{"id":336203,"date":"2026-09-24T13:00:00","date_gmt":"2026-09-24T11:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=336203"},"modified":"2026-09-24T12:15:44","modified_gmt":"2026-09-24T10:15:44","slug":"verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/","title":{"rendered":"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk droom van \u2019n Suid-Afrika waar \u2019n persoon met \u2019n gestremdheid nie eers hoef te bewys dat hulle \u2019n plek in die samelewing verdien nie. Waar \u2019n werkgewer talent raaksien voordat hy \u2019n rolstoel sien. Waar \u2019n kunstenaar vir sy kuns erken word en nie bloot vir die manier waarop hy dit skep nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 woorde van die motiveringspreker en voormalige Mej. Dowe SA-finalis Sumarie Jordaan verwoord die hart van die tweede seisoen van <em>Verander jou siening<\/em>. Die doku-realiteitsreeks keer op 25 September na VIA terug en word Vrydae om 20:00 uitgesaai. Oor tien episodes nooi Sumarie bekendes om mense met gestremdhede se leefw\u00earelde van naderby te leer ken \u2013 en kykers om hul eie aannames oor gestremdheid te ondersoek.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-facebook wp-block-embed-facebook\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<div id=\"fb-root\"><\/div><script async=\"1\" defer=\"1\" crossorigin=\"anonymous\" src=\"https:\/\/connect.facebook.net\/fi_FI\/sdk.js#xfbml=1&amp;version=v26.0\"><\/script><div class=\"fb-post\" data-href=\"https:\/\/www.facebook.com\/cobus.nieuwoudt\/posts\/pfbid0zHo2sVh2WgaY1oUvR5CyYrv4Jx1FaekM3nyS2t8it5PRgJPBsr5KB1ByCZFM7vrul\" data-width=\"500\"><\/div>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Barry van Blerk, groephoof: bemarking van die reeks se hoofborg, Fairtree, verduidelik waarom <em>Verander jou siening<\/em> soveel aanklank by hulle gevind het:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cBy Fairtree is ons waardes vir ons baie belangrik en dit vorm die hart van alles wat ons doen. Ons glo in ware verhoudings, om mense met waardigheid en respek te behandel, en om uiteindelik die lewens van die mense rondom ons te verryk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie reeks herinner ons daaraan om verder as die oppervlak te kyk, die mens raak te sien en elke persoon se individualiteit te waardeer. Dit is vir ons \u2019n voorreg om deel te wees van <em>Verander jou siening<\/em> en \u2019n inisiatief te ondersteun wat hierdie waardes so mooi uitleef.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hyundai Suid-Afrika, wat die program se voertuigborg is, meen dit is belangrik om gesprekke oor mense met gestremdhede te help verander.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cBy Hyundai glo ons dat insluiting by luister begin. Ons kli\u00ebnte het verskillende behoeftes, en ons het \u2019n verantwoordelikheid om hul ervarings te verstaan en maniere te vind om mobiliteit toegankliker te maak. <em>Verander jou siening<\/em> gee ons die geleentheid om werklik mense en hul ervarings die middelpunt van di\u00e9 gesprek te maak,\u201d s\u00ea Zweli Mnisi, woordvoerder van Hyundai.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Christine Masinga, die maatskappy se menslikehulpbronnedirekteur, beklemtoon dat toegang tot die regte mobiliteitsoplossings mense met gestremdhede in staat stel om bewegingsvryheid te geniet.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWat hierdie reeks so kragtig maak, is dat die verhaal vertel word deur mense vir wie dit \u2019n daaglikse werklikheid is. Wanneer \u2019n aanbieder met \u2019n gestremdheid die Hyundai Alcazar bestuur en \u2019n Hyundai-kli\u00ebnt wat ook \u2019n gestremdheid het, bymekaarkom, wys dit wat moontlik is wanneer mobiliteit rondom mense se eiesoortige behoeftes ontwerp word,\u201d s\u00ea Masinga.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-bekende-gesigte-nuwe-perspektiewe\" class=\"wp-block-heading\">Bekende gesigte, nuwe perspektiewe<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 seisoen bring Sumarie bekendes soos Liam Bosman, Francois van Coke, Cintaine Schutte en Elandr\u00e9 Schwartz uit by Suid-Afrikaners met gestremdhede, waaronder \u2019n Paralimpiese swemmer, mondskilder, komediant, wynkenner en onderwyseres.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die bekende gas neem aktief aan die deelnemer se dag deel. S\u00f3 ontstaan eerlike gesprekke, humor, soms ongemak en uiteindelik groter begrip. Die stories word in hierdie seisoen sterker vanuit die perspektief van die persoon met \u2019n gestremdheid vertel, terwyl kykers ook sien hoe die ervaring die bekende gas be\u00efnvloed.