{"id":330616,"date":"2026-08-21T05:57:41","date_gmt":"2026-08-21T03:57:41","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=330616"},"modified":"2026-08-21T12:48:07","modified_gmt":"2026-08-21T10:48:07","slug":"oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/","title":{"rendered":"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verdedigingsafrigters s\u00ea graag vir hul spelers om \u201cvinnig Noord toe te gaan\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat dit beteken, is dat jy vinnig van die verdedigingslyn af opkom, vorentoe storm en probeer om jou teenstander agter die voordeellyn vas te vat.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanuit \u2019n speler se perspektief beteken om Noord toe te gaan dat jy veld wen. Dit beteken jy beweeg vorentoe, maak vordering, speel aggressief en wen die kontaksituasies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Springbokke is goed daarmee om Noord te speel. Op die aanval skep hulle lynbreke, dra die bal en wen veld terwyl hulle \u2019n goeie persentasie van kontaksituasies wen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die verdediging is hulle ook redelik goed daarmee om Noord toe te gaan. Hulle hou daarvan om vinnig op te kom, hulle wil jou terugdruk en, bo alles, wil hulle daardie uiters belangrike voordeellyn wen. Maar hoewel di\u00e9 dinge noodsaaklik is, en hoewel om Noord toe te gaan steeds die verstandigste manier is om oor rugby te praat, dink ek hierdie reeks teen die All Blacks gaan bepaal word deur wat langs die Oos-Wes-as gebeur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is wat lateraal gebeur wat gaan bepaal of die Bokke die Greatest Rivalry-reeks wen of verloor.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">Felix Jones: \u201cWe know we have to start with a huge amount of intensity\u201d &#8211; more here: <a href=\"https:\/\/t.co\/KLNq5sq2Kx\">https:\/\/t.co\/KLNq5sq2Kx<\/a> \ud83d\udd0e<a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/Springboks?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#Springboks<\/a> <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/ForeverGreenForeverGold?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#ForeverGreenForeverGold<\/a> <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/RugbysGreatestRivalry?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#RugbysGreatestRivalry<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/UeY8Fq8FbD\">pic.twitter.com\/UeY8Fq8FbD<\/a><\/p>&mdash; Springboks (@Springboks) <a href=\"https:\/\/x.com\/Springboks\/status\/2089719017879585107?ref_src=twsrc%5Etfw\">August 18, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die rede waarom ek dit s\u00ea, is weens die werklike gevaar wat die All Blacks inhou. Ons praat oor hul vinnige tempo, hul vermo\u00eb om van enige plek af toe te slaan en die enorme balvaardighede wat hulle in staat stel om verdediging in \u2019n oogwink oop te klop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar as jy daaroor dink, is di\u00e9 dinge eintlik net uitkomste. Hulle is afhanklik daarvan dat iets anders eers gebeur \u2013 soos vinnige besit by \u2019n losgemaal, omgekeerde balbesit of flaters op verdediging.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek stel dus meer belang in wat die All Blacks kan doen om daardie toestande in die eerste plek te skep. En dit, dink ek, kom neer op hul laterale spel. Die All Blacks het die vermo\u00eb om voortdurend verskillende soorte aanvalle oor die breedte van die veld te skep. So toets hulle jou verdedigingslyn op verskeie plekke op die veld.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is hoe dit vroe\u00ebr was. Die beste All Black-spanne het hul aanval presies op di\u00e9 beginsel van afwisseling, geduld en die onophoudelike soeke na spasie gebou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle sou kort dryfmaal-aanvalle loots. Dan kombinasies tussen die voorspelers, dan \u2019n aanval deur die middel. Terug na die kort dryfmaal-aanvalle. Die skrumskakel wat \u2019n gaping slaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alles afwisselende spel. Dit was die manier waarop hulle jou lateraal getoets het wat jou uiteindelik blootgestel het met \u2019n mislukte duikslag of twee. En ek dink dit is wat ons weer van hierdie All Blacks gaan sien. Dit lyk asof hulle daardie superkrag herontdek.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/2ee4841d-0c3b-4501-895b-616d887bef97.jpg\" alt=\"Anton Lienert-Brown in aksie vir die All Blacks teen die Bulls. \" class=\"wp-image-330844\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/2ee4841d-0c3b-4501-895b-616d887bef97.jpg 650w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/2ee4841d-0c3b-4501-895b-616d887bef97-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/2ee4841d-0c3b-4501-895b-616d887bef97-600x397.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Anton Lienert-Brown in aksie vir die All Blacks teen die Bulls. Foto: Johan Orton\/Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek dink dus dit is wat vir die Bokke voorl\u00ea. En vergeet alles anders: dit is die werklike gevaar wat ons in die gesig staar. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is \u2019n paar dinge wat ons kan doen om dit te kniehalter. Natuurlik gebeur baie daarvan op daardie Noord-Suid-speellyn. Dominante duikslae kan hulle vertraag en ons \u2019n kans gee om balbesit terug te wen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lynspoed kan hulle dwing om vroeg te speel en foute te maak. As ons die voordeellyn wen, kan ons vinniger ons lyne reg kry vir die volgende aanslag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Groot les het uit ons wedstryd teen Skotland gekom. Onthou al daardie o\u00ebnskynlik onverklaarbare lynbreke wat skielik begin gebeur het? Dit het gebeur omdat Skotland ons verdedigingspasie teen ons gebruik het. Daardie wydte het die Bok-verdedigers soos kougom uitgerek en gevolglik het hulle hul verbinding met mekaar verloor. Skielik het dit moeiliker geword om te lees en te merk (wie se man is dit?). Daarmee het die vermo\u00eb om mekaar te ondersteun en te dek, afgeneem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die All Blacks gaan dit na \u2019n heel ander vlak neem, en dit is wat ek sien aankom in hul benadering teenoor ons. Daarom gaan die Bokke se spasi\u00ebring, posisionering en hoe hulle aan mekaar verbind van kardinale belang wees. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle verdediging mag nie te smal wees en maklik omseil word nie, maar ook nie te wyd dat hulle die vermo\u00eb verloor om as \u2019n eenheid te domineer nie. Hul laterale vorm en spasi\u00ebring, en hul vermo\u00eb om as \u2019n samehangende geheel aan te pas by die prentjie voor hulle, terwyl hulle terselfdertyd verbind bly aan mekaar, kan heel moontlik die heel belangrikste aspek van hul verdediging in die komende weke wees.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">All Blacks wh\u0101nau! We hear \ud835\udc9a\ud835\udc90\ud835\udc96&#8230; no matter where \ud835\udc9a\ud835\udc90\ud835\udc96 are \ud83d\udda4\ud83e\udd0d<br> <br>Aotearoa. South Africa. Everywhere in between. Loud and clear. You are what gets us through, when it matters most.<br> <br>Share your support: <a href=\"https:\/\/t.co\/cpB1wXohv1\">https:\/\/t.co\/cpB1wXohv1<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/AjQD5XKm0C\">pic.twitter.com\/AjQD5XKm0C<\/a><\/p>&mdash; All Blacks (@AllBlacks) <a href=\"https:\/\/x.com\/AllBlacks\/status\/2089946011309330866?ref_src=twsrc%5Etfw\">August 19, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nog \u2019n subtiele aspek van die laterale kant van verdediging is die vermo\u00eb om van lokaas-aanvallers af weg te skuif en aan te pas by baldraers wat van agter af omkom. Die All Blacks gaan baie groepe aanvallers gebruik, met hardlopers wat drie, vier en selfs vyf lae diep opgestel is. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elke keer wanneer \u2019n verdediger op een laag reageer, word die bal na die volgende laag verskuif wat aan die agterkant omkom. En uiteindelik raak jy jou verdedigers op. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daarom is dit noodsaaklik om baie intelligente en deeglik voorbereide spelers te h\u00ea wat spelpatrone kan ontsyfer en lyftaal in die oomblik kan lees, terwyl hulle voortdurend van vals baldraers af wegskuif na waar die aksie werklik gaan plaasvind. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soos die All Blacks probeer om Oos-Wes-breedte in hul aanval te skep, moet die Bokke dit ook in hul verdediging doen. En pasop vir die oomblik wanneer \u2019n lokaas eintlik die aanvaller raak as die bal w\u00e9l na hom toe gegooi word . . .<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die mees sigbare versinnebeelding van die All Blacks se laterale bedreiging is die verskeidenheid wat hulle tussen hul hardloop- en skopspel gaan bring. Daarmee bedoel ek dat hulle die bal gaan dra om jou te leer om die hardloopspel te verwag, en dan, wanneer jou verdedigers begin opdruk of inskiet, gaan hulle die skop gebruik om die ruimte wat dit skep uit te buit. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daardie skoppe kan enige vorm aanneem, van \u2019n voetaangee, \u2019n rolskoppie langs die lyn af of \u2019n sagte skoppie in oop ruimte. Die bedreiging van laterale balbeweging dwing die verdedigers aan die buitekant en die agterste drie om besluite te neem, en daardie besluite skep geleenthede elders.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Weereens sal dit die Bokke se vermo\u00eb wees om lateraal aan te pas wat sal help om hierdie gevaar in bedwang te hou. En dit gaan nie net oor die agterste drie en hoe hulle dek nie; ek dink spesifiek aan die verdedigers reg op die rand. Hulle moet die spel lees en weet wanneer om in te storm om \u2019n beweging dood te maak, en wanneer om buite om te kom en die voetaangee of die \u201cbridge pass\u201d te dek. Dis laterale Russiese roulette.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/1c69c542-fe37-4c47-942d-c5db2d9ae41d.jpg\" alt=\"Josh Moorby van die All Blacks druk \u2019n drie teen die Bulls. \" class=\"wp-image-330845\" style=\"width:577px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/1c69c542-fe37-4c47-942d-c5db2d9ae41d.jpg 650w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/1c69c542-fe37-4c47-942d-c5db2d9ae41d-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/1c69c542-fe37-4c47-942d-c5db2d9ae41d-600x397.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Josh Moorby van die All Blacks druk \u2019n drie teen die Bulls. Foto: Johan Orton\/Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die laaste ding wat ek oor die laterale aspek van die spel wil s\u00ea, is natuurlik die skarrelverdediging. Hoewel die Bokke se Noord-Suid-drukverdediging al die lof kry, is dit eintlik die Oost-Wes-dekverdediging wat alles bymekaar hou. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Bokke se geweldige werktempo en honger om oor die veld te beweeg om \u2019n lynbreuk dood te maak of \u2019n inval langs die buitekant te stop, is moontlik hul indrukwekkendste eienskap. En hoewel daardie breuke altyd dramaties lyk, is die skade reeds ingereken. Want meer dikwels as nie word die speler naby die voordeellyn gevang waar die breuk begin het. