{"id":342179,"date":"2026-10-30T13:09:07","date_gmt":"2026-10-30T11:09:07","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=342179"},"modified":"2026-10-30T13:11:05","modified_gmt":"2026-10-30T11:11:05","slug":"nee-vir-datasentrum-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/","title":{"rendered":"Nee vir datasentrum"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gemeenskap van Moorreesburg skop vas teen planne vir die bou van \u2019n reuse-sonplaas en \u2019n dorstige datasentrum in di\u00e9 Wes-Kaapse dorpie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terwyl droogte dreig, slurp datasentrums derduisende liter water op \u2013 hoofsaaklik vir verkoeling. Green Opportunity skryf op sy webwerf \u2019n groot datasentrum kan daagliks 15 000 liter water verbruik. Dit is gelyk aan die daaglikse waterverbruik van 40 000 mense.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit verbruik ook groot hoeveelhede krag \u2013 om \u2019n datasentrum aan die gang te hou, kan daagliks sowat 40 MW gebruik. Dit is soortgelyk aan die kragverbruik van sowat 100 000 gemiddelde huishoudings per dag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Weens die invloed op die omgewing het sowat 100 huisgesinne nou \u2019n versoekskrif onderteken om die Swartland-munisipaliteit te oorreed om \u2019n aansoek af te keur vir die hersonering van altesame 10 ha kleinhoewes na \u2019n nywerheidsgebied. Dit word geoormerk vir die oprigting van die sonplaas en datasentrum.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Marius Posthumus, \u2019n mariene-ingenieur wat op \u2019n kleinhoewe in Hooikraal woon \u2013 reg langs die grond waar ontwikkelaars beplan om die datasentrum en sonplaas op te rig \u2013 s\u00ea hy het \u2019n brief oor \u2019n hersoneringsaansoek vir ses kleinhoewes na \u2019n spesiale nywerheidsgebied onder o\u00eb gehad.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy en inwoners meen Moorreesburg is onder beleg van Amerikaanse maatskappye wat reg oor die w\u00eareld datasentrums wil bou en die inwoners se water, grond en lug teiken. Die maatskappye het veral hul visier op klein dorpies omdat hulle dink die mense is oningelig, s\u00ea Posthumus.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Diana van der Merwe, wat op \u2019n plaas buite Moorreesburg woon, s\u00ea inwoners het feitlik geen inligting oor die projek nie, maar moet teen Maandag (26 Oktober) kommentaar lewer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns weet nie waarop ons kommentaar moet lewer nie, want ons weet nie wat die uitwerking van die projek op ons mense en natuurlike omgewing \u2013 veral ons water \u2013 gaan wees nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns dring daarom by die Swartland-munisipaliteit aan om \u2019n moratorium vir minstens \u2019n jaar op die hersoneringsplanne te plaas totdat al ons vrae beantwoord is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van der Merwe en Posthumus is dit eens dat die hersoneringsaansoek \u201conmiddellik\u201d in sy spore gestuit moet word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Posthumus het die versoekskrif opgestel en gaan dit op 26 Oktober by die munisipaliteit indien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>INTERNASIONALE OPSTAND<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die spoed waarteen datasentrums verrys, wat rekenaars vir die gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) en stromingsdienste huisves, kom teen \u2019n groot omgewingskoste.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">KI-modelle verbruik geweldig baie krag. Daarmee saam verbruik dit massiewe hoeveelhede water.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terwyl \u2019n stryd teen klimaatsverandering woed, veroorsaak hierdie digitale vooruitgang juis d\u00edt waarteen die mensdom veg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mense is op verskeie plekke in die w\u00eareld besig om meer inligting oor die omgewingsimpak van di\u00e9 datasentrums te verkry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The New York Times skryf \u2019n plan om een van Europa se grootste datasentrums in \u2019n landelike gebied in Devon in die suidweste van Brittanje op te rig, kry nou die wind van voor van inwoners.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Plakkate waarop staan \u201cDevon-datamonster\u201d hang in winkelvensters.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mense in dele van Amerika, Europa, Australi\u00eb en Kanada kom nou in opstand teen die oprigting van datasentrums.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy s\u00ea as die projek goedgekeur word, sal die hittepluim wat die sentrum uitstraal, asook die water wat die aanleg vir verkoeling gebruik, \u2019n baie negatiewe invloed op boerderybedrywighede in die gebied h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cBoonop gaan dit ons beperkte waterbronne opsuig. Die aanhoudende gedreun van die datasentrums se verkoelingstelsels, waaiers en dieselopwekkers gaan lug- en klankbesoedeling veroorsaak. Die invloed van \u2019n datasentrum in Moorreesburg gaan \u2019n vernietigende impak op die voortbestaan van die dorp h\u00ea,\u201d waarsku Posthumus.