{"id":52034,"date":"2022-10-27T06:05:45","date_gmt":"2022-10-27T04:05:45","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/doodserf-spook-al-lank-20221026-2\/"},"modified":"2025-03-20T04:41:02","modified_gmt":"2025-03-20T02:41:02","slug":"doodserf-spook-al-lank-20221026-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/doodserf-spook-al-lank-20221026-2\/","title":{"rendered":"Doodserf spook al lank"},"content":{"rendered":"\n<p>Die berugte eiendom op die hoek van Paul Kruger- en Birdstraat het vandeesweek weer in die soeklig beland toe die lyke van \u2019n jong paartjie Maandagoggend in \u2019n gruisgat op die perseel ontdek is. <\/p>\n\n\n\n<p> Ethan Kirkland (19) en Leila Lees (18) was sedert Vrydag 21 Oktober vermis. Inwoners het Maandag, n\u00e1 die twee se lyke in \u2019n motorwrak in die gruisgat ontdek is, op Eikestadnuus se Facebook-inskrywing kommentaar gelewer.<\/p>\n\n\n\n<p>Thalita Warwick het ges\u00ea: \u201cSekerlik moet die eienaar asook die munisipaliteit aanspreeklik gehou word. Innige simpatie aan al hul geliefdes.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Phoebe van Reenen het ges\u00ea sy hoop \u201cdaai verpeste gat word nou toegemaak!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Ander inwoner het ges\u00ea: \u201cDaardie gat is al jare so. Hoekom word daar nie iets aan gedoen nie? Vul die gat op of bou \u2019n ho\u00eb muur om die plek of iets.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>John Roelofse het ges\u00ea: \u201cDie eienaar van die perseel het in die vroe\u00eb negentigs die gat gegrawe vir \u2019n gebou wat hy wou opsit, sonder goedgekeurde planne. Die munisipaliteit het hom gestop en die eienaar het besluit om die projek te laat vaar en net so gelos, in plaas van om aan die re\u00ebls te voldoen. Ek hoop iemand gaan dit nou aandurf en die eienaar dwing om dit op te vul. Dis jammer dat \u2019n tragedie eers moet plaasvind voordat aksie geneem word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>In \u2019n poging om op inwoners se vrae te antwoord, het die Stellenbosch-munisipaliteit se direkteur vir beplanning en ekonomiese ontwikkeling, Anthony Barnes, Dinsdag (25 Oktober) \u2019n verklaring oor die status van Erf 7565 (De Canha eiendomme) in Birdstraat, uitgereik. <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie munisipaliteit het deurlopend met die eienaar van die private eiendom oor moontlike oplossings gesels en verskeie ingrypings en maniere voorgestel om die ontwikkelingsproses te bespoedig,\u201d lui die verklaring.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2019n Ontwikkelingsgoedkeuring is luidens die verklaring in die vroe\u00eb 1990\u2019s verleen vir die ontwikkeling van die eiendom in \u2019n multi-residensi\u00eble gebou. \u201cDie ontwikkeling het begin, maar omdat die eienaar die voorwaardes verbonde aan die ontwikkeling oortree het, en meer spesifiek geweier het om \u2019n vereiste glipbaan te ontwikkel om toegang tot die eiendom te verkry, het die ontwikkeling gestaak. Die uitgebreide uitgrawings wat vandag op die eiendom gesien kan word, is as gevolg van hierdie ontwikkeling. Toe hierdie ontwikkeling gestaak is, is die uitgrawings nooit deur die eienaar gerehabiliteer nie aangesien die eienaar voortgegaan het met onderhandelinge met die munisipaliteit rakende die uiteindelike ontwikkeling van die eiendom.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Barnes is pogings in die nasleep van die Covid-19-pandemie hernu om die ontwikkeling van die betrokke eiendom te fasiliteer en verskeie ingrypings is deur die munisipaliteit voorgestel.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie aangestelde argitek is aangemoedig om konsepbouplanne in te dien in die afwesigheid van die grondgebruikgoedkeuring om vooraf voldoening aan die Dennesig-ontwerpriglyne te verseker. Informele konsultasies met die argitek is vroeg in 2021 gevoer en die konsepbouplanne is in wese met in-beginsel-ondersteuning afgehandel. Met hierdie proses afgehandel, kon die uitstaande grondgebruikproses gefinaliseer word,\u201d s\u00ea Barnes.<\/p>\n\n\n\n<p>Ongeag hierdie bystand wat die munisipaliteit verleen het, s\u00ea Barnes, het die eienaar nie voortgegaan met die grondgebruikproses nie. \u201cN\u00e1 verdere afsprake en aandrang om met die proses voort te gaan, is die kontakbesonderhede van die drie konsultante betrokke by die vorige grondgebruikaansoekprosesse in Dennesig aan die eienaar verskaf, wat uiteindelik een van hierdie stads\u00adbeplanningskonsultante (Urban Dynamics) genader het. Die munisipaliteit het \u2019n informele inligtingsessie begin om te verseker dat die aangewese stadsbeplannings\u00adkonsultant bewus was van die proses tot dusver, asook om hulp te bied om die spoedige afhandeling van die proses te fasiliteer. Hierdie proses was in September en Oktober 2021.