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die wonderlike voordeel van \u2019n ho\u00eb en vinnige verdediging is dat dit effektief diepte koop vir jou skarrelverdediging: jy het meer tyd en ruimte om \u2019n wegbreekspeler te vang voordat hy werklik positiewe grondgebied wen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In hierdie reeks gaan ek al die gewone Noord-Suid-statistieke, soos dominante baldraers, lynspoed en dies meer, fyn dophou, maar wat my werklik gaan interesseer, is die stryd wat langs die Oos-Wes-front afspeel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Want die All Blacks toon tekens dat hulle hul ou kenmerkende spel terugbring. En die Bokke sal op meer as net krag moet staatmaak om dit wat op pad is, te hanteer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy s\u00ea dalk nie vir enige man \u201coom\u201d nie, maar Oom Rugby verdien sy titel. Die man skryf sport so raak soos die perfekte laagvat op \u2019n vinnige vleuel. Oom Rugby beskryf nes hy kan hoe die Springbokke nie net \u201cNoord toe moet gaan en vorentoe\u201d beweeg nie, maar ook hoe daar \u201cOos-Wes\u201d-gespeel moet word teen die All Blacks. En moenie \u201cNoord-Suid\u201d vergeet nie. Nou moet die Bokke net luister!<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":312542,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Oom Rugby","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[22],"tags":[17723,15936,15591],"class_list":["post-330616","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sport","tag-nuusbrief-4","tag-oom-rugby","tag-sport"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Jy s\u00ea dalk nie vir enige man \u201coom\u201d nie, maar Oom Rugby verdien sy titel. Die man skryf sport so raak soos die perfekte laagvat op \u2019n vinnige vleuel. Oom Rugby beskryf nes hy kan hoe die Springbokke nie net \u201cNoord toe moet gaan en vorentoe\u201d beweeg nie, maar ook hoe daar \u201cOos-Wes\u201d-gespeel moet word teen die All Blacks. En moenie \u201cNoord-Suid\u201d vergeet nie. Nou moet die Bokke net luister!\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-21T03:57:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-08-21T10:48:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Oom Rugby\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks\",\"datePublished\":\"2026-08-21T03:57:41+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-21T10:48:07+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/\"},\"wordCount\":1314,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"keywords\":[\"Nuusbrief 4\",\"Oom Rugby\",\"Sport\"],\"articleSection\":[\"Sport\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/\",\"name\":\"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-21T03:57:41+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-21T10:48:07+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"width\":1280,\"height\":640,\"caption\":\"Aanlynrugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 sal voortaan vir Die Papier skryf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sport\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sport\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks","og_description":"Jy s\u00ea dalk nie vir enige man \u201coom\u201d nie, maar Oom Rugby verdien sy titel. Die man skryf sport so raak soos die perfekte laagvat op \u2019n vinnige vleuel. Oom Rugby beskryf nes hy kan hoe die Springbokke nie net \u201cNoord toe moet gaan en vorentoe\u201d beweeg nie, maar ook hoe daar \u201cOos-Wes\u201d-gespeel moet word teen die All Blacks. En moenie \u201cNoord-Suid\u201d vergeet nie. Nou moet die Bokke net luister!","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-21T03:57:41+00:00","article_modified_time":"2026-08-21T10:48:07+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":640,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Oom Rugby","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks","datePublished":"2026-08-21T03:57:41+00:00","dateModified":"2026-08-21T10:48:07+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/"},"wordCount":1314,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","keywords":["Nuusbrief 4","Oom Rugby","Sport"],"articleSection":["Sport"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/","name":"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","datePublished":"2026-08-21T03:57:41+00:00","dateModified":"2026-08-21T10:48:07+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","width":1280,"height":640,"caption":"Aanlynrugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 sal voortaan vir Die Papier skryf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sport","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sport\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Oom Rugby: Springbokke moet hiervoor uitkyk in Rivalry-reeks"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-springbokke-moet-hiervoor-uitkyk-in-rivalry-reeks\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/330616","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=330616"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/330616\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":330946,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/330616\/revisions\/330946"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/312542"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=330616"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=330616"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=330616"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}