{"id":100682,"date":"2018-08-31T12:17:24","date_gmt":"2018-08-31T10:17:24","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?p=100682"},"modified":"2018-08-31T12:18:50","modified_gmt":"2018-08-31T10:18:50","slug":"watter-soorte-vas-opsies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/","title":{"rendered":"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?"},"content":{"rendered":"<p><em>Watter een van die soorte vas pas die beste by jou? Deur Salom\u00e9 Delport. Hooffoto:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.istockphoto.com\/za\/portfolio\/Fascinadora?mediatype=photography\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Fascinadora<\/a>\/istock images\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Hierdie is artikel 2 in \u2019n reeks van 14 waar Salom\u00e9 dagboek hou van haar vas-ervaring PLUS bykomende inligting verskaf.<\/p>\n<p>Lees die artikel op bl. 60 in die September 2018-uitgawe en volg ons daaglikse artikels om meer uit te vind.<\/p>\n<p>Lees ook: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/vas-saam-rooi-rose\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Kom vas saam met rooi rose\u00a0<\/a><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?<\/h4>\n<p><strong>Maandag, voor die vas begin<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Daar is verskillende soorte vas<\/h4>\n<p>Jou sou dink vas is eenvoudig: Jy eet of jy eet nie.<\/p>\n<p>Niks is groen, oranje of rooi nie. Daar is geen lyste van enige aard nie. Jy hoef nie te weet wat is stysels en wat is groente &#8230; of wat \u2019n styselgroente is nie. Dit maak nie saak nie.<\/p>\n<p>Jy hoef niks te tel nie want daar is niks om te tel nie \u2013 nie kilojoules of koolhidrate of Gi\u2019s of enige iets anders nie. Daar is nie resepte en eksotiese items wat jy moet aanhou, soos quinoa, chia-saad of krulkool. Jy gaan mos niks voorberei nie.<\/p>\n<p>Maar toe nie.<\/p>\n<p>Die eerste vraag waarmee mens gekonfronteer word is: watter van al die soorte vas is die beste vir jou?<\/p>\n<p><strong>So lyk die keuses:<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Die 16\/8 vas<\/h4>\n<p><strong>Jy vas elke dag sestien uur lank en eet die ander agt uur vrylik<\/strong>. Party mense neem dit verder en vas tot soveel as twintig uur, en eet net in die vensterperiode van vier ure.<br \/>\nAs jy die 16\/8 kies gaan jy vir alle prakteise doeleindes of ontbyt uitsny of aandete uitsny.<br \/>\nAs jy soos \u2019n koning ontbyt wil eet, kies jy jou ontbyttyd \u2013 s\u00ea maar 08h00. Jy kan dan tot 16h00 eet soos jy wil, maar niks daarna nie.<br \/>\nAs jy aandete saam met jou gesin vir niks ter w\u00eareld mis nie, vas jy van n\u00e1 aandete vir sestien uur. As jy tipies rondom 19h00 vir aandete aansit, breek jy jou vas met \u2019n ontbyt teen 11h00 die volgende oggend. Jou eetvenster is dus van elf tot sewe.<br \/>\nDit klink maklik \u2026 of ten minste taamlik doenbaar.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die alternatiewe dag-vas<\/h4>\n<p>Jy vas elke tweede dag. Een dag kos, een dag vas \u2026<br \/>\nSjoe, dit klink erger vir my. En ook minder sosiaal. Gaan dit werk as jy \u2019n gesin het en moet kos voorsit?<br \/>\nJy word honger wakker, hou heeldag uit en gaan slaap honger?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die 5\/2 vas<\/h4>\n<p>Di\u00e9 een behels selfs meer toewyding, dink ek. Of dalk nie, want jy mag ietsie drink en\/of eet.<br \/>\nIn effek is jy twee dae van die week op \u2019n streng dieet van 2 100 kJ per dag, terwyl jy die res van die tyd normaalweg eet.<br \/>\nAnders as met \u2019n gewone dieet, dieet jy net twee dae, wat dit baie makliker maak. Voor jou wilskrag op is, is jou dieetdae ook verby.