{"id":332916,"date":"2026-09-04T10:39:00","date_gmt":"2026-09-04T08:39:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=332916"},"modified":"2026-09-07T11:18:43","modified_gmt":"2026-09-07T09:18:43","slug":"die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/","title":{"rendered":"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Andrew Mellish, \u2019n eerstegeslag-wynmaker, is gekroon as vanjaar se wenner in die tweede seisoen van VIA se realiteitsprogram <em>Die Wynmeester<\/em>. Mellish het vyf ander onafhanklike wynmakers uitgestof om met die gesogte titel weg te stap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maklik was dit nie. Die deelnemers moes in elke episode iets takel wat nie heeltemal binne hul gemaksone is nie. Hulle is immers wynmakers, maar daar is geproe en wyne met disse gepaar. Hulle moes selfs hul eie etikette ontwerp \u2013 en dis iets wat gewoonlik nie oornag gebeur nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die pylvak moes die top-3-wynmakers \u2013 Anrico Solomons, Janco de Kock en Andrew Mellish \u2013 ook boonop hul eie pizzas voorberei om met wyn wat hulle self gemaak het, te paar. Abrie Beeslaar, hoofbeoordelaar en die man wat as een van die grootste wynmakers in Suid-Afrika beskryf word, het saam met Johan de Villiers van Klein Roosboom Boetiek-wynlandgoed (en ook <em>Kokkedoor: Vuur en vlam<\/em>-wenner) die kos-en-wynparing beoordeel.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die laaste hekkie wat oorgesteek moes word, was Duncan Savage, \u2019n wynmaker in eie reg en ook lid van die Kaapse Wynmakersgilde en die man aan wie die top-3 hul wyne moes bekend stel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Andrew vertel meer:<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-het-jou-laat-besluit-om-geslagte-lange-melkboerdery-vir-wingerde-te-verruil-en-hoe-het-die-familie-hierdie-oorgang-ervaar-het-dit-baie-veranderinge-in-jou-lewe-teweeggebring\" class=\"wp-block-heading\">Wat het jou laat besluit om geslagte lange melkboerdery vir wingerde te verruil? En hoe het die familie hierdie oorgang ervaar? Het dit baie veranderinge in jou lewe teweeggebring?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar was destyds baie belangstelling in Durbanville van Brown-Forman, wat op daardie stadium onder die 10 grootste drankmaatskappye ter w\u00eareld was. Hulle het wynkelders in Kaliforni\u00eb en Itali\u00eb besit en Durbanville as \u2019n geleentheid ge\u00efdentifiseer om \u2019n wynkelder te vestig.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het hiervan te hore gekom en die nuutgestigte Distell het besluit om Durbanville Hills in vennootskap met die plaaslike druiweprodusente te vestig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek was destyds op ho\u00ebrskool en ek en my pa het \u2019n gesprek gehad en besluit om wingerde aan te plant en \u2019n verskaffingsooreenkoms met Durbanville Hills te onderteken.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was \u2019n gelukkige oorgang, want my pa hoef sedert ons die melkery in 2002 verkoop het, nie meer oor naweke te werk nie. Ek was baie meer ge\u00efnteresseerd in wingerde en wynmaak as melkboerdery, en n\u00e1 matriek is ek na die Universiteit Stellenbosch toe om wingerd- en wynkunde te studeer.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-jy-word-beskryf-as-die-eienaar-direkteur-wingerdkundige-en-wynmaker-van-mellish-wyne-aan-die-hoof-van-jul-familieplaas-welbeloond-maar-dit-is-glo-nie-n-maklike-stuk-aarde-nie-met-sy-oeroue-skaliegrond-en-koel-kusklimaat-met-die-atlantiese-kus-sowat-9-km-van-julle-af-soos-die-kraai-vlieg-hoeveel-van-die-besluite-by-welbeloond-is-ook-diep-gewortel-in-instink-eerder-as-wetenskaplike-kennis\" class=\"wp-block-heading\">Jy word beskryf as die eienaar, direkteur, wingerdkundige en wynmaker van Mellish-wyne, aan die hoof van jul familieplaas, Welbeloond. Maar dit is glo nie \u2019n maklike stuk aarde nie, met sy oeroue skaliegrond en koel kusklimaat, met die Atlantiese kus sowat 9 km van julle af soos die kraai vlieg. Hoeveel van die besluite by Welbeloond is ook diep gewortel in instink eerder as wetenskaplike kennis?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie van die besluite wat ons neem, spruit uit ervaring. Ons gebruik ons wetenskaplike kennis om aanvanklik ons beste oordeel te vel oor wat om te doen, maar elke grondtipe, helling, mikroklimaat en wingerdstok is uniek. Dit is waar die ervaring om oor baie oesjare heen met \u2019n spesifieke terrein te werk, \u2019n rol begin speel.