{"id":334833,"date":"2026-09-15T16:35:00","date_gmt":"2026-09-15T14:35:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=334833"},"modified":"2026-09-15T16:35:07","modified_gmt":"2026-09-15T14:35:07","slug":"vandag-in-die-nuus-84","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/","title":{"rendered":"Vandag in die nuus"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is die hoofnuus wat vandag, 15 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-plaaslik\" class=\"wp-block-heading\">Plaaslik<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die polisie het die aantal vroue wie se sterftes in Ekurhuleni amptelik ondersoek word, tot 7 verhoog, dit volg op die bevestiging dat \u2019n vrou wie se liggaam op 7 September in \u2019n rivier in Clayville gevind is, by die bre\u00ebr ondersoek ingesluit sal word.<\/li>\n\n\n\n<li>Ian Cameron, DA-LP, het aan Die Papier ges\u00ea dat daar \u2019n 7de lyk, di\u00e9 keer in Thembisa, gevind is, terwyl soortgeyke moorde in die Ekurhuleni-area die publiek se vrese vir reeksmoorde aanroer en s\u00ea die situasie word \u2018nog dringender\u2019, maar dat die polisie die bewyse moet volg, en \u2018nie die opskrifte nie\u2019.<\/li>\n\n\n\n<li>Fred Kekana, waarnemende polisiekommissaris in Gauteng, s\u00ea iemand moes iets gesien het terwyl ondersoekers \u2019n beroep op gemeenskappe doen om inligting te verskaf wat kan help om \u2019n reeks sterftes van vroue in Ekurhuleni op te los, en hy s\u00ea dit is kommerwekkend dat die getal vroue wie se liggame in openbare ruimtes gevind is, nou tot 6 gestyg het.<\/li>\n\n\n\n<li>Volgens die voormalige SAPD-kriminele profileerder Elmarie Myburgh behoort die Ekurhuleni-moorde as \u2019n moontlike reeksmoordenaar-saak ondersoek te word, aangesien die groeiende aantal slagoffers die risiko verhoog dat die polisie agter raak indien die sake nie deur \u2019n geko\u00f6rdineerde ondersoekbenadering hanteer word nie, het sy aan eNCA ges\u00ea.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"755\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WhatsApp-Image-2026-09-14-at-16.36.27-1024x755.jpeg\" alt=\"Elizabeth Moselakgomo (38) is positief uitgeken as die vierde slagoffer wat dood in Kempton Park aangetref is.\" class=\"wp-image-334683\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WhatsApp-Image-2026-09-14-at-16.36.27-1024x755.jpeg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WhatsApp-Image-2026-09-14-at-16.36.27-300x221.jpeg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WhatsApp-Image-2026-09-14-at-16.36.27-768x566.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WhatsApp-Image-2026-09-14-at-16.36.27-600x442.jpeg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WhatsApp-Image-2026-09-14-at-16.36.27.jpeg 1139w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Elizabeth Moselakgomo (38) is positief uitgeken as die vierde slagoffer wat dood in Kempton Park aangetref is. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Kempton Park-moorde: Sabrina Walter van Women For Change s\u00ea vroue is moeg daarvoor om voortdurend aanges\u00ea te word om meer waaksaam te wees om hulself teen geweld te beskerm, aangesien hulle reeds uiterste maatre\u00ebls tref om veilig te bly en aan die lewe te bly.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Gautengse departement van gesondheid het bevestig dat \u2019n 2de slagoffer onder die 5 vroue wat dood in die Kempton Park-omgewing aangetref is, ge\u00efdentifiseer is, met die ander 3 van die slagoffers wie se identiteite nog onbekend aan die owerhede bly.<\/li>\n\n\n\n<li>Die polisie het bevestig dat die meeste van die slagoffers in die Kempton Park-moorde seksueel aangerand is, terwyl ondersoekers steeds probeer vasstel wat die omstandighede van elke sterfte was en of die sake met mekaar verband hou.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/656930664_1288677673376464_7827968023770555767_n-1024x683.jpg\" alt=\"Adjunkpresident, Paul Mashatile.\" class=\"wp-image-312417\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/656930664_1288677673376464_7827968023770555767_n-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/656930664_1288677673376464_7827968023770555767_n-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/656930664_1288677673376464_7827968023770555767_n-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/656930664_1288677673376464_7827968023770555767_n-1536x1025.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/656930664_1288677673376464_7827968023770555767_n-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/656930664_1288677673376464_7827968023770555767_n-600x400.