{"id":329572,"date":"2026-08-14T13:23:24","date_gmt":"2026-08-14T11:23:24","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=329572"},"modified":"2026-08-14T13:23:40","modified_gmt":"2026-08-14T11:23:40","slug":"sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/","title":{"rendered":"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Shell en Impact Africa sal \u2019n nuwe aansoekproses moet begin as hulle weer buitelandse olie- en gaseksplorasie aan Suid-Afrika se Wildekus wil doen, nadat die land se hoogste hof vandag in die guns van die kusgemeenskappe en omgewingsbewaringsorganisasies beslis het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die saak spruit uit \u2019n eksplorasiereg wat in 2014 aan Impact Africa toegestaan is vir olie- en gaseksplorasie aan Suid-Afrika se Wildekus. Shell en Impact Africa het later elk \u2019n belang van 50% in die eksplorasiereg gehad.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar het \u2019n regstryd ontstaan oor of kusgemeenskappe behoorlik geraadpleeg is voordat die eksplorasiereg toegestaan is, en wat seismiese eksplorasie vir die omgewing kan inhou.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"684\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kei-River-1-AH-684x1024.jpg\" alt=\"Die Keirivier aan die Wildekus.\" class=\"wp-image-329573\" style=\"width:576px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kei-River-1-AH-684x1024.jpg 684w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kei-River-1-AH-200x300.jpg 200w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kei-River-1-AH-768x1151.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kei-River-1-AH-1025x1536.jpg 1025w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kei-River-1-AH-1367x2048.jpg 1367w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kei-River-1-AH-1320x1977.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kei-River-1-AH-600x899.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 684px) 100vw, 684px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die Keirivier aan die Wildekus. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die geskil het laat in 2021 verskerp toe Shell beplan het om met \u2019n seismiese opnames langs die kus te begin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Seismiese opnames gebruik sterk klankgolwe om olie- en gasreserwes onder die seebodem op te spoor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gemeenskappe wat die opnames teengestaan het, het aangevoer dat dit die mariene omgewing, hul bestaansmiddele en hul kulturele en geestelike verbintenis met die see kan benadeel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gemeenskappe en omgewingsbewaringsorganisasies het dringende hofstappe gedoen om die opname te stuit, en \u2019n tweede interdik het uiteindelik die werk tot stilstand gebring.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fishermen-Silhouettes-PSJ-AH-1024x683.jpg\" alt=\"Vissergemeenskappe.\" class=\"wp-image-329575\" style=\"width:708px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fishermen-Silhouettes-PSJ-AH-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fishermen-Silhouettes-PSJ-AH-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fishermen-Silhouettes-PSJ-AH-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fishermen-Silhouettes-PSJ-AH-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fishermen-Silhouettes-PSJ-AH-2048x1366.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fishermen-Silhouettes-PSJ-AH-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fishermen-Silhouettes-PSJ-AH-600x400.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Vissergemeenskappe. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In September 2022 het die hooggeregshof in Makhanda die eksplorasiereg tersyde gestel nadat bevind is dat geraakte gemeenskappe nie voldoende geraadpleeg is toe die reg toegestaan is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Shell, Impact Africa en die minister van minerale hulpbronne het egter teen di\u00e9 beslissing geappelleer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die app\u00e8lhof in Bloemfontein het met die ho\u00eb hof saamgestem dat die eksplorasiereg onregmatig toegestaan is, maar het nie die deur vir die projek heeltemal gesluit nie. Die eksplorasiereg, hoewel onregmatig, was steeds in plek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit het beteken dat die minister \u2019n hernuwingsaansoek kon oorweeg en dat \u2019n verdere openbaredeelnameproses kon plaasvind om die gebreke wat die hof ge\u00efdentifiseer het, te probeer regstel. Die eksplorasieproses sou dan kon hervat.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"683\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fish-Lunch-RS-AH-1-683x1024.jpg\" alt=\"Die gemeenskappe wat die opnames teengestaan het, het aangevoer dat dit die mariene omgewing, hul bestaansmiddele en hul kulturele en geestelike verbintenis met die see kan benadeel.\" class=\"wp-image-329577\" style=\"width:540px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fish-Lunch-RS-AH-1-683x1024.jpg 683w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fish-Lunch-RS-AH-1-200x300.jpg 200w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fish-Lunch-RS-AH-1-768x1152.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fish-Lunch-RS-AH-1-1024x1536.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fish-Lunch-RS-AH-1-1365x2048.jpg 1365w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fish-Lunch-RS-AH-1-1320x1980.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fish-Lunch-RS-AH-1-600x900.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 683px) 100vw, 683px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die gemeenskappe wat die opnames teengestaan het, het aangevoer dat dit die mariene omgewing, hul bestaansmiddele en hul kulturele en geestelike verbintenis met die see kan benadeel. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Wildekus-gemeenskappe het egter saam met Sustaining the Wild Coast, Natural Justice, Greenpeace Africa en All Rise-prokureurs die saak na die konstitusionele hof geneem om enige moontlikheid vir \u2019n eksplorasieproses wat die maatskappye en die minister nog kon probeer, heeltemal in die bek te ruk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die aansoekers het aangevoer dat die voortbestaan van die onregmatige eksplorasiereg die geraakte gemeenskappe se reg op billike administratiewe optrede, asook hul bestaansmiddele en hul kulturele en spirituele verbintenis met die see, ondermyn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle het aangevoer dat die app\u00e8lhof se bevel nie duidelik uiteensit watter proses Shell en die minister moet volg voordat eksplorasie kan plaasvind nie, wat die moontlikheid van verdere litigasie skep.