{"id":335921,"date":"2026-09-22T11:27:53","date_gmt":"2026-09-22T09:27:53","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=335921"},"modified":"2026-09-22T11:30:43","modified_gmt":"2026-09-22T09:30:43","slug":"reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/","title":{"rendered":"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Pa, \u2019n seun en \u2019n gedeelde liefde vir padel . . . dit is die hart van VIA se nuwe reeks <em>Padel in die bloed<\/em>. Corn\u00e9 en Morn\u00e9 Liebenberg reis deur Suid-Afrika om ander pa-en-seun-pare op 13 padelbane uit te daag. Van Dullstroom en Hoedspruit tot Jeffreysbaai ontdek hulle die mense en stories van elke plek voordat die kompetisie by Zorgvliet in die Wes-Kaap \u2019n hoogtepunt bereik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tussen die wedstryde, oefensessies en lang ritte kry kykers \u2019n intieme blik op hul verhouding. Vir Corn\u00e9 is dit \u2019n kans om kosbare tyd saam met sy seun deur te bring; vir Morn\u00e9 is dit \u2019n tree nader aan sy sportdrome. Corn\u00e9 vertel hoe di\u00e9 avontuur hulle nader aan mekaar gebring het \u2013 en waarom \u2019n pa soms die belangrikste lesse by sy seun leer.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-waar-het-jul-liefde-vir-padel-begin-en-wie-het-wie-eerste-saam-baan-toe-gesleep\" class=\"wp-block-heading\">Waar het jul liefde vir padel begin, en wie het wie eerste saam baan toe gesleep?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Morn\u00e9 was eerste. Hy het in November 2024 op vakansie in Umhlanga vir die eerste keer padel gespeel en daarna al hoe meer saam met sy pelle baan toe gegaan. Ek het eers vanjaar begin. Ek het toe al 45 jaar lank muurbal gespeel, maar besef dat ek ook \u2019n padelraket sal moet optel as ek regtig tyd saam met my seun wil deurbring. Hy het m\u00fd dus baan toe gesleep \u2013 en hy is steeds ver voor my!<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-in-padel-in-die-bloed-daag-julle-ander-pa-en-seun-pare-oral-in-suid-afrika-uit-wat-maak-julle-n-gedugte-span-en-waar-verskil-jul-benadering-tot-die-spel\" class=\"wp-block-heading\">In <em>Padel in die bloed<\/em> daag julle ander pa-en-seun-pare oral in Suid-Afrika uit. Wat maak julle \u2019n gedugte span, en waar verskil jul benadering tot die spel?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons verhouding maak ons \u2019n span. Ons word nie kwaad vir mekaar nie. As een \u2019n fout maak, praat die ander hom moed in.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons benadering tot die spel verskil egter heeltemal. Ek kom uit muurbal en tennis, en my ingesteldheid was nog altyd om die punt met \u2019n harde hou te probeer wen. Morn\u00e9 speel met meer geduld. Hy hou die bal in die spel en wag dat die teenstander \u2019n fout maak. Tog is daar ook \u2019n omkeer wanneer ons op die baan stap. Van die baan af is hy die kalm een, maar op die baan kom sy aggressiewe kant na vore.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-die-reis-gaan-vir-jou-oor-kosbare-tyd-en-lewenslesse-saam-met-morne-wat-het-jy-by-jou-seun-geleer\" class=\"wp-block-heading\">Di\u00e9 reis gaan vir jou oor kosbare tyd en lewenslesse saam met Morn\u00e9. Wat het jy by j\u00f3\u00fa seun geleer?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die grootste les was om kalm te bly en te onthou dat wen nie alles is nie. Morn\u00e9 is ongelooflik volwasse in sy besluitneming. Elke keer as ek \u2019n fout maak, is hy die een wat my moed inpraat.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ironie is dat die program bedoel was om lewenslesse aan h\u00f3m oor te dra, maar op die ou end het hy waarskynlik meer vir m\u00fd geleer. My les vir hom bly: As jy van die perd afval, klim weer op. Sy les vir my is om jou beste te gee, want jou beste is goed genoeg, ongeag wat die telbord s\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-morne-het-groot-sportdrome-waarheen-mik-hy-en-hoe-het-die-reeks-hom-as-sportman-laat-groei\" class=\"wp-block-heading\">Morn\u00e9 het groot sportdrome. Waarheen mik hy, en hoe het di\u00e9 reeks hom as sportman laat groei?