{"id":332732,"date":"2026-09-02T12:08:07","date_gmt":"2026-09-02T10:08:07","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=332732"},"modified":"2026-09-02T12:09:35","modified_gmt":"2026-09-02T10:09:35","slug":"wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/","title":{"rendered":"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ouerskap kom nie met \u2019n wenresep nie. Daar bestaan ook geen handleiding vir elke dag se reis wat ouers met hul kinders moet stap nie. Maar daar is wel vrae wat gevra en antwoorde wat gegee kan word wat vir elke ma \u2013 en ook hedendaagse pa \u2013 \u2019n liggie in die tonnel kan wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis wat Efraine du Toit weer vir \u2019n tweede seisoen van Wat \u2019n ma moet weet na die skerm bring. Reeds in die eerste seisoen het di\u00e9 ervare grimeerkunstenaar gewys sy bied substansi\u00eble leiding aan ma\u2019s wat nie die moed het om hul kwelvrae met vriende of familie te bespreek nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Openhartig, eerlik en empaties. Dis hoe sy dit benader. Daar word nie doekies omgedraai nie, daar word net \u2019n mooi en sagte pad met ma\u2019s gestap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandag is sy self \u2019n ma van twee, met Joha wat n\u00e1 43 uur van kraam op 24 Februarie 2024 sy opwagting gemaak het, en hul tweede seuntjie, Dani\u00ebl, wat op 14 Augustus vanjaar gebore is. Ook hy het sy tyd geneem voordat sy ma hom in haar arms kon hou: 39 uur se kraam\u2026<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar pad na ouerskap was nie met rose besaai nie, en sy het dit al in die verlede as tegelykertyd die grootste se\u00ebn, maar ook haar moeilikste reis beskryf. Sy het destyds openlik gesels oor haar stryd met infertiliteit en daaroor ges\u00ea: \u201cDis \u2019n hoofstuk vol hoop, teleurstelling en \u2019n ongelooflike hoeveelheid geloof.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In Augustus verlede jaar het \u2019n groot hartseer die gesin getref toe Efraine \u2019n miskraam gehad het. Dit is egter een van die onderwerpe wat sy baie eerlik met haar gaste en kenners aanpak. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Juis daarom hoop sy dat die nuwe reeks \u2013 net soos die eerste een \u2013 vir ouers leiding, bemoediging en nuwe insigte sal bied.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-efraine-baie-geluk-met-die-geboorte-van-jul-tweede-kind-hoe-gaan-dit-met-jou-en-die-nuwe-baba\" class=\"wp-block-heading\">Efraine, baie geluk met die geboorte van jul tweede kind! Hoe gaan dit met jou en die nuwe baba?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie dankie. Dit gaan baie goed met ons, ek is steeds in die <em>amazing<\/em> baba-<em>bubble.<\/em> Ons is nog in die proses om ons voete te vind, maar ons kan oor niks kla nie. Ek geniet dit s\u00f3 om weer \u2019n baba te h\u00ea.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-hoe-verskil-die-ervaring-om-vir-die-tweede-keer-ma-te-word-van-jou-eerste-keer-voel-jy-rustiger-en-meer-voorbereid-of-bring-elke-baba-n-heeltemal-nuwe-stel-uitdagings\" class=\"wp-block-heading\">Hoe verskil die ervaring om vir die tweede keer ma te word van jou eerste keer? Voel jy rustiger en meer voorbereid, of bring elke baba \u2019n heeltemal nuwe stel uitdagings?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soos met enigiets in die lewe, voel dit beslis \u2019n bietjie makliker die tweede keer. Ek vertrou myself baie meer en oordink nie meer elke klein dingetjie nie. Ek glo egter dat \u2019n rustige baba teenoor \u2019n baba wat met refluks of koliek sukkel, \u2019n groot invloed op ouers se ervaring het. Dani\u00ebl is nou maar eers twee weke oud, maar tot dusver gaan dit baie goed en is dit baie makliker.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-die-nuwe-seisoen-begin-kort-na-hierdie-groot-gebeurtenis-in-jou-eie-lewe-hoe-besonders-is-die-tydsberekening-vir-jou-en-hoeveel-van-jou-eie-ervaring-as-ma-dien-as-inspirasie-vir-die-program\" class=\"wp-block-heading\">Die nuwe seisoen begin kort n\u00e1 hierdie groot gebeurtenis in jou eie lewe. Hoe besonders is di\u00e9 tydsberekening vir jou, en hoeveel van jou eie ervaring as ma dien as inspirasie vir die program? <\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alles waaroor ek in <em>Wat \u2019n ma moet weet <\/em>gesels, kom uit my eie ervaring as mamma. Ek het nog nooit so intens belanggestel in gesprekke soos di\u00e9 wat ons in die program voer nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om \u2019n ma te wees, raak beslis makliker wanneer jy meer kennis het oor die verskillende aspekte van moederskap. Dit help ook om te weet dat jy nie alleen deur die trane en uitdagings gaan nie. Ek is ongelooflik opgewonde oor hierdie seisoen wat verfilm is terwyl ek swanger was met Dani\u00ebl. Dit maak die tydsberekening vir my ekstra besonders.