{"id":332982,"date":"2026-09-05T16:00:00","date_gmt":"2026-09-05T14:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=332982"},"modified":"2026-09-05T10:59:54","modified_gmt":"2026-09-05T08:59:54","slug":"bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/","title":{"rendered":"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jong speler het ek baie foute gemaak. Ek was baie gelukkig om saam met puik individue in \u2019n paar wonderlike spanne te speel, saam met die Springbokke te toer, \u2019n paar bekers te wen en deel van fantastiese veldtogte te wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar sodra ek enigiets gedoen het wat nie bloot met my prestasie op die veld verband gehou het nie, kon ek voel hoe die krake begin wys. \n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek kon werklik die verskil in my spel aanvoel. Ek het destyds \u2019n baie ambisieuse en entoesiastiese agent gehad \u2013 ek was een van die eerste spelers in die land wat \u2019n agent gehad het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het my as die gesig of verteenwoordiger van bykans enigiets aangebied \u2013 optredes, aandetes en sulke dinge.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit het my fokus regtig weggeneem. Toe ek hierdie week terugdink aan daardie dae terwyl ek twee ongelooflike, ho\u00ebtempo en intense rugbywedstryde gekyk het, het dit my laat besef dat Dave Rennie en Rassie Erasmus in \u2019n bekgeveg gewikkel is om juis d\u00edt vir hul spelers moontlik te maak. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Almal spring in! Het ons reg geskrum? Het ons hoog gelak? Het hulle die skeidsregter be\u00efnvloed? Het ons iets verkeerd gedoen?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die bespiegelings en gesprekke rakende die wedstryde het eintlik nie een van die spelers op die veld aangeval nie. Suid-\u00adAfrika het \u2019n paar veranderinge weens beserings gemaak. Dit is omtrent al hoe dit die spelers geraak het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is \u2019n groot pluimpie vir hier\u00addie meesters van die afrigtingskuns, want hulle het al die druk van daardie spelers af geneem en hulle toegelaat om op die spel te fokus. Miskien is dit hoekom die standaard so hoog was; miskien is dit hoekom die wedstryde so fel was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Miskien is dit hoekom hulle die beste afrigters ter w\u00eareld is.\n<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Springboks v All Blacks | 2nd Test Match RGR | Extended Highlights | 29 August 2026\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/-A-Le1xER7E?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Statistieke is oor die totale speeltyd van hierdie Springbokgroep in vergelyking met Nieu-Seeland bekendgemaak.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Rassie Erasmus was baie reg\u00aduit toe hy ges\u00ea het hulle kon die groep genoeg roteer sodat die spelers nie buitensporig moeg gaan wees weens \u2019n paar ekstra minute op die veld nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Natuurlik is daar fisieke bot\u00adsings en die ekstra bydraes van spelers, maar oor die algemeen dink ek die Springbokke het \u2019n redelik gesonde gemiddelde rustyd gehad in vergelyking met hul teenstanders \u2013 wat dit te\u00ebwerk deur gemiddeld jonger te wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die verskil in \u2019n toetswedstryd kan een systap wees wat net \u2019n bietjie te ver of te kort is; een onderskep-bal wat nie in jou hand beland nie, of wel, omdat jy daardie ekstra woema oor het; een duikslag wat jy mis of wel uitvoer, afhangend van jou fisieke toestand.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek dink dus \u2019n groot faktor sal wees hoe vars ons die Suid-Afri\u00adkaanse spelers wat mekaar so goed ken, kan hou.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">It&#39;s double-header Saturday at FNB Stadium \ud83c\uddff\ud83c\udde6<br><br>Stream all the action LIVE on DStv: <a href=\"https:\/\/t.co\/qFpxGWMJsX\">https:\/\/t.co\/qFpxGWMJsX<\/a> \ud83c\udfa5<a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/Springboks?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#Springboks<\/a> <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/BokWomen?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#BokWomen<\/a> <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/RugbysGreatestRivalry?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#RugbysGreatestRivalry<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/Ke6dgkjxx7\">pic.twitter.com\/Ke6dgkjxx7<\/a><\/p>&mdash; Springboks (@Springboks) <a href=\"https:\/\/x.com\/Springboks\/status\/2096116117177778581?ref_src=twsrc%5Etfw\">September 5, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In vergelyking met Erasmus was Rennie se stilte di\u00e9 week oorverdowend. Dit is werklik \u2019n wedstryd in die media wat in die hemel gemaak is, en die swaargewig-afrigters met die beste spelers en hulpbronne speel ook hul eie speletjies. Heerlik om dop te hou!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons moet die feit respekteer dat hierdie jong Nieu-Seelandse span mekaar werklik gevind het en van bykans enige plek af kan aanval.