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Barnes het die eienaar egter daarop aangedring dat \u2019n prokureur eers voortgaan om \u2019n vereiste onderverdeling en konsolidasie te bewerkstellig van \u2019n klein gedeelte grond wat van die naburige Katolieke kerk verkry is. \u201cHierdie grond sal nodig wees om voldoende toegang tot die eiendom te fasiliteer. Hoewel die eienaar aangemoedig is om ook voort te gaan met die aansoek om die grondgebruiksregte te vestig, het hy daarop aangedring om eers hierdie proses af te handel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>N\u00e1 \u2019n terrein-inspeksie oor die status van die sogenaamde De Canha-eiendomme vroeg in 2022, wat Erf 7565 ingesluit het, en eers n\u00e1 talle navrae en nog \u2019n vergadering met die eienaar op 10 Maart 2022, is die aansoek om die konsolidasie van die Katolieke kerk se grond uiteindelik ingedien. Hierdie aansoek is verlede Dindag (18 Oktober) deur die munisipaliteit verwerk en goedgekeur.<\/p>\n\n\n\n<p>Luidens die verklaring is die volgende ondernemings tydens \u2019n vergadering op 10 Maart 2022 deur die eienaar geopper:<span>.<\/span> Om die aansoek vir die onderverdeling en konsolidasie van die Katolieke kerk se grond in te dien;<span>.<\/span> Die oprig van behoorlike heinings;<span>.<\/span> Die dreineer en skoonmaak van die eiendom; en<span>.<\/span> Om voort te gaan met die aansoek vir die vereiste grondgebruiksregte.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cHoewel die eerste twee ondernemings nagekom is, is die laaste twee ondernemings van die vergadering nie deur die eienaar van die eiendom nagekom nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>\n <i>Eikestadnuus <\/i>het verneem die eienaar het siek geword, wat ook bykomende tydsbeperkings tot die proses gevoeg het. \u201cIn bogenoemde verband is talle pogings aangewend om vroeg in Junie met die eienaar se seun te vergader. Hy het hom nooit daartoe verbind om met die munisipaliteit te vergader nie. Gevolglik is die bevindinge van die terrein-inspeksies van vroeg vanjaar in \u2019n verslag aangeteken en aan die eienaar se seun voorgel\u00ea, weer eens met die versoek om \u2019n vergadering te hou om hierdie bevinding te bespreek en intervensies waaroor ooreengekom is, te vereis. Geen vergadering met die eienaar of sy seun kon egter verseker word nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Barnes s\u00ea die munisipaliteit het in Junie sy eerste probleemeiendom-verordening nog gepromulgeer. \u201cDie bepalings van hierdie verordening sal ook op hierdie eiendom van toepassing wees. Die munisipaliteit gaan voort om druk op die eienaar van die eiendom uit te oefen om aan die ondernemings wat hy gemaak het, te voldoen.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p>Daniel de Canha, die eienaar van die perseel, het gisteroggend (Woensdag 26 Oktober) kort voor druktyd op navraag kennis van ontvangs gegee en ges\u00ea hy sal later di\u00e9 dag \u2019n volledige verklaring uitreik. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die berugte eiendom op die hoek van Paul Kruger- en Birdstraat het vandeesweek weer in die soeklig beland toe die lyke van \u2019n jong paartjie Maandagoggend in \u2019n gruisgat op die perseel ontdek is.<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":52036,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_yoast_wpseo_linkdex":"","_yoast_wpseo_content_score":"","_yoast_wpseo_inclusive_language_score":"","_yoast_wpseo_is_cornerstone":"","_yoast_wpseo_canonical":"","_yoast_wpseo_opengraph-title":"","_yoast_wpseo_opengraph-description":"","_yoast_wpseo_opengraph-image":"","_yoast_wpseo_opengraph-image-id":"","_yoast_wpseo_twitter-title":"","_yoast_wpseo_twitter-description":"","_yoast_wpseo_twitter-image":"","_yoast_wpseo_twitter-image-id":"","newspack_ads_suppress_ads":false,"newspack_sponsor_sponsorship_scope":"","newspack_sponsor_native_byline_display":"inherit","newspack_sponsor_native_category_display":"inherit","newspack_sponsor_underwriter_style":"inherit","newspack_sponsor_underwriter_placement":"inherit","_crsspst_to_novanewscoza":false,"_crsspst_to_novanewscozabloemnewsexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozacityvision":false,"_crsspst_to_novanewscozadistrictmailhelderberg":false,"_crsspst_to_novanewscozahermanustimes":false,"_crsspst_to_novanewscozakomani-karoo":false,"_crsspst_to_novanewscozakougaexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozamthathaexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozanoordkaapbulletin":false,"_crsspst_to_novanewscozapaarlpost":false,"_crsspst_to_novanewscozapeexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozapeoplespost":false,"_crsspst_to_novanewscozaswartlandgazette":false,"_crsspst_to_novanewscozatygerburger":false,"_crsspst_to_novanewscozaudexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozavistanews":false,"_crsspst_to_novanewscozavrystaatkroon":false,"_crsspst_to_novanewscozaweskusnuus":false,"_crsspst_to_novanewscozaweslander":false,"_crsspst_to_novanewscozaworcesterstandard":false,"_EventAllDay":"","_EventTimezone":"","_EventStartDate":"","_EventEndDate":"","_EventStartDateUTC":"","_EventEndDateUTC":"","_EventShowMap":"","_EventShowMapLink":"","_EventURL":"","_EventCost":"","_EventCostDescription":"","_EventCurrencySymbol":"","_EventCurrencyCode":"","_EventCurrencyPosition":"","_EventDateTimeSeparator":"","_EventTimeRangeSeparator":"","_EventOrganizerID":"","_EventVenueID":"","_OrganizerEmail":"","_OrganizerPhone":"","_OrganizerWebsite":"","_VenueAddress":"","_VenueCity":"","_VenueCountry":"","_VenueProvince":"","_VenueState":"","_VenueZip":"","_VenuePhone":"","_VenueURL":"","_VenueStateProvince":"","_VenueLat":"","_VenueLng":"","_VenueShowMap":"","_VenueShowMapLink":"","_application":"","_batch_id":"","_company_name":"","_company_tagline":"","_company_twitter":"","_company_video":"","_company_website":"","_custom_id":"5f38891f-a32c-4265-b161-81398dba1485","_EventDuration":"","_EventOrigin":"","_EventTimezoneAbbr":"","_featured":"","_filled":"","_job_expires":"","_job_location":"","_media_credit":"","_media_credit_url":"","_menu_item_menu_item_parent":"","_menu_item_object":"","_menu_item_object_id":"","_menu_item_target":"","_menu_item_type":"","_menu_item_url":"","_menu_item_xfn":"","_navis_media_can_distribute":"","_navis_media_credit_org":"","_OrganizerOrigin":"","_provider":"","_pum_built_in":"","_pum_default_theme":"","_pum_form_conversion_count":"","_remote_id":"","_remote_name":"","_remote_position":"","_report_frequency":"","_report_reference_dates":"","_send_attempts":"","_site_id":"","_sitemap_exclude":"","_sitemap_frequency":"","_sitemap_priority":"","_source_url":"","_subscription_period":"","_subscription_period_interval":"","_subscription_price":"","_tec_slr_enabled":"","_tec_slr_layout":"","_template_type":"","_ticket_end_date":"","_ticket_start_date":"","_tribe_aggregator_allow_multiple_organizers":"","_tribe_aggregator_content_type":"","_tribe_aggregator_file":"","_tribe_aggregator_finalized":"","_tribe_aggregator_hash":"","_tribe_aggregator_import_id":"","_tribe_aggregator_import_name":"","_tribe_aggregator_interactive":"","_tribe_aggregator_origin":"","_tribe_aggregator_post_status":"","_tribe_aggregator_preview":"","_tribe_aggregator_source_name":"","_tribe_aggregator_type":"","_tribe_default_ticket_provider":"","_tribe_hide_attendees_list":"","_tribe_rsvp_for_event":"","_tribe_ticket_capacity":"","_tribe_ticket_header":"","_tribe_ticket_show_description":"","_tribe_ticket_show_not_going":"","_tribe_ticket_version":"","_type":"","_VenueOrigin":"","_wp_attachment_context":"","_wp_attachment_image_alt":"","_wp_font_face_file":"","_wp_old_date":"","_yoast_wpseo_estimated-reading-time-minutes":"","_yoast_wpseo_focuskeywords":"","_yoast_wpseo_focuskw_text_input":"","_yoast_wpseo_keywordsynonyms":"","_yoast_wpseo_primary_block-catalog":"","_yoast_wpseo_primary_category":"","_yoast_wpseo_primary_job_listing_type":"","_yoast_wpseo_primary_nova_retailer":"","_yoast_wpseo_primary_publication":"","_yoast_wpseo_primary_tribe_events_cat":"","_yoast_wpseo_videositemap-duration":"","_yoast_wpseo_videositemap-rating":"","_menu_item_classes":[],"_tribe_modified_fields":[],"_wp_attachment_backup_sizes":[],"_wp_suggested_privacy_policy_content":[],"_yoast_post_redirect_info":[],"_yoast_wpseo_video_meta":[],"activation_date":"","archive_insertion_is_repeating":"","archive_insertion_posts_count":"","article_feature_media":"","article_feature_type":"","article_main_image_caption":"","article_media_icon":"","article_template":"","author_byline":"Angelo