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/656930664_1288677673376464_7827968023770555767_n.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Adjunkpresident, Paul Mashatile. Foto: Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Adjunkpresident Paul Mashatile s\u00ea hy herstel goed nadat hy \u2019n geringe mediese prosedure ondergaan het, terwyl sy afwesigheid uit die openbare oog steeds kommer wek n\u00e1 hy in Julie laas tydens \u2019n regeringsgeleentheid in KwaZulu-Natal in die openbaar gesien is.<\/li>\n\n\n\n<li>Pemmy Majodina, minister van water en sanitasie, het om verskoning gevra vir haar onlangse uitbarsting: \u2018In die hitte van die oomblik het ek gereageer nadat kru taal teenoor my gebruik is. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid vir my optrede en betreur dit opreg dat ek met dieselfde woorde geantwoord het wat aan my gerig is.\u2019<\/li>\n\n\n\n<li>Die geskorste adjunkhoof van die EMPD, Julius Mkhwanazi, en sy 5 mede-beskuldigdes is borgtog geweier in die moordsaak van Emmanuel Mbense, met die 6 wat vandag in die Brakpan-landdroshof verskyn het en die saak tot 24 November uitgestel is.<\/li>\n\n\n\n<li>8 jaar nadat VBS Mutual Bank onder kuratorskap geplaas is n\u00e1 die beweerde plundering van byna R2 miljard, verskyn die voormalige ANC-tesourier in Limpopo, Danny Msiza, saam met 12 medebeskuldigdes in die Pretoria-hooggeregshof op aanklagte wat verband hou met die beweerde plundering van die bank.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ED_557159_78114-1024x683.jpeg\" alt=\"Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC.\" class=\"wp-image-312486\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ED_557159_78114-1024x683.jpeg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ED_557159_78114-300x200.jpeg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ED_557159_78114-768x512.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ED_557159_78114-1536x1024.jpeg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ED_557159_78114-2048x1366.jpeg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ED_557159_78114-1320x880.jpeg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ED_557159_78114-600x400.jpeg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC. Foto: Sharon Seretlo, Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>ANC se Fikile Mbalula, en die senior partylid Nkosazana Dlamini-Zuma staan vandag in die Johannesburgse hooggeregshof teenoor mekaar in \u2019n beweerde lastersaak, nadat Mbalula \u2019n dringende aansoek teen die voormalige minister ingestel het oor haar bewering dat hy afgevaardigdes tydens die ANC se verkiesingskonferensie in 2022 omgekoop het.<\/li>\n\n\n\n<li>Die omstrede polisieman Fannie Nkosi sal vanoggend weer in die Pretoria-Noord verskyn, met Nkosi wat in April in hegtenis geneem is op vuurwapenverwante aanklagte en nadat hofdokumente by sy woning gevind is.<\/li>\n\n\n\n<li>Die polisie het \u2019n saak van strafbare manslag geopen terwyl ondersoeke voortduur na \u2019n noodlottige botsing op die N1 waarin 21 mense dood is, met die botsing wat laat Sondagaand tussen Prince Albert en Leeu-Gamka plaasgevind en twee minibustaxi\u2019s en \u2019n Suzuki-SUV betrek het.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<h2 id=\"h-oorsee\" class=\"wp-block-heading\">Oorsee<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die Saoedi-Arabiese kroonprins, Mohammed bin Salman, en die Egiptiese president, Abdel Fattah al-Sisi, het tydens samesprekings in Ka\u00efro gevra vir vrye en veilige navigasie in die Rooi See, het die Egiptiese presidensie ges\u00ea.<\/li>\n\n\n\n<li>Kanada sal \u2019n belangrike vennoot van die VSA bly op \u2018sleutelgebiede\u2019, het premier Mark Carney vandag ges\u00ea: \u2018Aan ons Amerikaanse vriende wil ek dit s\u00ea: Ons sal altyd bure wees, en Kanada sal steeds die VSA se belangrikste vennoot in baie sleutelgebiede bly.\u2019<\/li>\n\n\n\n<li>Die Amerikaanse hooggeregshof het \u2019n groot terugslag toegedien aan president Donald Trump se pogings om deur die pos te stem voor die tussenverkiesings in November te beperk deur sy versoek af te wys om \u2019n hofbevel te verkry wat di\u00e9 soort stemmery te keer.<\/li>\n\n\n\n<li>Duisende mense het regoor Costa Rica betoog teen president Laura Fernandez se voorgestelde regshervormings, wat volgens kenners die land se demokrasie kan ondermyn.