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy groot droom is om Suid-Afrika eendag by die Olimpiese Spele te verteenwoordig. Hy het sy visier gestel op 2032 met die hoop dat padel teen daardie tyd deel van die Olimpiese program sal wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is \u2019n groot droom, maar die spoed waarteen hy vorder, gee my hoop. Padel is nog betreklik nuut in Suid-Afrika, iets wat hom die geleentheid gegee het om vinnig opgang te maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat hom laat groei het, is die besef dat jy bereid moet wees om m\u00e9\u00e9r te doen. Almal oefen hard; jy moet dink oor wat jy nog kan doen om te verbeter.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy werk nie net aan sy spel op die baan nie, maar ook aan sy krag, herstel, kopwerk en visuele vaardighede. Dit sluit tyd in die gimnasium en sessies by die fisioterapeut, sy kopafrigter en oogkundiges in. Talent alleen gaan jou nie daar bring nie.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wanneer-die-telling-knap-raak-en-die-druk-opbou-hoe-praat-julle-met-mekaar-is-dit-maklik-om-raad-van-jou-pa-of-jou-seun-te-aanvaar\" class=\"wp-block-heading\">Wanneer die telling knap raak en die druk opbou, hoe praat julle met mekaar? Is dit maklik om raad van jou pa of jou seun te aanvaar?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons kommunikasie is ons redding. Ons bly kalm en positief, selfs wanneer dinge skeefloop, en ons trap mekaar nooit uit nie. Ek ontleed elke punt en lewer amper lopende kommentaar. Morn\u00e9 bly kalm en help ons om op die volgende punt te fokus.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is nie moeilik om mekaar se raad te aanvaar nie, want ons leer verskillende dinge by mekaar. Hy weet baie meer van padel as ek. Ek kan weer my lewenservaring met hom deel en hom help om perspektief te behou. Dit werk albei kante toe.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-kykers-sien-ook-jul-oefening-dieet-en-kopwerk-wat-verg-dit-om-goed-voorbereid-op-die-baan-te-stap-en-wie-is-die-gedissiplineerdste\" class=\"wp-block-heading\">Kykers sien ook jul oefening, dieet en kopwerk. Wat verg dit om goed voorbereid op die baan te stap, en wie is die gedissiplineerdste?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit verg harde werk en konsekwentheid \u2013 van wat jy eet tot jou krag- en fiksheidsoefeninge, en selfs oefeninge vir jou perifere visie. Maar vir my is kopwerk die belangrikste deel van padel. Wanneer twee pare ewe sterk is, maak die klein dingetjies dikwels die verskil.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gedissiplineerdste is beslis ek! Morn\u00e9 is jonk en fiks en het aangebore talent. Ek is 58 en moet ekstra hard werk om by te bly. Ek doen dit graag, want ouderdom is net \u2019n nommer in jou ID-boekie. Die moeite wat jy insit, maak aan die einde van die dag die verskil.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-julle-roete-strek-oor-13-bane-van-dullstroom-en-hoedspruit-tot-jeffreysbaai-watter-plekke-het-julle-veral-bygebly\" class=\"wp-block-heading\">Julle roete strek oor 13 bane, van Dullstroom en Hoedspruit tot Jeffreysbaai. Watter plekke het julle veral bygebly?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is amper onmoontlik om een uit te sonder want elke baan het sy eie bekoring. Wat jou bybly, is die atmosfeer: die dorp se mense, hul gasvryheid en die energie wat hulle baan toe bring.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die omgewing maak elke ervaring besonders. In Dullstroom speel jy tussen die koppies en berge. In Hoedspruit is jy in die dorp, maar dit voel asof jy in die bosveld is. Kathu gee jou daardie gevoel van ver weg wees. Kampsbaai is pragtig, en Zorgvliet l\u00ea weggesteek tussen die wingerde. Selfs by The Grove in Pretoria staan die bome s\u00f3 om die baan dat jy amper vergeet jy is in die stad.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-maak-padel-vir-julle-so-lekker-en-watter-raad-het-julle-vir-n-pa-en-seun-wat-saam-wil-begin-speel\" class=\"wp-block-heading\">Wat maak padel vir julle so lekker, en watter raad het julle vir \u2019n pa en seun wat saam wil begin speel?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is \u2019n kombinasie van dinge, maar die woord wat dit die beste saamvat, is die \u201cvibe\u201d. Padel is \u2019n sport wat jy s\u00e1\u00e1m speel. Vir ons is sportmanskap deel van die lekkerte en as daar twyfel oor \u2019n punt is, speel ons dit sommer oor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan is daar die klank van die bal teen die raket en die glas rondom jou. En jy stap nooit van die baan af sonder om te dink jy kan volgende keer beter doen nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die lekkerste is dat oud en jonk saam kan speel. My raad aan enige pa en seun is eenvoudig: Begin net. Ouderdom hoef jou nie terug te hou nie; jy kan jou vaardighede ontwikkel namate jy speel.