{"id":332636,"date":"2026-09-01T14:15:00","date_gmt":"2026-09-01T12:15:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=332636"},"modified":"2026-09-01T13:30:47","modified_gmt":"2026-09-01T11:30:47","slug":"bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/","title":{"rendered":"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bobby van Jaarsveld is net so \u2019n huishoudelike naam soos Mrs Ball\u2019s se blatjang en rooibostee. Vir jare het hy vanaf die verhoog sy aanhangers bekoor en hy was ewe gemaklik om sy spiere tydens fotosessies te bult as wat hy deesdae is om \u2019n groot vis in te katrol. Daardie ondeunde glimlag en blou o\u00eb het ook seker gemaak dat harte vinniger bons . . .<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nou het VIA vir Bobby op \u2019n andersoortige avontuur in <em>Dorpie-doenlys <\/em>ingespan. En die selferkende avontuurlustige was slaggereed om ook hierdie uitdaging met groot entoesiasme aan te pak. Dis \u2019n reisprogram, maar een met sy eie unieke aanslag.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bobby het die leisels oorgeneem by Sean van Noordwyk en nou gaan hy by dorpies \u2013 sommige bekend, ander minder bekend \u2013 inloer en kykers op \u2019n eiesoortige ontdekkingstog neem na daardie verborge juweeltjies waarvan min mense tot nou toe geweet het. Partykeer is dit geskiedkundig van aard, ander kere is dit weer verstommende avonture. Saamgeklits met hope lekker langpadkuiers!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gordel vas, dis tyd om saam met Bobby deur Suid-Afrika te toer en met nuwe o\u00eb na daardie dorpies op sy lys te begin kyk.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-bobby-kykers-ken-jou-veral-as-sanger-en-akteur-wat-het-jou-opgewonde-gemaak-om-nou-as-aanbieder-van-dorpie-doenlys-die-land-te-verken\" class=\"wp-block-heading\">Bobby, kykers ken jou veral as sanger en akteur. Wat het jou opgewonde gemaak om nou as aanbieder van <em>Dorpie-doenlys<\/em> die land te verken?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis my eerste keer dat ek \u2019n TV-reeks doen waar daar teks of \u2019n draaiboek is, so dis meer professioneel. Ek is nie daaraan gewoond om \u2019n aanbieder te wees nie, al was ek die aanbieder van \u2019n regstreekse TV-uitsending. Maar nee, ek het nog nie onderhoude met mense vir TV gevoer nie. Dit het my beslis baie opgewonde gemaak om <em>Dorpie-doenlys <\/em>te doen, want ek is altyd oop vir iets nuut.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-die-reeks-neem-jou-van-gansbaai-en-stanford-tot-st-lucia-clarens-hoedspruit-en-die-limpopo-bosveld-watter-bestemming-het-jou-die-meeste-verras-en-hoekom\" class=\"wp-block-heading\">Die reeks neem jou van Gansbaai en Stanford tot St. Lucia, Clarens, Hoedspruit en die Limpopo-Bosveld. Watter bestemming het jou die meeste verras? En hoekom?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek sal s\u00ea St. Lucia en Clarens.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek ken St. Lucia goed, maar nie so goed nie. Dit was ongelooflik om die seekoeie te sien, die visvang en die see. Ek gaan altyd die see kies. Dan is die dorp klein, maar daar is so baie aktiwiteite wat aangebied word. En die manier waarop die gemeenskap met mekaar saamwerk en mekaar ondersteun, het my baie verras.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Clarens is vir my net so mooi, alhoewel ek net altyd daar deurgery en nog nooit gestop en oorgebly het nie. Ek was net baie verbaas oor hoe mooi dit werklik daar is. Die plek waar ons geslaap het, Il\u00a0Castello Boutique Hotel, het my laat voel of ek myself in Itali\u00eb bevind het al was ek was nog nooit in Itali\u00eb nie. Ek was aangenaam verras.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-jy-het-alles-aangepak-van-diepseehengel-en-walvis-kyk-tot-n-pottebakkersklas-en-ontmoetings-met-seekoeie-en-krokodille-watter-ervaring-het-jou-die-verste-uit-jou-gemaksone-geneem\" class=\"wp-block-heading\">Jy het alles aangepak van diepseehengel en walvis kyk tot \u2019n pottebakkersklas en ontmoetings met seekoeie en krokodille. Watter ervaring het jou die verste uit jou gemaksone geneem?<\/h3>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Bobby-van-Jaarsveld-1-683x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-332639\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Bobby-van-Jaarsveld-1-683x1024.jpg 683w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Bobby-van-Jaarsveld-1-200x300.jpg 200w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Bobby-van-Jaarsveld-1-768x1152.