{"id":335494,"date":"2026-09-18T15:00:45","date_gmt":"2026-09-18T13:00:45","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=335494"},"modified":"2026-09-18T15:26:03","modified_gmt":"2026-09-18T13:26:03","slug":"reeksmoordenaar-of-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/","title":{"rendered":"Reeksmoordenaar of nie?"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dr. Micki Pistorius, w\u00eareldbekende profileerder en die stigter van wat deesdae bekend staan as die Suid-Afrikaanse Polisiediens se ondersoekende sielkunde-eenheid, het met <em>Die Papier Praat <\/em>gesels oor die moontlikheid van \u0149 reeksmoordenaar. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pistorius s\u00ea dis moeilik om kommentaar te lewer omdat sy nie self by die ondersoek betrokke is nie, en staatmaak op mediaberigte. Gebaseer op haar ervaring met reeksmoordenaars sien sy wel \u201cdefinitiewe ooreenkomste\u201d tussen die slagoffers, soos dat hulle in dieselfde ouderdomsgroep val en almal half geklee of kaal was toe hulle gevind is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"> Die plekke waar die liggame gevind is, kan ook \u0149 belangrike leidraad wees. \u201cHulle is almal binne 40 kilometer van mekaar gevind. Mens kan dit maklik ry as jy \u0149 voertuig het.\u201d Dat \u0149 taakspan so kort na verlede week se ontdekking van die vier liggame in Rhodesfield saamgestel is en \u0149 beloning uitgeloof is, is volgens Pistorius die regte besluit. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ps1_56161-683x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-335322\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ps1_56161-683x1024.jpg 683w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ps1_56161-200x300.jpg 200w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ps1_56161-768x1152.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ps1_56161-1024x1536.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ps1_56161.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 683px) 100vw, 683px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Dr. Micki Pistorius<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis \u0149 baie goeie taakspan onder leiding van Generaal Mbusi Khumalo van Gauteng.\u201d Speurders van die destydse moord- en roof-eenheid wat later saam met haar eenheid reeksmoorde ondersoek het, is volgens haar ook deel van die span. Sy beskryf \u2019n reeksmoordondersoek as \u201cverskriklik moeilik, want dis vreemdeling op vreemdeling.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy loof die polisie se besluit om die publiek te waarsku om op hul hoede te wees, en s\u00ea dis belangrik dat vroue di\u00e9 waarskuwing ernstig opneem. Pistorius s\u00ea sy besef die publiek mag tans voel dat die polisie hulle nie genoeg beskerm nie. \u201cMaar daardie taakspan is op die oomblik baie besig \u2013 dit kan ek jou waarborg.\u201d<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-nie-so-n-algemene-verskynsel\" class=\"wp-block-heading\">\u2018Nie so \u2019n algemene verskynsel\u2019<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Naomi Griffiths is \u0149 kriminoloog van Pretoria wat ook voorheen verbonde was aan die polisie se ondersoekende sielkunde-eenheid. Griffiths s\u00ea sy is \u201caltyd versigtig\u201d om die term reeksmoordenaar te gebruik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis nie so \u0149 algemene verskynsel in Suid-Afrika soos wat mense dink nie.\u201d Griffiths s\u00ea daar kan wel uit beskikbare inligting afgelei word dat die modus operandi in al agt gevalle ooreenstem. \u201cVeral in die Rhodesfield-sake.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy is egter \u201cnie so seker\u201d dat die ander vier liggame wat elders gevind is, wel met dieselfde moordenaar verbind kan word nie. Oor die ouderdomsprofiel van die slagoffers s\u00ea sy dis \u201ceintlik maar \u2019n feit\u201d dat vroue in hul dertigs dikwels in hul verhoudings die slagoffers is van geweld. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie sulke vroue word vermoor. Die feit dat die eerste ses liggame wat gevind is almal naby die R21 gevind is, kan daarop dui dat die moordenaar toegang het tot \u0149 voertuig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy meen dis \u201cr\u00earig maklik\u201d om \u0149 lyk naby \u0149 snelweg af te laai, aangesien baie motors gereeld langs die snelweg stilhou of staan.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"674\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/NaomiGriffiths_89673-1024x674.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-327154\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/NaomiGriffiths_89673-1024x674.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/NaomiGriffiths_89673-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/NaomiGriffiths_89673-768x506.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/NaomiGriffiths_89673.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Naomi Griffiths, &#8217;n kriminoloog<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h3 id=\"h-so-kon-moordenaar-polisie-fnuik\" class=\"wp-block-heading\">S\u00f3 kon moordenaar polisie fnuik<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Griffiths verduidelik dat \u0149 reeksmoordenaar vir \u0149 ruk aktief kan wees sonder dat die polisie dit besef. Dit kan toegeskryf word aan die polisie se benadering om op spesifieke geografiese sektore te fokus (sektorpolisi\u00ebring), eerder as om slegs op gespesialiseerde eenhede staat te maak wat oor groter geografiese gebiede funksioneer. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Swak kommunikasie tussen die verskillende sektore kan veroorsaak dat moorde nie dadelik met mekaar verbind word nie. Dit kan volgens haar die rede wees dat \u0149 taakspan nou eers saamgestel is, al is die eerste liggaam reeds in Julie gevind. \u201cSoos ons in die laaste paar dae gesien het, het hulle reeds na \u0149 groter gebied begin kyk en alles begin bymekaar sit.