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle het die wydte van die veld beter as ons benut. Hulle het die kombinasies en aangee tussen voorspelers en agterspe\u00adlers beter as ons gebruik en hulle kon wegbreek en drie\u00eb druk danksy daardie wydte en hul aanvallende ingesteldheid.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is iets wat Suid-Afrika sal moet aanhou om te\u00eb te werk.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het gesien hoe Jesse Kriel veral in die laaste minute van die wedstryd hard gewerk het aan die \u2018buite-na-binne\u2019-verde\u00addiging.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">A new <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/Springboks?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#Springboks<\/a> record for Siya, PSDT and Jasper \ud83d\udc4a<a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/ForeverGreenForeverGold?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#ForeverGreenForeverGold<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/e2Kfy88rvI\">pic.twitter.com\/e2Kfy88rvI<\/a><\/p>&mdash; Springboks (@Springboks) <a href=\"https:\/\/x.com\/Springboks\/status\/2096146321887690960?ref_src=twsrc%5Etfw\">September 5, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pieter-Steph du Toit het dit ook gedoen, maar dit was Andr\u00e9 Esterhuizen se omgekeerde balbesit aan die ander kant van die veld in die laaste minuut, wat beteken het ons kon steeds die wedstryd met \u2019n gemaklike sewe punte wen \u2013 al was Nieu-Seeland vir \u2019n baie, baie lang tyd in besit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Voluit, alles ingesit, vir die volle wedstryd \u2013 dit sal beteken dat oorwinning vir een span moontlik is, terwyl die ander span hoogstens op \u2019n gelykopuitslag kan hoop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan na Baltimore toe!!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sjoe, ek is sommer nou al opgewonde \u00e9n senuweeagtig oor di\u00e9 een!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Aan die vermaak- en pretkant was \u201chow low can you go\u201d die meme van die week. Welgedaan aan die borge en vennote wat hulself op die voorblaaie van koerante regoor die w\u00eareld bevind het! Maak meer vlie\u00ebnierskole in Suid-Afrika oop. Die vlie\u00ebniers is uitsonderlik en waaghalsig dapper!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is goed om te sien hoe oudspelers en ontleders by die gesprekspunte inspring en die toer een van die mees opwindende toere in onlangse geskiedenis maak. Maar, nog belangriker vir my, is dit goed om te sien hoe almal dit geniet.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is wonderlik om Justin Marshall, Schalk Burger, John Smit, Hanyani Shimange, Andrew Mehrtens en sulke ouens oor die Buffalo-klub te hoor praat, waar mense glo nie \u2019n bier in hul regterhand mag vashou nie, en foto\u2019s plaas van diegene wat di\u00e9 fout gemaak het. Skreeusnaaks.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is ook lekker om te sien hoe Dan Carter, Richie McCaw en Beaver hul dag in Kaapstad begin deur Tafelberg uit te draf.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">Your match day 23 \ud83e\uddec\ud83c\uddff\ud83c\udde6<a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/Springboks?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#Springboks<\/a> | <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/ForeverGreenForeverGold?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#ForeverGreenForeverGold<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/KhH44ZBvHL\">pic.twitter.com\/KhH44ZBvHL<\/a><\/p>&mdash; Springboks (@Springboks) <a href=\"https:\/\/x.com\/Springboks\/status\/2095796964369568210?ref_src=twsrc%5Etfw\">September 4, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle behoort almal \u2019n draai by The Alexander Estate aan die rand van Noordhoek Village te gaan maak. Dit is asemrowend mooi en bied die beste wyn en gasvryheid op die Skiereiland!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is goed om te sien hoe mense soos Bakkies Botha oudspelers en ondersteuners in die Suid-Afrikaanse bosveld onthaal op safari, met \u2019n paar biere en waarskynlik ook \u2019n brandewyn of twee, terwyl hulle gesprekke voer wat soveel vir die spel beteken.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is ook goed om te sien hoe oudspelers in die kommentatorspan tyd saam met hul voormalige teenstanders deurbring.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sean Fitzpatrick en Zinzan Brooke geniet Suid-Afrika, geniet hul tyd hier en sien hul ou opponente weer op die veld. Dit is wonderlik om die aard van rugby en die verhoudings wat dit regoor die w\u00eareld skep, te sien.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Volg Bob Skinstad op <strong><a href=\"https:\/\/www.linkedin.com\/in\/bob-skinstad\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">LinkedIn<\/a>.