{"id":296732,"date":"2026-03-23T11:30:41","date_gmt":"2026-03-23T09:30:41","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/?p=296732"},"modified":"2026-03-23T11:31:32","modified_gmt":"2026-03-23T09:31:32","slug":"stellenbosch-se-verkeer-bly-n-groot-kopseer-meer-paaie-kom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/stellenbosch-se-verkeer-bly-n-groot-kopseer-meer-paaie-kom\/","title":{"rendered":"Stellenbosch se verkeer bly &#8216;n groot kopseer &#8211; padopgraderings kom"},"content":{"rendered":"\n<p>Verkeerskopseer is deesdae sinoniem met die dorp Stellenbosch.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Inwoners kla oor die tyd wat dit neem om werk of huis toe te reis, terwyl talle uitnodigings vir geleenthede in sentraal-Stellenbosch met &#8216;n vriendelike versoek kom om die trae verkeer in gedagte te hou sodat die verrigtinge betyds kan begin.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Die <a href=\"https:\/\/stellenbosch.gov.za\/\" type=\"link\" id=\"https:\/\/stellenbosch.gov.za\/\">Stellenbosch-munisipalitei<\/a>t het oor die jare heen verskeie oplossings vir die verkeersprobleme ondersoek, maar nie die bou van nuwe paaie, die omstrede multi-verdieping-parkeergebou of die munisipaliteit se eie <a href=\"https:\/\/drive.google.com\/file\/d\/1KTV972CZim9wIq3-m0qFpPbP1svpMiGr\/view\" type=\"link\" id=\"https:\/\/drive.google.com\/file\/d\/1KTV972CZim9wIq3-m0qFpPbP1svpMiGr\/view\">nie-gemotoriseerde vervoerbeleid<\/a> (NMT) is tot nou al ten volle ingestel nie. Paaie en vervoer, wat \u2009saam met stormwater groepeer word, blyk die grootste probleem vir inwoners.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>LEES OOK<\/strong>: <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/groot-twis-in-parkeerplan-vir-stellenbosse-dorpskern\/\" type=\"link\" id=\"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/groot-twis-in-parkeerplan-vir-stellenbosse-dorpskern\/\">Groot twis in parkeerplan vir Stellenbosse dorpskern<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Die meeste kommentaar wat op die laaste Ge\u00efntegreerde Ontwikkelingsplan-vergaderings (GOP) gelewer is, is oor di\u00e9 afdeling. Vir die 2025-&#8217;26-GOP is 288 kommentare hieroor aangeteken en dit is die enigste kwessie wat in \u00e1l 24 munisipale wyke genoem is.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgens Piet van Blerk, &#8216;n padingenieur van Stellenbosch, het die munisipaliteit nie &#8216;n gebrek aan oplossings vir die verkeers- probleme nie. Volgens hom is dit eerder &#8216;n gebrek aan dryfkrag in die munisipaliteit om die nodige projekte in te stel, langtermyn beplanningskundiges in die betrokke posisies te plaas en die praktiese uitvoering van die munisipaliteit se planne.\n<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Oplossings vir al die grootste probleme is beskikbaar. Die munisipaliteit moet net sy eie padmeesterplan toepas, maar dan kry jy gevalle waar raadslede planne teenstaan \u2013 planne wat die raad reeds goedgekeur het,&#8221; verduidelik Van Blerk. \n<\/p>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-padmeesterplan-agt-jaar-later\">Padmeesterplan \u2013 agt jaar later<\/h4>\n\n\n\n<p>Die munisipaliteit het in 2012 sy eerste padmeesterplan opgestel. Die dokument dek die hele munisipale gebied en het onder meer &#8220;\u2009&#8217;n geprioritiseerde lys van infrastruktuurprojekte&#8221; geskep.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Onder die projekte in die dokument, wat in 2022 opdateer is, is planne vir die oostelike skakelpad tussen Technopark en die middedorp. Di\u00e9 beplande pad, wat fiets- en voetgangergeriewe insluit, behels onder meer die verlenging van Van Reedeweg en &#8216;n verbinding met Pastorieweg by die Universiteit Stellenbosch se teologiese fakulteit, met &#8216;n nuwe voorgestelde brug oor die Eersterivier. \n<\/p>\n\n\n\n<p>Van Blerk s\u00ea hierdie pad sal daadwerklik &#8216;n verskil maak en talle motoriste wat van Brandwacht, Paradyskloof en De Zalze reis &#8216;n alternatief vir die besige R44 bied.\n<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Die pad moet uiteindelik by Paul Roos Gimnasium uitkom, dan sluit dit by Dorpstraat aan. By Suidwalstraat is heelwat oop grond waar parkering gebou kan word, dan loop mense net oor die rivier en hulle is in die dorp,&#8221; verduidelik hy.