Vanaf 6 tot 9 Januarie neem 54 Suid-Afrikaanse skolekrieketspanne aan die 2023 Höer Jongenskool (HJS) Paarl se Skolekrieketfees deel.
Volgens Derek Swart, skoolhoof van HJS Paarl, is hierdie krieketfees “sekerlik die grootste skolekrieketgeleentheid van sy soort in die land”.
Hierdie jaar neem 28 skole met 54 spanne (o.19 en o.15) aan die krieketfees deel.
Sommige van die deelnemende skole sluit onder andere Paul Roos-gimnasium, Bellville Hoërskool, Helpmekaar, Waterkloof, Curro Durbanville, Grey College Bloemfontein, Northcliff High School, HTS Drostdy, Boland Landbou, Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool Noord-Kaap in.
Frans Cloete, organiseerder van die krieketfees sê die geleentheid “dien as voorbereiding vir die seisoen en die wen-motief is nie die belangrikste faktor nie.”
“Die doel is eerder om aantreklike krieket te speel en vriende te maak,” het hy verduidelik.
Die krieketfees skop vandag (6 Januarie) om 09:30 op HJS se sportterrein te Buco Brugstraat af. Al die inligting oor wedstrydbepalings, uitslae en spanne kan op die HJS Krieketfees Facebookbladsy gevolg word.
Die wedstryde word regstreeks op SuperSportSchools se stromingsdiens uitgesaai word.





