{"id":336003,"date":"2026-09-22T13:00:00","date_gmt":"2026-09-22T11:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=336003"},"modified":"2026-09-22T11:49:17","modified_gmt":"2026-09-22T09:49:17","slug":"keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/","title":{"rendered":"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kykers sal vir JP Keyter onthou as aanbieder van <em>Landbouweekliks<\/em>, as \u2019n radioman op JacarandaFM en ook sportverslaggewer vir eNCA en eNuus. Nou het hy sy eie geselsprogram op VIA waarin hy weekliks uit die Oos-Kaap \u2019n allegaartjie aan kykers gaan bring, saamgestel uit interessante mense uit verskillende oorde.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy eerste gas is die voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers, oftewel Snorre, soos hy in die rugbyw\u00eareld bekendstaan. JP se gesprek met hom en die lewe wat Peter tot hier toe gelei het, gaan kykers werklik verbaas laat. Weg van die rugby-fokus, stel hy die mens agter daardie w\u00eareld aan kykers voor.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"625\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.49-1024x625.png\" alt=\"Kykers gaan die \u00e1nderkant van Peter de Villiers leer ken. Foto: Skermgreep\" class=\"wp-image-336006\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.49-1024x625.png 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.49-300x183.png 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.49-768x468.png 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.49-600x366.png 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.49.png 1123w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Kykers gaan die \u00e1nder kant van Peter de Villiers leer ken. Foto: Skermgreep<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is ook boeiende gesprekke met kenners op die gebied van sake, opvoeding, bewaring, gesondheid en gemeenskapswerk. Onder die gaste tel die renosterbewaringsaktiviste Johan en Susan Lottering, dr. Yolanda van der Merwe, die rapkunstenaar Stylo Windvogel en natuurbewaarder Justin Terblanche.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">JP het s\u00e9lf ook \u2019n paar vrae beantwoord.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-ons-ken-jou-as-jp-keyter-maar-jou-doopname-is-jean-paul-biko-keyter-vertel-vir-ons-die-storie-agter-hierdie-name\" class=\"wp-block-heading\">Ons ken jou as JP Keyter, maar jou doopname is Jean-Paul Biko Keyter. Vertel vir ons die storie agter hierdie name?\u00a0<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is in Uitenhage gebore, en my name dra nogal baie van my Oos-Kaapse geskiedenis saam met hulle.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van die groot ikone in my tuisdorp en die bruin gemeenskap was my ouers se predikant, eerwaarde Allan Hendrickse, ook die destydse leier van die Arbeidersparty. Hy en sy vrou, juffrou Terry Hendrickse, was nie net my ouers se predikant nie, maar ook mentors en goeie vriende van my ouers. My broer, wat vyf jaar ouer as ek is, is juis na eerwaarde Hendrickse vernoem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My ouers het toe eerwaarde Hendrickse se suster Jean se naam en di\u00e9 van sy broer, prof. Paul Hendrickse, gekombineer om my eerste naam, Jean-Paul, te vorm.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As Oos-Kapenaars het my ouers ook groot bewondering vir wyle Steve Biko gehad. My pa het sy begrafnis bygewoon. Ek is \u2019n jaar n\u00e1 Biko se dood gebore, en my ouers het besluit om Biko se naam as my tweede naam te gee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En dan is daar Keyter. Ons van is so eg Oos-Kaaps as kan kom. My oupa-hulle het in Despatch gewoon voordat hulle later na Uitenhage verhuis het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So, wanneer ek my volle naam s\u00ea, vertel dit eintlik klaar \u2019n klein stukkie van waar ek vandaan kom en die mense en waardes wat my gevorm het.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-jy-het-reeds-soveel-verskillende-hoede-gedra-van-die-radio-en-tv-sportaanbieder-tot-landbouweekliks-en-meer-wat-het-elkeen-van-hierdie-verskillende-platforms-vir-jou-geleer-tot-waar-jy-nou-met-jou-eie-program-keyter-vir-almal-op-via-kuier\" class=\"wp-block-heading\">Jy het reeds soveel verskillende hoede gedra \u2013 van die radio en TV-sportaanbieder tot <em>Landbouweekliks<\/em> en meer. Wat het elkeen van hierdie verskillende platforms vir jou geleer tot waar jy nou met jou eie program, <em>Keyter vir almal,<\/em> op VIA kuier?