep haar naam uit. Ek sit tussen een van die ikone van basketbal, <strong>Byron Scott,<\/strong> \u2019n voormalige Laker-afrigter, speler en ESPN-kommentator. Sy meisie, <strong>Cece Gutierrez<\/strong>, is op <em>Basketball Wives<\/em> en sy is ook \u0149 beoordelaar.<\/p>\n<div class=\"video-container\"><iframe loading=\"lazy\" width=\"615\" height=\"350\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/SLAMg8OUrv0\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture\" allowfullscreen><\/iframe><\/div>\n<p>Ek glimlag breed, sit gemaklik op my stoel, en trek my skoen onder die tafel uit. <em>AAA!<\/em> Verligting!<\/p>\n<p>Die aand gaan vinnig verby. Ons beoordeel twee verskillende skoonheidswedstryde gelyk en dit is verwarrend.<\/p>\n<p>\u2019n Mens moet konsentreer en ek word boonop gevra om aan twee deelnemers vrae vra. Die vrae word vooraf opgestel en ons mag dit nie vooraf lees nie.<\/p>\n<p>Ek gryp na my bril en wonder of ek dit skoongemaak het voor ek dit in my handsak gedruk het. Maar die kameras rol en die meisies wag maar ek kan nie sonder \u2019n bril lees nie. Ek sit die bril op. Miskien sal niemand my hare raaksien as my bril vuil is nie?<\/p>\n<p>Die aand verloop vinnig en ek word na die verhoog geroep om die wenner aan te kondig en te kroon.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-100810 aligncenter\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/girls-500x375.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Skoonheidkompetisie Miss Filipina\" width=\"500\" height=\"375\" \/><\/p>\n<p>Dit verg \u2019n sweefbeweging oor die verhoog sonder om kruppel te loop. Ek doen my bes. Daar is foto\u2019s saam met die wenner, met die deelnemers en die aanhangers.<\/p>\n<p>Toe is alles verby.<\/p>\n<p>Daar is \u2019n partytjie n\u00e1 die geleentheid en ek besef ek het nie my wieletjiestas met al my goed nie. Ek kry niemand wat amptelik by die geleentheid betrokke is nie en die gaste word al hoe meer. Vonkelwyn vloei en ek poseer vir foto\u2019s.<\/p>\n<div id=\"attachment_100813\" style=\"width: 460px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-100813\" class=\"size-medium wp-image-100813\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/marg1-450x600.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Skoonheidkompetisie Miss Filipina\" width=\"450\" height=\"600\" \/><p id=\"caption-attachment-100813\" class=\"wp-caption-text\">Mej. Aarde 2014<\/p><\/div>\n<p>Uiteindelik herken ek iemand wat my kalm na my tas neem en aanbied om my terug te neem na die partytjie. Ek het my tas en ek is oukei. Ek sal nie lank bly met die toon wat in my skoen klop nie.<\/p>\n<p>Ek sweef grasieus deur die skare met my wieletjiestas agter my aan en verwyl langs die gasheer van die TV-vertoning om komplement te gee. Ek is gefokus en hou myself waardig. Maar ek besef nie dat ek reg voor \u2019n deur staan waar almal kan sien dat ek my op een been probeer balanseer nie. Ek verloor my balans en gryp na die naaste mens aan my. Verskeie mense vra my of ek oukei is. Die tas vlieg deur die lug. Ek probeer regop staan en bars uit van die lag. Ek het nie pyn nie. Ek gee almal om my \u2019n drukkie en besluit daar en dan dit is dalk beter om huis toe te gaan. Nou dadelik. Dit is byna middernag. Dit was \u2019n wilde paar maande van reis w\u00eareldwyd. Elke paar dae in \u2019n ander land en my balans is dalk effe af. Ek wil nie nog \u2019n ongeluk maak nie. Ek kies koers na my kar met my getroue wieletjiestas agterna. Ek gee \u2019n laaste waai en glip agter die wiel in. Ek gee \u2019n kreun toe ek my skoen uittrek om my kloppende toon te verlig.<\/p>\n<div id=\"attachment_100809\" style=\"width: 510px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" aria-describedby=\"caption-attachment-100809\" class=\"size-medium wp-image-100809\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/designer-500x500.jpg\" alt=\"Margaret se W\u00eareld: Skoonheidkompetisie Miss Filipina\" width=\"500\" height=\"500\" \/><p id=\"caption-attachment-100809\" class=\"wp-caption-text\">Met Alan del Rosario, wat my rok ontwerp het. Foto deur Richard Dizon.<\/p><\/div>\n<p>Volg Margaret gerus op<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MargaretGardinerOfficial\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"> facebook<\/a> en <a href=\"https:\/\/www.instagram.com\/margaret_gardiner\/?hl=en\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Instagram<\/a> om op hoogte te bly met haar avonture. Besoek ook haar blog vir rooi rose, <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/ontspanning\/blogs\/margaret-gardiner\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Margaret se W\u00eareld<\/a>, vir nog stories uit Margaret se lewe.