{"id":335973,"date":"2026-09-21T16:47:37","date_gmt":"2026-09-21T14:47:37","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=335973"},"modified":"2026-09-21T16:48:36","modified_gmt":"2026-09-21T14:48:36","slug":"vandag-in-die-nuus-89","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/","title":{"rendered":"Vandag in die nuus"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is die hoofnuus wat vandag, 21 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Plaaslik<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>AfriForum gaan na verwagting Julius Malema en Fikile Mbalula privaat vervolg nadat hulle die Oos-Kaapse skoolhoof Jaco Pieterse daarvan beskuldig het dat hy verkragting gepleeg het, sonder dat daar volgens die organisasie enige bewyse vir die bewerings was.<\/li>\n\n\n\n<li>Die departement van basiese onderwys het ges\u00ea die Grondslagfase Nasionale Katalogus is gereed vir implementering ondanks tekortkominge wat in die verkrygingsproses ge\u00efdentifiseer is, maar minister Siviwe Gwarube het beklemtoon dat die katalogus eers op \u2019n regmatige wyse reggestel moet word voordat die leermateriaal aan provinsies versprei kan word.<\/li>\n\n\n\n<li>Die lyk van \u2019n vrou, vermoedelik in haar 20\u2019s, is toegedraai in \u2019n duvet by die Morokadam in Soweto gevind, enkele dae nadat die liggame van 9 vroue sedert Julie regoor Ekurhuleni ontdek is.<\/li>\n\n\n\n<li>Die polisie het ges\u00ea hulle kan nog nie bevestig of \u2019n reeksmoordenaar in Gauteng aktief is nie, terwyl ondersoeke na die dood van 9 vroue in Ekurhuleni intussen uitgebrei is, met Tebello Mosikili, adjunkpolisiekommissaris vir sigbare polisi\u00ebring, wat bevestig het dat \u2019n 10de slagoffer nou by die bre\u00ebr ondersoek ingesluit is.<\/li>\n\n\n\n<li>Dis amptelik! Die skuif van die skrumskakel Haashim Pead van die Lions na die Stormers is amptelik bevestig, met die Johannesburgse franchise wat die skrumskakel alles van die beste toewens vir die volgende hoofstuk van sy loopbaan.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"786\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/9U1A1642.jpg_39615-1024x786.jpeg\" alt=\"Rassie Erasmus, die hoofafrigter van die Springbokke.\" class=\"wp-image-335338\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/9U1A1642.jpg_39615-1024x786.jpeg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/9U1A1642.jpg_39615-300x230.jpeg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/9U1A1642.jpg_39615-768x589.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/9U1A1642.jpg_39615.jpeg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Rassie Erasmus, die hoofafrigter van die Springbokke. Foto: Charmaine Visser<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Bok-breier Rassie Erasmus sal m\u00f4re sy span aankondig wat Sondagoggend om 11:45 (SA tyd) teen Australi\u00eb speel.<\/li>\n\n\n\n<li>Volgens Thami Ntuli, premier van KZN, word die provinsie met \u2019n toenemende aantal vermeende reeksverkragters gekonfronteer: \u2018Dit is betreurenswaardig dat ons verneem het daar is \u2019n aantal reeksverkragters in die provinsie KwaZulu-Natal.\u2019<\/li>\n\n\n\n<li>Die Arbeidshof het gelas dat Sibongiseni Thotsejane R2,9 miljoen skadevergoeding moet betaal nadat bevind is dat sy oor vorige afdankings gelieg het om die pos van hoofinligtingsbeampte by die V&amp;A Waterfront in Kaapstad te bekom.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n 36-jarige man wat Sondag in Ncotshane, Nongoma, in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklagte dat hy sedert 2010 glo 14 vroue in KZN en Gauteng verkrag het nadat hy vroe\u00ebr vir soortgelyke misdade gearresteer en op borgtog vrygelaat is.<\/li>\n\n\n\n<li>Barbara Creecy, minister van vervoer, het \u2019n ondersoek gelas na die maatskappy wat met die Zimbabwiese sakeman Lawrence Mudzinganyama verbind word, nadat \u2019n video opgeduik het waarin hy vroue by \u2019n restaurant in Sandton glo verbaal aanrand.<\/li>\n\n\n\n<li>Zimbabwiese sakeman Lawrence Mudzinganyama, wat glo gedreig het om \u2019n groep vroue by \u2019n restaurant in Sandton dood te maak, het homself aan die polisie oorgegee en staan nou tereg op \u2019n aanklag van intimidasie.<\/li>\n\n\n\n<li>Andy Mothibi, nasionale direkteur van openbare vervolgings, het leefstyloudits vir ondersoekers van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie en senior NVG-amptenare gelas te midde van toenemende kommer oor beweerde wanpraktyke.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Joe-Ferrari-Sibanyoni-1024x683.jpeg\" alt=\"Joe \u2018Ferrari\u2019 Sibanyoni (links).\" class=\"wp-image-319021\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Joe-Ferrari-Sibanyoni-1024x683.jpeg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Joe-Ferrari-Sibanyoni-300x200.jpeg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Joe-Ferrari-Sibanyoni-768x512.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Joe-Ferrari-Sibanyoni-1536x1025.jpeg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Joe-Ferrari-Sibanyoni-1320x880.jpeg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Joe-Ferrari-Sibanyoni-600x400.jpeg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Joe-Ferrari-Sibanyoni.jpeg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Joe \u2018Ferrari\u2019 Sibanyoni (links). Foto: NGV.