Die bekroonde gospel- en jazzkunstenaar Chadleigh Gowar het sy langverwagte nuwe album Saterdag (16 Maart) by die Afrikaanse Taal-monument en -museum (ATM) in die Paarl tydens die Jazz-piekniekkonsert bekendgestel. ’n Skemerpiekniek in die pragtige en intieme Tuinteater aan die voet van die monument was die perfekte plek om te wees om sy versameling hartroerende snitte van The love I know te ervaar. Hierdie album weerspieël die kunstenaar se diep persoonlike reis wat temas van liefde, veerkragtigheid en selfontdekking behels.Foto: Keenan Hendricks
Chadleigh kén die liefde
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.