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Blogger Margaret Gardiner moes \u2019n skoonheidskompetisie beoordeel, en alhoewel daar \u2019n paar goed was wat skeefgeloop het, moes sy eenvoudig net voortgaan &#8211; soos enige skoonheidskoningin goed weet &#8230; <\/p>\n","protected":false},"author":38,"featured_media":100815,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[682,52505,3476],"tags":[35],"class_list":["post-101063","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-margaret-gardiner","category-ontspanning","tag-blogs"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Blogger Margaret Gardiner moes \u2019n skoonheidskompetisie beoordeel, en alhoewel daar \u2019n paar goed was wat skeefgeloop het, moes sy eenvoudig net voortgaan ...\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Blogger Margaret Gardiner moes \u2019n skoonheidskompetisie beoordeel, en alhoewel daar \u2019n paar goed was wat skeefgeloop het, moes sy eenvoudig net voortgaan ...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-08-16T13:55:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/pageant1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"522\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"778\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Catherine Schenck\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"12 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Catherine Schenck\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\"},\"headline\":\"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne\",\"datePublished\":\"2018-08-16T13:55:20+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/\"},\"wordCount\":2470,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/pageant1.jpg\",\"keywords\":[\"blogs\"],\"articleSection\":[\"Blogs\",\"Margaret se W\u00eareld\",\"Ontspanning\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/\",\"name\":\"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/pageant1.jpg\",\"datePublished\":\"2018-08-16T13:55:20+00:00\",\"description\":\"Blogger Margaret Gardiner moes \u2019n skoonheidskompetisie beoordeel, en alhoewel daar \u2019n paar goed was wat skeefgeloop het, moes sy eenvoudig net voortgaan ...\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/pageant1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/pageant1.jpg\",\"width\":522,\"height\":778,\"caption\":\"Op die rooitapyt\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1\",\"name\":\"Catherine Schenck\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Catherine Schenck\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne | rooi rose","description":"Blogger Margaret Gardiner moes \u2019n skoonheidskompetisie beoordeel, en alhoewel daar \u2019n paar goed was wat skeefgeloop het, moes sy eenvoudig net voortgaan ...","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne | rooi rose","og_description":"Blogger Margaret Gardiner moes \u2019n skoonheidskompetisie beoordeel, en alhoewel daar \u2019n paar goed was wat skeefgeloop het, moes sy eenvoudig net voortgaan ...","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-08-16T13:55:20+00:00","og_image":[{"width":522,"height":778,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/pageant1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Catherine Schenck","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Catherine Schenck","Est. reading time":"12 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/"},"author":{"name":"Catherine Schenck","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1"},"headline":"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne","datePublished":"2018-08-16T13:55:20+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/"},"wordCount":2470,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/pageant1.jpg","keywords":["blogs"],"articleSection":["Blogs","Margaret se W\u00eareld","Ontspanning"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/","name":"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/pageant1.jpg","datePublished":"2018-08-16T13:55:20+00:00","description":"Blogger Margaret Gardiner moes \u2019n skoonheidskompetisie beoordeel, en alhoewel daar \u2019n paar goed was wat skeefgeloop het, moes sy eenvoudig net voortgaan ...","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/pageant1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/pageant1.jpg","width":522,"height":778,"caption":"Op die rooitapyt"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/margaret-se-wereld-mej-fillipyne\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Margaret se W\u00eareld: Mej. Fillipyne"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/265a0c0fe08a83533fe7184f4e0af4a1","name":"Catherine Schenck","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/ee0411948a25053a54e6b9881eaa341017aa0dc5a6c0995c10fe94286ef3aae8?s=96&d=mm&r=g","caption":"Catherine Schenck"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101063","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/38"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=101063"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101063\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/100815"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=101063"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=101063"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=101063"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}