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Joe \u2018Ferrari\u2019 Sibanyoni, sakeman en taxibaas, sal na verwagting vandag weer voor die Madlanga-kommissie verskyn, waar hy verder ondervra sal word oor die taxibedryf en sy beweerde bande met die sogenaamde \u2018Groot 5\u2019-kartel.<\/li>\n\n\n\n<li>Die 3 verdagtes, \u2019n man en 2 vroue wat die naweek deur die Gauteng se moord-en-roofeenheid in verband met die moord op \u2019n vrou wie se lyk in Dawn Park gevind is, in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die Boksburg-landdroshof verskyn.<\/li>\n\n\n\n<li>Die gewilde Kaapstad-DJ Ready D, oftewel Deon Daniels, het sy kortstondige politieke loopbaan be\u00ebindig nadat hy onder die vaandel van die People\u2019s Movement for Change tevergeefs probeer het om burgemeester van Kaapstad te word, terwyl die party nog nie daarin geslaag het om verteenwoordiging in die stadsraad te verkry nie.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<h2 id=\"h-oorsee\" class=\"wp-block-heading\">Oorsee<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Pole wil h\u00ea dat sowat 15 000 Amerikaanse troepe op sy grondgebied ontplooi moet word, het die land se adjunkminister van verdediging ges\u00ea, terwyl Rusland se oorlog in die buurland Oekra\u00efne sy vyfde winter binnegaan.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Verenigde Rusland-party van Wladimir Poetin het volgens voorlopige uitslae 355 van die 450 setels in Rusland se laerhuis, die doema, gewen en daarmee sy grootste parlement\u00eare oorwinning n\u00f3g behaal.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Kremlin s\u00ea die oorweldigende oorwinning van Wladimir Poetin se Verenigde Rusland-party in die parlement\u00eare verkiesing toon dat die meerderheid Russe steeds die veteraanleier steun, ondanks kritiek dat die stemproses streng beheer is en partye wat die oorlog in Oekra\u00efne teenstaan, uitgesluit is.<\/li>\n\n\n\n<li>Vyf lande, waaronder die Verenigde Koninkryk, Kanada en Australi\u00eb, het Rusland se sogenaamde \u2018skynverkiesing\u2019 in besette dele van Oekra\u00efne veroordeel.<\/li>\n\n\n\n<li>Motorwerkers regoor Duitsland het landwye betogings gehou en die regering asook motorvervaardigers versoek om dringend in te gryp om werksgeleenthede en fabrieke te beskerm te midde van \u2019n groot krisis in die motorbedryf.<\/li>\n\n\n\n<li>Delcy Rodr\u00edguez, Venezuela se tussentydse leier, het aangekondig dat sy in die VSA aangekom het om die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering by te woon.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WolodimirZelenski2_19506-1024x683.jpg\" alt=\"Wolodimir Zelenski.\" class=\"wp-image-325881\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WolodimirZelenski2_19506-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WolodimirZelenski2_19506-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WolodimirZelenski2_19506-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WolodimirZelenski2_19506.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Wolodimir Zelenski. Foto: AFP.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Wolodimir Zelenski, president van Oekra\u00efne, sal Dinsdag in New York met Donald Trump, president van die VSA, vergader terwyl albei leiers die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering bywoon.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Spaanse Sokkerfederasie het aangekondig dat Luis de la Fuente, die afrigter wat Spanje na die W\u00eareldbekertitel gelei het, \u2019n nuwe kontrak onderteken het wat hom tot 2032 in die pos sal hou.<\/li>\n\n\n\n<li>CNN, MS NOW en Politico gaan die administrasie van Donald Trump dagvaar nadat hulle toegang tot die Wit Huis geweier is, het die nuusorganisasies in \u2019n gesamentlike verklaring ges\u00ea.<\/li>\n\n\n\n<li>Die VSA het geweier om visums aan die kommunikasiespan van Masoud Pezeshkian, president van Iran, uit te reik, wat beteken hulle sal nie vandeesweek sy besoek aan die VN se Algemene Vergadering kan bywoon nie, het Iran se staatsmedia berig.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Venezolaanse burger is deur \u2019n Amerikaanse immigrasiebeampte geskiet en gewond, terwyl owerhede in Texas \u2019n deeglike ondersoek na die voorval ge\u00ebis het.<\/li>\n\n\n\n<li>5 voormalige senior Suid-Koreaanse milit\u00eare offisiere is tot tronkstraf van tot 18 jaar gevonnis vir hul rolle in die land se kortstondige instelling van krygswet in 2024, nadat oudpresident Yoon Suk Yeol destyds spesiale magte en helikopters na die parlement ontplooi het in \u2019n mislukte poging om wetgewers te keer om die besluit te verwerp.<\/li>\n\n\n\n<li>Minstens 12 mense is dood en tientalle beseer in gevegte in die weste van Ethiopi\u00eb naby die grens met Suid-Soedan, terwyl die onrus die Gambella-streek, waar meer as 400 000 vlugtelinge woon, verder ontwrig het.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"682\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AFP__20260912__C8478HW__v1__HighRes__IndiaBricsSummit-scaled-1-1024x682.jpg\" alt=\"Indi\u00eb se premier Narendra Modi (links) staan saam met China se president Xi Jinping en Rusland se president Wladimir Poetin tydens die 18de Brics-beraad in Nieu-Delhi. Foto: AFP.