<\/p>\n<p>Jy kan<\/p>\n<ul>\n<li>twee aaneenlopende dae vas, byvoorbeeld elke Maandag en Dinsdag, en die res van die week gewoonweg eet, of<\/li>\n<li>enige twee nie-aaneenlopende dae kies, soos Maandag en Donderdag. Of Dinsdag en Sondag &#8211; watter twee dae per week jou ook al die beste pas<\/li>\n<\/ul>\n<p>Op die 5\/2 vas eet jy elke dag. Dit klink aanloklik as jy lief is vir die kospotte. Maar dit is &#8220;dieetkos&#8221; met duidelike voorskrifte oor wat jy op jou vasdae mag eet. Die 5\/2 vasdieet is beslis \u2019n meer gekompliseerd storie as om sommer net \u2019n ete of wat oor te slaan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Die 5\/2 twee-twee opsie<\/h4>\n<p>Hierdie variasie van die 5\/2 vas is ook gewild. Dit behels dat jy twee keer per week 14h00 van een dag tot 14h00 die volgende dag vas. Jy vas dus 24 uur lank vir drie agtereenvolgende etes oor twee dae. Dit werk so:<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Dag 1<\/strong> jy eet soos gewoonlik<\/li>\n<li><strong>Dag 2<\/strong> Jy eet ontbyt en middagete voor 14h00, en slaan aandete oor.<\/li>\n<li><strong>Dag 3<\/strong> Jy slaan ontbyt en middagete oor maar eet aandete.<\/li>\n<li><strong>Dag 4<\/strong> Jy eet soos gewoonlik<\/li>\n<li><strong>Dag 5<\/strong> Soos op Dag 2, eet jy ontbyt en middagete maar slaan aandete oor.<\/li>\n<li><strong>Dag 6<\/strong> Soos op Dag 3, slaan jy ontbyt en middagete oor maar eet aandete.<\/li>\n<li><strong>Dag 7<\/strong> Jy eet soos gewoonlik<\/li>\n<\/ul>\n<p>So rek jy jou vas oor vier dae van die week uit \u2013 en wen jy dalk selfs dubbeld voordele?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4>Ander variasies en soorte vas<\/h4>\n<p>Daar is nog \u2019n horde variasies:<\/p>\n<p><strong>Die een-week vas\u00a0<\/strong><br \/>\nParty mense vas elke jaar of twee keer per jaar vir \u2019n week. Party vas elke kwartaal; party vas na die winter, na die somer of na die kersvakansie.\u00a0Die &#8220;week&#8221; kan hul <strong>werksweek<\/strong> wees, of \u2019n <strong>langnaweek<\/strong> van Vrydag to Maandag of net \u2019n\u00a0<strong>naweek<\/strong> lank wees.<\/p>\n<p>Die meeste drink tydens hierdie taamlik lang tyd van vas wel swart tee of vrugtesap of eet Bulgaarse joghurt. As jy dit kies moet jy in elke geval vloeistof drink, sodat jy nie dehidreer nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><b>Die Sondag-vas<\/b><br \/>\nGeloofsgroepe soos die Mormone vas die eerste Sondag van elke maand. Hulle slaan twee opeenvolgende etes oor, en eet dus \u00f3f nie ontbyt nie \u00f3f nie aandete nie. Die idee is dat hulle die geld wat hulle sou gespandeer op die kos wat Sondae eers die tafels en later die mae laat kreun gebruik om vir die armes te skenk.<br \/>\nDie Mormone het inderdaad die moderne vas-bal aan die rol gesit.<br \/>\nHulle tel as van die gesondste groepe mense in die VSA. Waarom, wou veral navorsers weet? Hulle eet immers alles, en hulle is nie rietskraal of baie fiks nie. Al wat anders is, is dat hulle vleis beperk en een Sondag per maand vas.<br \/>\nAangesien vas al verskil tussen hulle en die deursnit Amerikaner is, het navorsers begin ermoed die vasdieet moet om een of ander rede gesond wees vir ons \u2013 en kyk waar is ons nou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die sonop-tot-sononder vas<\/strong><br \/>\nParty mense doen dit gereeld. Ander leef so. Hulle eet ontbyt voor werk, voor sonop, en eet eers weer die aand na werk, na die son onder is. Dit kan dalk moeilik wees met ons lang somerdae, hoewel dit goed kan werk die res van die jaar.<br \/>\nParty mense vas so vir \u2019n maand op \u2019n keer, soos Moslems wat elke jaar vier weke lank van sonop tot sononder vas.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Die voedselgroep-vas<\/strong><br \/>\nParty mense vas van \u2019n sekere soort kos &#8211; amper soos Banters wat koolhidrate sover as moontlik sny. Jy kan dit oorweeg om wit stysels uit te sny. Of wat van suiker of wyn of koffie?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Die keuses en style en soorte vas is oneindig!<\/h4>\n<p>Watter vasstyl om te kies? Ek dink die 16\/8 patroon gaan die beste werk \u2013 vir my altans.<br \/>\nEk pes \u2019n vroe\u00eb ontbyt. Dit is die een ete wat ek met gemak oorslaan. Daarby gaan dit my huismense goed pas. Ons eet gewoonlik saans rondom sewe uur. Ek gaan dus ontbyt uitstel tot elfuur die volgende dag. My huismense gaan nie eers agterkom ek vas nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h4><\/h4>\n<h4>Oor na jou!