\u00a0<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Radio het vir my die grondslag van my veelsydigheid gel\u00ea, en ek moet spesifiek vir Magdaleen Kr\u00fcger (voormalige hoof van RSG) en die oudnuusleser Terrance April krediet gee. Die SAUK het ons destyds baie deeglik opgelei.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Radio het my geleer hoe belangrik voorbereiding is, hoe om vinnig te dink en hoe om oor \u2019n ongelooflike wye reeks onderwerpe te kan gesels.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Toe ek en my goeie vriend, di\u00e9 Johnny Davids, destyds as omroepers by RSG begin het, was daar selfs toetse wat jou algemene kennis getoets het. Jy moes oor alles van rymklets en operamusiek tot aktuele sake, politiek, sport en die natuur kon praat.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Televisie het my weer geleer dat geen program die werk van een persoon is nie. Dit is \u2019n spanpoging. Elke persoon agter die kamera, voor die kamera en in die redigering speel \u2019n belangrike rol. Dit het my geleer om ander mense se bydraes te waardeer en om te verstaan dat goeie televisie uit samewerking ontstaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al hierdie ervarings het my uiteindelik gehelp om vandag my eie program te vervaardig en aan te bied.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Keyter vir almal<\/em> is vir my \u2019n kans om alles wat ek oor die jare geleer het, in een plek saam te bring. Ons was ook die vervaardigers van die rugby-joernaalprogram <em>B\u00f4ll &amp; \u020ell<\/em> en was bevoorreg om met die vervaardiging van <em>B\u00f4ll &amp; \u020ell<\/em> ook \u2019n goeie samewerkingsooreenkoms met Schalk Burger sr., s\u00e9lf \u2019n ikoon in rugby, landbou en die Afrikaanse gemeenskap, te h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-hoekom-het-jy-besluit-om-die-reeks-in-die-lombardini-wildsplaas-by-jeffreysbaai-op-te-neem-en-watter-rol-speel-die-natuur-vir-jou-tydens-jou-gesprekke-met-jou-gaste\" class=\"wp-block-heading\">Hoekom het jy besluit om die reeks in die Lombardini-wildsplaas by Jeffreysbaai op te neem? En watter rol speel die natuur vir jou tydens jou gesprekke met jou gaste?<\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"640\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.06-1024x640.png\" alt=\"JP wou die Oos-Kaap en ons mooi land as \u201cateljee\u201d gebruik. Foto: Skermgreep\" class=\"wp-image-336005\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.06-1024x640.png 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.06-300x187.png 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.06-768x480.png 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.06-600x375.png 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.29.06.png 1068w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">JP wou die Oos-Kaap en ons mooi land as \u201cateljee\u201d gebruik. Foto: Skermgreep<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Toe ek en my vrou, Anz\u00e9l, met die konsep vorendag gekom het, het ons van die begin af besluit dat ons die reeks in die natuur wil verfilm.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons visie was om die natuurskoon en natuurlike landskap van die Oos-Kaap en ons mooi land as ons \u201cateljee\u201d te gebruik. Ons wou nie h\u00ea die program moes soos net nog \u2019n gesprek in \u2019n tradisionele ateljee voel nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lombardini is \u2019n besonderse plek. Die wildsplaas is ongelooflik mooi, met die see naby en die Afrika-sonsondergange wat \u2019n spesiale atmosfeer skep. Dit is ook die enigste renostertoevlugsoord in die Kouga-streek, en renosterbewaring is \u2019n saak wat vir my en Anz\u00e9l baie na aan die hart l\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die natuur help ook om mense gemakliker te laat voel. Wanneer jy buite in \u2019n rustige omgewing sit en met iemand gesels, voel dit minder soos \u2019n formele onderhoud en meer soos twee mense wat saamkuier en \u2019n gesprek voer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Selfs op dae wanneer die weer ons gedwing het om onderdak op te neem, was ons steeds in die natuur, met die oseaan \u2019n klipgooi van ons af. Dit vorm dus \u2019n belangrike deel van die identiteit van <em>Keyter vir almal<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-jou-eerste-gas-was-peter-de-villiers-oftewel-snorre-soos-hy-in-die-volksmond-bekend-staan-watter-aspek-van-die-oud-bokafrigter-het-jou-laat-voel-hy-moet-op-jou-program-verskyn-en-wat-was-vir-jou-die-lekkerste-of-inspirerendste-deel-van-sy-storie-wat-jou-sal-bybly\" class=\"wp-block-heading\">Jou eerste gas was Peter de Villiers, oftewel Snorre, soos hy in die volksmond bekend staan. Watter aspek van die oud-Bokafrigter het jou laat voel hy moet op jou program verskyn? En wat was vir jou die lekkerste of inspirerendste deel van sy storie wat jou sal bybly?<\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"648\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.27.31-1024x648.png\" alt=\"Peter de Villiers. Foto: Skermgreep\" class=\"wp-image-336004\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.27.31-1024x648.png 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.27.31-300x190.png 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.27.31-768x486.png 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.27.31-600x380.png 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.27.31.png 1079w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Peter de Villiers. Foto: Skermgreep<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons was ongelooflik bevoorreg en dankbaar dat \u2019n ikoon soos Peter de Villiers ons eerste gas was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat vir my besonders is, is Peter se sterk verbintenis met die Oos-Kaap. Hy het twee keer in sy lewe hierheen verhuis om in die provinsie te werk. Die eerste keer was in 2005, toe hy as afrigter van die Southern Spears aangestel is, en later weer in 2020, toe hy gedurende die Covid-19-pandemie as afrigter van die Oostelike Provinsie Rugbyunie aangestel is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar dit is sy hele lewensverhaal wat my bygebly het. Daar is soveel meer aan Peter as net sy loopbaan in rugby. Hy en sy vrou, Theresa, het geweldige persoonlike verlies beleef met die dood van hul dogter, Odille (28) in 2019.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Peter vertel hoe Port Elizabeth, vandag Gqeberha, destyds vir Theresa \u2019n plek geword het waar sy weer haarself kon voel. Sy het daarna na die stad as haar \u201chappy place\u201d verwys. [Theresa is op 4 April 2022 oorlede.]<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uiteindelik het die Oos-Kaap \u2019n besondere plek in hul lewensverhaal geword. Dit is juis die tipe stories wat ek met <em>Keyter vir almal<\/em> wil vertel. Die mens agter die bekende naam.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-jy-het-n-indrukwekkende-gastelys-bekendes-en-minder-bekendes-maar-beslis-mense-met-fassinerende-stories-was-daar-enigeen-van-hulle-selfs-meer-as-een-wat-jou-absoluut-geinspireer-het\" class=\"wp-block-heading\">Jy het \u2019n indrukwekkende gastelys \u2013 bekendes en minder bekendes, maar beslis mense met fassinerende stories. Was daar enigeen van hulle (selfs meer as een) wat jou absoluut ge\u00efnspireer het?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My vrou, Anz\u00e9l, s\u00ea gereeld: \u201cDit is die Here se program.\u201d Sy glo ons staan in diens van God, die Afrikaanse taal en ons gemeenskap. Hoe meer ek na ons gastelys kyk, hoe meer verstaan ek wat sy bedoel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Interessant genoeg het baie van die mense wat ons aanvanklik wou nooi, ons uitnodigings van die hand gewys. Die mense wat wel ingestem het om deel te wees van die program, het mettertyd vir ons soos die regte mense vir die reeks begin voel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elke gas het my op \u2019n ander manier geraak. Ek het uit elkeen se verhaal iets geleer oor die lewe, oor verlies, oor deursettingsvermo\u00eb en oor wat werklik belangrik is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As ek een persoon moet uitsonder, is dit dr. Yolanda van der Merwe. Sy was