{"id":339329,"date":"2026-10-12T09:36:59","date_gmt":"2026-10-12T07:36:59","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=339329"},"modified":"2026-10-12T09:37:02","modified_gmt":"2026-10-12T07:37:02","slug":"fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/","title":{"rendered":"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\" id=\"h-die-minister-van-basiese-onderwys-siviwe-gwarube-se-die-matriek-slaagsyfer-behoort-nie-meer-die-enigste-maatstaf-vir-die-gehalte-van-onderwys-te-wees-nie-sy-waarsku-dat-die-fokus-op-uitslae-leerders-se-vordering-en-deelname-aan-belangrike-vakke-kan-benadeel\">Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, s\u00ea die matriekslaagsyfer behoort nie meer die enigste maatstaf vir die gehalte van onderwys te wees nie. Sy waarsku dat die fokus op uitslae leerders se vordering en deelname aan belangrike vakke kan benadeel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gwarube het \u2019n bre\u00ebr beoordeling van provinsiale onderwysverrigting voorgestel en aangevoer dat die algehele matriek-slaagsyfer nie \u2019n voldoende weerspie\u00ebling van die gehalte van Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy het Sondag, 11 Oktober, tydens \u2019n mediakonferensie in Pretoria ges\u00ea die klem op die hoogste moontlike slaagsyfer vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) het onbedoelde gevolge gehad. Dit sluit praktyke in wat leerders se vordering en deelname aan belangrike vakke kan ondermyn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens die minister het provinsies, distrikte en skole al hoe meer daarop gefokus om slaagsyfers te verbeter, soms ten koste van die ontwikkeling van vaardighede wat Suid-Afrika se ekonomiese mededingendheid kan versterk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie obsessie het onbedoelde gevolge gehad en die verkeerde soort gedrag aangemoedig,\u201d het Gwarube ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens haar het sommige skole swakker presterende leerders verhinder om na graad 12 te vorder, leerders ondanks bestaande vorderingsre\u00ebls in graad 11 gehou, of hulle aangemoedig om Wiskundige Geletterdheid eerder as Wiskunde te kies om hul kans op matrieksukses te verbeter.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy het gewaarsku dat \u2019n oormatige fokus op die algehele slaagsyfer die ontwikkeling van vaardighede in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM), asook Rekeningkunde en Ekonomiese Wetenskappe, kan benadeel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie obsessie met die matriekslaagsyfer en die verkeerde aansporings wat daarmee gepaardgaan, het die land se vermo\u00eb om vaardighede vir STEM-beroepe, Rekeningkunde en Ekonomiese Wetenskappe te ontwikkel, benadeel. Dit moet verander. As ons land ekonomies mededingend wil wees, het dit diepgaande en betekenisvolle vaardighede in STEM en ander sleutelvakke nodig,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-departement-wil-breer-maatstawwe-vir-onderwysprestasie-gebruik\" class=\"wp-block-heading\">Departement wil bre\u00ebr maatstawwe vir onderwysprestasie gebruik<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die departement van basiese onderwys beplan om provinsiale prestasie aan die hand van \u2019n groter verskeidenheid maatstawwe te beoordeel, eerder as om hoofsaaklik op die algehele matriekslaagsyfer staat te maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die maatstawwe sal baccalaureusgraadvrystellings, onderskeidings, leerderbehoud en deelname aan en prestasie in sleutelvakke soos Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde en Ekonomie insluit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gwarube het ges\u00ea di\u00e9 bre\u00ebr benadering sal provinsies in staat stel om hul prestasie meer sinvol te vergelyk en vas te stel waar bykomende ondersteuning en ingryping nodig is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie vraag behoort nie net te wees of leerders geslaag het nie, maar ook of provinsies vordering maak met geletterdheid, syfervaardigheid, leerderbehoud en deelname aan vakke,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die voorgestelde benadering plaas groter klem op wat leerders bereik, watter vakke hulle neem en of hulle in die onderwysstelsel bly, eerder as om die algehele slaagsyfer as die belangrikste maatstaf vir sukses te beskou.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-byna-een-miljoen-kandidate-vir-matriekeksamen-geregistreer\" class=\"wp-block-heading\">Byna een miljoen kandidate vir matriekeksamen geregistreer<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gwarube se opmerkings kom terwyl die departement aangekondig het dat hy gereed is vir die 2026-NSS-eksamens. Altesaam 962 832 kandidate het vir die Oktober- en November-eksamenperiode geregistreer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die groep bestaan uit 815 051 voltydse en 147 781 deeltydse kandidate.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die minister het ges\u00ea die toename in voltydse registrasies dui daarop dat meer leerders op skool bly en matriek binne die verwagte tydperk voltooi.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die departement het ook leerderondersteuningsprogramme in al 75 onderwysdistrikte ingestel. Dit bereik 159 180 leerders by 1 262 sentrums.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die programme sluit bykomende hersieningsgeleenthede, ondersteuning vir onderwysers, proefeksamens en toegang tot leermateriaal in om leemtes in leerders se prestasie aan te spreek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gwarube het erken dat die matriekklas van 2026 weens die covid-19-pandemie ontwrigtings in hul skoolopleiding ervaar het, veral tydens die oorgang van die intermedi\u00eare fase na die senior fase.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die departement het vorige diagnostiese eksamenverslae gebruik om aanhoudende leerprobleme te identifiseer en onderwysers te help om kurrikulumaanbieding en leerders se voorbereiding te verbeter.