Dit is die wonderlikste tyd van die jaar – ja, Paarl Interskole 2023. En die dorp is reeds ’n warboel van besoekers van oor die land heen vir hierdie geleentheid, wat beskou word as die grootste skolesport-derby in die wêreld. Links staan die eerstespan-rugbykapteins gereed vir Saterdag se groot kragmeting op Faurestraat, saam met hul ondersteuningspan. Van links is Nilcah Visser (HMS-sjampanjenooi), Van Heerden Pretorius (HJS-eerstespan-kaptein), Rauxben Jansen van Rensburg, Hein-Willem-Rabbets (HJS-hoofdirigent), Brynard Potgieter (Gim-hoofdirigent), Kyke Smith (Gim-eerstespankaptein) met Gim se gelukbringer Nols op sy skoot, en Anke Kriel (Gim-sjampanjenooi). Saterdag se eerste rugbywedstryd begin om 12:00 met die hoofwedstryd wat om 16:00 afskop. Lees die volledige Interskole-bylae binne.Foto: Lise Beyers
Blaas die fluitjie, ref!
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.