Julies","background_color":"","block_editor":"","byline":"","cmplz_hide_cookiebanner":"","competition_end_date":"","contact_advertise_email":"","contact_advertise_phone":"","contact_editorial_email":"","contact_general_email":"","contact_general_phone":"","contact_office_hours":"","contact_physical_address":"","enabled":"","featured_image_custom_caption":"","featured_video_url":"","fields":"","font_body":"","font_header":"","frequency":"","headline":"","hide_border":"","icon":"","is_wp_suggestion":"","issuu_download_url":"","issuu_embed_url":"","language_version_url":"","large_border":"","name":"","nm_contact_name":"","nm_contact_number":"","nm_date_lost":"","no_overlay_background":"","node-url":"","obituary_born_date":"","obituary_died_date":"","obituary_memoriam_text":"","origin":"","overlay_color":"","overlay_opacity":"","overlay_size":"","placement":"","plural_label":"","post_author":"","post_id":"","post_language":"en","secret-key":"","sponsored_utm_campaign":"","sponsored_utm_content":"","sponsored_utm_medium":"","sponsored_utm_source":"","sponsored_utm_term":"","start_date":"","utm_suppression":"","video_embed_url":"","wp_pattern_sync_status":"","data_version":[],"enclosure":[],"pongrass_image":[],"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_newspack_byline_active":false,"_newspack_byline":"","newspack_content_restriction_is_exempt":false,"scaip_prevent_shortcode_addition":false,"_jetpack_feature_clip_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_post_was_ever_published":false},"categories":[1],"tags":[],"newspack_spnsrs_tax":[],"publication":[],"class_list":["post-52034","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-news"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/2c6a40d23a6b43db94e28a0985c4771a.jpeg","jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack-related-posts":[{"id":46606,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/birdstraat-gat-bly-kopseer-20240221-2\/","url_meta":{"origin":52034,"position":0},"title":"Birdstraat gat bly kopseer","author":"Eikestadnuus","date":"22 February 2024","format":false,"excerpt":"Die Stellenbosch-munisipaliteit s\u00ea hy gaan homself na die hof wend om regstappe te neem teen die eienaar van die verlate bouperseel langs die Rooms-Katolieke kerk in Birdstraat, Stellenbosch.","rel":"","context":"In &quot;News&quot;","block_context":{"text":"News","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/news\/"},"img":{"alt_text":"","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/f0a45d6318d64260b8cf48195c48635f.jpg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/f0a45d6318d64260b8cf48195c48635f.jpg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/f0a45d6318d64260b8cf48195c48635f.jpg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/f0a45d6318d64260b8cf48195c48635f.jpg?resize=700%2C400&ssl=1 2x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/f0a45d6318d64260b8cf48195c48635f.jpg?resize=1050%2C600&ssl=1 3x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/f0a45d6318d64260b8cf48195c48635f.jpg?resize=1400%2C800&ssl=1 4x"},"classes":[]},{"id":52070,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/vermiste-paartjie-se-lyke-in-dam-in-stellenbosch-gevind-20221024\/","url_meta":{"origin":52034,"position":1},"title":"Vermiste paartjie se lyke in &#8216;n groot gat in Stellenbosch gevind","author":"Eikestadnuus","date":"24 October 2022","format":false,"excerpt":"Die lyke van die vermiste Matie-student en sy vriendin, wat sedert Vrydag 21 Oktober vermis is, is Maandagoggend in \u2019n groot gat in Stellenbosch gevind.","rel":"","context":"In &quot;News&quot;","block_context":{"text":"News","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/news\/"},"img":{"alt_text":"","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/7fbb8782532e4f32a56f2b77fcc9e400.jpg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/7fbb8782532e4f32a56f2b77fcc9e400.jpg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/7fbb8782532e4f32a56f2b77fcc9e400.jpg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/7fbb8782532e4f32a56f2b77fcc9e400.jpg?resize=700%2C400&ssl=1 2x"},"classes":[]},{"id":43374,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/erfkwessie-draai-20241002-2\/","url_meta":{"origin":52034,"position":2},"title":"Birdstraat erfkwessie draai in hof","author":"Eikestadnuus","date":"10 October 2024","format":false,"excerpt":"Die Stellenbosch-munisipaliteit wend hom nou na die hooggeregshof in Kaapstad om optrede te eis teen