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Die munisipaliteit se padmeesterplan maak ook melding van &#8216;n westelike verbypad wat beoog om verkeer op die R44 te verlig.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Van Blerk s\u00ea volgens verkeersmodulering, wat reeds jare gelede gedoen is, sal &#8216;n bykomende westelike verbypad &#8216;n groot verskil aan verkeer op hoofroetes deur die dorp h\u00ea. &#8220;Verkeer op die R44 in die omgewing van Dorpstraat kan met tussen 20% en 25% verminder word.&#8221;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Die westelike verbypad moet volgens Van Blerk &#8216;n provinsiale pad wees wat deur die provinsie gefinansier moet word.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Wat die Technopark-skakelpad tussen Technopark en Adam Tasweg (Polkadraai- pad) betref, s\u00ea Van Blerk die aanvanklike tydlyn was dat die projek binne vier jaar gebou sou word. Dis nou al agt jaar later en geen pad is gebou nie.\n<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Hierdie pad sal &#8216;n enorme verskil maak ten opsigte van verkeer na en van Technopark, die verkeer op Adam Tasweg dorp toe, asook die verkeer op die R44 van Annandalepad na Technopark.&#8221;\n<\/p>\n\n\n\n<p>Wat hom betref, vererger die onkunde van politici ten opsigte van verkeer ook voortuitgang aangesien sommige die munisipaliteit se ingenieursplanne afkeur. Hy s\u00ea kontinu\u00efteit in &#8216;n paaie-afdeling is uiters belangrik vir &#8216;n munisipaliteit se susesvolle bestuur en dit is juis wat by die Stellenbosch-munisipaliteit gebrekkig is.\n<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" data-attachment-id=\"296833\" data-permalink=\"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/stellenbosch-se-verkeer-bly-n-groot-kopseer-meer-paaie-kom\/verkeerprobleme-franna-lombard\/\" data-orig-file=\"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Verkeerprobleme-Franna-Lombard.jpg\" data-orig-size=\"1620,1080\" data-comments-opened=\"1\" data-image-meta=\"{&quot;aperture&quot;:&quot;0&quot;,&quot;credit&quot;:&quot;&quot;,&quot;camera&quot;:&quot;&quot;,&quot;caption&quot;:&quot;&quot;,&quot;created_timestamp&quot;:&quot;0&quot;,&quot;copyright&quot;:&quot;&quot;,&quot;focal_length&quot;:&quot;0&quot;,&quot;iso&quot;:&quot;0&quot;,&quot;shutter_speed&quot;:&quot;0&quot;,&quot;title&quot;:&quot;&quot;,&quot;orientation&quot;:&quot;0&quot;}\" data-image-title=\"Verkeerprobleme &amp;#8211; Franna Lombard\" data-image-description=\"&lt;p&gt;Verkeersprobleme in Stellenbosch.  Foto: Francois Lombard&lt;\/p&gt;\n\" data-image-caption=\"&lt;p&gt;Verkeersprobleme het sinoniem geword met Stellenbosch.  Foto: Francois Lombard&lt;\/p&gt;\n\" data-large-file=\"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Verkeerprobleme-Franna-Lombard-1024x683.jpg\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Verkeerprobleme-Franna-Lombard-1024x683.jpg\" alt=\"Verkeersprioblene - Franna Lombard\" class=\"wp-image-296833\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Verkeerprobleme-Franna-Lombard-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Verkeerprobleme-Franna-Lombard-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Verkeerprobleme-Franna-Lombard-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Verkeerprobleme-Franna-Lombard-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Verkeerprobleme-Franna-Lombard.jpg 1620w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Verkeersprobleme het sinoniem geword met Stellenbosch.  Foto: Francois Lombard<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h4 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-padprojekte-ontwerp-en-beplan\">Padprojekte ontwerp en beplan<\/h4>\n\n\n\n<p>Om verder verkeer in Stellenbosch te verlig, moet die munisipaliteit openbare vervoer asook voetganger- en fietsgeriewe \u2013 iets wat gebrekkig is \u2013 as &#8216;n saak van dringendheid hanteer, s\u00ea Van Blerk.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Stuart Grobbelaar, &#8216;n woordvoerder vir die Stellenbosch-munisipaliteit, het by navraag verduidelik die munisipaliteit monitor die verkeer deurlopend met verkeersopnames en voertuig-telling op sleutelpaaie- en kruispunte.