Cherilies Grobler, ’n gr. 9-leerder aan die Hoërskool Strand en ywerige varswaterhengelaar, het in die 2020-’21-seisoen talle prestasies as lid van Kaapstad-hengelklub behaal. Die jongeling het die swaarste karp (4,8 kg) in die vroueafdeling gevang, wat ook haar persoonlike beste prestasie is. Cherilies het ook die jongste vrouelid van die klub geword om die eerste plek in die senior vroueafdeling vir varswaterhengel te behaal. Op grond van haar prestasies is sy genooi om aanstaande jaar aan die Westelike Provinsie-proewe vir varswaterhengelaars deel te neem.


Kranige hengelaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article