{"id":332371,"date":"2026-08-30T08:00:00","date_gmt":"2026-08-30T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=332371"},"modified":"2026-08-30T07:58:01","modified_gmt":"2026-08-30T05:58:01","slug":"hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/","title":{"rendered":"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Noorwe\u00eb se nuwe koning, Haakon VIII, het Saterdag vir die eerste keer sedert hy die troon bestyg het, Noorwe\u00ebrs toegespreek en hulde gebring aan sy 89-jarige pa, wat die vorige dag oorlede is.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">King Harald V of Norway, who went into exile in the United States as a child during the Nazi occupation of his homeland and refused a string of potential brides from the European nobility so he could marry his longtime sweetheart, died Friday. He was 89.<br><br>Read more at the link in\u2026 <a href=\"https:\/\/t.co\/B3XavnP5De\">pic.twitter.com\/B3XavnP5De<\/a><\/p>&mdash; ABC News (@ABC) <a href=\"https:\/\/x.com\/ABC\/status\/2093386068397900230?ref_src=twsrc%5Etfw\">August 28, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cBo alles was jy \u2019n mens wat altyd getrou aan jou waardes en oortuigings gebly het,\u201d het Haakon in \u2019n televisietoespraak oor die ontslape koning Harald V ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die nuwe monarg het ges\u00ea dit was \u2019n \u201ckragtige en roerende ervaring\u201d om die duisende Noorwe\u00ebrs te sien wat sedert Vrydag buite die Koninklike Paleis in Oslo met \u201cblomme, huldeblyke en kerse\u201d bymekaargekom het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"457\" height=\"311\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/noorweegsekoning.png\" alt=\"Noorwe\u00eb se nuwe koning, Haakon VIII, en sy pa, wyle koning Harald. Foto: X\" class=\"wp-image-332372\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/noorweegsekoning.png 457w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/noorweegsekoning-300x204.png 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 457px) 100vw, 457px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Noorwe\u00eb se nuwe koning, Haakon VIII, en sy pa, wyle koning Harald. Foto: X<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns is in rou, maar terselfdertyd bring dit vertroosting en krag dat soveel mense saam met ons treur,\u201d het die 53-jarige ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Duidelik aangedaan het hy ook daarop gewys dat sy pa en ma, koningin Sonja, Saterdag hul 58ste huweliksherdenking sou gevier het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cGelukkige huweliksherdenking, liewe Ma,\u201d het hy ges\u00ea terwyl hy trane probeer terughou het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vlae het Saterdag halfmas gehang terwyl talle Noorwe\u00ebrs na die paleis gestroom het om blomme by die reeds groot hoeveelheid op die grond te voeg, nadat meer as 20 000 mense Vrydag hul eer betoon het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ontslape koning het enorme steun geniet, ondanks \u2019n reeks skandale wat sy familie gedurende die laaste deel van sy 35-jarige bewind geteister het.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-my-beurt\" class=\"wp-block-heading\">\u2018My beurt\u2019<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haakon het sy pa bedank omdat hy \u201c\u2019n goeie pa\u201d vir hom en sy suster, M\u00e4rtha Louise, was, en erken dat hy nou self voor \u2019n \u201cgroot taak\u201d te staan kom.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">\u201cYesterday morning at 06:35, King Harald, my father whom I loved so much, died. We are in mourning. It gives us comfort &amp; strength that many people are grieving with us. It has been powerful &amp; moving to see the square with people, \ud83d\udc90, \u2709\ufe0f and \ud83d\udd6f\ufe0f.\u201d<br><br>\ud83c\udfa5NRK <a href=\"https:\/\/t.co\/E8xtISAKem\">pic.twitter.com\/E8xtISAKem<\/a><\/p>&mdash; ChristinZ (@ChristinsQueens) <a href=\"https:\/\/x.com\/ChristinsQueens\/status\/2093763101296304159?ref_src=twsrc%5Etfw\">August 29, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHy het ons in die familie voortdurend daaraan herinner dat elkeen van ons dinge op ons eie manier moet doen. Ons eie vorm moet vind. Onsself moet wees,\u201d het Haakon ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNou is dit my beurt,\u201d het hy verklaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Huldeblyke het van Europese koningshuise en w\u00eareldleiers ingestroom, onder andere van die Amerikaanse president Donald Trump, wat die nagedagtenis van \u201c\u2019n sterk, trotse en hoogs gerespekteerde man\u201d geloof het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vroe\u00ebr Saterdag het koning Haakon by die paleis die leiers van die Kerk van Noorwe\u00eb, die parlement en die hooggeregshof ontvang.