{"id":336441,"date":"2026-09-25T11:00:00","date_gmt":"2026-09-25T09:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=336441"},"modified":"2026-09-25T09:05:24","modified_gmt":"2026-09-25T07:05:24","slug":"mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/","title":{"rendered":"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die snikhete hitte het die uitgeteerde Elton Raimundo Joaquim in die strate naby die grootste dwelmnes in Mosambiek se hoofstad rondgesoek na stukkies metaal wat hy kon verkoop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het vroe\u00ebr musiek opgeneem. Ek het inspirasie nodig gehad wanneer ek ateljee toe gegaan het,\u201d het die 27-jarige vertel terwyl hy gehurk sit en vertel het hoe hy aan dwelms verslaaf geraak het. \u2019n Vlieg het om \u2019n oop wond op sy skouer gesirkel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Joaquim is een van \u2019n groeiende aantal dwelmgebruikers in die Suider-Afrikaanse land, wat volgens amptenare toenemend \u2019n verbruiker van onwettige dwelms word en nie meer net \u2019n deurgangspunt in die internasionale dwelmhandel is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens regeringsyfers het die aantal hospitaalopnames wat met dwelmgebruik verband hou, verlede jaar met 38% gestyg tot meer as 32 280. Kenners s\u00ea di\u00e9 syfer weerspie\u00ebl egter net \u2019n klein deel van die probleem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Joaquim het rehabilitasie probeer. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk kon dit nie hanteer nie,\u201d het hy ges\u00ea. Hy het erken dat hy gesteel het om vir dagga, <em>crack<\/em> en hero\u00efen \u2013 die belangrikste dwelms wat in Mosambiek gebruik word \u2013 te betaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie dwelm laat jou net meer koop,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die universiteitsgegradueerde Paulo Ferrao het hom vier jaar gelede by die REMAR-rehabilitasiesentrum aan die buitewyke van Maputo laat opneem as \u2019n \u201cverjaarsdaggeskenk\u201d aan sy suster.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pasi\u00ebnte kry take soos skoonmaak, metaalwerk en skrynwerk, en moet ook godsdiensdienste bywoon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ferrao, wat nou onder meer vir openbare betrekkinge verantwoordelik is, s\u00ea dit word al makliker vir jong mense om dwelms, insluitend kristalmetamfetamien, in die hande te kry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns kry al hoe meer gevalle van metamfetamiengebruik, wat beteken hero\u00efen is nie meer genoeg vir die mense agter die dwelmhandel nie,\u201d het Ferrao ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-internasionale-bande\" class=\"wp-block-heading\">Internasionale bande <\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mosambiek se ligging langs dwelmhandelroetes tussen produsente en markte, sy 2 500 km lange Indiese Oseaan-kuslyn en sy poreuse grense maak dit \u2019n belangrike deurgangspunt, volgens die staatsagentskap vir die voorkoming van dwelmmisbruik, GCPCD.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cTot sowat vyf jaar gelede is ons land net as \u2019n deurgangspunt beskou,\u201d het woordvoerder Jose Bambo aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie dwelms het in Mosambiek aangekom, maar is daarna na die res van die w\u00eareld versprei, veral na ander dele van Afrika,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNou is ons grootste bekommernis dat ons land self ook \u2019n verbruiker geword het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mosambiek werk saam met internasionale organisasies wat dwelmmisbruik bekamp, asook owerhede in lande regoor die streek \u2013 van Tanzani\u00eb tot Suid-Afrika \u2013 om die probleem aan te pak. Dit sluit die uitruil van inligting in, het Bambo ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die samewerking het die afgelope weke gehelp om ses Mexikaanse burgers uit Botswana uit te lewer. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle dwelms in \u2019n dorpie buite Maputo vervaardig het. Metamfetamien, toerusting vir die vervaardiging van dwelms en chemiese voorlopers is glo tydens \u2019n klopjag daar gevind.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie jaar is vier mense van Mexikaanse herkoms wat by dwelmhandel betrokke was, in hegtenis geneem,\u201d het Bambo ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mosambiek het nie genoeg hulpmiddels, soos skandeerders en speurhonde, om \u201cdwelms te onderskep voordat dit die woonbuurte bereik\u201d nie, het hy ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is ook \u2019n tekort aan spesialiste op di\u00e9 gebied, terwyl smokkelaars voortdurend hul metodes aanpas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cIn onlangse tye het dwelms die land binnegekom wat as skoonheidsmiddels, versnaperinge en boumateriaal vermom is,\u201d het die amptenaar ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-fentaniel-n-nuwe-uitdaging\" class=\"wp-block-heading\">Fentaniel, \u2019n nuwe uitdaging <\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mosambiek was histories \u2019n deurgangspunt vir hero\u00efen en metamfetamien, maar daar is nou ook \u2019n toename in koka\u00efenverkeer as deel van die sogenaamde \u201cLusofone-roete\u201d wat Brasili\u00eb met ander Portugeessprekende lande verbind, het Antonio De Vivo, die VN se dwelmkantoor se hoof in die land, ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is ook tekens dat die handel in fentaniel, \u2019n hoogs verslawende sintetiese opio\u00efed wat aan \u2019n dodelike dwelmekrisis in die Verenigde State gekoppel word, na Mosambiek uitgebrei het. Owerhede s\u00ea hulle het vanjaar