\" class=\"wp-image-334502\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AFP__20260912__C8478HW__v1__HighRes__IndiaBricsSummit-scaled-1-1024x682.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AFP__20260912__C8478HW__v1__HighRes__IndiaBricsSummit-scaled-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AFP__20260912__C8478HW__v1__HighRes__IndiaBricsSummit-scaled-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AFP__20260912__C8478HW__v1__HighRes__IndiaBricsSummit-scaled-1-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AFP__20260912__C8478HW__v1__HighRes__IndiaBricsSummit-scaled-1-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AFP__20260912__C8478HW__v1__HighRes__IndiaBricsSummit-scaled-1-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AFP__20260912__C8478HW__v1__HighRes__IndiaBricsSummit-scaled-1-600x400.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Indi\u00eb se premier Narendra Modi (links) staan saam met China se president Xi Jinping en Rusland se president Wladimir Poetin tydens die 18de Brics-beraad in Nieu-Delhi. Foto: AFP.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Xi Jinping, China se president, sal van 23 tot 25 September die VSA besoek vir samesprekings met Donald Trump, het Beijing bevestig.<\/li>\n\n\n\n<li>3 Suid-Koreaanse milit\u00eare offisiere is beseer tydens \u2019n ontploffing gedurende \u2019n operasie naby die grens met Noord-Korea.<\/li>\n\n\n\n<li>Die VSA het ingevolge geheime ooreenkomste met 35 lande meer as 25 000 buitelanders gedeporteer na lande waarmee hulle geen bande het nie, volgens \u2019n ondersoek wat gepubliseer is.<\/li>\n\n\n\n<li>Die model Presley Gerber, seun van Cindy Crawford, is op 27-jarige ouderdom oorlede nadat hy Sondag by \u2019n rehabilitasiesentrum in Los Angeles County gesterf het, maar die oorsaak van sy dood nog nie bekend gemaak is nie.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is die hoofnuus wat vandag, 21 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":312532,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,15577],"class_list":["post-335973","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Vandag in die nuus | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vandag in die nuus\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is die hoofnuus wat vandag, 21 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-21T14:47:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-21T14:48:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1080\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"608\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Franco Havenga\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Vandag in die nuus\",\"datePublished\":\"2026-09-21T14:47:37+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-21T14:48:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/\"},\"wordCount\":1176,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/\",\"name\":\"Vandag in die nuus | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-21T14:47:37+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-21T14:48:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg\",\"width\":1080,\"height\":608,\"caption\":\"Adv. Gerrie Nel. Foto: Afriforum.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Vandag in die nuus\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-89\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vandag in die nuus | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Vandag in die nuus","og_description":"Hier is die hoofnuus wat vandag, 21 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-21T14:47:37+00:00","article_modified_time":"2026-09-21T14:48:36+00:00","og_image":[{"width":1080,"height":608,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Franco Havenga","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Vandag in die nuus","datePublished":"2026-09-21T14:47:37+00:00","dateModified":"2026-09-21T14:48:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/"},"wordCount":1176,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg","keywords":["Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/","name":"Vandag in die nuus | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg","datePublished":"2026-09-21T14:47:37+00:00","dateModified":"2026-09-21T14:48:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Gerrie-Thumbnail-1.jpg","width":1080,"height":608,"caption":"Adv. Gerrie Nel. Foto: Afriforum."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Vandag in die nuus"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-89\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335973","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=335973"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335973\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":335975,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335973\/revisions\/335975"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/312532"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=335973"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=335973"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=335973"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}