<\/li>\n\n\n\n<li>Navo-vegvliegtuie het \u2019n hommeltuig oor Litaue afgeskiet, het die Baltiese staat se president ges\u00ea, in die jongste veiligheidsvoorval aan die alliansie se oostelike grens te midde van Rusland se oorlog teen Oekra\u00efne.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260504__A9R98RU__v2__HighRes__TopshotCyprusIranUsIsraelWar-1-1320x880-1-1024x683.jpg\" alt=\"Die Straat van Hormoes, \u2019n noodsaaklike skeepsroete vir w\u00eareldwye olievoorrade, bly \u2019n brandpunt in die voortgesette konflik tussen Washington en Teheran.\" class=\"wp-image-323759\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260504__A9R98RU__v2__HighRes__TopshotCyprusIranUsIsraelWar-1-1320x880-1-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260504__A9R98RU__v2__HighRes__TopshotCyprusIranUsIsraelWar-1-1320x880-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260504__A9R98RU__v2__HighRes__TopshotCyprusIranUsIsraelWar-1-1320x880-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260504__A9R98RU__v2__HighRes__TopshotCyprusIranUsIsraelWar-1-1320x880-1-600x400.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260504__A9R98RU__v2__HighRes__TopshotCyprusIranUsIsraelWar-1-1320x880-1.jpg 1320w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die Straat van Hormoes, \u2019n noodsaaklike skeepsroete vir w\u00eareldwye olievoorrade, bly \u2019n brandpunt in die voortgesette konflik tussen Washington en Teheran. Foto: AFP.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>\u2019n Britse maritieme moniteringsorganisasie s\u00ea dit het \u2019n berig ontvang oor \u2019n vaartuig wat die vorige dag deur \u2019n onbekende projektiel in die strategies belangrike Straat van Hormoes getref is.<\/li>\n\n\n\n<li>Nairobi sal die W\u00eareld-atletiekkampioenskap vir buitelugatletiek in 2029 aanbied nadat die Keniaanse hoofstad aansoeke van Londen, M\u00fcnchen en Rome uitgestof het om die eerste Afrika-gasheerland van die toernooi te word.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Hof in Bangladesj het 7 senior leiers van die voormalige regeringsparty, waaronder 2 oudministers, by verstek ter dood veroordeel weens hul rol in die poging om die opstand in 2024 te onderdruk.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"556\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20251123__84X96_60712-1-1024x556.jpg\" alt=\"Engeland se Henry Pollock.\" class=\"wp-image-323349\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20251123__84X96_60712-1-1024x556.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20251123__84X96_60712-1-300x163.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20251123__84X96_60712-1-768x417.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20251123__84X96_60712-1-600x326.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20251123__84X96_60712-1.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Engeland se Henry Pollock. Foto: Glyn KIRK \/ AFP.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Henry Pollock, Engeland se jong rugbyster: \u2018Ek wil beslis in verskillende lande gaan woon, nuwe sportsoorte verken en nuwe geleenthede ontdek. Op die oomblik is rugby my hoogste prioriteit, so ek fokus in die nabye toekoms daarop, maar jy weet nooit wat om die volgende hoek vir jou wag nie.\u2019<\/li>\n\n\n\n<li>Abbas Aragtsji, die Iranse minister van buitelandse sake, sal m\u00f4re \u2019n besoek aan China afl\u00ea vir gesprekke met Chinese amptenare oor bilaterale betrekkinge en internasionale aangeleenthede, het Beijing aangekondig.<\/li>\n\n\n\n<li>Die VN het gevra dat internasionale ondersoekers toegang tot die hele Gasastrook verkry word om met die insameling van bewyse te help, terwyl honderde liggame uit die puin gehaal word.<\/li>\n\n\n\n<li>Die voormalige Ierse losskakel Ronan O\u2019Gara het sy kontrak as hoofafrigter van La Rochelle tot 2031 verleng, wat bespiegeling oor \u2019n moontlike skuif na internasionale rugby be\u00ebindig het.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Russiese oorlogskip het 2 noodfakkels op \u2019n Deense helikopter in die Oossee afgevuur, waarna die Russiese ambassadeur oor die voorval ontbied is, het Deense amptenare ges\u00ea en die Deense eerste minister het die optrede as \u2018roekeloos\u2019 bestempel.<\/li>\n\n\n\n<li>Die gemiddelde dieselprys in die VSA het \u2019n rekordhoogte van net minder as $6,27 per gelling bereik, het die motoristevereniging AAA ges\u00ea, terwyl die oorlog in die Midde-Ooste die beskikbaarheid van voorrade verder onder druk plaas.