{"id":100685,"date":"2018-09-03T12:05:05","date_gmt":"2018-09-03T10:05:05","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=100685"},"modified":"2018-09-03T12:05:05","modified_gmt":"2018-09-03T10:05:05","slug":"vas-lae-bloedsuiker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/","title":{"rendered":"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker?"},"content":{"rendered":"<p><em>Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker? Deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/a_namenko?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">a_namenko<\/a>\/istock images\u00a0<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Hierdie is artikel 3 in \u2019n reeks van 14 waar Salom\u00e9 dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.<\/p>\n<p>Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-saam-rooi-rose\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kom vas saam met rooi rose\u00a0<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker?<\/h4>\n<p><strong>Aand van die eerste dag van my 16\/8 vas \u2013 glad nie bloumaandag nie!<\/strong><\/p>\n<p>Soos \u2019n ervare di\u00ebter skop ek my vasdieet af op \u2019n Maandag \u2013 wat die aand begin.\u00a0Ek moet mos aandete eet, om uit te werk hoe tot laat ek die volgende dag toe moet vas. Makliker kan dit nie.<\/p>\n<p>Daar was van Sondag se braaivleis oor \u2013 ook pastaslaai met baie groente daarin wat \u2019n naweekgas gebring het. Dit, saam met \u2019n tjoppie en \u2019n tamatie-babaspinasie-fetaslaai, is \u2019n fees. Teen 18h30 is ek klaar ge\u00ebet. Vastyd is dus tot Dinsdagoggend 10h30.<\/p>\n<p>Ek doen bietjie handwerk die aand en gou-gou is dit slaaptyd, sonder enige pyn en lyding. Ons eet in elk geval gewoonlik niks laataand nie. Maar hoe gaan ek m\u00f4re-oggend hanteer? En die hongerpyne uitstaan tot teetyd? Ek het my energie nodig. Ek, soos die meeste van ons, moet kan fokus en produktief wees by die werk. Floutes, duiseligheid en swak konsentrasie pas niemand nie.<\/p>\n<h4><\/h4>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Vas en lae bloedsuiker<\/h4>\n<p>Dit is juis die kwessie van lae bloedsuiker wat my vantevore alle gedagtes aan \u2019n vas laat wegskuif het. Maar soos ek oplees en navorsing doen lyk dit my lae bloedsuiker is dalk \u2019n mite?<\/p>\n<p>Dieetkundiges beveel in die re\u00ebl aan dat ons elke drie, vier uur ietsie eet \u2013 verkieslik iets veselryk of \u2019n ete met prote\u00efen wat ons lank versadig hou en so ons bloedsuikervlak stabiel hou. Dit keer dat jou insulien piek en val, wat mens honger maak.<\/p>\n<p>Kenners van die vasdieet sien bloedsuiker heeltemal anders.\u00a0 Dit lyk my dat jou bloedsuikervlak nooit val nie \u2013 tensy jy \u2019n diabeet is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Jou bronne van energie as jou glukose\/bloedsuiker val<\/h4>\n<p>Die kos wat jy eet word in glukose as jou energiebron omgesit, verduidelik dr. Mark Mattson van Johns Hopkins, een van die groot ghoeroes oor vas as leefwyse. Hy is w\u00eareldbekend vir sy werk oor vasting in diere.\u00a0Die glukose-energie wat jy nie dadelik verbrand nie word as glikogeen as \u2019n bron van vinnig beskikbare reserwe-energie. Dit word in jou lewer en spiere geb\u00eare. As jy dit ook nie gebruik nie word dit in vet omgesit, as jou bron van gestoorde energie.<\/p>\n<p>Jou liggaam het dus drie energiebronne, waarvan ten minste een altyd beskikbaar is:<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Glukose<\/strong> in jou bloed (bloedsuiker) is die eerste lyn van energie.<\/li>\n<li>As dit sak, skakel jou lewer <strong>glikogeen<\/strong> om in glukose, en stuur dit deur jou jou liggaam.<\/li>\n<li>En as dit op is, begin jy <strong>vetjies<\/strong> verbrand.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Met ander woorde as jy weens vas niks gestoorde glukose\/glikogeen in jou lewer en spiere oor het nie, begin jou liggaam dadelik en outomaties energie uit jou vetstore haal wat enige tekort aan glikogeen\/glukose uitskakel.<\/p>\n<p>Navorsing op atlete wat voor oefening gevas en nie gevas het nie wys dat hul bloedsuikervlakke tydens vastende en nie-vastende oefening dieselfde bly.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Perspektief op vas en lae bloedsuiker<\/h4>\n<p>Dit gebeur dus eenvoudig nie dat jou bloedsuiker na gevaarlik lae vlakke val nie.<\/p>\n<p>Wat eintlik gebeur is dat jou bloedsuiker kan val van baie hoog na normaal-laag &#8211; wat net gesond is. Dit sal nie sommer te laag val nie. Dit is nou as jy gesond is, ekstra vet het om te verbrand en binne die grense van die 16\/8 vas bly.<\/p>\n<p>Maar oppas as jy \u2019n diabeet is &#8211; daarom dat \u2019n vasdieet nie vir diabete aanbeveel word nie. Gelukkig is ek nie \u2019n diabeet nie. Dit klink my of hongerpyne al potensi\u00eble krisis m\u00f4re-oggend kan wees. Ek gaan slaap heeltemal tevrede.