net 16 toe sy een oggend wakker word en besef sy kan niks sien nie. Later dieselfde dag is \u2019n breingewas by haar gediagnoseer en haar ouers is meegedeel dat sy moontlik nie die dag sou oorleef nie. Om te sien hoe sy daardie ervaring later as dryfkrag gebruik het om self \u2019n mediese dokter te word, het my diep geraak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sammy Jantjies, onderhoof van Paul Sauer Sekond\u00eare Skool, se storie het ons ook emosioneel aangegryp. Sy ouers was ongeskoolde plaasarbeiders, en toe hy vertel hoe swaar dit vir hom is dat hulle nie meer daar is om saam met hom die vrugte van sy lewe te beleef nie, het ons almal saam gehuil.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En dan was daar Rachel John. Ek was diep be\u00efndruk deur haar nederigheid, haar geloof en die liefde waarmee sy haarself aan die gemeenskap van Pellsrus in Jeffreysbaai gee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is vir my die wonderlike ding van mense. Jy hoef nie \u2019n bekende persoon te wees om \u2019n verhaal te h\u00ea wat iemand anders se lewe raak nie.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wie-sou-jy-ook-nog-baie-graag-op-jou-program-wou-sien-jy-mag-maar-wyd-skiet-nie-noodwendig-plaaslike-mense-of-selfs-lewende-mense-nie\" class=\"wp-block-heading\">Wie sou jy ook nog baie graag op jou program wou sien? Jy mag maar wyd skiet \u2013 nie noodwendig plaaslike mense of selfs lewende mense nie.<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As ek regtig mag droom, sou ek baie graag wyle dr. Anton Rupert, wyle pres. Nelson Mandela sowel as wyle eerw. Allan Hendrickse as gaste wou h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het enorme respek en bewondering vir al drie van hulle, nie bloot vir wat hulle bereik het nie, maar vir hoe hulle dit bereik het. Al drie het \u2019n sterk Oos-Kaapse identiteit gehad, maar terselfdertyd die vermo\u00eb om \u2019n menslike band met mense te smee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek sou ook baie graag met Johann Rupert en Hanneli Rupert-Koegelenberg wou gesels, veral om vir hulle dankie te s\u00ea vir die werk wat hulle in en rondom Graaff-Reinet doen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En as ek n\u00f3g verder mag droom, sou dit wonderlik wees om mense soos die Britse sakemanne Steven Bartlett, Peter Jones en Touker Suleyman om die tafel te h\u00ea. [Die drie verskyn op <em>Dragons\u2019 Den<\/em>, die BBC se program vir entrepreneurs.]<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar dit is eintlik die hele punt van <em>Keyter vir almal<\/em>. Jy hoef nie \u2019n bekende naam te wees om \u2019n plek aan my tafel te h\u00ea nie. As jy \u2019n storie het wat iets oor die mensdom vertel, wil ek dit hoor.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-is-vir-jou-die-belangrikste-bestanddeel-van-mense-se-stories-gaan-dit-oor-die-egtheid-of-is-dit-soms-ook-oukei-as-iemand-net-n-lekker-storie-vertel-sonder-dat-die-feite-in-die-pad-daarvan-kom\" class=\"wp-block-heading\">Wat is vir jou die belangrikste bestanddeel van mense se stories? Gaan dit oor die egtheid, of is dit soms ook oukei as iemand net \u2019n lekker storie vertel sonder dat die feite in die pad daarvan kom?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir my begin dit by egtheid, menslikheid en verbondenheid. \u2019n Mens hoef nie beroemd, ryk of suksesvol te wees om \u2019n waardevolle storie te h\u00ea nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek dink ons het oor die jare so ver van mekaar begin leef dat ons soms vergeet dat elke mens se ervaring waarde het. Elkeen van ons ken pyn, verlies, hoop, teleurstelling, liefde en oorwinning op een of ander manier.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is vir my die mooi ding van \u2019n goeie gesprek. Jy luister na iemand anders se verhaal en skielik herken jy iets van jouself daarin. Jy besef jy is nie die enigste een wat deur iets gegaan het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar die storie moet vir my eg wees. Dit hoef nie dramaties of perfek te wees nie. Ek sal eerder na \u2019n eenvoudige, eerlike verhaal luister as na \u2019n indrukwekkende verhaal wat opgeblaas of aangepas is om beter te klink.