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie paaie en punte sluit onder meer Dorpstraat, Adam Tasweg, Birdstraat en Alexandrastraat in. D\u00eds juis die hoofroetes na en van die dorpsgebied waar motoriste bedags van een verkeerslig na die ander kruip.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Grobbelaar s\u00ea die data word gebruik vir verkeersontwerpe, uitbreiding en verkeers- impakstudies. &#8220;Verkeersdatamodules is reeds by ses groot kruispunte aangebring, met planne om dit na 36 verkeersseine reg oor die munisipale gebied uit te brei om seininstellings te verfyn en knelpunte te verminder,&#8221; verduidelik hy.\n<\/p>\n\n\n\n<p><em>Eikestadnuus<\/em> het in September verlede jaar met die span agter<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/quebit-an-ai-traffic-solution-for-stellenbosch\/\" type=\"link\" id=\"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/quebit-an-ai-traffic-solution-for-stellenbosch\/\"> Quebit<\/a> oor hul verkeersmoniteringsagteware gesels. Die onderneming, wat in Technopark gele\u00eb is, gebruik kunsmatige intelligensie om verkeersaktiwiteit te monitor en verkeersligte onmiddellik aan te pas om verkeersvloei te verbeter.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8220;Om verkeersvloei verder te verbeter, is opgraderings by drie belangrike kruispunte op Adam Tasweg, naamlik by Alexander-, Dorp- en Merrimanstraat, ge\u00efdentifiseer, terwyl projekte soos die Birdstraat-dubbelbaanprojek en die verbreding van Laer Dorpstraat tans in die ontwerp- of beplanningsfase is,&#8221; s\u00ea Grobbelaar.\n<\/p>\n\n\n\n<p>Die Laer Dorpstraat-projek behels om die pad tussen die R44 en Adam Tasweg na dubbelbane te vergroot en sal na verwagting later vanjaar van stapel gestuur word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verkeersprobleme het sinoniem met Stellenbosch geword. &#8216;n Plaaslike padingenieur meen die Stellenbosch-munisipaliteit kan die probleem aanspreek deur hul eie padmeesterplan te implimenteer. <\/p>\n","protected":false},"author":34,"featured_media":296731,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"newspack_ads_suppress_ads":false,"newspack_sponsor_sponsorship_scope":"","newspack_sponsor_native_byline_display":"inherit","newspack_sponsor_native_category_display":"inherit","newspack_sponsor_underwriter_style":"inherit","newspack_sponsor_underwriter_placement":"inherit","_crsspst_to_novanewscoza":false,"_crsspst_to_novanewscozabloemnewsexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozacityvision":false,"_crsspst_to_novanewscozadistrictmailhelderberg":false,"_crsspst_to_novanewscozahermanustimes":false,"_crsspst_to_novanewscozakomani-karoo":false,"_crsspst_to_novanewscozakougaexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozamthathaexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozanoordkaapbulletin":false,"_crsspst_to_novanewscozapaarlpost":false,"_crsspst_to_novanewscozapeexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozapeoplespost":false,"_crsspst_to_novanewscozaswartlandgazette":false,"_crsspst_to_novanewscozatygerburger":false,"_crsspst_to_novanewscozaudexpress":false,"_crsspst_to_novanewscozavistanews":false,"_crsspst_to_novanewscozavrystaatkroon":false,"_crsspst_to_novanewscozaweskusnuus":false,"_crsspst_to_novanewscozaweslander":false,"_crsspst_to_novanewscozaworcesterstandard":false,"_EventAllDay":false,"_EventTimezone":"","_EventStartDate":"","_EventEndDate":"","_EventStartDateUTC":"","_EventEndDateUTC":"","_EventShowMap":false,"_EventShowMapLink":false,"_EventURL":"","_EventCost":"","_EventCostDescription":"","_EventCurrencySymbol":"","_EventCurrencyCode":"","_EventCurrencyPosition":"","_EventDateTimeSeparator":"","_EventTimeRangeSeparator":"","_EventOrganizerID":[],"_EventVenueID":[],"_OrganizerEmail":"","_OrganizerPhone":"","_OrganizerWebsite":"","_VenueAddress":"","_VenueCity":"","_VenueCountry":"","_VenueProvince":"","_VenueState":"","_VenueZip":"","_VenuePhone":"","_VenueURL":"","_VenueStateProvince":"","_VenueLat":"","_VenueLng":"","_VenueShowMap":false,"_VenueShowMapLink":false,"sponsored_utm_source":"","sponsored_utm_medium":"","sponsored_utm_campaign":"","sponsored_utm_term":"","sponsored_utm_content":"","_newspack_byline_active":false,"_newspack_byline":"","newspack_content_restriction_is_exempt":false,"author_byline":"","competition_end_date":"","featured_image_custom_caption":"","language_version_url":"","post_language":"af","video_embed_url":"","scaip_prevent_shortcode_addition":false,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[8856],"tags":[7992,9338,91,9787],"newspack_spnsrs_tax":[],"publication":[],"class_list":["post-296732","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-stellenbosch","tag-stellenbosch-munisipaliteit","tag-top","tag-verkeer"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/opgraderring_09127.jpg","jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack-related-posts":[{"id":295269,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/se-oor-dag-sonder-motors-in-kerk-en-andringastraat\/","url_meta":{"origin":296732,"position":0},"title":"S\u00ea oor dag sonder motors in Kerk- en Andringastraat","author":"Ya\u00ebl Malgas","date":"22 January 2026","format":false,"excerpt":"Residents have the opportunity to comment on plans to create a pedestrian only event in the Stellenbosch CBD.","rel":"","context":"In &quot;Nuus&quot;","block_context":{"text":"Nuus","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/nuus\/"},"img":{"alt_text":"Credit: Facebook\/Stellenbosch Municipality","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/CL-mobility-month.jpg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/CL-mobility-month.jpg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/CL-mobility-month.jpg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/CL-mobility-month.jpg?resize=700%2C400&ssl=1 2x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/CL-mobility-month.jpg?resize=1050%2C600&ssl=1 3x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/CL-mobility-month.jpg?resize=1400%2C800&ssl=1 4x"},"classes":[]},{"id":296690,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/inwoners-verhoed-stellenbosch-munisipaliteit-om-nuwe-strukture-op-te-rig\/","url_meta":{"origin":296732,"position":1},"title":"Inwoners verhoed Stellenbosch-munisipaliteit om nuwe strukture op te rig","author":"Eikestadnuus","date":"18 March 2026","format":false,"excerpt":"Inwoners van Idasvallei het Woensdag (18 Maart) verhoed dat beamptes van die Stellenbosch-munisipaliteit nuwe strukture in hul buurt oprig.","rel":"","context":"In &quot;Nuus&quot;","block_context":{"text":"Nuus","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/nuus\/"},"img":{"alt_text":"Kreefgat, Idasvallei","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Kreefga-Idasvallei.jpg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Kreefga-Idasvallei.jpg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Kreefga-Idasvallei.jpg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Kreefga-Idasvallei.jpg?resize=700%2C400&ssl=1 2x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Kreefga-Idasvallei.jpg?resize=1050%2C600&ssl=1 3x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Kreefga-Idasvallei.jpg?resize=1400%2C800&ssl=1 4x"},"classes":[]},{"id":297092,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/vergadering-oor-behuising-in-idasvallei-loop-nie-op-veel-uit-nie\/","url_meta":{"origin":296732,"position":2},"title":"Vergadering oor behuising in Idasvallei loop nie op veel uit nie","author":"Ya\u00ebl Malgas","date":"2 April 2026","format":false,"excerpt":"Die opvolgvergadering wat die Stellenbosch-munisipaliteit vir Woensdag 25 Maart geskeduleer het, is die aand weer uitgestel nadat bywoners kapsie gemaak het teen die geleentheid.","rel":"","context":"In &quot;Nuus&quot;","block_context":{"text":"Nuus","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/nuus\/"},"img":{"alt_text":"Jeremy Fasser, burgemeester van Stellenbosch.","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/tcvideo2_87184.jpeg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/tcvideo2_87184.jpeg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/tcvideo2_87184.jpeg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/tcvideo2_87184.jpeg?resize=700%2C400&ssl=1 2x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/tcvideo2_87184.jpeg?resize=1050%2C600&ssl=1 