\u201d<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-verkeerde-plek-verkeerde-tyd\" class=\"wp-block-heading\">\u2018Verkeerde plek, verkeerde tyd\u2019<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die vraag of \u0149 reeksmoordenaar sal afwyk van die soort slagoffer wat hy in gedagte het, s\u00ea Griffiths dat reeksmoordenaars wel opportunisties kan optree. As hy dus toevallig \u0149 potensiele slagoffer raaksien en sy voldoen aan die profiel, kan sy moontlik \u2019n teiken word. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Griffiths kon Elizabeth \u201cTsontso\u201d Moselakgomo, wat tydens haar daaglikse drafsessie verdwyn het, moontlik op die verkeerde tyd op die verkeerde plek gewees het. Sy het in Kemptonpark verdwyn, en is sover bekend die enigste slagoffer wat in oefenklere geklee was. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Moselakgomo is een van slegs vier vroue wat tot dusver ge\u00efdentifiseer is. Min is bekend oor die ander ses slagoffers of die tye en plekke waar hulle verdwyn het.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-70-tot-75-kans\" class=\"wp-block-heading\">\u201870 tot 75% kans\u2019<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dr. G\u00e9rard Labuschagne, &#8217;n kliniese sielkundige en voormalige hoof van die polisie se ondersoekende sielkunde-eenheid, s\u00ea daar is \u0149 \u201c70 tot 75 persent\u201d moontlikheid dat die vier lyke wat in Rhodesfield gevind is, die werk van \u0149 reeksmoordenaar is. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk dink dis baie waarskynlik dat sommige van die sake verbind kan word. Dit verg net twee sake wat verbind kan word om \u0149 reeksmoord genoem te word.\u201d Volgens hom is daar sekere faktore wat die SAPD se beleid oor reeksmoord-ondersoeke, wat in 2016 goedgekeur is, te aktiveer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit sluit in dat die liggame so naby aan mekaar en binne \u0149 sekere tyd van mekaar gevind is, en dat die slagoffers se profiele ooreenkom. Labuschagne s\u00ea selfs al kan al die moorde nie met een moordenaar verbind word nie, is dit steeds \u0149 goeie ding dat dit deel vorm van dieselfde ondersoek. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"950\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/OSC_3152copy_65993-1024x950.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-335323\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/OSC_3152copy_65993-1024x950.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/OSC_3152copy_65993-300x278.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/OSC_3152copy_65993-768x712.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/OSC_3152copy_65993.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Dr. G\u00e9rard Labuschagne<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So kan ondersoekers \u0149 tree voor die moordenaar\/s bly. \u201cDit maak dan nie saak wat jy dit noem nie, want die nodige kundiges is reeds betrokke.\u201d \u201cAs dit later blyk dat party van die sake \u2013 of selfs al die sake \u2013 nie met mekaar verbind word nie, het dit steeds meer aandag gekry as wanneer dit oorgelaat word aan \u0149 speurder by die plaaslike polisiestasie.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Labuschagne s\u00ea die polisie se huiwering om dit \u0149 reeksmoord-ondersoek te noem, kan verskeie redes h\u00ea. \u201cAs die sake nie verbind is nie, kan dit hulle laat dom lyk. Ons weet ook nie wat hulle weet nie.\u201d Om te s\u00ea daar is \u0149 reeksmoordenaar bedrywig, kan volgens hom ook onnodige paniek veroorsaak. \u201cMaar dit veroorsaak reeds paniek dat 8 vroue dood is, of dit nou \u0149 reeksmoordenaar is of nie.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Labuschagne is daar nie meer enige profileerders oor in die polisie nie. \u201cDie laaste een, luitenant-kolonel Elmarie Myburgh, het in Maart vanjaar afgetree. Maar daar is mense wat opleiding en ervaring het in die ondersoek van reeksmoordsake wat benut kan word.\u201d Een so iemand, s\u00ea Labuschagne, is luitenant-kolonel Mike van Aardt, \u0149 ervare reeksmoord-ondersoeker, wat deesdae verbonde is aan die SAPD se hoofkantoor. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Griffiths het aan <em>Die Papier<\/em> ges\u00ea daar is tans nog drie kriminolo\u00eb oor in die polisie. \u201cHulle word deesdae in Suid-Afrika gedragsanaliste genoem. Die term profileerder word nie meer gebruik nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kyk die volledige onderhoud tussen Ilze Salzwedel en Micki Pistorius hier:<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Micki Pistorius: \u2018Dis \u2019n reeksmoordenaar\u2019\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/NnLmCLgQ-H4?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr. Micki Pistorius, w\u00eareldbekende profileerder en die stigter van wat deesdae bekend staan as die Suid-Afrikaanse Polisiediens se ondersoekende sielkunde-eenheid, het met Die Papier Praat gesels oor die moontlikheid van \u0149 reeksmoordenaar. Pistorius s\u00ea dis moeilik om kommentaar te lewer omdat sy nie self by die ondersoek betrokke is nie, en staatmaak op mediaberigte. Gebaseer [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":647,"featured_media":335265,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Ilse Salzwedel","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[17152,15603,18266,15577],"class_list":["post-335494","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-kempton-park","tag-nuus","tag-reeksmoordenaar","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Reeksmoordenaar of nie? | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Reeksmoordenaar of nie?