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-sonder-om-die-uitslag-weg-te-gee-hoe-het-julle-die-kampioen-van-kampioene-eindronde-by-zorgvliet-benader\" class=\"wp-block-heading\">Sonder om die uitslag weg te gee: Hoe het julle die Kampioen-van-kampioene-eindronde by Zorgvliet benader?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons benader elke wedstryd op dieselfde manier, of dit nou \u2019n sosiale wedstryd of \u2019n eindronde is. Dit begin by voorbereiding. Het jy gestrek, reg ge\u00ebet, jou elektroliete ingepak en jou kop rustig gekry?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons het \u2019n tradisie om op pad na \u2019n wedstryd musiek te luister wat ons motiveer, lekker te gesels en soms saam te bid. Dan stap ons op die baan met die wete dat ons voorbereid is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir ons gaan dit nooit oor wen ten alle koste nie. S\u00f3 plaas jy net onnodige druk op jouself en maak jy foute. Gee jou beste. Dit is goed genoeg.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-hoekom-moet-mense-padel-in-die-bloed-kyk\" class=\"wp-block-heading\">Hoekom moet mense <em>Padel in die bloed<\/em> kyk?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons hoop mense sien iets van hul eie gesinne in ons raak. Ons is \u2019n doodgewone familie wat met niks begin het nie, met dieselfde uitdagings as soveel ander huishoudings: geld, werk, skool, selfone en boelies. Ons wil wys dat \u2019n pa en sy kind met mekaar k\u00e1n praat.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir my was die tyd saam in die motor en tydens ons voorbereiding die grootste geskenk. Ons skerts baie, veral wanneer ons moet inweeg en mekaar terg oor wie fiks is en wie nie. Daardie gesonde kompetisie bring die beste in ons albei na vore.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar dit is in die motor waar ons regtig tyd kry om te gesels. Morn\u00e9 deel wat hy by sy kerkgroepe leer, en ek deel wat ek in 58 jaar geleer het. As ek voel \u2019n les gaan t\u00e9 direk oorkom, vra ek eerder wat hy eendag vir s\u00fd kinders sou s\u00ea. Dan praat ek eintlik met h\u00f3m, en ek hoop hy luister.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kykers gaan ook ons pragtige land sien en dorpies ontdek wat hulle dalk nog nie ken nie. En hopelik inspireer dit hulle om van die bank af op te staan. Hoe oud jy ook al is, jy kan steeds aktief wees. Die vrugte van die moeite wat jy vandag insit, pluk jy later. Gary Player is vir my \u2019n pragtige voorbeeld daarvan.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"767\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/PADELindiebloed03-767x1024.png\" alt=\"Morn\u00e9 en Corn\u00e9 Liebenberg. Foto: Verskaf \" class=\"wp-image-335926\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/PADELindiebloed03-767x1024.png 767w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/PADELindiebloed03-225x300.png 225w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/PADELindiebloed03-768x1026.png 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/PADELindiebloed03-1150x1536.png 1150w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/PADELindiebloed03-1534x2048.png 1534w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/PADELindiebloed03-1320x1763.png 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/PADELindiebloed03-600x801.png 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 767px) 100vw, 767px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Morn\u00e9 en Corn\u00e9 Liebenberg. Foto: Verskaf <\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong><em>Padel in die bloed begin op 27 September 2026 en word Sondae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Die reeks bestaan uit 13 episodes, met <a href=\"https:\/\/laeveld.co.za\/\">Laeveld Agrochem <\/a>as hoofborg.