<\/h4>\n<p>Die ander opsies is dalk vir jou makliker of geriefliker \u2013 of lekkerder. Laat weet as jy saamvas. Laat weet veral watter een van die soorte vas jy gekies het? Hoe werk dit vir jou? Het jy na \u2019n paar dae na \u2019n ander vaspatroon oorgeslaan? Maar dalk wil jy op \u2019n ander manier vas as ek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Groete! (Met \u2018n koppie swart, onversoete, flou maar lekker warm chaitee in die hand) Salom\u00e9<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Nota<\/strong><br \/>\nAs jy \u2019n diabeet is of dink dat jy dalk insulienweerstandig is of metaboliese sindroom het, al met anoreksie of bulimie gediagnoseer was of aan enige ander chroniese siekte ly of lewer- of nierprobleme het moet jy liewer met jou dokter gesels voor jy enige vorm van vasting aanpak. Die vasdieet is ook nie geskik vir kinders, swanger vroue en bejaardes nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het intussen uitgevind daar is baie soorte vas. Die eerste stap is om uit te pluis watter een die beste by jou lewenstyl pas. Jy het dosyne opsies. So lyk hulle &#8211; en party lyk baie maklik! Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?<\/p>\n","protected":false},"author":19,"featured_media":101420,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[2949,2950,667],"tags":[136,620,23664,23823,24942],"class_list":["post-100682","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leef-gesond","category-dieet","category-gesondheid","tag-gesondheid","tag-dieet","tag-health","tag-diet","tag-weight-loss"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.6 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Watter een van die soorte vas pas die beste by jou? | rooi rose<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Hoe om te begin vas? Kies eerste die vas wat die beste by jou pas. Daar is dosyne soorte vas-opsies. Party lyk baie maklik.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou? | rooi rose\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hoe om te begin vas? Kies eerste die vas wat die beste by jou pas. Daar is dosyne soorte vas-opsies. Party lyk baie maklik.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"rooi rose\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2018-08-31T10:17:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2018-08-31T10:18:50+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"416\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"416\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Salome Delport\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@rooi_rose\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Salome Delport\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Salome Delport\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\"},\"headline\":\"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?\",\"datePublished\":\"2018-08-31T10:17:24+00:00\",\"dateModified\":\"2018-08-31T10:18:50+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/\"},\"wordCount\":1282,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/vasmetrooirose1.jpg\",\"keywords\":[\"Gesondheid\",\"dieet\",\"health\",\"diet\",\"weight loss\"],\"articleSection\":[\"Leef gesond\",\"Dieet\",\"Gesondheid\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2018\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/\",\"name\":\"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou? | rooi rose\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/vasmetrooirose1.jpg\",\"datePublished\":\"2018-08-31T10:17:24+00:00\",\"dateModified\":\"2018-08-31T10:18:50+00:00\",\"description\":\"Hoe om te begin vas? Kies eerste die vas wat die beste by jou pas. Daar is dosyne soorte vas-opsies. Party lyk baie maklik.