{"id":335542,"date":"2026-09-19T08:00:00","date_gmt":"2026-09-19T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=335542"},"modified":"2026-09-18T21:03:46","modified_gmt":"2026-09-18T19:03:46","slug":"kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/","title":{"rendered":"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u00a0Planne soos die een vir \u2019n Kaapstadse-lugtrein maak hom opgewonde, maar vir die Stad Kaapstad is dit een plan wat nie finansie\u00ebl haalbaar is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">S\u00f3 het Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad en federale leier van die DA, Woensdagoggend tydens \u2019n sakeontbyt in Durbanville ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hill-Lewis was die gasspreker by die geleentheid, aangebied deur Radio Tygerberg by Bossa in die Groot Phesantekraal View-winkelsentrum. Hy het onder meer gepraat oor sy persoonlike motivering agter die \u201cStad van Hoop\u201d, effektiewe regering as die enjin van groei, Kaapstad se rekord met werkskepping in vergelyking met die res van die land, bevolkingsgroei en besteding op infrastruktuur, veiligheid en misdaadbekamping, en hoe die Stad haweloosheid wettig maar met deernis aanvat.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In antwoord op \u2019n vraag uit die gehoor oor sy opinie oor die voorstelling vir \u2019n lugtrein, het Hill-Lewis dit duidelik gemaak dat dit nie \u2019n amptelike plan deur die Stad Kaapstad is nie, maar \u2019n voorstelling wat opgetrek is deur \u2019n ingenieur wat in die Kaap woon, \u201c \u2019n doodgewone inwoner wat baie tyd en moeite aan die ontwerp en konsep spandeer het,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hill-Lewis s\u00ea die Stad is nie teen die plan gekant nie. \u201cOns het doodeenvoudig net nie die geld daarvoor nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hill-Lewis het dit vergelyk met die koste van die bou van die Gautrain wat sowat 20 jaar gelede meer as R20 miljard beloop het. \u201cIn 2026 is dit seker al minstens R40 miljard.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens hom was ongeveer 75% tot 80% van die Gautrain se koste deur die nasionale regering befonds en die res deur die Gauteng-provinsiale regering.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Cape-Train-Nova-1024x1024.jpg\" alt=\"Die Capetrain Express-Facebook-blad deel gereeld voorstelle van hoe \u2019n lugtrein en stasies daarvoor, soos hierdie voorstel vir \u2019n stasie die Tygervallei-winkelsentrum, in die Kaap kan lyk. Foto: Capetrain Express\" class=\"wp-image-335543\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Cape-Train-Nova-1024x1024.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Cape-Train-Nova-300x300.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Cape-Train-Nova-150x150.jpg 150w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Cape-Train-Nova-768x768.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Cape-Train-Nova-120x120.jpg 120w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Cape-Train-Nova-600x600.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Cape-Train-Nova-100x100.jpg 100w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Cape-Train-Nova.jpg 1320w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die Capetrain Express-Facebook-blad deel gereeld voorstelle van hoe \u2019n lugtrein en stasies daarvoor, soos hierdie voorstel vir \u2019n stasie die Tygervallei-winkelsentrum, in die Kaap kan lyk. Foto: Capetrain Express<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het ges\u00ea hoewel \u2019n lugtrein dalk effe goedkoper sal wees omdat dit bogronds is en daar nie nodig is om tonnels te grawe nie, bly die befondsing daarvan buite die Stad se vermo\u00eb.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hill-Lewis het ges\u00ea \u2019n spoorprojek wat hy dink wel die lig gaan sien, is \u2019n spoorlyn wat die nuwe beplande Cape Winelands-lughawe met die middestad verbind.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy s\u00ea die ontwikkelaars van die lughawe het reeds bekendgemaak dat hulle s\u00f3 \u2019n spoorweg wil befonds. \u201cEn hulle het natuurlik die kapasiteit om genoegsame privaatbefondsing in te vorder.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy voeg by die ontwikkelaars, dieselfde mense agter die Amazon-ontwikkeling, is die tipe mense wat nie wegskram weens druk en kontroversie nie. \u201cHulle is die tipe mense wat as hulle s\u00ea hulle doen \u2019n ding, dan doen hulle dit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is iets wat ons natuurlik ook sal ondersteun. Dit sal hierdie hele deel van die stad die volgende 20 tot 30 jaar absoluut laat floreer.