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDi\u00e9 seisoen gaan oor meer as bewusmaking. Dit gaan oor die manier waarop ons na mekaar kyk, die aannames wat ons maak en die geleenthede wat ons soms van ander weerhou,\u201d s\u00ea Sumarie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"819\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Sumarie_Elanza-819x1024.jpg\" alt=\"Sumarie en Elanza. Foto: Verskaf\" class=\"wp-image-336205\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Sumarie_Elanza-819x1024.jpg 819w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Sumarie_Elanza-240x300.jpg 240w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Sumarie_Elanza-768x960.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Sumarie_Elanza-1229x1536.jpg 1229w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Sumarie_Elanza-1638x2048.jpg 1638w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Sumarie_Elanza-1320x1650.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Sumarie_Elanza-600x750.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 819px) 100vw, 819px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Sumarie en Elanza. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar eie lewenservaring en besonderse band met haar tweelingsuster, Elanza, sorg vir \u2019n diep persoonlike hart in die reeks. Die deelnemers se talente, beroepe, verhoudings en ambisies staan sentraal, met menswaardigheid en geleenthede as deurlopende temas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir Sumarie l\u00ea die reeks se waarde ook in wat gebeur nadat die televisie afgeskakel is. \u201cAs <em>Verander jou siening<\/em> net een werkgewer laat besluit om iemand \u2019n kans te gee, een ouer nuwe hoop gee vir hulle kind se toekoms, of een persoon laat besef dat hulle aannames verkeerd was, het ons reeds iets betekenisvol bereik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk wil nie h\u00ea mense moet n\u00e1 elke episode net s\u00ea: \u2018Sjoe, wat \u2019n inspirasie!\u2019 nie. Ek wil h\u00ea hulle moet vra: \u2018Wat kan \u00e9k anders doen?\u2019 Want ware verandering begin nie wanneer ons net anders kyk nie. Dit begin wanneer ons anders optree.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die tweede seisoen van <em>Verander jou siening<\/em>, met Fairtree as hoofborg, begin op 25 September op VIA. Die reeks bestaan uit tien episodes en word Vrydae om 20:00 uitgesaai.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sumarie Jordaan antwoord \u2019n paar vrae oor die nuwe reeks.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-wou-jy-in-die-tweede-seisoen-van-verander-jou-siening-verder-verken-en-hoe-verskil-die-seisoen-van-die-eerste-een\" class=\"wp-block-heading\">Wat wou jy in die tweede seisoen van <em>Verander jou siening<\/em> verder verken, en hoe verskil di\u00e9 seisoen van die eerste een?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste seisoen het gewys hoe groot die behoefte aan hierdie gesprek in Suid-Afrika is. Vir my was dit egter net die begin. Met seisoen twee wou ek die gesprek verder neem. Ek wou h\u00ea kykers moet verby die gestremdheid kyk en die m\u00e9ns raaksien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van die grootste verbeteringe wat ons aangebring het, is die manier waarop ons die stories vertel. Ons vertel die verhaal nou baie meer vanuit die perspektief van die persoon met \u2019n gestremdheid. Terselfdertyd sien kykers deurgaans hoe di\u00e9 ervaring elke bekende gas be\u00efnvloed \u2013 deur hul spontane kommentaar, emosies en eerlike reaksies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat vir my besonders is, is hoe die verhouding tussen die bekende gas en die persoon met \u2019n gestremdheid deur die episode ontwikkel. Ons sien hoe hulle mekaar leer ken, hoe \u2019n band gevorm word en hoe hul sienings langs die pad verander.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie seisoen gaan oor meer as bewusmaking. Dit gaan oor die manier waarop ons na mekaar kyk, die aannames wat ons maak en die geleenthede wat ons soms van ander weerhou. Ek wil h\u00ea mense moet ophou vra: \u201cWat kan hierdie persoon nie doen nie?\u201d en eerder begin vra: \u201cWat is moontlik as ons hulle \u2019n regverdige kans gee?