{"id":333734,"date":"2026-09-08T16:32:19","date_gmt":"2026-09-08T14:32:19","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=333734"},"modified":"2026-09-08T16:37:15","modified_gmt":"2026-09-08T14:37:15","slug":"vandag-in-die-nuus-79","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/","title":{"rendered":"Vandag in die nuus"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is die hoofnuus wat vandag, 8 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-plaaslik\" class=\"wp-block-heading\">Plaaslik<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die ANC het die kieshof genader om die uitsluiting van sommige van sy kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing in November te betwis, en beweer dat tegniese probleme met die OVK se stelsel veroorsaak het dat hulle nie voor die sperdatum geregistreer is nie, \u2019n bewering wat die kommissie ontken.<\/li>\n\n\n\n<li>Polisievakbond Popcru meen dat gebrekkige infrastruktuur, eerder as personeel se nalatigheid, moontlik tot \u2019n gevangene se ontsnapping uit die Rooigrond-gevangenis naby Mahikeng bygedra het, nadat die departement van korrektiewe dienste 8 amptenare kennis gegee het dat hulle skorsing oorweeg n\u00e1 die voorval.<\/li>\n\n\n\n<li>SA se ekonomiese groei het in die 2de kwartaal met 0,2% gekrimp en daarmee \u2019n tydperk van 6 opeenvolgende kwartale van groei be\u00ebindig.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"624\" height=\"398\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/JOhann-Symington.jpeg\" alt=\"Johann Symington.\" class=\"wp-image-333735\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/JOhann-Symington.jpeg 624w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/JOhann-Symington-300x191.jpeg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/JOhann-Symington-600x383.jpeg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 624px) 100vw, 624px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Johann Symington. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>NG Kerk-predikant en skrywer Johann Symington, wat ook die redakteur van die Kerkbode en LIG-tydskrif was, is in die ouderdom van 78 oorlede.<\/li>\n\n\n\n<li>Die borgtogaansoek se uitspraak van die geskorste adjunkhoof van die EMPD, Julius Mkwanazi, en 5 medebeskuldigdes sal na verwagting vandag in die Brakpan-landdroshof gelewer word.<\/li>\n\n\n\n<li>Die onregmatige plasing van ekstra leerders by Swartruggens Gekombineerde Skool, wat belastingbetalers reeds derduisende rande gekos, is weer onder die loep met die Noordwes-onderwysdepartement wat nou deur die hooggeregshof beveel is om binne 5 dae alle uitstaande verslae en dokumentasie in te dien nadat dit verskeie hofsperdatums gemis het.<\/li>\n\n\n\n<li>Ndodana Tshuma het skuld beken op aanklagte van die onwettige besit van \u2019n vuurwapen en oortredings van die Immigrasiewet, terwyl Britse owerhede hom ook soek vir die moord op sy vrou en 2 dogters.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"700\" height=\"584\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/tshuma-e1784715817605.jpg\" alt=\"Die Britse voortvlugtige en vermeende moordverdagte, Ndodana Tshuma, het vandag in die hof verskyn op aanklagte van uitlewering en die onwettige besit van \u2019n vuurwapen.\" class=\"wp-image-325661\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/tshuma-e1784715817605.jpg 700w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/tshuma-e1784715817605-300x250.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/tshuma-e1784715817605-600x501.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 700px) 100vw, 700px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die Britse voortvlugtige en vermeende moordverdagte, Ndodana Tshuma, het vandag in die hof verskyn op aanklagte van uitlewering en die onwettige besit van \u2019n vuurwapen. Foto: Skermgreep.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die Parlement se ad hoc-komitee oor polisie het bevind dat die ontbinding van die taakspan wat politieke moorde ondersoek moontlik die motiewe van georganiseerde misdaadsindikate bevorder het, terwyl lede van die komitee wat bewerings van korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, ook saamstem dat die getuienis van Senzo Mchunu, wesenlike teenstrydighede bevat het.<\/li>\n\n\n\n<li>Bok-breier Rassie Erasmus oor laaste Greatest Rivalry-toets: \u2018Ons twyfel geensins dat dit n\u00f3g \u2019n epiese kragmeting gaan wees wat \u2019n volle 80 minute se maksimum inspanning in aanval \u00e9n verdediging sal verg nie, daarom sal ons die spelers hierdie week versigtig bestuur om seker te maak hulle is fisiek en geestelik gereed vir Saterdag.\u2019<\/li>\n\n\n\n<li>Greatest Rivalry: Rassie bly by gesoute span, met die beseerde Damian Willemse en vuurwarm Morn\u00e9 van den Berg wat die enigste twee veranderinge aan die beginspan is.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<h2 id=\"h-oorsee\" class=\"wp-block-heading\">Oorsee<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>12 lande, waaronder Brittanje, Kanada en Frankryk, het aangekondig dat hulle sanksies op handel met Israeliese nedersettings in die Wesoewer gaan instel n\u00e1 \u2019n toename in aanvalle deur Israeliese setlaars op Palestynse dorpe in di\u00e9 besette gebied.<\/li>\n\n\n\n<li>Juan Jesus Vivas, die leier van Spanje se Noord-Afrikaanse enklawe, Ceuta, het \u2019n beroep op die EU gedoen vir groter ondersteuning aan die gebied, wat hy as \u2019n \u2018drukkoker\u2019 beskryf het n\u00e1 die groot toestroming van buitelanders gedurende Julie vanjaar.<\/li>\n\n\n\n<li>Ysland se departement van buitelandse sake en minister hul minister van di\u00e9 departement het die Amerikaanse ambassadeur ontbied nadat president Donald Trump \u2019n kaart gedeel het waarop dit voorgekom het asof die eiland deel van die Verenigde State is.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"689\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260523__B3V64WG__v1__HighRes__UsPresidentDonaldTrumpMeetsWithMembersOfHisCabi-scaled-1-1024x689.jpg\" alt=\"Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake en president Donald Trump (regs).\" class=\"wp-image-321827\" style=\"width:878px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260523__B3V64WG__v1__HighRes__UsPresidentDonaldTrumpMeetsWithMembersOfHisCabi-scaled-1-1024x689.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260523__B3V64WG__v1__HighRes__UsPresidentDonaldTrumpMeetsWithMembersOfHisCabi-scaled-1-300x202.