{"id":336319,"date":"2026-09-28T12:56:42","date_gmt":"2026-09-28T10:56:42","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=336319"},"modified":"2026-09-28T13:13:11","modified_gmt":"2026-09-28T11:13:11","slug":"taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/","title":{"rendered":"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dr. Willem Botha is \u2019n onderwysman en leksikograaf. Hy het 34 jaar by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gewerk, waarvan 19 jaar as hoofredakteur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tydens sy loopbaan het hy onder meer leiding geneem met die bekendstelling van die WAT aanlyn en klem gel\u00ea op die dokumentering van Afrikaans in al sy vorme.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het ook nuwe maniere gevind om die WAT te finansier en het bekendheid verwerf vir sy RSG-praatjies en artikels oor Afrikaans. Botha woon saam met sy vrou, Tersia, in die Paarl, waar hy aktief betrokke is by die gemeenskap en kerk, gereeld draf en aan \u2019n wynproeklub deelneem. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Johannes Froneman het met hom in die Paarl gesels.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-afrikaans-gaan-steeds-verander\" class=\"wp-block-heading\">\u2018Afrikaans gaan steeds verander.\u2019<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vrae oor die toekoms van Afrikaans \u2013 en watter vorm dit gaan aanneem \u2013 is dr. Willem Botha se kos. Hy antwoord graag: \u201cNee, Afrikaans is nie \u2019n museumtaal nie, en hy sal na alle waarskynlikheid ook nie een word nie. Vulg\u00earlatyn leef voort as \u00adItaliaans en ander Romaanse tale.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit word selfs beraam dat tot 60% van die Engelse woordeskat van Latyn afgelei is, so ook \u2019n groot deel van die Nederlandse woorde\u00adskat, en daarom ook van die Afrikaanse woordeskat.\u201d<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-ontwikkel-afrikaans-as-spreektaal-nie-al-hoe-meer-in-die-rigting-van-afriengels-nie\" class=\"wp-block-heading\">Ontwikkel Afrikaans as spreektaal nie al hoe meer in die rigting van AfriEngels nie?<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daardie proses van taalontwikkeling hou nooit op nie. Enige taal is altyd op pad na \u2019n volgende ontwikkelingsfase. Jy kan sien hoe die taal eenvoudig spontaan verander.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Afrikaans van 1900 lyk baie anders as die Afrikaans van 1950 en daardie Afrikaans lyk weer anders as die taal van 2025.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons weet dus vooruit dat Afrikaans oor \u2019n 100 jaar baie anders sal lyk as tans, soos die geval is met ander moderne tale ook.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WillemBotha_87753-683x1024.jpg\" alt=\"Willem Botha.\" class=\"wp-image-336321\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WillemBotha_87753-683x1024.jpg 683w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WillemBotha_87753-200x300.jpg 200w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WillemBotha_87753-768x1152.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WillemBotha_87753-1024x1536.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WillemBotha_87753-1365x2048.jpg 1365w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WillemBotha_87753-1320x1980.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WillemBotha_87753-600x900.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 683px) 100vw, 683px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Willem Botha. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-hoe-lyk-die-veranderinge-vandag\" class=\"wp-block-heading\">Hoe lyk die veranderinge vandag?<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Prof. Fritz Ponelis het in 1999 \u2019n ontstellende profetiese blik op Afrikaans se toekoms gewerp. Volgens Ponelis praat ons reeds vir geruime tyd nie meer idiomatiese Afrikaans nie, maar vertaalde Engels.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Taalgebruik is soos water, dit volg die pad van die minste weerstand, dit loop waar dit wil, dit laat hom nie inperk nie.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-ek-hoor-afrikaanse-akade-mici-soms-op-die-radio-wat-nie-twee-sinne-kan-praat-sonder-om-op-engels-woorde-te-steun-nie\" class=\"wp-block-heading\">Ek hoor Afrikaanse akade\u00admici soms op die radio wat nie twee sinne kan praat sonder om op Engels woorde te steun nie . . .<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat die proses versnel, is die feit dat invloedryke mense hulle ook hieraan skuldig maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die sigbare simptome van hierdie tendens in Afrikaans is die gebruik van Engelse woorde<em>: Bye, amazing, stunning, crazy, blessings<\/em> . . . die lys is lank.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir dekades is daar jag gemaak op anglisismes.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit gaan nie meer oor enkele woorde nie, maar oor Engelse konstruksies wat gevolg word. Dit is Afrikaanse woorde wat gebruik word, maar dit is vertaalde Engelse sinne, eintlik leenvertalings.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die voorbeelde is legio, maar ek noem \u2019n paar wat baie gereeld voorkom: Die gebruik van vuur in plaas van brand: \u2019n Vuur het uitgebreek. Of: Hardloop uit tyd in plaas van tyd loop uit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wederkerende werkwoorde word verengels: \u201cMoenie bekommer nie\u201d in plaas van \u201cMoenie jou bekommer nie\/moenie bekommerd wees nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sekere voorsetsels word weggelaat na die Engelse model: \u201cKom saam my\u201d in plaas van \u201cKom saam met my.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eenvoudige Afrikaanse ja word ingeruil vir \u201cek doen\u201d, na die voorbeeld van I do.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In Afrikaans kan ons \u2019n keuse maak uit nommer, getal en syfer, maar in navolging van Engels word slegs nommer gebruik: \u201cEk weet nie wat die nommers is nie\u201d in plaas van \u201cEk weet nie wat die syfer\/getal is nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-het-ons-vroeer-beter-afrikaans-gepraat\" class=\"wp-block-heading\">Het ons vroe\u00ebr beter Afrikaans gepraat?