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy wys daarop dat die hersoneringsaansoek daarvan melding maak dat die sonplaas \u201cbykomende\u201d krag vir die dorp beskikbaar gaan maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is onwaar. Die sonplaas gaan glo 12 MW krag opwek. Dit is skaars genoeg om die datasentrum dag en nag aan die gang te hou,\u201d voorspel hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>NEE VIR DATASENTRUMS<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Intussen het David Harper van Langebaan onlangs \u2019n groep, No to Data Centres, gestig. Die groep het reeds meer as 400 lede, wat inligting oor datasentrums \u2013 veral di\u00e9 wat vir die Wes-Kaap beplan word \u2013 met mekaar deel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Harper s\u00ea dit blyk daar bestaan \u201c\u2019n oorweldigende haas\u201d om datasentrums oor Suid-Afrika heen op te rig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is \u2019n heel nuwe konsep vir Suid-Afrikaners. Ons het nie al die inligting hieroor nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy meen dit is byna soos \u2019n tsoenami wat Suid-Afrika getref het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns moet dit stop. Dit begin gewoonlik by plaaslike owerhede se hersoneringsplanne. Baie van die ontwikkelaars draai mense \u2019n rat voor o\u00eb deur voor te gee hulle gaan net \u2019n pakhuis op \u2019n stuk grond oprig. Die volgende oomblik is daar \u2019n klomp energievretende rekenaars binne-in die pakhuis.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Harper gaan dit die verstand te bowe dat die Wes-Kaapse DA-regering reeds 13 kleiner datasentrums oral in Kaapstad laat oprig het, terwyl di\u00e9 stad self nie eens genoeg water het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cKaapstad was in 2017 en 2018 die eerste stad in die w\u00eareld wat Dag Zero in die gesig gestaar het \u2013 en di\u00e9 scenario is weer op pad,\u201d waarsku hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Harper bestaan geen regulasies \u2013 provinsiaal of nasionaal \u2013 waaraan datasentrums moet voldoen nie.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Martmarie Haasbroek, \u2019n woordvoerder van die Swartland-munisipaliteit, s\u00ea die advertensies vir die hersoneringsaansoek is in twee plaaslike koerante asook in die Provinsiale Staatskoerant gepubliseer.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die aansoek is nog onder oorweging, het sy ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>WAT S\u00ca MOORREESBURG SE VERSOEKSKRIF?<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gemeenskap erken die belang van tegnologiese vooruitgang, maar die voorgestelde projek vir Moorreesburg bedreig die welstand van die inwoners van die dorp, hul natuurlike omgewing en gedeelde hulpbronne.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Datasentrums verbruik massiewe hoeveelhede water. Moorreesburg was in 2018 feitlik sonder drinkwater en baie mense is steeds van boorgatwater afhanklik.<\/li>\n\n\n\n<li>Die projek gaan groot druk op die elektrisiteitsinfrastruktuur plaas.<\/li>\n\n\n\n<li>Die konstruksie van die projek gaan tot habitatvernietiging, verhoogde verkeersvloei, hittepluime en geraasbesoedeling lei.<\/li>\n\n\n\n<li>Inwoners is nie behoorlik ingelig oor die doel van die projek nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Inwoners eis dat \u2019n behoorlike, deursigtige omgewingsimpakproses gevolg word.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>BRIEF AAN MRK VIR REGULERING<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kamil Daniel, \u2019n prokureur by die Regshulpraad (RHR), s\u00ea di\u00e9 raad het namens vyf nie-regeringsorganisasies \u2019n brief aan die Menseregtekommissie (MRK) geskryf om druk op die regering te plaas om dringend regulasies op te stel waaraan datasentrums, \u201cwat nou soos paddastoele\u201d oral in die land verrys, moet voldoen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Luidens die brief is daar nou meer as 60 datasentrums wat wag om oor die land heen opgerig te word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie RHR besef datasentrums is onder meer die ruggraat van kunsmatige intelligensie, maar regulasies moet opgestel word waaraan hulle moet voldoen,\u201d skryf Daniel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die LRC, wat onder meer Open Secrets, Housing Assembly en Foxglove, \u2019n Britse regs firma, verteenwoordig, het in April gesorg vir \u2019n moratorium op die bou van Equinix se massiewe datasentrum naby die Kaapstadse lughawe, oorkant Gugulethu.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Luthando Tyhalibongo, die Stad Kaapstad se woordvoerder, s\u00ea Kaapstad is bewus van mense se kommer en weerstand teen die ontwikkeling van die datasentrum by die lughawe.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die saak is tans \u201conder bespreking en deel van die app\u00e8lproses\u201d.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die Papier het geen reaksie van die verskillende Wes-Kaapse staatsdepartemente ontvang nie.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"862\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/WhatsApp-Image-2026-10-30-at-1.09.43-PM-1024x862.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-342182\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/WhatsApp-Image-2026-10-30-at-1.09.43-PM-1024x862.jpeg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/WhatsApp-Image-2026-10-30-at-1.09.43-PM-300x253.jpeg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/WhatsApp-Image-2026-10-30-at-1.09.43-PM-768x647.