\u201d<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-kykers-ontmoet-onder-andere-n-paralimpiese-swemmer-mondskilder-komediant-wynkenner-en-onderwyseres-hoe-het-julle-die-deelnemers-gekies-en-wat-is-daar-in-hul-stories-wat-jou-aangegryp-het\" class=\"wp-block-heading\">Kykers ontmoet onder andere \u2019n Paralimpiese swemmer, mondskilder, komediant, wynkenner en onderwyseres. Hoe het julle die deelnemers gekies, en wat is daar in hul stories wat jou aangegryp het?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons wou doelbewus mense uit verskillende beroepe en leefw\u00earelde kies, want gestremdheid het nie net een gesig of een storie nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat my van hierdie deelnemers aangryp, is dat elkeen soveel meer is as die etiket wat die samelewing moontlik aan hulle gee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons ontmoet \u2019n swemmer wat op die hoogste vlak meeding, \u2019n kunstenaar wat met sy mond skilder en mense wat hul plek in beroepe en bedrywe vol staan waar ander dalk nooit sou verwag het hulle kan wees nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek dink ons maak dikwels die fout om mense met gestremdhede se prestasies as buitengewoon te beskou bloot omdat hulle \u2019n gestremdheid het. Maar hierdie mense het hard gewerk. Hulle het talent, dissipline, kennis en ambisie. Hulle vra nie dat die w\u00eareld hulle jammer kry nie. Hulle vra dat die w\u00eareld hulle raaksien. En dit is presies wat ons met hierdie reeks wil doen.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-liam-bosman-francois-van-coke-cintaine-schutte-en-elandre-schwartz-is-van-die-seisoen-se-bekende-gaste-wat-het-jou-opgeval-oor-die-manier-waarop-hulle-die-ervarings-aangepak-het-en-wie-het-n-kant-van-hulself-gewys-wat-kykers-dalk-nog-nie-ken-nie\" class=\"wp-block-heading\">Liam Bosman, Francois van Coke, Cintaine Schutte en Elandr\u00e9 Schwartz is van di\u00e9 seisoen se bekende gaste. Wat het jou opgeval oor die manier waarop hulle die ervarings aangepak het en wie het \u2019n kant van hulself gewys wat kykers dalk nog nie ken nie?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat my die meeste opgeval het, is hoe ver die bekendes buite hul gemaksone moes beweeg. Ons is so gewoond daaraan om hulle op verho\u00eb en televisie te sien dat ons hulle soms op \u2019n voetstuk plaas. Maar tydens die verfilming het ek besef hoe plat op die aarde hulle werklik is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Francois van Coke, Elandr\u00e9 en Mel die Storieverteller het my veral verras. Dit was besonders om hulle weg van die kollig te sien, in situasies waar hulle nie noodwendig geweet het wat om te verwag nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat my die meeste geraak het, was om te sien hoe die aanvanklike onsekerheid plek maak vir opregte belangstelling, gemak en uiteindelik \u2019n besonderse band tussen twee mense.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons plaas bekendes so maklik op \u2019n voetstuk, maar wanneer hulle buite hul gemaksone beweeg, sien jy die mens agter die naam. En d\u00edt is vir my die mooiste deel van hierdie seisoen.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-die-bekendes-neem-aktief-aan-iemand-anders-se-dag-deel-kan-jy-n-oomblik-uit-die-nuwe-seisoen-uitsonder-waar-die-ervaring-n-gas-se-aannames-uitgedaag-of-hul-perspektief-verander-het\" class=\"wp-block-heading\">Die bekendes neem aktief aan iemand anders se dag deel. Kan jy \u2019n oomblik uit die nuwe seisoen uitsonder waar di\u00e9 ervaring \u2019n gas se aannames uitgedaag of hul perspektief verander het?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat vir my ongelooflik was, is dat ek by elke bekende gas die volle spektrum van emosies kon sien. Van humor en onsekerheid tot opregte belangstelling en diep emosie. Elkeen het op sy eie unieke manier uitgestaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die blote feit dat hierdie bekendes bereid was om deel van die reeks te wees en hulself buite hul gemaksone te plaas, beteken vir my ongelooflik baie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mel die Storieverteller se episode het my besonder diep geraak. Dit begin so lig en humoristies, maar teen die einde raak dit ongelooflik emosioneel. Ons sien \u2019n baie dieper kant van Mel wat kykers dalk nog nie ken nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elandr\u00e9 het my ook geweldig verras. Hy het teen die einde van sy episode s\u00f3 emosioneel geraak dat ek kon sien hoe diep die ervaring hom geraak het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar een oomblik wat ek nooit sal vergeet nie, was iets wat Francois van Coke ges\u00ea het. Toe ons hom vra wat hy vir ander bekendes sou s\u00ea wat dalk huiwer om aan die reeks deel te neem, was sy boodskap dat hulle hul siening moet verander en dit moet doen, want dit is lewensveranderend.