{"id":332531,"date":"2026-08-31T10:27:15","date_gmt":"2026-08-31T08:27:15","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=332531"},"modified":"2026-08-31T10:27:18","modified_gmt":"2026-08-31T08:27:18","slug":"anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/","title":{"rendered":"ANC voor die DA danksy vrouekiesers"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vrouekiesers se steun aan die ANC is die rede dat di\u00e9 party nog op nasionale vlak voorloop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">D\u00edt is een van die belangrikste bevindings in \u2019n nuwe meningspeiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), wat steun vir politieke partye onder mans en vroue tussen 2021 en 2026 vergelyk het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die IRR het di\u00e9 peiling Maandag vrygestel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens die peiling steun 37% van vroue die ANC, teenoor 26% wat die DA steun. Onder mans is die verskil kleiner, met mans wat 27% steun aan die ANC en 26% aan die DA uitmaak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens die IRR beteken di\u00e9 verskil dat sowat 94% van die ANC se nasionale voorsprong bo die DA in sy peiling uit die party se sterker steun onder vroue spruit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSonder sy voorsprong onder vrouekiesers sou die ANC en die DA in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing in November 2026 in wese gelykop wees,\u201d lui die verslag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit beteken egter nie vroue bly lojaal aan die ANC nie. Vrouesteun vir die party het sedert 2021 met sowat 18 persentasiepunte, van 55% tot 37%, gedaal. Onder mans het ANC-steun in dieselfde tydperk met 17 punte, van 44% tot 27%, afgeneem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die tempo waarteen vroue die ANC verlaat, is dus byna dieselfde as onder mans.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die DA lyk meer gebalanseerd wat gender betref. Die party staan vanjaar op 26% onder vroue \u00e9n mans.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"850\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_616536_05057-1024x850.jpeg\" alt=\"\u2019n Verkiesingsplakkaat van die EFF in Thohoyandou.\" class=\"wp-image-330672\" style=\"width:781px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_616536_05057-1024x850.jpeg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_616536_05057-300x249.jpeg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_616536_05057-768x637.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_616536_05057.jpeg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">\u2019n Verkiesingsplakkaat van die EFF in Thohoyandou. Foto: Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die EFF, MK-party en IVP vaar almal effens beter onder mans: 11% van mans steun die EFF, met 10% van vroue, 13% van mans steun MK teenoor 9% van vroue, en 9% steun die IVP teenoor 5% van vroue.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die IRR het probeer vasstel waarom die ANC se oorblywende steunbasis sterker onder vroue is. Volgens die verslag bied ras, woonplek, tevredenheid met lewensomstandighede en \u2019n moontlike voorkeur vir welsyn nie op hul eie \u2019n voldoende verklaring nie. Die rede is eerder vroue se ekonomiese blootstelling en die impak van politiek op huishoudelike sekerheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van vroue wat hul huishoudelike inkomste aangedui het, het 80% in 2026 in huishoudings met minder as R8 000 per maand gewoon, teenoor 70% van mans. Net 28% van vroue het gewerk of het hul eie besigheid gehad, teenoor 36% van mans. Vroue was ook meer geneig om nie matriek te h\u00ea nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die verskil kom ook na vore in die probleme wat kiesers prioritiseer. In 2025 het 25% van vroue die mishandeling van vroue of kinders as een van hul twee belangrikste uitdagings genoem, teenoor 8% van mans. Ongeveer 15% van vroue het behuising as \u2019n prioriteit genoem, teenoor net 3% van mans.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In 2026, toe respondente een hoofprioriteit of probleem moes uitsonder, het 12% van vroue die mishandeling van vroue of kinders genoem, terwyl net 8% van mans dit as \u2019n hoofprioriteit bestempel het. Gesondheidsorg en dienslewering het ook swaarder onder vroue geweeg.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"684\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Geordin-Hill-Lewis-Working-for-all-1024x684.jpg\" alt=\"Geordin Hill-Lewis, leier van die DA.\" class=\"wp-image-328403\" style=\"width:672px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Geordin-Hill-Lewis-Working-for-all-1024x684.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Geordin-Hill-Lewis-Working-for-all-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Geordin-Hill-Lewis-Working-for-all-768x513.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Geordin-Hill-Lewis-Working-for-all-1536x1026.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Geordin-Hill-Lewis-Working-for-all-2048x1368.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Geordin-Hill-Lewis-Working-for-all-1320x882.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Geordin-Hill-Lewis-Working-for-all-600x401.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Geordin Hill-Lewis, leier van die DA. Foto: Facebook\/DA.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 kwessies weeg dikwels swaarder onder ANC-kiesers as DA-kiesers. Die ANC het hom oor die afgelope drie dekades daarop geroem dat hy miljoene Suid-Afrikaners se toegang tot behuising en basiese dienste uitgebrei het, en het di\u00e9 prestasies lank as deel van sy politieke aanspraak op kiesersteun voorgehou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In 2026 het 11% van ANC-ondersteuners die mishandeling van vroue of kinders geprioritiseer, teenoor 6% van DA-ondersteuners, terwyl dienslewering die eerste prioriteit vir 7% van ANC-kiesers en 3% van DA-kiesers was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die IRR waarsku egter teen die gevolgtrekking dat vroue bloot groter afhanklikheid van die staat verkies. Sowat 82% van vroue het in 2026 ges\u00ea die regering moet eerder op werkskepping as maatskaplike toelaes fokus, waar dit 84% van mans se oortuiging was.