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Bobby-van-Jaarsveld-1-1024x1536.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Bobby-van-Jaarsveld-1-1365x2048.jpg 1365w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Bobby-van-Jaarsveld-1-1320x1980.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Bobby-van-Jaarsveld-1-600x900.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 683px) 100vw, 683px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Noem die woord &#8216;avontuur&#8217; en Bobby is daar! Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis \u2019n moeilike een, want ek kan nie dink dat daar iets was wat my werklik uit my gemaksone geneem het nie. Ek is r\u00earig <em>game<\/em> vir alles, ek sal enigiets probeer of doen en dit sluit enigiets avontuurlustig in.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">O, ja. Die pottebakkersklas was beslis buite my gemaksone, want die vorm wat daar uitgekom het, was allesbehalwe \u2019n pot . . .<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-dorpie-doenlys-gaan-nie-net-oor-plekke-nie-maar-ook-oor-die-mense-en-stories-wat-elke-dorp-besonders-maak-watter-ontmoeting-of-mense-het-jou-die-meeste-geraak\" class=\"wp-block-heading\"><em>Dorpie-doenlys<\/em> gaan nie net oor plekke nie, maar ook oor die mense en stories wat elke dorp besonders maak. Watter ontmoeting of mense het jou die meeste geraak?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Abraham Kriel-kinderhuis in Nylstroom (Modimolle), want dis die een wat ek die beste ken en was vir baie jare \u2019n beskermheer vir hulle gewees. Ek was al so baie by daardie kinderhuis en ek ken die perseel en baie van die mense daar. Maar dis asof jou hart nooit gewoond sal raak daaraan nie omdat die omstandighede waarom die kinders daar beland het, nooit r\u00e9g voel nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek dink enige persoon sal uit sy ware hart vir hulle \u2019n beter lewe wil gee. So, as jy daar kom, voel jy dat jy net iets meer kan doen. Dit is vir my so besonders om hulle te besoek. Ek het die dag nadat ons daar was vir <em>Dorpie-doenlys<\/em>, teruggegaan en my kinders ook soontoe geneem vir die basaar wat hulle daar gehou het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ander besonderse ontmoeting was een met \u2019n rooikat (<em>caracal<\/em>) by die Sondela Nature Reserve in Bela-Bela.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-in-gansbaai-besoek-julle-onder-meer-n-pikkewynrehabilitasiesentrum-en-leer-julle-meer-oor-natuurbewaring-het-die-reeks-jou-anders-laat-dink-oor-suid-afrika-se-natuurlewe-en-ons-verantwoordelikheid-om-dit-te-beskerm\" class=\"wp-block-heading\">In Gansbaai besoek julle onder meer \u2019n pikkewynrehabilitasiesentrum en leer julle meer oor natuurbewaring. Het die reeks jou anders laat dink oor Suid-Afrika se natuurlewe en ons verantwoordelikheid om dit te beskerm?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ja, ek is definitief iemand wat nog altyd pro-bewaring is. Ek dink enigiemand, veral in Suid-Afrika, is. Volgens my het ons die beste en die grootste verskeidenheid (natuurlewe) daar buite en dis ons verantwoordelikheid om dit te beskerm.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek sal altyd in enigiets belangstel wat diere kan beskerm, veral ook die seelewe omdat ek so lief is vir die see, veral diepseeduik. Ek wil ook eendag my kinders se kinders vat vir duiklesse in Suid-Afrikaanse waters.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-ontdek-n-mens-van-suid-afrika-wanneer-jy-van-die-hoofpaaie-afdwaal-en-tyd-in-kleiner-dorpe-en-gemeenskappe-deurbring\" class=\"wp-block-heading\">Wat ontdek \u2019n mens van Suid-Afrika wanneer jy van die hoofpaaie afdwaal en tyd in kleiner dorpe en gemeenskappe deurbring?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is al so gewoond om deur Suid-Afrika te reis vandat ek 17 jaar oud is, maar daar is tog plekke wat ek die afgelope 22 jaar misgery en half misgekyk het. Dis ongelooflik watter versteekte juwele jy vind as jy so deur die land toer.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan kom jy agter jy was nog nie daar nie en jy begin besef wat so spesiaal is aan hierdie plekke. Dit wat eintlik die plekke die spesiaalste maak, is die mense.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis die gemeenskappe wat mekaar so ondersteun omdat hulle op klein dorpies woon waar hulle besef hulle het mekaar nodig. Dis regtig wonderlik om te sien hoe mooi die mense mekaar hanteer en hoe hulle ook plaaslike besighede ondersteun.