Die Laerskool Eikestad het met groot opwinding sy buite-skaakstel ingewy wat deur Wynland Investec geborg is. Skaak is ’n sport wat deur jonk en oud geniet word en die personeel glo die leerders gaan nog baie genot hieruit put. Agter is Martiens Geyser, Cronje Sauermann, Schalk du Toit, Dehan Roos, Linda Toerien, Olando Bernardo (Investec Winelands), Chanelle Smith en Karien Joubert (Eikestad-personeel). Middel is Frede Hamersma, Vicki Lorenzen (borge), Noreht Nieuwoudt, Suné Nel, Daniel Lutz, WD Toerine, Lilija Jamneck en AJ de Kock. Voor is Timo Bojé, André Kritzinger, Stephan de Kock, Emile Wessels, Jack Basson, Stefan Nel en Christiaan Kritzinger.


Skool gereed vir nuwe skuiwe

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article