Die Helderberg-rugbyklub staan sterk met talent en is reeds van 11 Januarie besig met fiksheid- en voorbereidingswerk vir ’n groot 2022-seisoen.

Die klub hoop en vertrou natuurlik dat die sport ná meer as twee jaar van beperkte aktiwiteit na ’n normale rugbyseisoen sal terugkeer met tradisionele ligawedstryde en alles wat daarmee gepaard gaan.

Wat egter ’n feit is, is ’n ernstige tekort aan o.20-spelers. Sonder skolerugby het baie jong manne belangstelling in skolesport verloor en Berge doen ’n beroep op jong rugbyspelers om te kom aansluit en die getalle aan te vul.

Oefeninge vind Maandag-, Dinsdag- en Donderdagaand vanaf 18:00 by die Charles Morkel-stadion in Strand plaas. Die gereëlde vriendskaplike wedstryde sal dien as proewe en die wedstryde sal van onbeperkte plaasvervangers gebruik maak – soos met die Westelike Provinsie-skeidsregtersvereniging gereël.

Die voorlopige datums vir vriendskaplike wedstryde is as volg:
. Saterdag 26 Februarie: Franschhoek (tuis, alle spanne);. Saterdag 5 Maart: George (weg, eerste span);. Saterdag 12 Maart: Valsbaai (weg, alle spanne);. Vrydag 18 Maart: Hamiltons (tuis, alle spanne); en. Saterdag 26 Maart: NNK (weg, alle spanne).Bel Grant Williams by 083 407 0645 of Lin Beukes by 082 558 7071.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article