Beamptes van Fidelity ADT het onlangs twee diewe in twee afsonderlike voorvalle in Paarl-Oos vasgevat toe hulle gesteelde eiendom in hul besit gehad het.
’n Kliënt van die sekerheidsmaatskappy het die paniekknoppie gedruk toe hy agterkom dat daar ’n onbekende man in sy motorhuis is. Die verdagte het ’n bergfiets gesteel en van die huis in Bennetstraat gevlug.
Met die aankoms van Fidelity ADT het die slagoffer van die huisbraak verduidelik hoe die verdagte lyk en watter klere hy aan het. Dit het die ratse beamptes nie lank geneem om die verdagte vas te trek en die gesteelde fiets terug te kry nie.
“Hierdie inligting het ons beamptes gehelp om die verdagte op te spoor en hom aan te keer voordat hy aan die polisie oorhandig is,” sê Warren Cassisa, Paarl-takbestuurder vir Fidelity ADT.
Die verdagte is aan die Paarl-Oos-polisie oorhandig en van diefstal en huisbraak aangekla.
In ’n afsonderlike voorval het beamptes op 7 April omstreeks 02:55 tydens patrollies ’n man aangekeer wat ’n kruiwa in New Orleans stoot. Volgens Cassisa was daar verskeie artikels in die kruiwa wat vermoedelik by ’n nabye onderneming gesteel is. Die verdagte is ook aan die Paarl-Oos-polisie oorhandig en van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom aangekla. . Fidelity ADT officials caught two thieves in two separate incidents in Paarl East last week, when they had stolen property in their possession.