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-as-jy-self-n-dorpie-doenlys-vir-n-naweek-moes-saamstel-watter-drie-dinge-moet-daarop-wees-en-na-watter-dorp-sou-jy-eerste-terugkeer\" class=\"wp-block-heading\">As jy self \u2019n <em>Dorpie-doenlys<\/em> vir \u2019n naweek moes saamstel, watter drie dinge moet daarop wees \u2013 en na watter dorp sou jy eerste terugkeer?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op my lysie sal jy diepseeduik, diepseevisvang en rus vind. Die gunstelingdorpies waarnatoe ek eerste sou wou terugkeer, is St. Lucia, Gansbaai en Clarens.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-jy-het-reeds-soveel-hoogtepunte-in-musiek-televisie-en-toneelspel-behaal-wat-daag-jou-op-hierdie-stadium-van-jou-loopbaan-steeds-kreatief-uit\" class=\"wp-block-heading\">Jy het reeds soveel hoogtepunte in musiek, televisie en toneelspel behaal. Wat daag jou op hierdie stadium van jou loopbaan steeds kreatief uit?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wel, om nuwe dinge te probeer. Net as ek dink ek het al alles gedoen in die bedryf, dan gebeur daar nog iets en nog ietsie kom by. Ek hou daarvan om myself uit te daag met nuwe <em>challenges<\/em> en geleenthede.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is nie \u2019n ou wat kan stilsit en niks doen nie. Die oomblik as ek verveeld raak of \u2019n oop dag het, dan irriteer dit my bietjie. Alhoewel ek ook wil rus, klink \u2019n vakansie op die strand baie lekker, maar ek sal nie kan ontspan nie. Ek sal altyd iets soek om te doen. Nuwe uitdagings, nuwe dinge . . . \u2019n mens is nooit te oud om te leer nie.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-voel-jy-dat-bobby-die-aanbieder-n-ander-kant-van-jou-persoonlikheid-wys-as-bobby-die-sanger-of-akteur\" class=\"wp-block-heading\">Voel jy dat Bobby die aanbieder \u2019n ander kant van jou persoonlikheid wys as Bobby die sanger of akteur?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek sal nie s\u00ea die persoonlikhede is verwyder van mekaar nie, dis steeds dieselfde persoon. Die formaat van \u2019n TV-program laat jou beslis meer professioneel oorkom. Ek is professioneel, maar ek dink dis meer die tipe onderhoud-styl wat wys jy kan jou riglyne volg. Dit is nogal vir my belangrik om te leer \u2013 iets wat ek altyd doen. En ek is ook bereid om te luister en die sisteem wat in plek is, te vertrou.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-met-soveel-bekende-liedjies-en-loopbaanhoogtepunte-op-jou-kerfstok-waarna-streef-jy-nog-persoonlik-en-professioneel\" class=\"wp-block-heading\">Met soveel bekende liedjies en loopbaanhoogtepunte op jou kerfstok, waarna streef jy nog \u2013 persoonlik \u00e9n professioneel?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Persoonlik dalk net \u2019n bietjie rus in hierdie stadium. Reis, beslis. Ja, ek voel net om te reis, te gaan duik en tyd met my kinders deur te bring.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Professioneel gesproke sal ek regtig daarvan hou om weer in \u2019n groot fliek te speel, iets wat ek lanklaas gedoen het. En ek is ook baie lief vir TV-werk en hoop om dit ook weer eendag te kan doen.\u00a0\u00a0<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-hoop-jy-mense-onthou-eendag-van-jou-buiten-die-treffers-rolle-en-ander-glans-oomblikke\" class=\"wp-block-heading\">Wat hoop jy mense onthou eendag van jou, buiten die treffers, rolle en ander glans-oomblikke?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek hoop die mense wat my leer ken het, onthou dat ek \u2019n ou is wat nie alles te ernstig opvat nie en dat hulle my sal onthou as \u2019n <em>real<\/em> mens. Ja, ek hoop hulle onthou die r\u00earige ek.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"548\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Dorpie-doenlys-Bobby-1024x548.jpg\" alt=\"&apos;Dorpie-doenlys&apos; besoek ook minder bekende plekke. Foto: Verskaf\" class=\"wp-image-332640\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Dorpie-doenlys-Bobby-1024x548.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Dorpie-doenlys-Bobby-300x160.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Dorpie-doenlys-Bobby-768x411.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Dorpie-doenlys-Bobby-1536x821.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Dorpie-doenlys-Bobby-2048x1095.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Dorpie-doenlys-Bobby-1320x706.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Dorpie-doenlys-Bobby-600x321.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">&#8216;Dorpie-doenlys&#8217; besoek ook minder bekende plekke. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>Die reeks van 13 episodes begin op 10 September en word Donderdae om 20:30 uitgesaai.&nbsp;<\/em><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bobby van Jaarsveld is net so \u2019n huishoudelike naam soos Mrs Ball\u2019s se blatjang en rooibostee. Vir jare het hy vanaf die verhoog sy aanhangers bekoor en hy was ewe gemaklik om sy spiere tydens fotosessies te bult as wat hy deesdae is om \u2019n groot vis in te katrol. Daardie ondeunde glimlag en blou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":332638,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Redaksie","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[28],"tags":[18038,18131,15771,15577,17632],"class_list":["post-332636","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leefstyl","tag-bobby-van-jaarsveld","tag-dorpie-doenlys","tag-leefstyl","tag-top","tag-via"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Bobby van Jaarsveld is net so \u2019n huishoudelike naam soos Mrs Ball\u2019s se blatjang en rooibostee. Vir jare het hy vanaf die verhoog sy aanhangers bekoor en hy was ewe gemaklik om sy spiere tydens fotosessies te bult as wat hy deesdae is om \u2019n groot vis in te katrol. Daardie ondeunde glimlag en blou [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-09-01T12:15:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260525_134506.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1183\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Redaksie\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0\",\"datePublished\":\"2026-09-01T12:15:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/\"},\"wordCount\":1419,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/20260525_134506.jpg\",\"keywords\":[\"Bobby van Jaarsveld\",\"Dorpie-doenlys\",\"Leefstyl\",\"Top\",\"VIA\"],\"articleSection\":[\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/\",\"name\":\"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/20260525_134506.jpg\",\"datePublished\":\"2026-09-01T12:15:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/20260525_134506.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/09\\\/20260525_134506.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1183,\"caption\":\"Toer die land plat saam met Bobby van Jaarsveld. Foto: Verskaf\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0 | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0","og_description":"Bobby van Jaarsveld is net so \u2019n huishoudelike naam soos Mrs Ball\u2019s se blatjang en rooibostee. Vir jare het hy vanaf die verhoog sy aanhangers bekoor en hy was ewe gemaklik om sy spiere tydens fotosessies te bult as wat hy deesdae is om \u2019n groot vis in te katrol. Daardie ondeunde glimlag en blou [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-09-01T12:15:00+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1183,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260525_134506.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Redaksie","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0","datePublished":"2026-09-01T12:15:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/"},"wordCount":1419,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260525_134506.jpg","keywords":["Bobby van Jaarsveld","Dorpie-doenlys","Leefstyl","Top","VIA"],"articleSection":["Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/","name":"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260525_134506.jpg","datePublished":"2026-09-01T12:15:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260525_134506.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/20260525_134506.jpg","width":2560,"height":1183,"caption":"Toer die land plat saam met Bobby van Jaarsveld. Foto: Verskaf"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Bobby vat die pad\u00a0\u2013 en neem kykers saam op reis\u00a0"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/bobby-vat-die-pad-en-neem-kykers-saam-op-reis\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332636","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=332636"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332636\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":332665,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332636\/revisions\/332665"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/332638"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=332636"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=332636"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=332636"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}