BEGIN:VCALENDAR
VERSION:2.0
PRODID:-//PE Express - ECPv6.17.0//NONSGML v1.0//EN
CALSCALE:GREGORIAN
METHOD:PUBLISH
X-WR-CALNAME:PE Express
X-ORIGINAL-URL:https://novanews.co.za/peexpress
X-WR-CALDESC:Events for PE Express
REFRESH-INTERVAL;VALUE=DURATION:PT1H
X-Robots-Tag:noindex
X-PUBLISHED-TTL:PT1H
BEGIN:VTIMEZONE
TZID:Africa/Johannesburg
BEGIN:STANDARD
TZOFFSETFROM:+0200
TZOFFSETTO:+0200
TZNAME:SAST
DTSTART:20240101T000000
END:STANDARD
END:VTIMEZONE
BEGIN:VEVENT
DTSTART;TZID=Africa/Johannesburg:20251105T180000
DTEND;TZID=Africa/Johannesburg:20251105T180000
DTSTAMP:20251030T120157Z
CREATED:20251030T120154Z
LAST-MODIFIED:20251030T120157Z
UID:270967-1762365600-1762365600@novanews.co.za
SUMMARY:Bekendestelling van rugbyboek 'Pale toe!'
DESCRIPTION:AS jy te veel brandewyn drink kan jy sukkel om te slaap. Maar pasop\, rugby kan jou ook laat wakker lê!In sy nuwe boek\, Pale toe!\, waarsku die veteraan-rugbyskrywer Michael Green met sy tong in sy kies dat jy dit nie moet waag om spanne te probeer kies uit spelers wat met snaakse byname spog wanneer jy probeer slaap nie.“Wanneer ek byvoorbeeld op ‘n snaakse naam soos Draadkar de Lange afkom\, moet ek my vuis byt om nie hardop te lag nie. Dan lê ek daar in die donker en proes en dan is ek en my vrou albei heeltemal wakker en kan ek maar vergeet van verder slaap\,” sê Green.Die nuwe boek volg kort op die sukses van sy eerste rugbyboek\, Stryd van die Reuse\, wat verlede jaar verskyn het.“Ek vertel weer stories van goed wat agter die skerms gebeur het en skryf oor bekende en minder bekende karakters wat ons rugbyvelde gaar gehardloop het\,” verduidelik Green\, wat vir meer as 30 jaar ‘n rugbyskrywer was en ook fiksie onder die naam RR Ryger skryf.So skryf hy\, onder andere\, oor die Stellenbosch-kroegspan se omstrede toer in die apartheidsjare\, oor karakters soos Chester Williams\, Kwagga Smith en prins Alexander Obolensky se heldedae en oor die dag toe Joost van der Westhuizen hom amper “dik” getik het.Die boek spog met ‘n pragfoto van die Springbokskrumskakel Faf de Klerk op die voorblad. Dit is geneem deur Deon Ferreira\, die Oos-Kaapse fotograaf wat daartoe ingestem het dat nog meer van sy indrukwekkende foto’s binne die boek gebruik mag word.Pale Toe! is by die meeste boekwinkels beskikbaar\, maar kan ook van die webwerf rugbyboek.co.za bestel word.Die boek word op Woensdag\, 5 November om 18:00 by die Union Olympics-klub langs St. Georgepark in Gqeberha bekendgestel waar Green en sy seun\, die filmmaker Gareth\, daaroor sal gesels.Alle belangstellendes is welkom om die geleentheid by te woon en die boek sal die aand teen ‘n spesiale prys te koop aangebied word.
URL:https://novanews.co.za/peexpress/event/bekendestelling-van-rugbyboek-pale-toe/
LOCATION:Union Olympics Sports Club\, Park Drive\, Gqeberha\, Eastern Cape\, 6001\, South Africa
CATEGORIES:Books,Sports
ATTACH;FMTTYPE=image/jpeg:https://novanews.co.za/peexpress/wp-content/uploads/2025/10/mikerugby_60369-e1761825242691.jpg
END:VEVENT
END:VCALENDAR