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-het-jy-na-die-eerste-seisoen-by-kykers-gehoor-wat-jou-laat-besef-het-dat-daar-nog-soveel-belangrike-ouerskapsgesprekke-gevoer-moet-word\" class=\"wp-block-heading\">Wat het jy n\u00e1 die eerste seisoen by kykers gehoor wat jou laat besef het dat daar nog soveel belangrike ouerskapsgesprekke gevoer moet word? <\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Efraine-683x1024.jpg\" alt=\"Efraine en Joha. Foto: Verskaf\" class=\"wp-image-332751\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Efraine-683x1024.jpg 683w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Efraine-200x300.jpg 200w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Efraine-768x1152.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Efraine-1024x1536.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Efraine-1365x2048.jpg 1365w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Efraine-1320x1980.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Efraine-600x900.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 683px) 100vw, 683px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Efraine en Joha. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die eerste seisoen van <em>Wat \u2019n ma moet weet <\/em>het ons een groot doelwit gehad: om ouers te laat voel dat hulle nie alleen is nie en dat ons almal soms sukkel. Die boodskappe wat ek n\u00e1 die eerste seisoen ontvang het, was ongelooflik bemoedigend en het my laat besef dat ons bereik het wat ons wou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elke episode is kort genoeg vir \u2019n besige mamma om iewers in die week in te pas, maar steeds propvol waardevolle inligting en gesprekke wat jou laat besef jy is nie alleen nie.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-die-seisoen-begin-by-basiese-veiligheid-en-versorging-en-kyk-ook-na-leefstyl-en-omgewingsfaktore-wat-kinders-se-gesondheid-beinvloed-watter-praktiese-lesse-het-jy-self-eers-geleer-nadat-jy-ma-geword-het\" class=\"wp-block-heading\">Die seisoen begin by basiese veiligheid en versorging en kyk ook na leefstyl- en omgewingsfaktore wat kinders se gesondheid be\u00efnvloed. Watter praktiese lesse het jy self eers geleer nadat jy ma geword het? <\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Wat-n-ma-moet-weet-Ephrain-683x1024.jpeg\" alt=\"Efraine en Joha. Foto: Verskaf\" class=\"wp-image-332752\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Wat-n-ma-moet-weet-Ephrain-683x1024.jpeg 683w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Wat-n-ma-moet-weet-Ephrain-200x300.jpeg 200w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Wat-n-ma-moet-weet-Ephrain-768x1152.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Wat-n-ma-moet-weet-Ephrain-1024x1536.jpeg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Wat-n-ma-moet-weet-Ephrain-1365x2048.jpeg 1365w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Wat-n-ma-moet-weet-Ephrain-1320x1980.jpeg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Wat-n-ma-moet-weet-Ephrain-600x900.jpeg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 683px) 100vw, 683px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Efraine en Joha. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het eers nadat ek \u2019n ma geword het, besef hoeveel dinge \u2019n mens eenvoudig nie weet voordat jy self in daardie skoene staan nie. Selfs die mees basiese goed, soos slaap, voeding, veiligheid en wat in jou kind se omgewing is, kan \u2019n groot invloed op hul gesondheid en ontwikkeling h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elke fase bring weer nuwe vrae en uitdagings. Ek leer steeds elke dag, en dit is presies hoekom die praktiese raad in hierdie episode vir my so waardevol is. Ons as mammas sal nooit genoeg kan leer nie, en ek voel ek leer die meeste uit ander se stories.