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gwarube het ges\u00ea \u2019n bre\u00ebr benadering tot die beoordeling van provinsiale onderwysprestasie sal help om swakpunte in die stelsel te identifiseer en ondersteuning te rig waar dit die nodigste is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die 2026-NSS-eksamens sal na verwagting Dinsdag begin. Die departement s\u00ea voorbereidings is in al nege provinsies afgehandel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, s\u00ea die matriekslaagsyfer behoort nie meer die enigste maatstaf vir die gehalte van onderwys te wees nie. Sy waarsku dat die fokus op uitslae leerders se vordering en deelname aan belangrike vakke kan benadeel. Gwarube het \u2019n bre\u00ebr beoordeling van provinsiale onderwysverrigting voorgestel en aangevoer dat die algehele [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":807,"featured_media":315626,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"NovaNews","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[18528,16147,18527,18526,18529,15577],"class_list":["post-339329","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-18528","tag-departement-van-basiese-onderwys","tag-matrieks","tag-siviwe-garube","tag-slaagsyfer","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.6 (Yoast SEO v28.6) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, s\u00ea die matriekslaagsyfer behoort nie meer die enigste maatstaf vir die gehalte van onderwys te wees nie. Sy waarsku dat die fokus op uitslae leerders se vordering en deelname aan belangrike vakke kan benadeel. Gwarube het \u2019n bre\u00ebr beoordeling van provinsiale onderwysverrigting voorgestel en aangevoer dat die algehele [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-10-12T07:36:59+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-10-12T07:37:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1440\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"882\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"NovaNews\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Anushka van Loggerenberg\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/27c9498e9d9c60c0632f02fb60f84076\"},\"headline\":\"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube\",\"datePublished\":\"2026-10-12T07:36:59+00:00\",\"dateModified\":\"2026-10-12T07:37:02+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/\"},\"wordCount\":648,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg\",\"keywords\":[\"2026\",\"Departement van basiese onderwys\",\"Matrieks\",\"Siviwe Garube\",\"Slaagsyfer\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/\",\"name\":\"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-10-12T07:36:59+00:00\",\"dateModified\":\"2026-10-12T07:37:02+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg\",\"width\":1440,\"height\":882,\"caption\":\"Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys. Foto: Facebook.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/27c9498e9d9c60c0632f02fb60f84076\",\"name\":\"Anushka van Loggerenberg\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1a6e4843cb223ffde420278d64a1095342477d584072a6c5536bce29baa23186?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1a6e4843cb223ffde420278d64a1095342477d584072a6c5536bce29baa23186?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/1a6e4843cb223ffde420278d64a1095342477d584072a6c5536bce29baa23186?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Anushka van Loggerenberg\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/anushka-vanloggerenberg\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube","og_description":"Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, s\u00ea die matriekslaagsyfer behoort nie meer die enigste maatstaf vir die gehalte van onderwys te wees nie. Sy waarsku dat die fokus op uitslae leerders se vordering en deelname aan belangrike vakke kan benadeel. Gwarube het \u2019n bre\u00ebr beoordeling van provinsiale onderwysverrigting voorgestel en aangevoer dat die algehele [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-10-12T07:36:59+00:00","article_modified_time":"2026-10-12T07:37:02+00:00","og_image":[{"width":1440,"height":882,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"NovaNews","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/"},"author":{"name":"Anushka van Loggerenberg","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/27c9498e9d9c60c0632f02fb60f84076"},"headline":"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube","datePublished":"2026-10-12T07:36:59+00:00","dateModified":"2026-10-12T07:37:02+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/"},"wordCount":648,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg","keywords":["2026","Departement van basiese onderwys","Matrieks","Siviwe Garube","Slaagsyfer","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/","name":"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg","datePublished":"2026-10-12T07:36:59+00:00","dateModified":"2026-10-12T07:37:02+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/685493990_1586443306825551_3549372836344454921_n-1.jpg","width":1440,"height":882,"caption":"Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys. Foto: Facebook."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Fokus op matriekslaagsyfer benadeel SA se vaardigheidsontwikkeling, waarsku Gwarube"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/27c9498e9d9c60c0632f02fb60f84076","name":"Anushka van Loggerenberg","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1a6e4843cb223ffde420278d64a1095342477d584072a6c5536bce29baa23186?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1a6e4843cb223ffde420278d64a1095342477d584072a6c5536bce29baa23186?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/1a6e4843cb223ffde420278d64a1095342477d584072a6c5536bce29baa23186?s=96&d=mm&r=g","caption":"Anushka van Loggerenberg"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/anushka-vanloggerenberg\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/fokus-op-matriekslaagsyfer-benadeel-sa-se-vaardigheidsontwikkeling-waarsku-gwarube\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/339329","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/807"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=339329"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/339329\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":339339,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/339329\/revisions\/339339"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/315626"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=339329"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=339329"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=339329"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}