{"id":333033,"date":"2026-09-04T07:19:35","date_gmt":"2026-09-04T05:19:35","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=333033"},"modified":"2026-09-04T07:19:37","modified_gmt":"2026-09-04T05:19:37","slug":"oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/","title":{"rendered":"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was geen verrassing dat die Springbokke teruggeveg het om die tweede Greatest Rivalry-toets in die Kaap te wen nie.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar was net te veel faktore in die eerste toets wat gewys het \u2019n oorwinning was aan die kom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Boonop was die aantal strafskoppe wat die All Blacks in hul eie gebied op Ellispark afgestaan het, rooi ligte wat begin flikker het.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een ding wat onder die soeklig gekom het, was die Springbokke se verdediging.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoewel die All Blacks \u2019n sterk aanvallende span is, was tekens reeds vroe\u00ebr vanjaar sigbaar dat die Bokke nie hulle standaarde handhaaf nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit het \u2019n paar redes.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gebrek aan samehorigheid wat die proefspanne in Julie gewys het, het duidelik na vore gekom.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sommige spelers is met die spoed en intensiteit van internasionale rugby onkant betrap.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&#8217;n Mens moet egter ook in ag neem hoe die landskap op verdediging verander het.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Veranderinge deur W\u00eareld\u00adrugby het die klem meer na die aanvallende span geskuif. Kom ons kyk: Met laer lakwerk het dit moeiliker geword om kontak te oorheers. Die aanvallende span kan verder veld wen, die bal vinniger uitgee en met tyd en ruimte voortspeel. Om daarvoor te vergoed, sien ons dat verde\u00addigers dubbellakke uitvoer, wat getalle elders kan be\u00efnvloed.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die onkantlyn vir die verdedigende skrumskakels het die aanvallende span genoeg plek om gevaarlike aanvalle af te stuur. <\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/2f2c78c9-2dc4-4194-9541-4a75ac416af3.006.jpg\" alt=\"Ethan Hooker lak Leroy Carter tydens Saterdag se wedstryd. \" class=\"wp-image-333147\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/2f2c78c9-2dc4-4194-9541-4a75ac416af3.006.jpg 650w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/2f2c78c9-2dc4-4194-9541-4a75ac416af3.006-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/2f2c78c9-2dc4-4194-9541-4a75ac416af3.006-600x397.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Ethan Hooker lak Leroy Carter tydens Saterdag se wedstryd. Foto: Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die 50:22-skop het ook meer ruimte en onsekerheid in die voorste verdedigingslinies geskep, aangesien spelers hul opsies moet oop hou en moeilike besluite moet neem oor of hulle vorentoe moet druk of eerder agter moet terugval.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Saam met die evolusie van moderne aanvallende patrone en die beter vermo\u00eb van spelers as \u2019n reaksie van hoe oorheersend verdediging geraak het, wys dit ons hoe goed spanne deesdae verdedig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tog voel ons die Bokke is nog nie presies waar hulle wil wees nie. By die braaivleisvure en op die internet hoor ons daar is dalk \u2019n probleem met die Bokke se stelsel, of dat ons teenstanders te maklik aan ons buitekant verbyglip. Vandag wil ek dus kyk of hierdie argumente water dra.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Niemand sal ontken dat dit heel dramaties lyk wanneer \u2019n span om die Bokke hardloop nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die jakkals is in die hoenderhok. Groen truie skarrel oral om \u2019n katastofiese breek te probeer hokslaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Omdat dit dramaties lyk, is dit wat ons n\u00e1 \u2019n wedstryd onthou. Dit verdraai die algehele pren\u00adtjie van verdediging. Ek het elke liewe All Black-aanval in die tweede toets ontleed om te kyk of daar enige probleem met die Bokke se verdedigingstelsel is en hoe sleg die Bokke aan die buitekant betrap is. Die antwoorde kan jou dalk verras.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"SOUTH AFRICA v NEW ZEALAND | 2nd Test Highlights | Rugby&amp;apos;s Greatest Rivalry 2026\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/nVBwp-poV-g?start=87&amp;feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van die 30 keer dat die All Blacks aangeval het, het elke aanvalspoging veelvuldige fases gehad asook veelvuldige kere wat die bal uitgegee is. Hiermee het hulle vier drie\u00eb gedruk.