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hill-Lewis het bygevoeg die Stad gaan binnekort die amptelike planne en ontwerpe om die bru\u00eb in die Foreshore te voltooi, bekendmaak. Hy s\u00ea hierdie uiters belangrike projek is op s\u00f3 \u2019n manier beplan dat daar genoegsame spasie is vir \u2019n toekomstige treinspoor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNatuurlik kan ons nie bekostig om die treinspoor te bou nie, maar teoreties, kom ons s\u00ea oor die volgende 10 jaar of so, kan ons \u2019n spoorlyn h\u00ea vanaf hierdie nuwe lughawe na daardie lugtrein-konsep wat dit regdeur met die Waterfront en die middestad verbind,\u201d het hy hoopvol ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het egter beklemtoon dat ernstige toewyding van die nasionale regering, soos die Gautrain gehad het, nodig sal wees om so \u2019n projek die lig te laat sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0Planne soos die een vir \u2019n Kaapstadse-lugtrein maak hom opgewonde, maar vir die Stad Kaapstad is dit een plan wat nie finansie\u00ebl haalbaar is nie. S\u00f3 het Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad en federale leier van die DA, Woensdagoggend tydens \u2019n sakeontbyt in Durbanville ges\u00ea. Hill-Lewis was die gasspreker by die geleentheid, aangebied deur Radio [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":647,"featured_media":335544,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Cecilia Hume","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[16002,15786,15603,15577],"class_list":["post-335542","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-demokratiese-alliansie","tag-geordin-hill-lewis","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u00a0Planne soos die een vir \u2019n Kaapstadse-lugtrein maak hom opgewonde, maar vir die Stad Kaapstad is dit een plan wat nie finansie\u00ebl haalbaar is nie. S\u00f3 het Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad en federale leier van die DA, Woensdagoggend tydens \u2019n sakeontbyt in Durbanville ges\u00ea. Hill-Lewis was die gasspreker by die geleentheid, aangebied deur Radio [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-19T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"420\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Cecilia Hume\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Kaylie Joubert\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ea2e4028746a154c79d6bd2eae0e0273\"},\"headline\":\"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis\",\"datePublished\":\"2026-09-19T06:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/\"},\"wordCount\":562,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg\",\"keywords\":[\"Demokratiese Alliansie\",\"Geordin Hill-Lewis\",\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/\",\"name\":\"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-19T06:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg\",\"width\":600,\"height\":420,\"caption\":\"Geordin Hill-Lewis was die gasspreker by \u2018n sakeontbyt aangebied deur Radio Tygerberg. Foto: Cecilia Hume\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ea2e4028746a154c79d6bd2eae0e0273\",\"name\":\"Kaylie Joubert\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Kaylie Joubert\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/kaylie-joubert\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis","og_description":"\u00a0Planne soos die een vir \u2019n Kaapstadse-lugtrein maak hom opgewonde, maar vir die Stad Kaapstad is dit een plan wat nie finansie\u00ebl haalbaar is nie. S\u00f3 het Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad en federale leier van die DA, Woensdagoggend tydens \u2019n sakeontbyt in Durbanville ges\u00ea. Hill-Lewis was die gasspreker by die geleentheid, aangebied deur Radio [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-19T06:00:00+00:00","og_image":[{"width":600,"height":420,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Cecilia Hume","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/"},"author":{"name":"Kaylie Joubert","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/ea2e4028746a154c79d6bd2eae0e0273"},"headline":"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis","datePublished":"2026-09-19T06:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/"},"wordCount":562,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg","keywords":["Demokratiese Alliansie","Geordin Hill-Lewis","Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/","name":"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg","datePublished":"2026-09-19T06:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Geordin-Hill-Lewis-by-Radio-Tygerberg-sakeontbyt.jpg","width":600,"height":420,"caption":"Geordin Hill-Lewis was die gasspreker by \u2018n sakeontbyt aangebied deur Radio Tygerberg. Foto: Cecilia Hume"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Kaapse lugtrein nie finansie\u00ebl haalbaar nie, s\u00ea Hill-Lewis"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/ea2e4028746a154c79d6bd2eae0e0273","name":"Kaylie Joubert","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g","caption":"Kaylie Joubert"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/kaylie-joubert\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kaapse-lugtrein-nie-finansieel-haalbaar-nie-se-hill-lewis\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335542","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/647"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=335542"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335542\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":335545,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335542\/revisions\/335545"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/335544"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=335542"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=335542"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=335542"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}