{"id":331534,"date":"2026-08-25T16:18:11","date_gmt":"2026-08-25T14:18:11","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=331534"},"modified":"2026-08-25T16:18:11","modified_gmt":"2026-08-25T14:18:11","slug":"vandag-in-die-nuus-67","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/","title":{"rendered":"Vandag in die nuus"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is die hoofnuus wat vandag, 25 Augustus, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-plaaslik\" class=\"wp-block-heading\">Plaaslik<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Greatest Rivalry: Rassie se krukkelys groei met 3 Bok-toetse wat nog voorl\u00ea met onsekerheid oor Siya Kolisi \u00e9n Cheslin Kolbe, met Grant Williams, Ben-Jason Dixon en Canan Moodie wat tans op die krukkelys is.<\/li>\n\n\n\n<li>N\u00e1 3 onsuksesvolle pogings om borgtog te bekom, sal die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof vir voorverhoorverrigtinge op aanklagte van onwettige besit van \u2019n vuurwapen en ammunisie, meineed en verydeling van die gereg verskyn.<\/li>\n\n\n\n<li>Die staat beweer dat die sakeman Brown Mogotsi beplan het om uit die hof te ontsnap tydens sy verskyning op 20 Augustus 2026, deur inligting wat aan die lig gekom het tydens Mogotsi se 4de borgtogaansoek in die Johannesburgse landdroshof.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"932\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Prof.-Pamela-Dube-Vice-Chancellor-and-Principal-1024x932.jpg\" alt=\"Prof. Pamela Dube.\" class=\"wp-image-331537\" style=\"width:688px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Prof.-Pamela-Dube-Vice-Chancellor-and-Principal-1024x932.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Prof.-Pamela-Dube-Vice-Chancellor-and-Principal-300x273.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Prof.-Pamela-Dube-Vice-Chancellor-and-Principal-768x699.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Prof.-Pamela-Dube-Vice-Chancellor-and-Principal-1536x1398.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Prof.-Pamela-Dube-Vice-Chancellor-and-Principal-1320x1201.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Prof.-Pamela-Dube-Vice-Chancellor-and-Principal-600x546.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Prof.-Pamela-Dube-Vice-Chancellor-and-Principal.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Prof. Pamela Dube. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die visekanselier en rektor van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, prof. Pamela Dube, wat die 1ste vrou in haar amp by die tersi\u00eare instelling was, sal nie haar vyfjaartermyn voltooi nie nadat sy weens swak gesondheid besluit het om op 31 Desember vroeg af te tree.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n 4de beskuldigde wat met die moord op die voormalige burgemeester van Knysna en wyksraadslid Aubrey Tsengwa verbind word, sal na verwagting vandag in die Knysna-landdroshof verskyn n\u00e1 hy homself gister aan die polisie oorgegee het.<\/li>\n\n\n\n<li>JSE-genoteerde Aveng het die aanstelling van Fraser Wyllie as sy aangewese uitvoerende hoof aangekondig, met Wyllie wat die pos vanaf 1 Oktober 2026 sal beklee en toesig hou oor die maatskappy se omkeerstrategie.<\/li>\n\n\n\n<li>Transnet het hul plan om 15 van sy eiendomme, waaronder Johannesburg se ikoniese Carlton-sentrum, te verkoop in die staatskoerant geplaas nadat die staatsbeheerde logistieke maatskappy \u2019n reeks bates, insluitend winkelsentrums, gholfbane en ander kommersi\u00eble eiendomme, vir moontlike verkooptransaksies ge\u00efdentifiseer het.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"712\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/JuliasMkhwanazi_17040-1024x712.jpg\" alt=\"Julius Mkhwanazi, die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie.\" class=\"wp-image-325055\" style=\"width:672px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/JuliasMkhwanazi_17040-1024x712.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/JuliasMkhwanazi_17040-300x209.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/JuliasMkhwanazi_17040-768x534.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/JuliasMkhwanazi_17040.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Julius Mkhwanazi, die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie. Foto: Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die saak oor die diefstal van edelstene teen die geskorste adjunkhoof van die EMPD, Julius Mkhwanazi, en sy mede-beskuldigdes, Getuie K, Adrian Norman Mackenzie en Keisha Leigh Stols, wat vlugtig vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn het, is uitgestel tot 18 September.<\/li>\n\n\n\n<li>Grandi Theunissen, voormalige VF Plus-koukusleier in die Tshwane-metroraad, het bedank as lid van die VF Plus en het oorgestap na die DA.<\/li>\n\n\n\n<li>Die portefeuljekomitee oor begrotingstoewysings sal deur Dirco ingelig word oor planne om die R1,4 miljard wat buitelandse lande skuld, te verhaal, asook oor die vordering om geld te ontvang wat Zimbabwe aan SAA verskuldig is.<\/li>\n\n\n\n<li>Beweerde misdaadbaas Vusimuzi \u2018Cat\u2019 Matlala het ontken dat hy \u2019n hegte verhouding met die geskorste adjunknasionale polisiekommissaris, genl. Shadrack Sibiya, gehad het en het aan die Madlanga-kommissie ges\u00ea die omstrede senior polisiebeampte was nie sy vriend nie, maar bloot \u2018iemand wat ek geken het\u2019.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<h2 id=\"h-oorsee\" class=\"wp-block-heading\">Oorsee<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>The Washington Post is beveel om die rubriekskrywer Karen Attiah weer in haar pos te aan te stel nadat sy afgedank is oor plasings op sosiale media wat sy gemaak het n\u00e1 die sluipmoord op die Charlie Kirk.<\/li>\n\n\n\n<li>Brasili\u00eb se nasionale agentskap wat data beskerm het aangekondig dat dit \u2019n boete van bykans $30 miljoen teen TikTok opgel\u00ea het weens \u2018onre\u00eblmatighede in die verwerking van data van kinders en tieners\u2019.<\/li>\n\n\n\n<li>Een derde van die skepe wat Iran gedreig het om te konfiskeer weens die oortreding van deurvaartre\u00ebls in die Straat van Hormoes, is reeds tydens die oorlog in die Midde-Ooste aangeval, het \u2019n AFP-ontleding van data bevind.