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260523__B3V64WG__v1__HighRes__UsPresidentDonaldTrumpMeetsWithMembersOfHisCabi-scaled-1-768x517.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260523__B3V64WG__v1__HighRes__UsPresidentDonaldTrumpMeetsWithMembersOfHisCabi-scaled-1-1536x1034.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260523__B3V64WG__v1__HighRes__UsPresidentDonaldTrumpMeetsWithMembersOfHisCabi-scaled-1-2048x1378.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260523__B3V64WG__v1__HighRes__UsPresidentDonaldTrumpMeetsWithMembersOfHisCabi-scaled-1-1320x888.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260523__B3V64WG__v1__HighRes__UsPresidentDonaldTrumpMeetsWithMembersOfHisCabi-scaled-1-600x404.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake en president Donald Trump (regs). Foto: Jim Watson \/ AFP.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die Duitse polisie het \u2019n verdagte in hegtenis geneem in verband met \u2019n reeks sabotasie-aanvalle op die elektrisiteitsnetwerk, met berigte wat daarop dui dat dit \u2019n 48-jarige klimaatsaktivis is.<\/li>\n\n\n\n<li>Israelse president Isaac Herzog het gewaarsku teen Britse sanksies op nedersettings in die besette Wesoewer wat na verwagting vandag aangekondig sou word en ges\u00ea die besluit sal \u2018aan die verkeerde kant van die geskiedenis\u2019 val.<\/li>\n\n\n\n<li>6 mense is dood en nog 9 word vermis nadat grondverskuiwings in Oos-China, veroorsaak deur swaar re\u00ebn n\u00e1 tifoon Saudel, gebiede getref het.<\/li>\n\n\n\n<li>Die teenwoordigheid van Serwiese amptenare by die begrafnis van die oorlogsmisdadiger Ratko Mladi\u0107, die sogenaamde \u2018Butcher of Bosnia\u2019, is \u2018uiters betreurenswaardig\u2019, het die EU-leiers Ursula von der Leyen en Ant\u00f3nio Costa ges\u00ea.<\/li>\n\n\n\n<li>2 diewe het by \u2019n museum wat aan die Franse impressionistiese skilder Pierre-Auguste Renoir in Suid-Frankryk gewy is, ingebreek en 4 kunswerke van sowat $10 miljoen gesteel, waarvan een laat val is toe hulle gevlug het.<\/li>\n\n\n\n<li>Brittanje het \u00a3100 miljoen (ongeveer R2,4 miljard) bewillig om Oekra\u00efne se lugverdediging te versterk, insluitend die verskaffing van Patriot-lugafweermissiele, het die regering aangekondig.<\/li>\n\n\n\n<li>Saoedi-Arabi\u00eb het ges\u00ea aanvalle deur Jemen se Houthi-rebelle op energiefasiliteite in die suide van die land het brande veroorsaak en sommige bedrywighede tydelik tot stilstand gebring.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is die hoofnuus wat vandag, 8 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":333738,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,15577],"class_list":["post-333734","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Vandag in die nuus | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vandag in die nuus\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is die hoofnuus wat vandag, 8 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-08T14:32:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-08T14:37:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_568918_75840.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"658\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Franco Havenga\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Vandag in die nuus\",\"datePublished\":\"2026-09-08T14:32:19+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-08T14:37:15+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/\"},\"wordCount\":766,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/ED_568918_75840.jpeg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/\",\"name\":\"Vandag in die nuus | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/ED_568918_75840.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-09-08T14:32:19+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-08T14:37:15+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/ED_568918_75840.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/ED_568918_75840.jpeg\",\"width\":1200,\"height\":658,\"caption\":\"Dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste. Foto: Gallo Images\\\/Darren Stewart.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Vandag in die nuus\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-79\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vandag in die nuus | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Vandag in die nuus","og_description":"Hier is die hoofnuus wat vandag, 8 September, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-08T14:32:19+00:00","article_modified_time":"2026-09-08T14:37:15+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":658,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_568918_75840.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Franco Havenga","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Vandag in die nuus","datePublished":"2026-09-08T14:32:19+00:00","dateModified":"2026-09-08T14:37:15+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/"},"wordCount":766,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_568918_75840.jpeg","keywords":["Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/","name":"Vandag in die nuus | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_568918_75840.jpeg","datePublished":"2026-09-08T14:32:19+00:00","dateModified":"2026-09-08T14:37:15+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_568918_75840.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/ED_568918_75840.jpeg","width":1200,"height":658,"caption":"Dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste. Foto: Gallo Images\/Darren Stewart."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Vandag in die nuus"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-79\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/333734","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=333734"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/333734\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":333736,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/333734\/revisions\/333736"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/333738"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=333734"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=333734"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=333734"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}