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-een-van-die-mees-persoonlike-episodes-handel-oor-die-hartseer-van-n-miskraam-waarom-was-dit-vir-jou-belangrik-om-hierdie-verlies-openlik-te-bespreek-en-wat-hoop-jy-neem-ouers-uit-die-gesprek\" class=\"wp-block-heading\">Een van die mees persoonlike episodes handel oor die hartseer van \u2019n miskraam. Waarom was dit vir jou belangrik om hierdie verlies openlik te bespreek, en wat hoop jy neem ouers uit di\u00e9 gesprek? <\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was nie \u2019n maklike gesprek om te h\u00ea nie, en ek verstaan heeltemal hoekom vroue wat daardeur gaan, nie altyd daaroor wil praat nie. Ek het egter gevind dat hoe meer ek daaroor praat, hoe makliker raak dit en hoe minder raak die trane.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was die alleenste wat ek nog ooit in my lewe gevoel het. Al was my man elke tree saam met my, het daardie eensaamheid en hartseer vir \u2019n baie lang tyd nie beter geraak nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op 28 Augustus was dit presies \u2019n jaar sedert ek in die teater was en ons baba verloor het. Net omdat ek nou weer \u2019n baba het, beteken dit nie dat ek vergeet wat gebeur het nie. Ek wou juis openlik daaroor gesels omdat so baie vroue hierdie pad stap. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jy een van hulle is, hoop ek dat hierdie gesprek jou \u2013 al is dit net \u2019n bietjie \u2013 minder alleen sal laat voel.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-julle-plaas-ook-die-kollig-op-die-moderne-pa-hoe-het-jou-eie-siening-van-vaderskap-vennootskap-en-die-verdeling-van-verantwoordelikhede-binne-n-gesin-verander-sedert-jy-ma-geword-het\" class=\"wp-block-heading\">Julle plaas ook die kollig op die moderne pa. Hoe het jou eie siening van vaderskap, vennootskap en die verdeling van verantwoordelikhede binne \u2019n gesin verander sedert jy ma geword het?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is baie bevoorreg om \u2019n man te h\u00ea wat help kosmaak, wasgoed doen, doeke ruil en in die nag opstaan. Hy help basies met alles in die huis en met ons kinders, terwyl hy ook die broodwinner is. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek weet eerlikwaar nie hoe mammas wat ook werk, dit regkry as hul mans nie met al hierdie dinge help nie. Ek is baie dankbaar dat my seuns in \u2019n huis grootword waar hulle sien hul pa help net soveel met die huistake \u00e9n met hulle soos ek. Ouerskap is \u2019n spansport en dis soveel lekkerder en makliker as elke spanmaat sy kant bring. <\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-die-reeks-ondersoek-hoe-ouers-kinders-en-veral-dogters-met-selfvertroue-kan-grootmaak-terwyl-moeilike-onderwerpe-soos-seks-finansies-en-egskeiding-ook-bespreek-word-hoe-skep-n-mens-n-verhouding-waarin-jou-kind-veilig-voel-om-enigiets-met-jou-te-bespreek\" class=\"wp-block-heading\">Die reeks ondersoek hoe ouers kinders \u2013 en veral dogters \u2013 met selfvertroue kan grootmaak, terwyl moeilike onderwerpe soos seks, finansies en egskeiding ook bespreek word. Hoe skep \u2019n mens \u2019n verhouding waarin jou kind veilig voel om enigiets met jou te bespreek? <\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sjoe, dit is \u2019n vraag waarvoor ek baie antwoorde kan h\u00ea, maar ek moet ook eerlik wees: ek het nog nie al die antwoorde nie, want ek is maar aan die begin van my reis as mamma. Ek probeer leer waar ek kan om uit te vind hoe om hierdie grootste taak van my lewe so goed moontlik te doen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir my begin dit by eerlikheid en \u2019n verhouding waarin jou kind weet hulle kan met enigiets na jou toe kom, sonder vrees vir oordeel. Ek glo wel dat \u2019n mens moeilike onderwerpe op \u2019n ouderdomsgepaste manier moet bespreek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kinders kan byvoorbeeld leer hoe om verantwoordelik met geld te werk, maar hulle behoort nie wakker te l\u00ea oor die gesin se finansi\u00eble druk nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om my kinders met selfvertroue groot te maak, is vir my ongelooflik belangrik. Wanneer \u2019n kind in hom- of haarself glo, voel die uitdagings van die lewe soveel meer hanteerbaar. Ek hoop om vir my kinders \u2019n veilige plek te wees waar hulle altyd geliefd, gehoor en aanvaar voel.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-julle-kyk-na-noodgevalle-by-die-huis-en-die-gevare-van-die-digitale-wereld-het-hierdie-gesprekke-jou-laat-besef-dat-daar-dinge-is-waarop-jy-jou-eie-gesin-nog-beter-kan-voorberei\" class=\"wp-block-heading\">Julle kyk na noodgevalle by die huis \u00e9n die gevare van die digitale w\u00eareld. Het hierdie gesprekke jou laat besef dat daar dinge is waarop jy jou eie gesin nog beter kan voorberei? <\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"712\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WMMW_EPG-e1788341413174-1024x712.jpg\" alt=\"Efraine du Toit. Foto: Verskaf\" class=\"wp-image-332753\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WMMW_EPG-e1788341413174-1024x712.