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het ook eerste minister Jonas Gahr St\u00f8re ontvang vir \u2019n besigtiging van die ontslape koning se kis, wat Vrydagaand vanaf Oslo-universiteitshospitaal na die paleis gebring is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">St\u00f8re is vroe\u00ebr Saterdag buite die paleis gesien waar hy informeel met roubeklaers gesels, deur die skare beweeg en hande geskud het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Nasionale routydperk is afgekondig. Geen datum is nog vir die ontslape koning se begrafnis vasgestel nie.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-eed-van-getrouheid\" class=\"wp-block-heading\">Eed van getrouheid<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Koning Haakon sal Dinsdag in die parlement \u2019n eed van getrouheid afl\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">The new King of Norway, Haakon VIII.<br><br>The reign of King Haakon VIII began at dawn today, August 28, on the death of his father, King Harald V.<br><br>The first portrait of the new king shows grief etched on his face. He kept vigil with his father through the night as Harald V slipped\u2026 <a href=\"https:\/\/t.co\/9MR3VEXpKB\">pic.twitter.com\/9MR3VEXpKB<\/a><\/p>&mdash; Royal Central (@RoyalCentral) <a href=\"https:\/\/x.com\/RoyalCentral\/status\/2093300106497864060?ref_src=twsrc%5Etfw\">August 28, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Stadshuise regoor Noorwe\u00eb het Saterdag meegevoelboeke beskikbaar gestel waarin die publiek persoonlike boodskappe kan skryf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oslo se burgemeester, Anne Lindboe, wat Vrydag haar eie troue weens die koning se dood afgestel het, was die eerste persoon wat \u2019n boodskap in Oslo se stadsaal geskryf het.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-kroon-onnodig\" class=\"wp-block-heading\">Kroon onnodig<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cLiewe koning Harald, jy het nie \u2019n kroon nodig gehad om \u2019n koning te wees nie. Baie dankie vir alles wat jy vir ons stad gedoen het. Ons sal jou nooit vergeet nie,\u201d het sy aan verslaggewers ges\u00ea sy geskryf het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">Norwegians sign books of condolence and pay tribute to King Harald at City Hall, while flowers are laid outside the Royal Palace in Oslo. <a href=\"https:\/\/t.co\/5BBYo0btVu\">pic.twitter.com\/5BBYo0btVu<\/a><\/p>&mdash; Al Arabiya English (@AlArabiya_Eng) <a href=\"https:\/\/x.com\/AlArabiya_Eng\/status\/2093744175443304703?ref_src=twsrc%5Etfw\">August 29, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van die eerste lede van die publiek wat n\u00e1 die burgemeester \u2019n boodskap geskryf het, die 68-jarige Unni Zetterquist Thorsen, het aan AFP ges\u00ea sy het die ontslape koning bedank vir sy \u201cgeduld en krag gedurende moeilike tye in Noorwe\u00eb\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar word nie verwag dat koning Haakon en sy vrou, koningin Mette-Marit, tydens \u2019n seremonie gekroon sal word nie, aangesien Noorwe\u00eb kronings in 1908 afgeskaf het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soos sy pa en oupa voor hom, kan die nuwe koning egter kies om sy bewind tydens \u2019n seremonie in die Trondheim-katedraal te laat se\u00ebn, waar Noorse monarge tussen 1814 en 1906 gekroon is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Koning Harald is algemeen beskou as die verpersoonliking van \u2019n oop en verdraagsame Noorwe\u00eb en is geloof omdat hy \u2019n moderne en beskeie monargie gelei het.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-skandale-en-spook-van-epstein\" class=\"wp-block-heading\">Skandale en spook van Epstein<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Harald was sedert 17 Augustus in \u2019n hospitaal in Oslo nadat hy aan hemolitiese anemie gely het \u2013 \u2019n toestand wat veroorsaak word deur die abnormaal vinnige afbreking van rooibloedselle en wat tot moegheid en kortasemheid lei.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">Harald was the continent&#39;s oldest reigning monarch. His son Haakon automatically succeeded him to the throne. <a href=\"https:\/\/t.co\/f79Tl4UPlv\">https:\/\/t.co\/f79Tl4UPlv<\/a><\/p>&mdash; Eyewitness News (@ewnupdates) <a href=\"https:\/\/x.com\/ewnupdates\/status\/2093606835743809692?ref_src=twsrc%5Etfw\">August 29, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die monarg het in sy laaste jare toenemende gesondheidsprobleme ondervind, wat hom gedwing het om sy amptelike program af te skaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die afgelope jaar was onstuimig vir die Noorse koninklike familie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Koningin Sonja, ook 89, is in Mei kortliks in die hospitaal opgeneem weens hartprobleme.