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As jong speler het ek baie foute gemaak. Ek was baie gelukkig om saam met puik individue in \u2019n paar wonderlike spanne te speel, saam met die Springbokke te toer, \u2019n paar bekers te wen en deel van fantastiese veldtogte te wees. Maar sodra ek enigiets gedoen het wat nie bloot met my prestasie op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":327849,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Bob Skinstad","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[22],"tags":[15970,17800,17637,15560,15591,15819,15577],"class_list":["post-332982","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sport","tag-all-blacks","tag-bob-skinstad","tag-greatest-rivalry","tag-rugby","tag-sport","tag-springbokke","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"As jong speler het ek baie foute gemaak. Ek was baie gelukkig om saam met puik individue in \u2019n paar wonderlike spanne te speel, saam met die Springbokke te toer, \u2019n paar bekers te wen en deel van fantastiese veldtogte te wees. Maar sodra ek enigiets gedoen het wat nie bloot met my prestasie op [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-05T14:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/enhanced_imagefa.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1190\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Bob Skinstad\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend\",\"datePublished\":\"2026-09-05T14:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/\"},\"wordCount\":1019,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/enhanced_imagefa.jpg\",\"keywords\":[\"All Blacks\",\"Bob Skinstad\",\"Greatest Rivalry\",\"Rugby\",\"Sport\",\"Springbokke\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Sport\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/\",\"name\":\"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/enhanced_imagefa.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-05T14:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/enhanced_imagefa.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/enhanced_imagefa.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1190,\"caption\":\"Bok-kaptein Bob Skinstad. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sport\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sport\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta property=\"og:video\" content=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/-A-Le1xER7E\" \/>\n<meta property=\"og:video:type\" content=\"text\/html\" \/>\n<meta property=\"og:video:duration\" content=\"885\" \/>\n<meta property=\"og:video:width\" content=\"480\" \/>\n<meta property=\"og:video:height\" content=\"270\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:adult\" content=\"false\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:upload_date\" content=\"2026-09-05T14:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:allow_embed\" content=\"true\" \/>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend","og_description":"As jong speler het ek baie foute gemaak. Ek was baie gelukkig om saam met puik individue in \u2019n paar wonderlike spanne te speel, saam met die Springbokke te toer, \u2019n paar bekers te wen en deel van fantastiese veldtogte te wees. Maar sodra ek enigiets gedoen het wat nie bloot met my prestasie op [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-05T14:00:00+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1190,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/enhanced_imagefa.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Bob Skinstad","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend","datePublished":"2026-09-05T14:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/"},"wordCount":1019,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/enhanced_imagefa.jpg","keywords":["All Blacks","Bob Skinstad","Greatest Rivalry","Rugby","Sport","Springbokke","Top"],"articleSection":["Sport"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/","name":"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/enhanced_imagefa.jpg","datePublished":"2026-09-05T14:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/enhanced_imagefa.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/enhanced_imagefa.jpg","width":2560,"height":1190,"caption":"Bok-kaptein Bob Skinstad. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sport","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sport\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Bob Skinstad: Rennie se stilte is oorverdowend"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bob-skinstad-rennie-se-stilte-is-oorverdowend\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"og_video":"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/-A-Le1xER7E","og_video_type":"text\/html","og_video_duration":"885","og_video_width":"480","og_video_height":"270","ya_ovs_adult":"false","ya_ovs_upload_date":"2026-09-05T14:00:00+00:00","ya_ovs_allow_embed":"true","geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332982","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=332982"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332982\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":333281,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332982\/revisions\/333281"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/327849"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=332982"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=332982"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=332982"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}