\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dr. Micki Pistorius, w\u00eareldbekende profileerder en die stigter van wat deesdae bekend staan as die Suid-Afrikaanse Polisiediens se ondersoekende sielkunde-eenheid, het met Die Papier Praat gesels oor die moontlikheid van \u0149 reeksmoordenaar. Pistorius s\u00ea dis moeilik om kommentaar te lewer omdat sy nie self by die ondersoek betrokke is nie, en staatmaak op mediaberigte. Gebaseer [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-18T13:00:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-18T13:26:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_622236_82991.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Ilse Salzwedel\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Kaylie Joubert\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ea2e4028746a154c79d6bd2eae0e0273\"},\"headline\":\"Reeksmoordenaar of nie?\",\"datePublished\":\"2026-09-18T13:00:45+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-18T13:26:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/\"},\"wordCount\":1042,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/ED_622236_82991.jpg\",\"keywords\":[\"Kempton Park\",\"Nuus\",\"Reeksmoordenaar\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/\",\"name\":\"Reeksmoordenaar of nie? | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/ED_622236_82991.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-18T13:00:45+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-18T13:26:03+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/ED_622236_82991.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/ED_622236_82991.jpg\",\"width\":1200,\"height\":800,\"caption\":\"DA-lede ruk vandeesweek op na die Kempton Park-polisiekantoor oor die reeks moorde. Foto: OJ Koloti, Gallo Images\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Reeksmoordenaar of nie?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/ea2e4028746a154c79d6bd2eae0e0273\",\"name\":\"Kaylie Joubert\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Kaylie Joubert\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/kaylie-joubert\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reeksmoordenaar-of-nie\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta property=\"og:video\" content=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/NnLmCLgQ-H4\" \/>\n<meta property=\"og:video:type\" content=\"text\/html\" \/>\n<meta property=\"og:video:duration\" content=\"472\" \/>\n<meta property=\"og:video:width\" content=\"480\" \/>\n<meta property=\"og:video:height\" content=\"270\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:adult\" content=\"false\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:upload_date\" content=\"2026-09-18T13:00:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:allow_embed\" content=\"true\" \/>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Reeksmoordenaar of nie? | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Reeksmoordenaar of nie?","og_description":"Dr. Micki Pistorius, w\u00eareldbekende profileerder en die stigter van wat deesdae bekend staan as die Suid-Afrikaanse Polisiediens se ondersoekende sielkunde-eenheid, het met Die Papier Praat gesels oor die moontlikheid van \u0149 reeksmoordenaar. Pistorius s\u00ea dis moeilik om kommentaar te lewer omdat sy nie self by die ondersoek betrokke is nie, en staatmaak op mediaberigte. Gebaseer [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-18T13:00:45+00:00","article_modified_time":"2026-09-18T13:26:03+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_622236_82991.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Ilse Salzwedel","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/"},"author":{"name":"Kaylie Joubert","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/ea2e4028746a154c79d6bd2eae0e0273"},"headline":"Reeksmoordenaar of nie?","datePublished":"2026-09-18T13:00:45+00:00","dateModified":"2026-09-18T13:26:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/"},"wordCount":1042,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_622236_82991.jpg","keywords":["Kempton Park","Nuus","Reeksmoordenaar","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/","name":"Reeksmoordenaar of nie? | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_622236_82991.jpg","datePublished":"2026-09-18T13:00:45+00:00","dateModified":"2026-09-18T13:26:03+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_622236_82991.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_622236_82991.jpg","width":1200,"height":800,"caption":"DA-lede ruk vandeesweek op na die Kempton Park-polisiekantoor oor die reeks moorde. Foto: OJ Koloti, Gallo Images"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Reeksmoordenaar of nie?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/ea2e4028746a154c79d6bd2eae0e0273","name":"Kaylie Joubert","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/629d7ea4b855d9a757581781c8ce230e8d6f32ace3962f93ef1cb5b0bfa71306?s=96&d=mm&r=g","caption":"Kaylie Joubert"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/kaylie-joubert\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reeksmoordenaar-of-nie\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"og_video":"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/NnLmCLgQ-H4","og_video_type":"text\/html","og_video_duration":"472","og_video_width":"480","og_video_height":"270","ya_ovs_adult":"false","ya_ovs_upload_date":"2026-09-18T13:00:45+00:00","ya_ovs_allow_embed":"true","geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335494","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/647"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=335494"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335494\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":335507,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/335494\/revisions\/335507"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=335494"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=335494"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=335494"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}