<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ja, maar die feit is dat ons hele leefw\u00eareld Afrikaans was \u2013 van die tydskrif of boek wat jy gelees het, die TV wat jy gekyk het, jou vorm by binnelandse sake, elke winkel, elke werksplek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Deesdae praat en skryf almal Engels by die werk en orals elders.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hul Afrikaans is dus beperk tot informele gesprekke waarin goeie taalgebruik nie so belangrik is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die dag mag aanbreek dat die sprekers formele Afrikaans verwerp omdat hulle nie \u2019n formele gesprek daarin kan voer of hulle daarin kan uitdruk as hulle skryf nie.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-waar-pas-universiteite-in\" class=\"wp-block-heading\">Waar pas universiteite in?<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Afrikaans as wetenskaptaal word\/is uitgerangeer aan ons voorheen Afrikaanse en tweetalige universi\u00adteite.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">LitNet Akademies en Akademia is tans die ligpunte vir Afrikaans as \u2019n wetenskaptaal.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Froneman is \u2019n joernalis en navorser van Kleinmond. Hy is ook kurator van <a href=\"https:\/\/mediamense.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Mediamense.com<\/a>.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr. Willem Botha is \u2019n onderwysman en leksikograaf. Hy het 34 jaar by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gewerk, waarvan 19 jaar as hoofredakteur. Tydens sy loopbaan het hy onder meer leiding geneem met die bekendstelling van die WAT aanlyn en klem gel\u00ea op die dokumentering van Afrikaans in al sy vorme. Hy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":336322,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Johannes Froneman","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[15459],"tags":[15621,15568,15577,16203],"class_list":["post-336319","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dink","tag-afrikaans","tag-dink","tag-top","tag-willem-botha"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.6 (Yoast SEO v28.6) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dr. Willem Botha is \u2019n onderwysman en leksikograaf. Hy het 34 jaar by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gewerk, waarvan 19 jaar as hoofredakteur. Tydens sy loopbaan het hy onder meer leiding geneem met die bekendstelling van die WAT aanlyn en klem gel\u00ea op die dokumentering van Afrikaans in al sy vorme. Hy [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-28T10:56:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-28T11:13:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2048\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1536\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Johannes Froneman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019\",\"datePublished\":\"2026-09-28T10:56:42+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-28T11:13:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/\"},\"wordCount\":720,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg\",\"keywords\":[\"Afrikaans\",\"dink\",\"Top\",\"Willem Botha\"],\"articleSection\":[\"Dink\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/\",\"name\":\"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-28T10:56:42+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-28T11:13:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg\",\"width\":2048,\"height\":1536,\"caption\":\"Afrikaans.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dink\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dink\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019 | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019","og_description":"Dr. Willem Botha is \u2019n onderwysman en leksikograaf. Hy het 34 jaar by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gewerk, waarvan 19 jaar as hoofredakteur. Tydens sy loopbaan het hy onder meer leiding geneem met die bekendstelling van die WAT aanlyn en klem gel\u00ea op die dokumentering van Afrikaans in al sy vorme. Hy [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-28T10:56:42+00:00","article_modified_time":"2026-09-28T11:13:11+00:00","og_image":[{"width":2048,"height":1536,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Johannes Froneman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019","datePublished":"2026-09-28T10:56:42+00:00","dateModified":"2026-09-28T11:13:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/"},"wordCount":720,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg","keywords":["Afrikaans","dink","Top","Willem Botha"],"articleSection":["Dink"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/","name":"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg","datePublished":"2026-09-28T10:56:42+00:00","dateModified":"2026-09-28T11:13:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260601_123624-1-2048x1536-1-1.jpg","width":2048,"height":1536,"caption":"Afrikaans."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dink","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dink\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"\u2018Taal volg die pad van die minste weerstand\u2019"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/taal-volg-die-pad-van-die-minste-weerstand\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336319","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=336319"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336319\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":337064,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336319\/revisions\/337064"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/336322"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=336319"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=336319"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=336319"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}