<\/em><\/strong><\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Pa, \u2019n seun en \u2019n gedeelde liefde vir padel . . . dit is die hart van VIA se nuwe reeks Padel in die bloed. Corn\u00e9 en Morn\u00e9 Liebenberg reis deur Suid-Afrika om ander pa-en-seun-pare op 13 padelbane uit te daag. Van Dullstroom en Hoedspruit tot Jeffreysbaai ontdek hulle die mense en stories van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":336039,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"VIA","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[28],"tags":[18289,15771,18288,15829,18287,15577,17632],"class_list":["post-335921","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leefstyl","tag-corne-liebenberg","tag-leefstyl","tag-morne-liebenberg","tag-padel","tag-padel-in-die-bloed","tag-top","tag-via"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Pa, \u2019n seun en \u2019n gedeelde liefde vir padel . . . dit is die hart van VIA se nuwe reeks Padel in die bloed. Corn\u00e9 en Morn\u00e9 Liebenberg reis deur Suid-Afrika om ander pa-en-seun-pare op 13 padelbane uit te daag. Van Dullstroom en Hoedspruit tot Jeffreysbaai ontdek hulle die mense en stories van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-22T09:27:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-22T09:30:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2048\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"751\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"VIA\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span\",\"datePublished\":\"2026-09-22T09:27:53+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-22T09:30:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/\"},\"wordCount\":1524,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg\",\"keywords\":[\"Corn\u00e9 Liebenberg\",\"Leefstyl\",\"Morn\u00e9 Liebenberg\",\"Padel\",\"Padel in die bloed\",\"Top\",\"VIA\"],\"articleSection\":[\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/\",\"name\":\"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-22T09:27:53+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-22T09:30:43+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg\",\"width\":2048,\"height\":751,\"caption\":\"Morn\u00e9 en Corn\u00e9 Liebenberg. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span","og_description":"\u2019n Pa, \u2019n seun en \u2019n gedeelde liefde vir padel . . . dit is die hart van VIA se nuwe reeks Padel in die bloed. Corn\u00e9 en Morn\u00e9 Liebenberg reis deur Suid-Afrika om ander pa-en-seun-pare op 13 padelbane uit te daag. Van Dullstroom en Hoedspruit tot Jeffreysbaai ontdek hulle die mense en stories van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-22T09:27:53+00:00","article_modified_time":"2026-09-22T09:30:43+00:00","og_image":[{"width":2048,"height":751,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"VIA","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span","datePublished":"2026-09-22T09:27:53+00:00","dateModified":"2026-09-22T09:30:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/"},"wordCount":1524,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg","keywords":["Corn\u00e9 Liebenberg","Leefstyl","Morn\u00e9 Liebenberg","Padel","Padel in die bloed","Top","VIA"],"articleSection":["Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/","name":"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg","datePublished":"2026-09-22T09:27:53+00:00","dateModified":"2026-09-22T09:30:43+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Padel-in-die-bloed-2048x1152-1.jpg","width":2048,"height":751,"caption":"Morn\u00e9 en Corn\u00e9 Liebenberg. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Reisende padel-reeks wys die hart van \u2019n pa-en-seun-span"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reisende-padel-reeks-wys-die-hart-van-n-pa-en-seun-span\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335921","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=335921"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335921\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":336037,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335921\/revisions\/336037"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/336039"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=335921"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=335921"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=335921"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}