die eienaar van \u2019n verlate stuk grond in Birdstraat, waar twee studente in 2022 verongeluk het.","rel":"","context":"In &quot;News&quot;","block_context":{"text":"News","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/news\/"},"img":{"alt_text":"","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/99e5e5c38d504dc8a9657a0b11d7498a.jpg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/99e5e5c38d504dc8a9657a0b11d7498a.jpg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/99e5e5c38d504dc8a9657a0b11d7498a.jpg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/99e5e5c38d504dc8a9657a0b11d7498a.jpg?resize=700%2C400&ssl=1 2x"},"classes":[]},{"id":76506,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/appel-kom-oor-gat-in-birdstraat\/","url_meta":{"origin":52034,"position":3},"title":"App\u00e9l kom oor gat in Birdstraat","author":"Eikestadnuus","date":"25 April 2025","format":false,"excerpt":"Die Stellenbosch-munisipaliteit wil teen die Kaapse hooggeregshof se uitspraak appelleer nadat die hof bevind het die eienaars van die oop stuk erf in Birdstraat, wat die Maties Leila Lees (18) en Ethan Kirkland (19) se lewe ge\u00ebis het, nie verplig is om die grond te rehabiliteer nie. Die plaaslike munisipaliteit\u2026","rel":"","context":"In &quot;Community&quot;","block_context":{"text":"Community","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/community\/"},"img":{"alt_text":"","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/Birdstraat_49671.jpg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/Birdstraat_49671.jpg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/Birdstraat_49671.jpg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/Birdstraat_49671.jpg?resize=700%2C400&ssl=1 2x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/Birdstraat_49671.jpg?resize=1050%2C600&ssl=1 3x"},"classes":[]},{"id":44423,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/oogseer-in-dorp-20240717-2\/","url_meta":{"origin":52034,"position":4},"title":"Oogseer in dorp","author":"Eikestadnuus","date":"18 July 2024","format":false,"excerpt":"Die uitgrawing in Birdstraat het tot muskiete, vuil water en \u2019n onaangename omgewing gelei.","rel":"","context":"In &quot;News&quot;","block_context":{"text":"News","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/news\/"},"img":{"alt_text":"","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/c7a0a472181e4c6ea8ca898f673fa68c.jpg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/c7a0a472181e4c6ea8ca898f673fa68c.jpg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/c7a0a472181e4c6ea8ca898f673fa68c.jpg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/c7a0a472181e4c6ea8ca898f673fa68c.jpg?resize=700%2C400&ssl=1 2x"},"classes":[]},{"id":52054,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/slagoffers-so-onthou-20221026-2\/","url_meta":{"origin":52034,"position":5},"title":"Familie van slagoffers: &#8216;Hulle was geliefd onder almal&#8217;","author":"Eikestadnuus","date":"27 October 2022","format":false,"excerpt":"Hulle was geliefd onder almal met wie hul paaie gekruis het. Hulle was lewenslustig, liefdevol en geesdriftig.","rel":"","context":"In &quot;News&quot;","block_context":{"text":"News","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/news\/"},"img":{"alt_text":"","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/c2ca4bee7fe94d0ca8b66a50099ec8cd.jpg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/c2ca4bee7fe94d0ca8b66a50099ec8cd.jpg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/c2ca4bee7fe94d0ca8b66a50099ec8cd.jpg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/c2ca4bee7fe94d0ca8b66a50099ec8cd.jpg?resize=700%2C400&ssl=1 2x"},"classes":[]}],"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Eikestadnuus","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52034","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=52034"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52034\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/media\/52036"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=52034"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=52034"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=52034"},{"taxonomy":"newspack_spnsrs_tax","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/newspack_spnsrs_tax?post=52034"},{"taxonomy":"publication","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/publication?post=52034"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}