Die moordsaak van Faranaaz Mentor draai weer vandag (Woensdag 31 Augustus) in die Kaapse hooggeregshof. Die verhoor het Maandag (29 Augustus) begin en sal tot 15 September duur. Mentor is meer as ’n jaar gelede, Donderdagaand 25 Februarie, in Erijaville vermoor. Die liggaam van die 32-jarige van Serkorpark is uit ’n brandende agterplaaswoning in Jurieslaan gehaal (“Met hande agter rug gevind,” DistriksPos, 4 Maart 2021). Die polisie is ontbied nadat die huiseienaars omstreeks 18:50 besef het die wendyhuis in hul agterplaas is aan die brand en ’n geskree kon uit die brandende woning gehoor word. Die brand is met behulp van brandbestryders en gemeenskapslede geblus. Mentor is uit die woning gehaal. ’n Kussingsloop was oor haar kop getrek en sy was in slegs haar onderklere geklee. Haar hande was agter haar rug vasgemaak en haar voete was vasgebind. Sy het verskeie beserings aan die gesig gehad. Sy is op die toneel dood verklaar. Die beskuldigde, Ashwin Hammers, is ná die voorval op aanklagte van moord, brandstigting en twee aanklagte van poging tot moord aangekeer. Mentor se naasbestaandes, wat steeds sukkel om die verlies te verwerk, het hul hoop dat geregtigheid geskied, uitgespreek. Op die foto is Mentor se ma, Rowena (61), en sus


Faranaaz Mentor is meer as ’n jaar gelede, Donderdagaand 25?Februarie, in Erijaville vermoor.

Faranaaz Mentor is meer as ’n jaar gelede, Donderdagaand 25?Februarie, in Erijaville vermoor.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article