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/WhatsApp-Image-2026-10-30-at-1.09.43-PM-1320x1111.jpeg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/WhatsApp-Image-2026-10-30-at-1.09.43-PM-600x505.jpeg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/WhatsApp-Image-2026-10-30-at-1.09.43-PM.jpeg 1456w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gemeenskap van Moorreesburg skop vas teen planne vir die bou van \u2019n reuse-sonplaas en \u2019n dorstige datasentrum in di\u00e9 Wes-Kaapse dorpie. Terwyl droogte dreig, slurp datasentrums derduisende liter water op \u2013 hoofsaaklik vir verkoeling. Green Opportunity skryf op sy webwerf \u2019n groot datasentrum kan daagliks 15 000 liter water verbruik. Dit is gelyk aan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":652,"featured_media":340972,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Elise Tempelhoff","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,15577],"class_list":["post-342179","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.6 (Yoast SEO v28.6) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Nee vir datasentrum | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nee vir datasentrum\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die gemeenskap van Moorreesburg skop vas teen planne vir die bou van \u2019n reuse-sonplaas en \u2019n dorstige datasentrum in di\u00e9 Wes-Kaapse dorpie. Terwyl droogte dreig, slurp datasentrums derduisende liter water op \u2013 hoofsaaklik vir verkoeling. Green Opportunity skryf op sy webwerf \u2019n groot datasentrum kan daagliks 15 000 liter water verbruik. Dit is gelyk aan [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-10-30T11:09:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-10-30T11:11:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Moorreesburgingang_51475.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Elise Tempelhoff\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Shanell Binedell\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/72879931dfaa4c07fdafd0a165f4ddb5\"},\"headline\":\"Nee vir datasentrum\",\"datePublished\":\"2026-10-30T11:09:07+00:00\",\"dateModified\":\"2026-10-30T11:11:05+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/\"},\"wordCount\":1117,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/Moorreesburgingang_51475.jpg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/\",\"name\":\"Nee vir datasentrum | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/Moorreesburgingang_51475.jpg\",\"datePublished\":\"2026-10-30T11:09:07+00:00\",\"dateModified\":\"2026-10-30T11:11:05+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/Moorreesburgingang_51475.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/10\\\/Moorreesburgingang_51475.jpg\",\"width\":1200,\"height\":800,\"caption\":\"Moorreesburg-bord\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nee vir datasentrum\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/72879931dfaa4c07fdafd0a165f4ddb5\",\"name\":\"Shanell Binedell\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/a51f1c5a52e5faf55e581a53f2074ffc7b8447e099a4eb51c9edfcd17e361897?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/a51f1c5a52e5faf55e581a53f2074ffc7b8447e099a4eb51c9edfcd17e361897?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/a51f1c5a52e5faf55e581a53f2074ffc7b8447e099a4eb51c9edfcd17e361897?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Shanell Binedell\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/shanell-binedell\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nee-vir-datasentrum-2\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nee vir datasentrum | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Nee vir datasentrum","og_description":"Die gemeenskap van Moorreesburg skop vas teen planne vir die bou van \u2019n reuse-sonplaas en \u2019n dorstige datasentrum in di\u00e9 Wes-Kaapse dorpie. Terwyl droogte dreig, slurp datasentrums derduisende liter water op \u2013 hoofsaaklik vir verkoeling. Green Opportunity skryf op sy webwerf \u2019n groot datasentrum kan daagliks 15 000 liter water verbruik. Dit is gelyk aan [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-10-30T11:09:07+00:00","article_modified_time":"2026-10-30T11:11:05+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Moorreesburgingang_51475.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Elise Tempelhoff","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/"},"author":{"name":"Shanell Binedell","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/72879931dfaa4c07fdafd0a165f4ddb5"},"headline":"Nee vir datasentrum","datePublished":"2026-10-30T11:09:07+00:00","dateModified":"2026-10-30T11:11:05+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/"},"wordCount":1117,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Moorreesburgingang_51475.jpg","keywords":["Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/","name":"Nee vir datasentrum | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Moorreesburgingang_51475.jpg","datePublished":"2026-10-30T11:09:07+00:00","dateModified":"2026-10-30T11:11:05+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Moorreesburgingang_51475.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/Moorreesburgingang_51475.jpg","width":1200,"height":800,"caption":"Moorreesburg-bord"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nee vir datasentrum"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/72879931dfaa4c07fdafd0a165f4ddb5","name":"Shanell Binedell","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a51f1c5a52e5faf55e581a53f2074ffc7b8447e099a4eb51c9edfcd17e361897?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a51f1c5a52e5faf55e581a53f2074ffc7b8447e099a4eb51c9edfcd17e361897?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a51f1c5a52e5faf55e581a53f2074ffc7b8447e099a4eb51c9edfcd17e361897?s=96&d=mm&r=g","caption":"Shanell Binedell"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/shanell-binedell\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nee-vir-datasentrum-2\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/342179","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/652"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=342179"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/342179\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":342183,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/342179\/revisions\/342183"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/340972"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=342179"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=342179"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=342179"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}