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Oor na jou<\/h4>\n<p>Hoe was jou eerste\u00a0vasdag toe vir jou? Was jy honger? Was dit erg? Het jy flouerig gevoel, of nie? Vertel!<\/p>\n<p><strong>Groete\u00a0 (met \u2019n koppie Five Roses-tee in die hand) &#8211; Salom\u00e9<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Nota<\/strong><\/p>\n<p>As jy \u2019n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly, of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe raak &#8216;n vas jou werk, waar jy moet fokus en produktief wees, en beslis nie kan sukkel met duiseligheid nie? Is dit &#8216;n mite dat vas en lae bloedsuiker sinoniem is?<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":101472,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,2950,667],"tags":[136,620,23664,23823,24942],"class_list":["post-100685","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-dieet","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-dieet","tag-health","tag-diet","tag-weight-loss"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hoe raak &#039;n vas jou werk, waar jy moet fokus en produktief wees, en beslis nie kan sukkel met duiseligheid nie? Perspektief op vas en lae bloedsuiker\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoe raak &#039;n vas jou werk, waar jy moet fokus en produktief wees, en beslis nie kan sukkel met duiseligheid nie? Perspektief op vas en lae bloedsuiker\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-09-03T10:05:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"636\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"424\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"4 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker?\",\"datePublished\":\"2018-09-03T10:05:05+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/\"},\"wordCount\":775,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/vasmetrooirose.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"dieet\",\"health\",\"diet\",\"weight loss\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/\",\"name\":\"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/vasmetrooirose.jpg\",\"datePublished\":\"2018-09-03T10:05:05+00:00\",\"description\":\"Hoe raak 'n vas jou werk, waar jy moet fokus en produktief wees, en beslis nie kan sukkel met duiseligheid nie? Perspektief op vas en lae bloedsuiker\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/vasmetrooirose.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/vasmetrooirose.jpg\",\"width\":636,\"height\":424,\"caption\":\"a_namenko\\\/istock images\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/vas-lae-bloedsuiker\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker? | rooi rose","description":"Hoe raak 'n vas jou werk, waar jy moet fokus en produktief wees, en beslis nie kan sukkel met duiseligheid nie? Perspektief op vas en lae bloedsuiker","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker? | rooi rose","og_description":"Hoe raak 'n vas jou werk, waar jy moet fokus en produktief wees, en beslis nie kan sukkel met duiseligheid nie? Perspektief op vas en lae bloedsuiker","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-09-03T10:05:05+00:00","og_image":[{"width":636,"height":424,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"4 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker?","datePublished":"2018-09-03T10:05:05+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/"},"wordCount":775,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose.jpg","keywords":["Gesondheid","dieet","health","diet","weight loss"],"articleSection":["Leef gesond","Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/","name":"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose.jpg","datePublished":"2018-09-03T10:05:05+00:00","description":"Hoe raak 'n vas jou werk, waar jy moet fokus en produktief wees, en beslis nie kan sukkel met duiseligheid nie? Perspektief op vas en lae bloedsuiker","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose.jpg","width":636,"height":424,"caption":"a_namenko\/istock images"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-lae-bloedsuiker\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kan vas jou werk affekteer, oor lae bloedsuiker?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100685","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=100685"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100685\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/101472"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=100685"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=100685"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=100685"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}