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/FISHERMEN-PSJ-SUNRISE-2-RS-JC-1024x683.jpg\" alt=\"Vissermanne.\" class=\"wp-image-329576\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/FISHERMEN-PSJ-SUNRISE-2-RS-JC-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/FISHERMEN-PSJ-SUNRISE-2-RS-JC-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/FISHERMEN-PSJ-SUNRISE-2-RS-JC-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/FISHERMEN-PSJ-SUNRISE-2-RS-JC-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/FISHERMEN-PSJ-SUNRISE-2-RS-JC-2048x1366.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/FISHERMEN-PSJ-SUNRISE-2-RS-JC-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/FISHERMEN-PSJ-SUNRISE-2-RS-JC-600x400.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Vissermanne. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle het ook volgehou dat \u2019n omgewingsmagtiging kragtens die huidige regulatoriese raamwerk vereis sal word voordat eksplorasie kon voortgaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die konstitusionele hof het Vrydag gelas dat die gebreke in die oorspronklike toekenning van die eksplorasiereg nie deur \u2019n latere konsultasieproses tydens \u2019n hernuwingsaansoek reggestel kan word nie en dat enige verdere poging om eksplorasieregte te bekom in wese \u2019n nuwe aansoek en nuwe besluitnemingsproses sal verg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die geskil speel ook af teen \u2019n veranderde klimaatbeleidsagtergrond. Die Wet op Klimaatsverandering, wat in Maart 2025 in werking getree het, skep \u2019n wetgewende raamwerk vir Suid-Afrika se langtermynoorgang na \u2019n laekoolstof- en klimaatsbestande ekonomie en samelewing.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die aansoekers het hulle beroep op die grondwetlike reg op \u2019n omgewing wat nie skadelik vir gesondheid of welstand is nie, terwyl omgewingsbewaringsgroepe aangevoer het dat verdere grootskaalse eksplorasie na fossielbrandstowwe moeilik met Suid-Afrika se klimaatverpligtinge versoen kon word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Shell en Impact Africa sal \u2019n nuwe aansoekproses moet begin as hulle weer buitelandse olie- en gaseksplorasie aan Suid-Afrika se Wildekus wil doen, nadat die land se hoogste hof vandag in die guns van die kusgemeenskappe en omgewingsbewaringsorganisasies beslis het. Die saak spruit uit \u2019n eksplorasiereg wat in 2014 aan Impact Africa toegestaan is vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":329574,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Jana Marx","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[17920,17919,15603,17918,15577,17917],"class_list":["post-329572","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-eksplorasiereg","tag-impact-africa","tag-nuus","tag-shell","tag-top","tag-wildekus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Shell en Impact Africa sal \u2019n nuwe aansoekproses moet begin as hulle weer buitelandse olie- en gaseksplorasie aan Suid-Afrika se Wildekus wil doen, nadat die land se hoogste hof vandag in die guns van die kusgemeenskappe en omgewingsbewaringsorganisasies beslis het. Die saak spruit uit \u2019n eksplorasiereg wat in 2014 aan Impact Africa toegestaan is vir [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-14T11:23:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-08-14T11:23:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1707\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Jana Marx\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer\",\"datePublished\":\"2026-08-14T11:23:24+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-14T11:23:40+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/\"},\"wordCount\":603,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg\",\"keywords\":[\"Eksplorasiereg\",\"Impact Africa\",\"Nuus\",\"Shell\",\"Top\",\"Wildekus\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/\",\"name\":\"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-14T11:23:24+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-14T11:23:40+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1707,\"caption\":\"Die Wildekus se klowe. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer","og_description":"Shell en Impact Africa sal \u2019n nuwe aansoekproses moet begin as hulle weer buitelandse olie- en gaseksplorasie aan Suid-Afrika se Wildekus wil doen, nadat die land se hoogste hof vandag in die guns van die kusgemeenskappe en omgewingsbewaringsorganisasies beslis het. Die saak spruit uit \u2019n eksplorasiereg wat in 2014 aan Impact Africa toegestaan is vir [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-14T11:23:24+00:00","article_modified_time":"2026-08-14T11:23:40+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1707,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Jana Marx","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer","datePublished":"2026-08-14T11:23:24+00:00","dateModified":"2026-08-14T11:23:40+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/"},"wordCount":603,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg","keywords":["Eksplorasiereg","Impact Africa","Nuus","Shell","Top","Wildekus"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/","name":"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg","datePublished":"2026-08-14T11:23:24+00:00","dateModified":"2026-08-14T11:23:40+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/PSJ-CLIFFS-RS-JC.jpg","width":2560,"height":1707,"caption":"Die Wildekus se klowe. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Sege vir Wildekus-gemeenskappe: Hof beslis Shell en Impact Africa mag nie eksploreer"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sege-vir-wildekus-gemeenskappe-hof-beslis-shell-en-impact-africa-mag-nie-eksploreer\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=329572"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329572\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":329578,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329572\/revisions\/329578"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/329574"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=329572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=329572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=329572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}