“Ry beweeg amper nie” (Paarl Post van 9 Februarie) verwys. Gerald Esau, erken nou maar die diens (by die verkeersentrum in Dal Josafat) is nie wat dit moet wees nie!
Hou op vir julself cover. Dink julle die mense wat daar sit en wag is stupid? Twee mense bedien, toe net een. Stel nog mense aan. Moenie teetyd en etenstyd voorhou nie.
Ons moet verlof neem by die werk om daar te sit. Transaksies neem tyd, ja, maar dan moet julle ’n plan van aksie hê om die publiek vinniger te help.
Glo my, daar is mense wat betyds is (met hernuwings) om maar net te wag. Drie ure in ’n ry, genugtig! Ons betaal mos vir ’n diens en alles raak net duurder. Geen wonder alles in dié land val uitmekaar nie.



