’n Vrouetee is onlangs in Bredasdorp in die Skeepswrak-saal van die museum deur die Vriende van die Skeepswrak-museum aangebied. Die geleentheid is aangebied ten bate van die Vriendekomitee se dakfonds-geldinsameling. Ds. Kobus Pretorius van Struisbaai was die gasspreker. Hy het gedagtes gewissel oor die Himbas in Namibië, waar ’n unieke parfuum tans uit ’n inheemse plant vervaardig word. Sophia Jantjies, ’n lid van die museum se personeelspan, het een en ander vertel oor die museum se unieke bottelversameling, wat uit meer as 1 000 bottels bestaan. Die versameling sluit ook ’n paar honderd parfuumbotteltjies in. Die blommerangskikkings en tafelversierings in die saal was die handewerk van Gina Joubert, ’n komiteelid en jare lange lid van die Bredasdorp-blomskool.Foto’s: Ora Laubscher


Vrouetee help met nuwe dak

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article