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om dit uit die mond van \u2019n rockster soos Francois te hoor, het iets diep binne my geraak. Want dit is presies waarvoor ek met hierdie reeks hoop. Nie net dat mense kyk en s\u00ea dit was \u2019n mooi episode nie, maar dat hulle werklik anders begin dink. As iemand soos hy n\u00e1 hierdie ervaring vir ander bekendes s\u00ea hulle moet hul siening verander omdat dit lewensveranderend is, dan besef ek weer hoekom ons hierdie reeks maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Verander jou siening<\/em> gaan nie net oor die mense wie se stories ons vertel nie. Dit gaan ook oor die mense wat bereid is om te luister, te leer en anders na die w\u00eareld te begin kyk.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-watter-gesprek-of-ontmoeting-uit-die-seisoen-het-jou-siening-verander-en-wat-hoop-jy-kykers-sal-na-die-reeks-anders-verstaan\" class=\"wp-block-heading\">Watter gesprek of ontmoeting uit di\u00e9 seisoen het j\u00f3\u00fa siening verander, en wat hoop jy kykers sal n\u00e1 die reeks anders verstaan?<\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"576\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/VJS_EPG-1024x576.jpg\" alt=\"Sumarie en Elanza. Foto: Verskaf\" class=\"wp-image-336207\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/VJS_EPG-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/VJS_EPG-300x169.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/VJS_EPG-768x432.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/VJS_EPG-1536x864.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/VJS_EPG-2048x1152.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/VJS_EPG-640x360.jpg 640w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/VJS_EPG-1320x743.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/VJS_EPG-600x338.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Sumarie en Elanza. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis vir my ongelooflik moeilik om net een episode uit te sonder, want elke deelnemer se storie was so uniek. Ek wil amper nie een persoon meer erkenning gee as die ander nie, want elkeen het op sy of haar eie manier \u2019n diep indruk op my gemaak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Twee ontmoetings wat my wel besonder diep geraak het, was di\u00e9 met Megan en Ilana.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Megan leef met spierdistrofie. Sy weet dat haar tyd moontlik beperk is, maar sy het steeds hierdie ongelooflike groot drome. Sy is \u2019n onderwyseres wat \u2019n geweldige impak op die kinders in haar klas maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om te hoor hoe die kinders oor haar praat, hoe lief hulle vir haar is en hoeveel sy vir hulle beteken, was vir my ongelooflik emosioneel. Dit het my opnuut laat besef hoe groot die verskil is wat een mens in ander se lewens kan maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ilana, wat blind en hardhorend is, se storie was vir my net so insiggewend. Ek leef self met \u2019n gestremdheid, maar dit beteken nie dat ek outomaties iemand anders se w\u00eareld verstaan nie. Haar ervaring het my herinner dat ons almal verskillende uitdagings, perspektiewe en maniere het waarop ons die lewe aanpak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En dit is eintlik wat elke episode vir my besonders gemaak het. Ek het by elke persoon iets geleer. Ek hoop kykers besef dat daar nie net een storie van gestremdheid is nie. Elke mens het sy eie drome, uitdagings, talente en unieke manier om \u2019n verskil in die w\u00eareld te maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As hierdie reeks ons kan leer om minder aannames te maak, meer te luister en die mens agter die gestremdheid raak te sien, dan het ons bereik waarvoor ons gehoop het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-facebook wp-block-embed-facebook\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<div id=\"fb-root\"><\/div><script async=\"1\" defer=\"1\" crossorigin=\"anonymous\" src=\"https:\/\/connect.facebook.net\/fi_FI\/sdk.js#xfbml=1&amp;version=v26.0\"><\/script><div class=\"fb-video\" data-href=\"https:\/\/www.facebook.com\/reel\/3526948480936944\" data-width=\"500\"><\/div>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><em>Verander jou siening keer op 25 September na VIA (DStv-kanaal 147) terug en word Vrydae om 20:00 uitgesaai. <\/em><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cEk droom van \u2019n Suid-Afrika waar \u2019n persoon met \u2019n gestremdheid nie eers hoef te bewys dat hulle \u2019n plek in die samelewing verdien nie. Waar \u2019n werkgewer talent raaksien voordat hy \u2019n rolstoel sien. Waar \u2019n kunstenaar vir sy kuns erken word en nie bloot vir die manier waarop hy dit skep nie.