3x"},"classes":[]},{"id":296416,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/stellenbosch-munisipaliteit-kyk-om-17-erwe-in-idasvallei-op-te-veil\/","url_meta":{"origin":296732,"position":3},"title":"Stellenbosch-munisipaliteit kyk om 17 erwe in Idasvallei op te veil","author":"Eikestadnuus","date":"12 March 2026","format":false,"excerpt":"Te midde van 'n ernstige behuisingstekort in Stellenbosch, beplan die plaaslike munisipaliteit om 17 erwe in Idasvallei aan plaaslike inwoners te verkoop.","rel":"","context":"In &quot;Nuus&quot;","block_context":{"text":"Nuus","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/nuus\/"},"img":{"alt_text":"Studies conducted across seven Western Cape municipalities, revealing a stark reality that there simply aren't enough affordable homes for the thousands of families. Lazy_Bear - stock.adobe.com","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Housing-supply-chain-problem.jpeg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Housing-supply-chain-problem.jpeg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Housing-supply-chain-problem.jpeg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Housing-supply-chain-problem.jpeg?resize=700%2C400&ssl=1 2x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Housing-supply-chain-problem.jpeg?resize=1050%2C600&ssl=1 3x"},"classes":[]},{"id":297130,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/twaalf-in-huurgeskil-weens-stellenbosch-munisipaliteit-se-beleid\/","url_meta":{"origin":296732,"position":4},"title":"Twaalf in huurgeskil weens Stellenbosch-munisipaliteit se beleid","author":"Ya\u00ebl Malgas","date":"1 April 2026","format":false,"excerpt":"Die Stellenbosch munisipale raad het vandeesweek bsluit om die status van 12 in-beginsel-goedkeuring van huurooreenkomste te oorweeg, nadat dit aan die lig gekom het die ooreenkomste is nie volgens die nodige beleid goedgekeur nie.","rel":"","context":"In &quot;Nuus&quot;","block_context":{"text":"Nuus","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/nuus\/"},"img":{"alt_text":"","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/IMG_8849_53446.jpg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200,"srcset":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/IMG_8849_53446.jpg?resize=350%2C200&ssl=1 1x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/IMG_8849_53446.jpg?resize=525%2C300&ssl=1 1.5x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/IMG_8849_53446.jpg?resize=700%2C400&ssl=1 2x, https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/IMG_8849_53446.jpg?resize=1050%2C600&ssl=1 3x"},"classes":[]},{"id":268149,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/botmaskop-storm-vererger-kriminele-klagtes-ingedien\/","url_meta":{"origin":296732,"position":5},"title":"Botmaskop-storm vererger: Kriminele klagtes ingedien","author":"Ya\u00ebl Malgas","date":"23 October 2025","format":false,"excerpt":"CapeXit het strafregtelike klagtes teen die Stellenbosch-munisipaliteit en munisipale bestuurder Geraldine Mettler ingedien oor die Botmaskop-ontwikkeling.","rel":"","context":"In &quot;Nuus&quot;","block_context":{"text":"Nuus","link":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/nuus\/"},"img":{"alt_text":"","src":"https:\/\/i0.wp.com\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Geraldine-Mettler.jpeg?resize=350%2C200&ssl=1","width":350,"height":200},"classes":[]}],"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Eikestadnuus","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/296732","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/users\/34"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=296732"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/296732\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/media\/296731"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=296732"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=296732"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=296732"},{"taxonomy":"newspack_spnsrs_tax","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/newspack_spnsrs_tax?post=296732"},{"taxonomy":"publication","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/eikestadnuus\/wp-json\/wp\/v2\/publication?post=296732"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}