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Bokke kan gewis beter vaar as dit. Hou in gedagte dat die All Blacks daarvan hou om besit te behou en voortdurend jou verdediging sal toets om \u2019n opening te bewerkstellig. Dit wys waarom hulle hiermee een van die gevaarlikste spanne in die w\u00eareld is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van die 30 All Black-bewe\u00adgings is die Bokke 14 keer beloon deur middel van omgekeerde besit, \u2019n strafskop om besit terug te wen n\u00e1 \u2019n swak skop of om \u2019n fout af te dwing.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit beteken 46% van die All Blacks se aanvallende pogings het op \u2019n voordeel vir die Bokke uitgeloop. Dis massief. Amper die helfte van die All Blacks se aanvalspogings het die Bokke \u2019n voordeel gegee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alles kom neer op die Bokke se aggressiewe lynspoed en honger vir risiko. Hulle is bereid om kanse te waag, maar word gereeld daarvoor beloon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek werp lig daarop omdat ons soms van die gelykmaker vergeet. Wat in ons geheue vasskop, is die rare glips aan ons buitekant en nie die voordeel elke keer as die Bokke \u2019n aanslaan afdwing nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Bokke glo hoe verder hulle veld-op kan kom en dieper aange\u00eb kan afdwing, hoe meer tyd het het hulle om die gate op  die kante te stop.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jy dus die Bokke se D-stelsel beoordeel, beteken dit nie noodwendig hoeveel keer spanne aan die buitekant om is nie. Dit gaan oor hoe doeltreffend hierde breekslae hanteer word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van die All Blacks se 30 aanvalspogings het hulle ses keer verby die \u201c<em>edge<\/em>\u201d gekom. En van di\u00e9 ses breekslae het hulle net een keer verby die tweede verdediger gekom \u2013 wat op \u2019n drie uitgeloop het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">It&#39;s going to be big.<a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/Springboks?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#Springboks<\/a> <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/ForeverGreenForeverGold?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#ForeverGreenForeverGold<\/a> <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/RugbysGreatestRivalry?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#RugbysGreatestRivalry<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/BRClaxpzcg\">pic.twitter.com\/BRClaxpzcg<\/a><\/p>&mdash; Springboks (@Springboks) <a href=\"https:\/\/x.com\/Springboks\/status\/2095044052802768910?ref_src=twsrc%5Etfw\">September 2, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ja, om die Bokke aan die buitekant te klop, lyk dramaties, maar dit gebeur nie baie nie.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kyk weer na die wedstryd en julle sal sien die Bokke se aggressie het hulle aan die buitekant nie werklik duur te staan gekom nie.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Waar het die ander drie drie\u00eb dan vandaan gekom? Ek sou s\u00ea dit was eerder die gevolg van spelersfoute as \u2019n probleem met die stelsel. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een drie het gekom n\u00e1 \u2019n gebroke spelfase n\u00e1 \u2019n skop, \u2019n ander n\u00e1 \u2019n duikslag wat gemis is vanaf \u2019n lynstaan, en \u2019n derde n\u00e1 \u2019n langdurige en uitmergelende Nieu-Seelandse aanval op die doellyn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Mens kan redeneer dat \u2019n stelsel dit vir spelers moeiliker kan maak en s\u00f3 tot foute lei, maar ek dink nie dit was in di\u00e9 wedstryd die geval nie. Hierdie week sal dit in die Bok-kamp eerder gaan oor die slyp van duikslagtegniek, beter kommunikasie en duideliker rolverdeling.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar die stelsel? Die stelsel werk. En die Bokke se sogenaamde \u201cprobleme\u201d aan die buitekant is \u2019n mite. Hulle is doelbewus bereid om klein verliese, wat op die oog af gevaarlik lyk, te aanvaar in ruil vir veel groter winste wat in werklikheid van groot waarde is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was geen verrassing dat die Springbokke teruggeveg het om die tweede Greatest Rivalry-toets in die Kaap te wen nie. Daar was net te veel faktore in die eerste toets wat gewys het \u2019n oorwinning was aan die kom. Boonop was die aantal strafskoppe wat die All Blacks in hul eie gebied op Ellispark afgestaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":312489,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Oom Rugby","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[22],"tags":[15970,17637,15936,15560,15591,15819],"class_list":["post-333033","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sport","tag-all-blacks","tag-greatest-rivalry","tag-oom-rugby","tag-rugby","tag-sport","tag-springbokke"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit was geen verrassing dat die Springbokke teruggeveg het om die tweede Greatest Rivalry-toets in die Kaap te wen nie. Daar was net te veel faktore in die eerste toets wat gewys het \u2019n oorwinning was aan die kom. Boonop was die aantal strafskoppe wat die All Blacks in hul eie gebied op Ellispark afgestaan [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-04T05:19:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-04T05:19:37+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"860\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Oom Rugby\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging\",\"datePublished\":\"2026-09-04T05:19:35+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-04T05:19:37+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/\"},\"wordCount\":973,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\",\"keywords\":[\"All Blacks\",\"Greatest Rivalry\",\"Oom Rugby\",\"Rugby\",\"Sport\",\"Springbokke\"],\"articleSection\":[\"Sport\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/\",\"name\":\"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-04T05:19:35+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-04T05:19:37+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\",\"width\":1280,\"height\":860,\"caption\":\"Aanlyn rugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 skryf vir Die Papier.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sport\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sport\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta property=\"og:video\" content=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/nVBwp-poV-g\" \/>\n<meta property=\"og:video:type\" content=\"text\/html\" \/>\n<meta property=\"og:video:duration\" content=\"503\" \/>\n<meta property=\"og:video:width\" content=\"480\" \/>\n<meta property=\"og:video:height\" content=\"270\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:adult\" content=\"false\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:upload_date\" content=\"2026-09-04T05:19:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:allow_embed\" content=\"true\" \/>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging","og_description":"Dit was geen verrassing dat die Springbokke teruggeveg het om die tweede Greatest Rivalry-toets in die Kaap te wen nie. Daar was net te veel faktore in die eerste toets wat gewys het \u2019n oorwinning was aan die kom. Boonop was die aantal strafskoppe wat die All Blacks in hul eie gebied op Ellispark afgestaan [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-04T05:19:35+00:00","article_modified_time":"2026-09-04T05:19:37+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":860,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Oom Rugby","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging","datePublished":"2026-09-04T05:19:35+00:00","dateModified":"2026-09-04T05:19:37+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/"},"wordCount":973,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","keywords":["All Blacks","Greatest Rivalry","Oom Rugby","Rugby","Sport","Springbokke"],"articleSection":["Sport"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/","name":"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","datePublished":"2026-09-04T05:19:35+00:00","dateModified":"2026-09-04T05:19:37+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","width":1280,"height":860,"caption":"Aanlyn rugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 skryf vir Die Papier."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sport","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sport\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Oom Rugby: Die waarheid oor die Bokke se verdediging"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-die-waarheid-oor-die-bokke-se-verdediging\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"og_video":"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/nVBwp-poV-g","og_video_type":"text\/html","og_video_duration":"503","og_video_width":"480","og_video_height":"270","ya_ovs_adult":"false","ya_ovs_upload_date":"2026-09-04T05:19:35+00:00","ya_ovs_allow_embed":"true","geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/333033","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=333033"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/333033\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":333148,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/333033\/revisions\/333148"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/312489"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=333033"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=333033"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=333033"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}