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die nuwe koning Haakon se vrou, Mette-Marit, is onder die soeklig oor haar bande met die ontslape Amerikaanse seksoortreder Jeffrey Epstein.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In Junie is Mette-Marit se seun uit \u2019n verhouding voor haar huwelik met Haakon, Marius Borg H\u00f8iby, tot vier jaar tronkstraf gevonnis vir twee verkragtings. Daar word teen die vonnis geappelleer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mette-Marit, wat self aan \u2019n ernstige longsiekte ly, het in Julie \u2019n longoorplanting ondergaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Noorwe\u00eb se nuwe koning, Haakon VIII, het Saterdag vir die eerste keer sedert hy die troon bestyg het, Noorwe\u00ebrs toegespreek en hulde gebring aan sy 89-jarige pa, wat die vorige dag oorlede is. \u201cBo alles was jy \u2019n mens wat altyd getrou aan jou waardes en oortuigings gebly het,\u201d het Haakon in \u2019n televisietoespraak oor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":332373,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"AFP","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[16704,18090,17248,15603,15577],"class_list":["post-332371","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-jeffrey-epstein","tag-koning-harald","tag-noorwee","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Noorwe\u00eb se nuwe koning, Haakon VIII, het Saterdag vir die eerste keer sedert hy die troon bestyg het, Noorwe\u00ebrs toegespreek en hulde gebring aan sy 89-jarige pa, wat die vorige dag oorlede is. \u201cBo alles was jy \u2019n mens wat altyd getrou aan jou waardes en oortuigings gebly het,\u201d het Haakon in \u2019n televisietoespraak oor [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-30T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/haakon.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"AFP\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019\",\"datePublished\":\"2026-08-30T06:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/\"},\"wordCount\":849,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/haakon.jpg\",\"keywords\":[\"Jeffrey Epstein\",\"Koning Harald\",\"Noorwe\u00eb\",\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/\",\"name\":\"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/haakon.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-30T06:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/haakon.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/haakon.jpg\",\"width\":1200,\"height\":800,\"caption\":\"Noorwe\u00eb se nuwe koning, Haakon VIII. Foto: X\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019 | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019","og_description":"Noorwe\u00eb se nuwe koning, Haakon VIII, het Saterdag vir die eerste keer sedert hy die troon bestyg het, Noorwe\u00ebrs toegespreek en hulde gebring aan sy 89-jarige pa, wat die vorige dag oorlede is. \u201cBo alles was jy \u2019n mens wat altyd getrou aan jou waardes en oortuigings gebly het,\u201d het Haakon in \u2019n televisietoespraak oor [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-30T06:00:00+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/haakon.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"AFP","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019","datePublished":"2026-08-30T06:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/"},"wordCount":849,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/haakon.jpg","keywords":["Jeffrey Epstein","Koning Harald","Noorwe\u00eb","Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/","name":"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/haakon.jpg","datePublished":"2026-08-30T06:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/haakon.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/haakon.jpg","width":1200,"height":800,"caption":"Noorwe\u00eb se nuwe koning, Haakon VIII. Foto: X"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Hulde aan afgestorwe koning van Noorwe\u00eb terwyl seun troon oorneem: \u2018Nie kroon nodig gehad om koning te wees nie\u2019"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/hulde-aan-afgestorwe-koning-van-noorwee-terwyl-seun-troon-oorneem-nie-kroon-nodig-gehad-om-koning-te-wees-nie\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332371","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=332371"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332371\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":332374,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/332371\/revisions\/332374"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/332373"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=332371"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=332371"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=332371"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}