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"665\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/GettyImages-22813366_15636-1024x665.jpg\" alt=\"\u2019n Satellietfoto van die Straat van Hormoes.\" class=\"wp-image-325865\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/GettyImages-22813366_15636-1024x665.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/GettyImages-22813366_15636-300x195.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/GettyImages-22813366_15636-768x499.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/GettyImages-22813366_15636.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">\u2019n Satellietfoto van die Straat van Hormoes. Foto: Getty Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>\u2019n 35-jarige Portugese man het 12 mense, onder wie 2 polisiebeamptes en \u2019n Poolse burger, beseer nadat hy voetgangers in \u2019n Portugese vakansieoord in Algarve omgery het.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Griekse kuswag het 85 buitelanders van twee bote in nood naby Kreta gered, terwyl honderde ander mense wat Europa probeer bereik, die afgelope paar dae uit die see rondom die eiland gehaal is.<\/li>\n\n\n\n<li>Armeense polisie het die leier van die land se 2de grootste opposisieparty, Robert Kocharyan, wat president was tussen 1998 en 2008, en sy seun op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem, met bewerings dat hy tydens sy ampstermyn onwettig staatseiendom bekom het.<\/li>\n\n\n\n<li>Turkye het die VSA se besluit verwelkom om Siri\u00eb van sy lys van state wat terrorisme steun, te verwyder, en ges\u00ea dat dit pogings sal versterk om die oorloggeteisterde land weer by die internasionale gemeenskap te integreer.<\/li>\n\n\n\n<li>China het ges\u00ea dit sal sy belange beskerm nadat Washington planne uiteengesit het vir die \u2018ekonomiese versmoring\u2019 van Beijing se ekonomiese vennoot, Iran.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Siriese president, Ahmed al-Sharaa, het die VSA se besluit verwelkom om Siri\u00eb van sy lys van staatsborge van terrorisme te verwyder, \u2019n belangrike stap wat tot verligting van sanksies lei en as \u2019n \u2018pynlike hoofstuk uit sy verlede\u2019 gesien word.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Tornado het deur Pomas, \u2019n dorp in suidwes-Frankryk gewoed, 41 mense beseer en honderde huise beskadig, terwyl groot dele van die streek onder \u2019n oranje stormwaarskuwing geplaas is en talle gebiede deur kragonderbrekings en vervoerversteurings geraak is.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is die hoofnuus wat vandag, 25 Augustus, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":328407,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,15577],"class_list":["post-331534","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Vandag in die nuus | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vandag in die nuus\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is die hoofnuus wat vandag, 25 Augustus, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-25T14:18:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Cilliers-Brink.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1710\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Franco Havenga\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Vandag in die nuus\",\"datePublished\":\"2026-08-25T14:18:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/\"},\"wordCount\":806,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Cilliers-Brink.jpg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/\",\"name\":\"Vandag in die nuus | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Cilliers-Brink.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-25T14:18:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Cilliers-Brink.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Cilliers-Brink.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1710,\"caption\":\"Cilliers Brink tydens die DA se manifes in Johannesburg. Foto: Facebook\\\/DA.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Vandag in die nuus\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-67\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vandag in die nuus | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Vandag in die nuus","og_description":"Hier is die hoofnuus wat vandag, 25 Augustus, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-25T14:18:11+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1710,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Cilliers-Brink.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Franco Havenga","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Vandag in die nuus","datePublished":"2026-08-25T14:18:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/"},"wordCount":806,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Cilliers-Brink.jpg","keywords":["Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/","name":"Vandag in die nuus | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Cilliers-Brink.jpg","datePublished":"2026-08-25T14:18:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Cilliers-Brink.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Cilliers-Brink.jpg","width":2560,"height":1710,"caption":"Cilliers Brink tydens die DA se manifes in Johannesburg. Foto: Facebook\/DA."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Vandag in die nuus"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-67\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/331534","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=331534"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/331534\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":331538,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/331534\/revisions\/331538"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/328407"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=331534"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=331534"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=331534"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}