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WMMW_EPG-e1788341413174-300x209.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WMMW_EPG-e1788341413174-768x534.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WMMW_EPG-e1788341413174-1536x1069.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WMMW_EPG-e1788341413174-2048x1425.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WMMW_EPG-e1788341413174-1320x918.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/WMMW_EPG-e1788341413174-600x417.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Efraine du Toit. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Beslis. Hierdie gesprekke het my laat besef dat \u2019n mens nooit op elke moontlike situasie voorbereid kan wees nie, maar dat die regte kennis en \u2019n goeie plan \u2019n groot verskil kan maak. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met twee klein kinders voel ek dat basiese noodhulp, wat om te doen wanneer \u2019n kind verstik en wie om in \u2019n noodgeval te kontak, iets is wat ons as ouers moet weet. Die digitale w\u00eareld waarin ons kinders grootword, maak my nogal op my senuwees. Ek dink nie ons sal ooit hul w\u00eareld heeltemal kan verstaan nie, maar hierdie gesprekke het my laat besef hoe belangrik dit is om moeite te doen om by te bly en te verstaan waarmee hulle daagliks gekonfronteer word. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons sal waarskynlik nie alles kan beheer of hulle teen elke gevaar kan beskerm nie, maar ons kan grense stel, betrokke bly en \u2019n verhouding skep waarin hulle veilig voel om met ons oor enigiets te praat.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-die-seisoen-sluit-af-met-n-gesprek-oor-werkende-ma-s-en-mom-guilt-wanneer-ervaar-jy-self-die-skuldgevoel-die-sterkste-en-wat-help-jou-om-te-onthou-dat-jy-nie-n-perfekte-ma-hoef-te-wees-om-n-goeie-ma-te-wees-nie\" class=\"wp-block-heading\">Die seisoen sluit af met \u2019n gesprek oor werkende ma\u2019s en \u2018mom guilt\u2019. Wanneer ervaar jy self di\u00e9 skuldgevoel die sterkste, en wat help jou om te onthou dat jy nie \u2019n perfekte ma hoef te wees om \u2019n goeie ma te wees nie?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Is daar iets soos die perfekte ma? Dit voel vir my ek leer elke dag saam met my kinders. Ek groei, verander en leer soos hulle groei. Ek doen my absolute bes as mamma omdat ek w\u00edl, en ek moet vertrou dat dit genoeg is vir hulle ook. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oef, <em>mom guilt<\/em>\u2026 wat \u2019n vreemde gevoel. Al s\u00ea ek vir myself dat ek nie skuldig hoef te voel nie, voel ek dit steeds. Interessant genoeg ervaar ek dit nie wanneer ek moet werk nie, maar eerder wanneer ek iets sosiaal of net iets vir myself doen. Dan voel dit skielik asof ek eintlik by my kinders moet wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek probeer myself herinner dat dit ook belangrik is om steeds tyd vir myself te maak maar ai, ongelukkig help dit nie met die gevoel van <em>mom guilt<\/em> nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-van-alles-wat-jy-hierdie-seisoen-geleer-het-wat-is-die-een-ding-wat-jy-glo-elke-ma-en-eintlik-elke-ouer-moet-weet\" class=\"wp-block-heading\">Van alles wat jy hierdie seisoen geleer het, wat is die \u00e9\u00e9n ding wat jy glo elke ma \u2013 en eintlik elke ouer \u2013 moet weet?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om \u2019n ouer te wees, is die grootste voorreg en die mooiste ding wat met \u2019n mens kan gebeur, maar niemand het ges\u00ea dit gaan maklik wees nie. Ek dink die een ding wat elke ouer moet weet, is dat jy nie al die antwoorde hoef te h\u00ea om \u2019n goeie ouer te wees nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons almal leer soos ons aangaan, ons maak foute en ons probeer weer. Solank jou kind geliefd en veilig voel, en jy bereid is om saam met hulle te groei.