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mense voel wanneer iemand opreg is. Dit is waarna ek in elke gesprek soek.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-doen-jp-as-hy-die-slag-tuis-is-wat-laat-hom-tiek\" class=\"wp-block-heading\">Wat doen JP as hy die slag tuis is? Wat laat hom tiek?<\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"664\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.30.19-1024x664.png\" alt=\"Op sy gelukkigste in die Oos-Kaap. Foto: Skermgreep\" class=\"wp-image-336007\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.30.19-1024x664.png 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.30.19-300x195.png 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.30.19-768x498.png 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.30.19-600x389.png 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Screenshot-2026-09-22-at-10.30.19.png 1059w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Op sy gelukkigste in die Oos-Kaap. Foto: Skermgreep<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is eintlik \u2019n redelike eenvoudige mens wanneer ek by die huis is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek en Anz\u00e9l begin meeste oggende vroeg. Om vyfuur stap ons graag op ons gunstelingstrand, Astonbaai, en daarna begin ons dag. Dit is vir ons \u2019n lekker manier om die dag saam te begin voordat die werk en alles wat daarmee saamgaan, inskop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek hou daarvan om te lees, veral \u2019n wye verskeidenheid boeke. Ek kyk ook graag sport, met rugby natuurlik heel naby aan die bopunt van die lys. Ek bestee graag tyd saam met familie en ek hou daarvan om oor nuwe idees te dink en aan nuwe projekte te werk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jeffreysbaai en die Kouga het ook \u2019n wonderlike koffiekultuur. Een van ons gunstelingplekke om te kuier is Bruces-koffiewinkel by die Granny\u2019s Pools in St. Francisbaai. Goeie koffie, \u2019n mooi uitsig en tyd saam met Anz\u00e9l is vir my moeilik om te klop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is op my gelukkigste wanneer ek saam met Anz\u00e9l is, koffie drink, lees en net tyd het om asem te haal. En wanneer ek tyd het om stil te raak en tyd met die Woord van die Here deur te bring.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-droom-jy-nog-oor-ander-dinge-wat-jy-ook-wil-doen-en-wat-is-op-jou-emmerskoplysie-vertel-gerus-meer\" class=\"wp-block-heading\">Droom jy nog oor ander dinge wat jy ook wil doen en wat is op jou emmerskoplysie? Vertel gerus meer.<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Definitief. Ek is van jongs af entrepreneuries en ek dink ek sal altyd nuwe dinge wil bou, skep en aanpak. Ek en Anz\u00e9l droom groot oor wat ons met Keyter Media kan bereik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons wil oor die volgende paar jaar nog baie meer oorspronklike inhoud vervaardig en Keyter Media verder uitbou as \u2019n gevestigde Afrikaanse produksiehuis. Ons wil ons eie stories en intellektuele eiendom ontwikkel, meer televisie- en digitale inhoud vervaardig en uiteindelik ook projekte skep wat buite Suid-Afrika aanklank vind.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek wil ook graag jong mense in die Oos-Kaap \u2019n geleentheid gee om hulself in die mediaw\u00eareld te ontwikkel. Daar is soveel talent hier. Ek glo ons moet meer van ons eie stories vertel en mense uit die Oos-Kaap \u2019n platform gee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar my emmerskoplysie gaan nie net oor werk nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek en Anz\u00e9l wil bitter graag weer na Luxemburg-stad in Luxemburg terugkeer. Ons het ons harte aan die stad en die mense daar verloor. Ons wil ook vanjaar leer <em>surf,<\/em> en oor \u2019n paar maande begin ek met my eerste gholflesse. Ek dink ek gaan nog baie lag vir myself op die gholfbaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir my gaan \u2019n emmerskoplysie uiteindelik nie net oor hoeveel dinge jy nog wil bereik nie, maar oor hoeveel mense se lewens jy positief raak terwyl jy dit doen. As ek eendag terugkyk, wil ek weet ek en Anz\u00e9l het iets gebou wat groter as onsself is, iets wat mense vermaak, inspireer en hoop gee.