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-alhoewel-jy-reeds-in-2015-organies-begin-boer-het-het-jy-eers-in-2025-amptelike-organiese-sertifisering-ontvang-wat-het-daardie-erkenning-vir-jou-beteken\" class=\"wp-block-heading\">Alhoewel jy reeds in 2015 organies begin boer het, het jy eers in 2025 amptelike organiese sertifisering ontvang. Wat het daardie erkenning vir jou beteken?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die sertifiseringsproses behels drie jaar se oudits. Aanvanklik was dit vir my belangriker om organies te boer om die lewe in die grond te herstel en op te hou om harde chemikalie\u00eb in die omgewing te gebruik.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek was nie juis bekommerd oor sertifisering nie, maar al hoe meer mense het begin om groenwas-praktyke te gebruik en daarop aanspraak te maak dat hulle organies boer, terwyl sommige se praktyke nie juis eg voorgekom het nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het dus besef dat dit nodig geword het om die sertifisering te h\u00ea om ons kli\u00ebnte die versekering te gee dat ons die regte ding doen.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-hoe-het-dit-gevoel-om-jou-heel-eerste-mellish-family-vineyards-wyn-in-jou-hande-te-hou\" class=\"wp-block-heading\">Hoe het dit gevoel om jou heel eerste Mellish Family Vineyards-wyn in jou hande te hou?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was ongelooflik lonend. Dit was \u2019n reis van 20 jaar tot op daardie oomblik, en dit was die bevestiging dat al die harde werk en besluite wat oor daardie tyd geneem is, die moeite werd was.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-waar-sien-jy-jouself-en-mellish-family-vineyards-oor-10-jaar\" class=\"wp-block-heading\">Waar sien jy jouself en Mellish Family Vineyards oor 10 jaar?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons sal ons eie wynkelder met \u2019n kapasiteit van 100 ton en \u2019n proelokaal h\u00ea, waar ons sowat 72 000 bottels uitsonderlike wyn sal produseer, waarvan die helfte uitgevoer sal word. Ons markte sal goed gevestig wees en die handelsmerk sal sinoniem wees met gehalte, konsekwentheid en integriteit.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-hoe-het-jy-jou-tyd-op-die-wynmeester-ervaar-jy-het-die-meeste-van-die-tyd-betreklik-kalm-oorgekom-maar-was-dit-vreemder-of-meer-uitdagend-as-wat-jy-verwag-het-en-wat-was-vir-jou-die-moeilikste-deel\" class=\"wp-block-heading\">Hoe het jy jou tyd op <em>Die Wynmeester<\/em> ervaar? Jy het die meeste van die tyd betreklik kalm oorgekom, maar was dit vreemder of meer uitdagend as wat jy verwag het? En wat was vir jou die moeilikste deel?<\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"576\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1024x576.png\" alt=\"Andrew en programaanbieder Danie van der Merwe. Foto: Verskaf\" class=\"wp-image-332922\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1024x576.png 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-300x169.png 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-768x432.png 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1536x864.png 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-640x360.png 640w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1320x743.png 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-600x338.png 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe.png 1920w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Andrew en programaanbieder Danie van der Merwe. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het my tyd op <em>Die Wynmeester<\/em> baie geniet. Die TV-span was baie professioneel en \u2019n plesier om mee saam te werk.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek was aanvanklik bekommerd omdat ek nie geweet het wat om te verwag nie, en dit was waarskynlik die grootste uitdaging \u2013 om vir lang tye buite my gemaksone te wees. Op die ou end was daar niks om oor bekommerd te wees nie en ons het baie pret gehad en nuwe vriendskappe gesmee.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-jy-het-genoem-dat-jy-baie-by-die-ander-deelnemers-geleer-het-wil-jy-n-bietjie-meer-daaroor-vertel\" class=\"wp-block-heading\">Jy het genoem dat jy baie by die ander deelnemers geleer het. Wil jy \u2019n bietjie meer daaroor vertel?