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/vasmetrooirose1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2018\\\/08\\\/vasmetrooirose1.jpg\",\"width\":416,\"height\":416,\"caption\":\"Fascinadora\\\/istock images\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/watter-soorte-vas-opsies\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"name\":\"rooi rose\",\"description\":\"Stylvol, sinvol, propvol\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#organization\",\"name\":\"Rooi rose\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2020\\\/12\\\/rrlogo.jpg\",\"width\":400,\"height\":400,\"caption\":\"Rooi rose\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/rooirose\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/rooi_rose\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/rooirose\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13\",\"name\":\"Salome Delport\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Salome Delport\"}}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou? | rooi rose","description":"Hoe om te begin vas? Kies eerste die vas wat die beste by jou pas. Daar is dosyne soorte vas-opsies. Party lyk baie maklik.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou? | rooi rose","og_description":"Hoe om te begin vas? Kies eerste die vas wat die beste by jou pas. Daar is dosyne soorte vas-opsies. Party lyk baie maklik.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/","og_site_name":"rooi rose","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","article_published_time":"2018-08-31T10:17:24+00:00","article_modified_time":"2018-08-31T10:18:50+00:00","og_image":[{"width":416,"height":416,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Salome Delport","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@rooi_rose","twitter_site":"@rooi_rose","twitter_misc":{"Written by":"Salome Delport","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/"},"author":{"name":"Salome Delport","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13"},"headline":"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?","datePublished":"2018-08-31T10:17:24+00:00","dateModified":"2018-08-31T10:18:50+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/"},"wordCount":1282,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose1.jpg","keywords":["Gesondheid","dieet","health","diet","weight loss"],"articleSection":["Leef gesond","Dieet","Gesondheid"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2018","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/","name":"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou? | rooi rose","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose1.jpg","datePublished":"2018-08-31T10:17:24+00:00","dateModified":"2018-08-31T10:18:50+00:00","description":"Hoe om te begin vas? Kies eerste die vas wat die beste by jou pas. Daar is dosyne soorte vas-opsies. Party lyk baie maklik.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2018\/08\/vasmetrooirose1.jpg","width":416,"height":416,"caption":"Fascinadora\/istock images"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/watter-soorte-vas-opsies\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Watter een van die soorte vas pas die beste by jou?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","name":"rooi rose","description":"Stylvol, sinvol, propvol","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#organization","name":"Rooi rose","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-content\/uploads\/2020\/12\/rrlogo.jpg","width":400,"height":400,"caption":"Rooi rose"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/rooirose\/","https:\/\/x.com\/rooi_rose"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/#\/schema\/person\/8f74217af709cc092fd1908fcf7b0d13","name":"Salome Delport","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f893de4f1e748dc1557b3c0cd924941536ff5df2ac7f5cdda379ce88a6fe8c65?s=96&d=mm&r=g","caption":"Salome Delport"}}]}},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"rooi rose","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100682","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/users\/19"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=100682"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100682\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media\/101420"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=100682"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=100682"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/rooirose\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=100682"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}