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><em>Die reeks van 13 episodes, met <a href=\"https:\/\/valueaddedlife.com\/\">Value Added Life <\/a>as hoofborg, begin op 22 September en word Dinsdae om 19:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.<\/em><\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kykers sal vir JP Keyter onthou as aanbieder van Landbouweekliks, as \u2019n radioman op JacarandaFM en ook sportverslaggewer vir eNCA en eNuus. Nou het hy sy eie geselsprogram op VIA waarin hy weekliks uit die Oos-Kaap \u2019n allegaartjie aan kykers gaan bring, saamgestel uit interessante mense uit verskillende oorde. Sy eerste gas is die voormalige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":336047,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[28],"tags":[18298,15771,16103,18296,15577],"class_list":["post-336003","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leefstyl","tag-biko","tag-leefstyl","tag-oos-kaap","tag-peter-de-villiers","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Kykers sal vir JP Keyter onthou as aanbieder van Landbouweekliks, as \u2019n radioman op JacarandaFM en ook sportverslaggewer vir eNCA en eNuus. Nou het hy sy eie geselsprogram op VIA waarin hy weekliks uit die Oos-Kaap \u2019n allegaartjie aan kykers gaan bring, saamgestel uit interessante mense uit verskillende oorde. Sy eerste gas is die voormalige [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-22T11:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2048\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"937\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Annelene Oberholzer\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0\",\"datePublished\":\"2026-09-22T11:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/\"},\"wordCount\":2419,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg\",\"keywords\":[\"Biko\",\"Leefstyl\",\"Oos-Kaap\",\"Peter de Villiers\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/\",\"name\":\"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-22T11:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg\",\"width\":2048,\"height\":937,\"caption\":\"JP Keyter. Foto: Verskaf\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0 | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0","og_description":"Kykers sal vir JP Keyter onthou as aanbieder van Landbouweekliks, as \u2019n radioman op JacarandaFM en ook sportverslaggewer vir eNCA en eNuus. Nou het hy sy eie geselsprogram op VIA waarin hy weekliks uit die Oos-Kaap \u2019n allegaartjie aan kykers gaan bring, saamgestel uit interessante mense uit verskillende oorde. Sy eerste gas is die voormalige [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-22T11:00:00+00:00","og_image":[{"width":2048,"height":937,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Annelene Oberholzer","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0","datePublished":"2026-09-22T11:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/"},"wordCount":2419,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg","keywords":["Biko","Leefstyl","Oos-Kaap","Peter de Villiers","Top"],"articleSection":["Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/","name":"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg","datePublished":"2026-09-22T11:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Keyter-vir-Almal-2048x1152-1.jpg","width":2048,"height":937,"caption":"JP Keyter. Foto: Verskaf"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"\u2018Keyter vir almal\u2019: \u2019n Heerlike en boeiende gespreksreis met besonderse mense\u00a0"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/keyter-vir-almal-n-heerlike-en-boeiende-gespreksreis-met-besonderse-mense\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336003","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=336003"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336003\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":336046,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/336003\/revisions\/336046"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/336047"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=336003"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=336003"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=336003"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}