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elkeen van ons staan voor baie soortgelyke uitdagings, maar elkeen se verhaal is anders, met verskillende sterk- en swakpunte. Dit was wonderlik om mekaar se verhale te leer ken en uit mekaar se foute en suksesse te leer. Ons het ook \u2019n netwerk van mense geskep wat \u2019n waardevolle hulpbron kan wees.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-is-daar-een-wyn-of-dalk-meer-as-een-wat-jy-eendag-graag-as-die-absolute-kroonproduk-van-mellish-family-vineyards-sal-wil-bottel\" class=\"wp-block-heading\">Is daar een wyn \u2013 of dalk meer as een \u2013 wat jy eendag graag as die absolute kroonproduk van Mellish Family Vineyards sal wil bottel?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek hou my portefeulje klein, want elke wyn wat ek maak, is vir my baie spesiaal. Ons maak tans vier wyne, en dit kan moontlik tot ses groei, met planne vir \u2019n Cabernet Sauvignon-rooiversnit en \u2019n Blanc de Blancs Cap Classique. Ek sal eers daarmee eksperimenteer, en as ek voel dat die wyne uitstekend is, sal ek hulle aan die mark bekendstel.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-is-die-beste-raad-wat-jy-nog-as-wynmaker-gekry-het-en-watter-raad-sal-jy-aan-aspirant-wynmakers-wil-gee\" class=\"wp-block-heading\">Wat is die beste raad wat jy nog as wynmaker gekry het, en watter raad sal jy aan aspirant-wynmakers wil gee?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir my was dit nie soseer raad nie, maar eerder iemand wat in my geglo het toe ek nie in myself geglo het nie. Dit het my die selfvertroue gegee om my eie handelsmerk te begin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek sal jong wynmakers aanraai om te reis en soveel moontlik oes-ervarings oor die w\u00eareld heen op te doen en soveel moontlik wyne te proe. Probeer om saam met mense te werk wat wyne maak wat jou voete onder jou uitslaan. As jy dit doen, sal jy uitvind wat dit is wat jy in die wynbedryf wil bereik.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-het-jy-n-topvyf-lys-van-gunstelingwyne-van-ander-wynkelders-wynmakers\" class=\"wp-block-heading\">Het jy \u2019n topvyf-lys van gunstelingwyne van ander wynkelders\/wynmakers?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Johan Reyneke van Reyneke Wines het my werklik ge\u00efnspireer met sy benadering tot boerdery, grond, mense, diere en wyn. Ek was nog altyd mal oor hul wyne, en hul Reserve White was die inspirasie agter my Blanc Fum\u00e9.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Charles Hopkins het in my vermo\u00ebns geglo toe ek self getwyfel het, en sy Op Die Berg Syrah is vir my \u2019n ware maatstaf-wyn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is \u2019n groot aanhanger van Rall en die Mullineuxs, Krug Champagne, Verzier en Vacheron.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-hoe-het-dit-gevoel-om-as-die-wenner-van-die-wynmeester-aangewys-te-word\" class=\"wp-block-heading\">Hoe het dit gevoel om as die wenner van <em>Die Wynmeester<\/em> aangewys te word?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is \u2019n groot eer, want ek het gevoel enigeen van ons kon gewen het en ek dink daar was nie veel tussen ons nie. Om te wen is die kersie op die koek en natuurlik is dit wonderlik vir ons onderneming.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die lange duur is die vriendskappe en netwerk wat ons tydens hierdie unieke ervaring opgebou het, egter die ware prys.<\/p>\n\n\n\n<h4 id=\"h-finale-puntestand\" class=\"wp-block-heading\">Finale puntestand\u00a0<\/h4>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Andrew Mellish (Mellish Family Vineyards): 76<\/li>\n\n\n\n<li>Janco de Kock (Anco Wines): 74<\/li>\n\n\n\n<li>Anrico Solomons (Solomons Family Wines): 74<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<h3 id=\"h-andrew-se-pad-van-tradisionele-perde-en-melkboerdery-tot-eerstegeslag-wynmaker\" class=\"wp-block-heading\">Andrew se pad van tradisionele perde- en melkboerdery tot eerstegeslag-wynmaker<\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-1-Joe-Dreyer-683x1024.jpg\" alt=\"Andrew Mellish, eerste geslag wynmaker, nou VIA se tweede Wynmeester. Foto: Verskaf\" class=\"wp-image-332920\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-1-Joe-Dreyer-683x1024.jpg 683w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-1-Joe-Dreyer-200x300.jpg 200w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-1-Joe-Dreyer-768x1152.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-1-Joe-Dreyer-1024x1536.