Sestig bejaardes het Saterdag 22 Maart ‘n balletuitvoering by die Kunstekaap-teaterkompleks bygewoon. Veertig lede van die Strand-gemeente van die Apostoliese Geloofsending (AGS) se seniorsklub en 20 bejaardes van Macassar het die opvoering Requiem gesien en vir sommige was dit die eerste keer by dié teater. Die uitstappie is deur die Yondla Abalambileyo-stigting en die AGS se seniorsklub gereël. Die bejaardes is deur die Golden Arrow-busdiens na Kaapstad vervoer. Die daguitstappie was iets nuuts vir die groep en die bejaardes was in verwondering oor die ballerinas wat hulle gesien het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article