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><em>Wat \u2019n ma moet weet begin vanaf Donderdag 3 September om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147). Die reeks word aangebied in samewerking met <a href=\"https:\/\/www.bestmed.co.za\/en\/\">Bestmed Medical Scheme,<\/a> met dank aan <a href=\"https:\/\/www.mustela.com\/en\" data-type=\"link\" data-id=\"https:\/\/www.mustela.com\/en\">Mustela South Africa<\/a> en <a href=\"https:\/\/www.mustela.fr\/\">Mustela France<\/a>.<\/em><\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ouerskap kom nie met \u2019n wenresep nie. Daar bestaan ook geen handleiding vir elke dag se reis wat ouers met hul kinders moet stap nie. Maar daar is wel vrae wat gevra en antwoorde wat gegee kan word wat vir elke ma \u2013 en ook hedendaagse pa \u2013 \u2019n liggie in die tonnel kan wees. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":332767,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"VIA","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[28],"tags":[18039,15771,16105,15577,17632,18136],"class_list":["post-332732","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leefstyl","tag-efraine-du-toit","tag-leefstyl","tag-ouerskap","tag-top","tag-via","tag-wat-n-ma-moet-weet"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ouerskap kom nie met \u2019n wenresep nie. Daar bestaan ook geen handleiding vir elke dag se reis wat ouers met hul kinders moet stap nie. Maar daar is wel vrae wat gevra en antwoorde wat gegee kan word wat vir elke ma \u2013 en ook hedendaagse pa \u2013 \u2019n liggie in die tonnel kan wees. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-02T10:08:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-09-02T10:09:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"693\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"VIA\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae\",\"datePublished\":\"2026-09-02T10:08:07+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-02T10:09:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/\"},\"wordCount\":1923,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg\",\"keywords\":[\"Efraine du Toit\",\"Leefstyl\",\"Ouerskap\",\"Top\",\"VIA\",\"Wat 'n ma moet weet\"],\"articleSection\":[\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/\",\"name\":\"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-02T10:08:07+00:00\",\"dateModified\":\"2026-09-02T10:09:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg\",\"width\":1024,\"height\":693,\"caption\":\"Efraine du Toit. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae","og_description":"Ouerskap kom nie met \u2019n wenresep nie. Daar bestaan ook geen handleiding vir elke dag se reis wat ouers met hul kinders moet stap nie. Maar daar is wel vrae wat gevra en antwoorde wat gegee kan word wat vir elke ma \u2013 en ook hedendaagse pa \u2013 \u2019n liggie in die tonnel kan wees. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-02T10:08:07+00:00","article_modified_time":"2026-09-02T10:09:35+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":693,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"VIA","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae","datePublished":"2026-09-02T10:08:07+00:00","dateModified":"2026-09-02T10:09:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/"},"wordCount":1923,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg","keywords":["Efraine du Toit","Leefstyl","Ouerskap","Top","VIA","Wat 'n ma moet weet"],"articleSection":["Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/","name":"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg","datePublished":"2026-09-02T10:08:07+00:00","dateModified":"2026-09-02T10:09:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/EFRAINE-32-1024x1536-1.jpg","width":1024,"height":693,"caption":"Efraine du Toit. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"\u2018Wat \u2019n ma moet weet\u2019: Efraine gesels oor die perfekte ma, koliek en ander terugslae"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wat-n-ma-moet-weet-efraine-gesels-oor-die-perfekte-ma-koliek-en-ander-terugslae\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332732","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=332732"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332732\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":332768,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332732\/revisions\/332768"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/332767"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=332732"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=332732"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=332732"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}