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-1-Joe-Dreyer-1320x1980.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-1-Joe-Dreyer-600x900.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-1-Joe-Dreyer.jpg 1365w\" sizes=\"auto, (max-width: 683px) 100vw, 683px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Andrew Mellish, eerste geslag wynmaker, nou VIA se tweede Wynmeester. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Edward Henry Mellish (1832-1913) het tussen 1848 en 1852 vanuit Chelsea in Engeland in die Kaap geland. Uit sy huwelik met Johanna Steensma is 13 kinders gebore.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy oudste seun was Edward Henry Frederick Mellish, \u2019n suksesvolle sakeman, verskepingsagent en plaaslike raadslid wat later jare opreggeteelde perde, beeste en skape hoofsaaklik vanaf Engeland ingevoer het vir sy plaas by Vredehoek, Kaapstad. Die bekende Nazareth House is vandag op \u2019n gedeelte van die oorspronklike plaas gebou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Andrew se oupagrootjie Henry Lawrence Mellish (1885-1940) het Welbeloond gehuur vir boerderydoeleindes met friesbeeste van Vredehoek. Met erfgeld uit die verkoop van Vredehoek kon hy in 1934 Welbeloond naby Durbanville koop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy oupa Henry Tobias Mellish (1916-1967) het so byna-byna vir die Springbokke uitgedraf, maar sy loopbaan is deur die Tweede W\u00eareldoorlog ontwrig. In \u2019n stadium het feitlik die hele WP-voorry uit lede van die Mellish-familie bestaan. Hy het met clydesdales (perde) geboer en \u2019n friesbees-stoetery geregistreer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ook sy pa, Andrew Gustave Mellish (1950- ), het op boerdery, spesifiek melkboerdery, gefokus en hy het dit tot die vyfde grootste melkkudde in die land opgebou. Homestead Dairies het in 1987 die lig gesien in samewerking met drie ander plase en twee besigheidsvennote.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En dan is daar Andrew John Mellish (44), vanjaar se Wynmeester. Hy het \u2019n graad in wingerd- en wynkunde in 2006 aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en bestuur reeds vanaf 2007 wingerde. Benewens plaaslike ervaring as oes-intern, het hy ook sy vlerke na Nieu-Seeland en Kaliforni\u00eb gesprei.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die 2018-oesjaar het hy sy eie familiewynhandelsmerk van die grond af gekry. Sedert 2022 is die res geskiedenis \u2013 gerugsteun deur hope erkenning en lof uit gerekende oorde vir sy wyne.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-andrew-se-pryse\" class=\"wp-block-heading\">Andrew se pryse<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die gebruik van \u2019n GWM P300 LTD-dubbelkajuitbakkie, geborg deur <a href=\"https:\/\/www.gwm.co.za\/models\/p300-ltd\">GWM<\/a>, vir \u2019n jaar plus versekering van die bakkie, geborg deur <a href=\"https:\/\/integrosa.co.za\/\">Int\u00e9gro<\/a>.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Stalletjie met sy eie handelsmerk ter waarde van R29\u00a0500 by <a href=\"https:\/\/www.winex.co.za\/\">Standard Bank WineX<\/a> in Sandton (28-30 Oktober) waarby baie ekstras ingesluit is.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Ete by <a href=\"https:\/\/www.dewarenmarkt.com\/\">De Warenmarkt<\/a> in Stellenbosch ter waarde van R2\u00a0000.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Palet wynbottels van sy keuse by <a href=\"https:\/\/www.ardaghgroup.com\/\">Ardagh Packaging<\/a>.<\/li>\n\n\n\n<li>Twee gratis inskrywings vir die <a href=\"https:\/\/maiwsa.co.za\/\">Michelangelo International Wine &amp; Spirits Awards<\/a>.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Reis na Frankryk, geborg deur <a href=\"https:\/\/beveratech.co.za\/a-french-connection-of-note\/\">Beveratech<\/a>, vir een persoon, wat insluit retoervlugte na Parys, treinkaartjies na Angers, drie dae se besoek aan die <a href=\"https:\/\/www.buchervaslin.com\/en\/\">Bucher<\/a>-fabriek en -wynkelders met akkommodasie en etes ingesluit. Pryswaarde sowat R75\u00a0000.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Andrew Mellish, \u2019n eerstegeslag-wynmaker, is gekroon as vanjaar se wenner in die tweede seisoen van VIA se realiteitsprogram Die Wynmeester. Mellish het vyf ander onafhanklike wynmakers uitgestof om met die gesogte titel weg te stap. Maklik was dit nie. Die deelnemers moes in elke episode iets takel wat nie heeltemal binne hul gemaksone is nie. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":333162,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[28],"tags":[18151,18155,18154,18156,15771,18153,15577,17632,18152],"class_list":["post-332916","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leefstyl","tag-andrew-mellish","tag-anrico-solomons","tag-duncan-savage","tag-janco-de-kock","tag-leefstyl","tag-realiteitsprogram","tag-top","tag-via","tag-wynmeester"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Andrew Mellish, \u2019n eerstegeslag-wynmaker, is gekroon as vanjaar se wenner in die tweede seisoen van VIA se realiteitsprogram Die Wynmeester. Mellish het vyf ander onafhanklike wynmakers uitgestof om met die gesogte titel weg te stap. Maklik was dit nie. Die deelnemers moes in elke episode iets takel wat nie heeltemal binne hul gemaksone is nie. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-04T08:39:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-07T09:18:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1871\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"855\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Annelene Oberholzer\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0\",\"datePublished\":\"2026-09-04T08:39:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-07T09:18:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/\"},\"wordCount\":1714,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png\",\"keywords\":[\"Andrew Mellish\",\"Anrico Solomons\",\"Duncan Savage\",\"Janco de Kock\",\"Leefstyl\",\"Realiteitsprogram\",\"Top\",\"VIA\",\"Wynmeester\"],\"articleSection\":[\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/\",\"name\":\"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png\",\"datePublished\":\"2026-09-04T08:39:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-07T09:18:43+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png\",\"width\":1871,\"height\":855,\"caption\":\"Andrew Mellish en programaanbieder Danie van der Merwe. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0 | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0","og_description":"Andrew Mellish, \u2019n eerstegeslag-wynmaker, is gekroon as vanjaar se wenner in die tweede seisoen van VIA se realiteitsprogram Die Wynmeester. Mellish het vyf ander onafhanklike wynmakers uitgestof om met die gesogte titel weg te stap. Maklik was dit nie. Die deelnemers moes in elke episode iets takel wat nie heeltemal binne hul gemaksone is nie. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-04T08:39:00+00:00","article_modified_time":"2026-09-07T09:18:43+00:00","og_image":[{"width":1871,"height":855,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png","type":"image\/png"}],"author":"Annelene Oberholzer","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0","datePublished":"2026-09-04T08:39:00+00:00","dateModified":"2026-09-07T09:18:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/"},"wordCount":1714,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png","keywords":["Andrew Mellish","Anrico Solomons","Duncan Savage","Janco de Kock","Leefstyl","Realiteitsprogram","Top","VIA","Wynmeester"],"articleSection":["Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/","name":"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png","datePublished":"2026-09-04T08:39:00+00:00","dateModified":"2026-09-07T09:18:43+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Andrew-Mellish-en-Danie-vd-Merwe-1.png","width":1871,"height":855,"caption":"Andrew Mellish en programaanbieder Danie van der Merwe. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"\u2018Die Wynmeester\u2019: Eerstegeslag-wynmaker vanjaar se wenner van gesogte kroon\u00a0"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/die-wynmeester-eerstegeslag-wynmaker-vanjaar-se-wenner-van-gesogte-kroon\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332916","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=332916"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332916\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":333530,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332916\/revisions\/333530"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/333162"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=332916"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=332916"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=332916"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}