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die 2026-opname is van 9 tot 20 Maart onder 1 038 geregistreerde kiesers gedoen, waaronder 500 vroue en 538 mans. Die IRR het selfoonnommers ewekansig geskakel en telefoniese onderhoude gevoer. Die foutspeling is plus of minus drie persentasiepunte. Die vorige peilings het uit 633 respondente in 2021, 607 in 2022, 604 in 2023, 604 in 2024 en 807 in 2025 bestaan.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vrouekiesers se steun aan die ANC is die rede dat di\u00e9 party nog op nasionale vlak voorloop. D\u00edt is een van die belangrikste bevindings in \u2019n nuwe meningspeiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), wat steun vir politieke partye onder mans en vroue tussen 2021 en 2026 vergelyk het. Die IRR het di\u00e9 peiling Maandag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":311760,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Jana Marx","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15656,15655,18122,15603,15577],"class_list":["post-332531","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-anc","tag-da","tag-instituut-vir-rasseverhoudinge","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>ANC voor die DA danksy vrouekiesers | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"ANC voor die DA danksy vrouekiesers\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vrouekiesers se steun aan die ANC is die rede dat di\u00e9 party nog op nasionale vlak voorloop. D\u00edt is een van die belangrikste bevindings in \u2019n nuwe meningspeiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), wat steun vir politieke partye onder mans en vroue tussen 2021 en 2026 vergelyk het. Die IRR het di\u00e9 peiling Maandag [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-31T08:27:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-08-31T08:27:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/image001-3.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"615\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"409\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Jana Marx\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"ANC voor die DA danksy vrouekiesers\",\"datePublished\":\"2026-08-31T08:27:15+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-31T08:27:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/\"},\"wordCount\":607,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/image001-3.jpg\",\"keywords\":[\"anc\",\"da\",\"Instituut vir Rasseverhoudinge\",\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/\",\"name\":\"ANC voor die DA danksy vrouekiesers | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/image001-3.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-31T08:27:15+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-31T08:27:18+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/image001-3.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/image001-3.jpg\",\"width\":615,\"height\":409,\"caption\":\"Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie, tydens \u2019n perskonferensie. Foto: Sharon Seretlo, Gallo Images.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"ANC voor die DA danksy vrouekiesers\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"ANC voor die DA danksy vrouekiesers | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"ANC voor die DA danksy vrouekiesers","og_description":"Vrouekiesers se steun aan die ANC is die rede dat di\u00e9 party nog op nasionale vlak voorloop. D\u00edt is een van die belangrikste bevindings in \u2019n nuwe meningspeiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), wat steun vir politieke partye onder mans en vroue tussen 2021 en 2026 vergelyk het. Die IRR het di\u00e9 peiling Maandag [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-31T08:27:15+00:00","article_modified_time":"2026-08-31T08:27:18+00:00","og_image":[{"width":615,"height":409,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/image001-3.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Jana Marx","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"ANC voor die DA danksy vrouekiesers","datePublished":"2026-08-31T08:27:15+00:00","dateModified":"2026-08-31T08:27:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/"},"wordCount":607,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/image001-3.jpg","keywords":["anc","da","Instituut vir Rasseverhoudinge","Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/","name":"ANC voor die DA danksy vrouekiesers | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/image001-3.jpg","datePublished":"2026-08-31T08:27:15+00:00","dateModified":"2026-08-31T08:27:18+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/image001-3.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/image001-3.jpg","width":615,"height":409,"caption":"Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie, tydens \u2019n perskonferensie. Foto: Sharon Seretlo, Gallo Images."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"ANC voor die DA danksy vrouekiesers"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/anc-voor-die-da-danksy-vrouekiesers\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332531","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=332531"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332531\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":332532,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332531\/revisions\/332532"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/311760"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=332531"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=332531"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=332531"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}