reeds beslag gel\u00ea op meer as vyf ton daarvan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWanneer jy \u2019n deurgangsland is, bly \u2019n klein gedeelte van wat deur die land vervoer word, gewoonlik agter,\u201d het De Vivo aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lande met lae inkomste en jong bevolkings, soos Mosambiek, is veral kwesbaar vir goedkoper sintetiese dwelms, het hy ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens De Vivo weerspie\u00ebl die situasie \u2019n bre\u00ebr tendens in die streek. In Suid-Afrika is daar ook vervaardigingslaboratoriums ontdek waar Meksikane glo as chemici of opleiers van plaaslike werkers opgetree het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">Big news coming out of our neighbouring country, Mozambique. <br><br>Major bust involving Sinaloa Cartel. <a href=\"https:\/\/t.co\/cTp4puyXcG\">https:\/\/t.co\/cTp4puyXcG<\/a><\/p>&mdash; IRS Forensic Investigations (@FraudWatchZA) <a href=\"https:\/\/x.com\/FraudWatchZA\/status\/2047259456702996882?ref_src=twsrc%5Etfw\">April 23, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n AFP-ondersoek wat Donderdag gepubliseer is, het getoon hoe Suid-Afrika vir die Sinaloa-kartel in Mexiko \u2019n belangrike plek geword het om metamfetamien te vervaardig en dit tot so ver as Australi\u00eb te versprei.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cPlaaslike produksie sal onvermydelik tot \u2019n toename in verbruik lei,\u201d het De Vivo ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie toename wat ons waarneem, is bestendig en aanhoudend, wat beteken dat die probleem waarskynlik groter gaan word,\u201d het De Vivo ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die snikhete hitte het die uitgeteerde Elton Raimundo Joaquim in die strate naby die grootste dwelmnes in Mosambiek se hoofstad rondgesoek na stukkies metaal wat hy kon verkoop. \u201cEk het vroe\u00ebr musiek opgeneem. Ek het inspirasie nodig gehad wanneer ek ateljee toe gegaan het,\u201d het die 27-jarige vertel terwyl hy gehurk sit en vertel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":336444,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"AFP","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[17206,18340,18338,15603,18339,17400,15577],"class_list":["post-336441","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-dwelms","tag-lusofone-roete","tag-mexikaanse-kartel","tag-nuus","tag-sinaloa-kartel","tag-smokkel","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"In die snikhete hitte het die uitgeteerde Elton Raimundo Joaquim in die strate naby die grootste dwelmnes in Mosambiek se hoofstad rondgesoek na stukkies metaal wat hy kon verkoop. \u201cEk het vroe\u00ebr musiek opgeneem. Ek het inspirasie nodig gehad wanneer ek ateljee toe gegaan het,\u201d het die 27-jarige vertel terwyl hy gehurk sit en vertel [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-25T09:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"960\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"AFP\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker\",\"datePublished\":\"2026-09-25T09:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/\"},\"wordCount\":789,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg\",\"keywords\":[\"Dwelms\",\"Lusofone-roete\",\"mexikaanse kartel\",\"Nuus\",\"Sinaloa-kartel\",\"Smokkel\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/\",\"name\":\"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-25T09:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg\",\"width\":1280,\"height\":960,\"caption\":\"Mosambiek. Foto: SINAL Multim\u00e9dia\\\/pexels.com\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker","og_description":"In die snikhete hitte het die uitgeteerde Elton Raimundo Joaquim in die strate naby die grootste dwelmnes in Mosambiek se hoofstad rondgesoek na stukkies metaal wat hy kon verkoop. \u201cEk het vroe\u00ebr musiek opgeneem. Ek het inspirasie nodig gehad wanneer ek ateljee toe gegaan het,\u201d het die 27-jarige vertel terwyl hy gehurk sit en vertel [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-25T09:00:00+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":960,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"AFP","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker","datePublished":"2026-09-25T09:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/"},"wordCount":789,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg","keywords":["Dwelms","Lusofone-roete","mexikaanse kartel","Nuus","Sinaloa-kartel","Smokkel","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/","name":"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg","datePublished":"2026-09-25T09:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/pexels-sinalmultimedia-30188142.jpg","width":1280,"height":960,"caption":"Mosambiek. Foto: SINAL Multim\u00e9dia\/pexels.com"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Mosambiek: Van internasionale deurgang vir dwelms tot groot verbruiker"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/mosambiek-van-internasionale-deurgang-vir-dwelms-tot-groot-verbruiker\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336441","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=336441"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336441\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":336445,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336441\/revisions\/336445"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/336444"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=336441"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=336441"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=336441"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}