\u201d Di\u00e9 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":336309,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"VIA","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[28],"tags":[18320,18318,18316,15771,15577,18315,17632],"class_list":["post-336203","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leefstyl","tag-elandre-schwartz","tag-francois-van-coke","tag-gestremdheid","tag-leefstyl","tag-top","tag-verander-jou-siening","tag-via"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u201cEk droom van \u2019n Suid-Afrika waar \u2019n persoon met \u2019n gestremdheid nie eers hoef te bewys dat hulle \u2019n plek in die samelewing verdien nie. Waar \u2019n werkgewer talent raaksien voordat hy \u2019n rolstoel sien. Waar \u2019n kunstenaar vir sy kuns erken word en nie bloot vir die manier waarop hy dit skep nie.\u201d Di\u00e9 [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-24T11:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-24-121348.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"842\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"466\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"VIA\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0\",\"datePublished\":\"2026-09-24T11:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/\"},\"wordCount\":1980,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Screenshot-2026-09-24-121348.png\",\"keywords\":[\"Elandr\u00e9 Schwartz\",\"Francois van Coke\",\"gestremdheid\",\"Leefstyl\",\"Top\",\"verander jou siening\",\"VIA\"],\"articleSection\":[\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/\",\"name\":\"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Screenshot-2026-09-24-121348.png\",\"datePublished\":\"2026-09-24T11:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Screenshot-2026-09-24-121348.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Screenshot-2026-09-24-121348.png\",\"width\":842,\"height\":466,\"caption\":\"Sumarie Jordaan. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0 | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0","og_description":"\u201cEk droom van \u2019n Suid-Afrika waar \u2019n persoon met \u2019n gestremdheid nie eers hoef te bewys dat hulle \u2019n plek in die samelewing verdien nie. Waar \u2019n werkgewer talent raaksien voordat hy \u2019n rolstoel sien. Waar \u2019n kunstenaar vir sy kuns erken word en nie bloot vir die manier waarop hy dit skep nie.\u201d Di\u00e9 [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-24T11:00:00+00:00","og_image":[{"width":842,"height":466,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-24-121348.png","type":"image\/png"}],"author":"VIA","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0","datePublished":"2026-09-24T11:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/"},"wordCount":1980,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-24-121348.png","keywords":["Elandr\u00e9 Schwartz","Francois van Coke","gestremdheid","Leefstyl","Top","verander jou siening","VIA"],"articleSection":["Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/","name":"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-24-121348.png","datePublished":"2026-09-24T11:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-24-121348.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-24-121348.png","width":842,"height":466,"caption":"Sumarie Jordaan. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"\u2018Verander jou siening\u2019: Wat kan \u00e9k anders doen?\u00a0"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/verander-jou-siening-wat-kan-ek-anders-doen\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336203","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=336203"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336203\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":336310,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336203\/revisions\/336310"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/336309"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=336203"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=336203"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=336203"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}