<\/li>\n\n\n\n<li>Die opbrengs op 10-jaar Amerikaanse staatseffekte het 5,02% getref, die hoogste vlak in 19 jaar, nadat stygende oliepryse weens die oorlog in die Midde-Ooste inflasievrese aangejaag het, met beleggers wat ook daarop wed dat die Amerikaanse Federale Reserweraad di\u00e9 week rentekoerse verder sal verhoog.<\/li>\n\n\n\n<li>Saoedi-Arabi\u00eb het gewaarsku dat hulle \u2018ferm\u2019 teen die Houthi-rebelle in Jemen sal optree nadat \u2019n reeks aanvalle deur die Iran-gesteunde groep, met behulp van ballistiese missiele en hommeltuie, 13 burgerlikes in die suide van die land beseer het.<\/li>\n\n\n\n<li>Belangrike wysigings aan die VSA se invoertariewe op Kanadese goedere het vandag in werking getree, met kase en motorbote wat by die lys van geraakte produkte gevoeg is, terwyl toiletpapier, visstokonderdele en sement nou van die tariewe vrygestel is.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is die hoofnuus wat vandag, 15 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":334835,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,15577],"class_list":["post-334833","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Vandag in die nuus | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vandag in die nuus\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is die hoofnuus wat vandag, 15 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-15T14:35:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-15T14:35:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ian_60517.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"680\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Franco Havenga\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Vandag in die nuus\",\"datePublished\":\"2026-09-15T14:35:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-15T14:35:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/\"},\"wordCount\":1315,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Ian_60517.jpg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/\",\"name\":\"Vandag in die nuus | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Ian_60517.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-15T14:35:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-15T14:35:07+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Ian_60517.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Ian_60517.jpg\",\"width\":1200,\"height\":680,\"caption\":\"Ian Cameron, DA-LP. Foto: Facebook.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Vandag in die nuus\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-84\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vandag in die nuus | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Vandag in die nuus","og_description":"Hier is die hoofnuus wat vandag, 15 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-15T14:35:00+00:00","article_modified_time":"2026-09-15T14:35:07+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":680,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ian_60517.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Franco Havenga","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Vandag in die nuus","datePublished":"2026-09-15T14:35:00+00:00","dateModified":"2026-09-15T14:35:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/"},"wordCount":1315,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ian_60517.jpg","keywords":["Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/","name":"Vandag in die nuus | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ian_60517.jpg","datePublished":"2026-09-15T14:35:00+00:00","dateModified":"2026-09-15T14:35:07+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ian_60517.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Ian_60517.jpg","width":1200,"height":680,"caption":"Ian Cameron, DA-LP. Foto: Facebook."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Vandag in die nuus"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-84\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/334833","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=334833"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/334833\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":334834,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/334833\/revisions\/334834"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/334835"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=334833"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=334833"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=334833"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}