{"id":329309,"date":"2026-08-18T00:01:00","date_gmt":"2026-08-17T22:01:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=329309"},"modified":"2026-08-18T07:15:29","modified_gmt":"2026-08-18T05:15:29","slug":"dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/","title":{"rendered":"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is heel gepas dat die huidige toer van die All Blacks die Greatest Rivalry gedoop is, want die wedywering tussen die Nieu-Seelanders en die Springbokke kan beslis beskou word as die grootste en mees tradisieryke onder alle rugbylande.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My ervaring het 77 jaar gelede begin. As negejarige seun het my vader, Louw Joubert, my saam geneem na die eerste toets van die 1949 All Black-toer in Suid-Afrika op Nuweland. My herinnering is dat die All Blacks in hul swart gewaad reusagtig gelyk het in verhouding met die Springbokke in hul groen truie. As skoolseuns het ons in daardie dae op plat bankies langs die veld gesit met geen omheining tussen ons en die spelers nie. Een keer het \u2019n Springbok die All Black-vleuel Peter Henderson hier vlak voor my oor die kantlyn geduik. \u2019n Foto daarvan waarin ek nogal verskrik voorgekom het, het later in die naweekbylae van die <em>Cape Times<\/em> verskyn \u2013 helaas, het ek dit nie meer nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die toets sal ook onthou word vir die feit dat Okey Geffin vyf strafdoele oorgeskop het sodat die Springbokke met 15-11 kon wen. Geffin, terloops, was \u2019n voorryman. Vandag is dit feitlik ongekend dat \u2019n voorspeler die skoppe na die pale sal waarneem. Geffin se skopwerk het \u2019n groot rol gespeel in die Bokke se reeksoorwinning van 4-0.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Agterna sou die Nieu-Seelanders kla dat die Suid-Afrikaanse skeidsregters hulle benadeel het \u2013 neutrale blasers sou eers later jare in toetsrugby ingespan word. Daarby moes die All Blacks \u2019n paar van hul beste spelers \u2013 Maori\u2019s \u2013 by die huis los weens die destydse regering se apartheidsbeleid. Dit was dan ook die rede waarom die All Blacks nie die Maori-strydkreet, die haka, gedurende hierdie toer gebruik het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Na 1949 wou die All Blacks wraak neem, en dit kon hulle doen gedurende die Springbokke se toer in 1956 na die land van die Silwervaring. Tuis, voor die dae van televisie, was ons afhanklik van radio-uitsendings waarvoor ons in die middel van die nag moes opstaan, en van koerantberigte. Suid-Afrikaners was geskok deur foto\u2019s van die lelike moddervelde in Nieu-Seeland, maar wat die meeste ontstel het, was \u2019n foto wat die bebloede Jaap Bekker gewys het wat onder die vuiste van \u2019n All Black moes deurloop.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1637\" height=\"1681\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/fritz_16115-1.jpg\" alt=\"Fritz Joubert.\" class=\"wp-image-329314\" style=\"aspect-ratio:0.9738295038725611;width:548px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/fritz_16115-1.jpg 1637w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/fritz_16115-1-292x300.jpg 292w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/fritz_16115-1-997x1024.jpg 997w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/fritz_16115-1-768x789.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/fritz_16115-1-1496x1536.jpg 1496w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/fritz_16115-1-1320x1355.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/fritz_16115-1-600x616.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1637px) 100vw, 1637px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Fritz Joubert. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-all-blacks-kies-n-bokser\" class=\"wp-block-heading\">All Blacks kies \u2019n bokser<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nieu-Seeland het die eerste toets van die reeks gewen, maar daarna het die Springbokke teruggeveg en as oorwinnaars in die tweede een van die veld gestap. Hierop het die All Black-keurders \u2019n plan beraam om die sterk SA-voorry van Chris Koch, Bertus van der Merwe en Jaap Bekker te neutraliseer. Hulle het \u2019n gewese Nieu-Seelandse bokskampioen, Kevin Skinner, gekies om die taak te verrig, nie net as skrumwerker nie, maar ook om sy vuiste teen die Bokke te gebruik. Eers het hy Koch \u2019n paar keer bygedam, daarna het hy aan Bekker se kant van die voorry gaan skrum sodat hy hom ook kon bykom. Die foto van Bekker se gesig het \u2019n aaklige verhaal vertel. Nieu-Seeland het hierdie reeks met 3-1 gewen.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-dawie-de-villiers\" class=\"wp-block-heading\">Dawie de Villiers<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was eers in 1960 dat ek weer die All Blacks eerstehands sou ervaar, die keer in die tweede toets van daardie reeks op Nuweland. Nadat die Bokke die eerste toets gewen het, het hulle gesukkel in die tweede wat \u2019n onaantreklike aff\u00eare &nbsp;was wat die All Blacks oorheers het deur met 11-3 te wen. Ek het die toets gekyk saam met my destydse skool- en rugbymaat Dawie de Villiers en terwyl ons na die eindfluitjie saam met die stil en stroewe skare na die stasie loop, skreeu \u2019n grondboontjieverkoper: &nbsp;\u201cVanaand is die Boerehart weer seer.\u201d Inderdaad.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Min sou ons weet dat die einste Dawie vyf jaar later Suid-Afrika sou aanvoer op die Springbok-toer in Australi\u00eb en Nieu-Seeland nie. Soos gewoonlik was so \u2019n toer \u2019n groot storie wat ek hierdie keer uit \u2019n nuusoogpunt kon ervaar omdat ek lid van Die Burger se sportredaksie was. Ons moes die berigte ontvang en persklaar maak wat ons verteenwoordigers in Nieu-Seeland, Herman le Roux en Roelf Theunissen, per kabelgram na Suid-Afrika gestuur het. Omdat kabelgramme so duur was \u2013 vir elke woord moes betaal word \u2013 het die skrywers&nbsp; \u201ccable lese\u201d gebruik \u2013 onvoltooide en kortaf sinne wat ons weer in Kaapstad moes oorskryf in vol sinne.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir party van die toetse het <em>Die Burger<\/em> Saterdagoggende \u2019n spesiale uitgawe uitgegee. Dit het beteken dat ons omtrent 3:00 op kantoor moes wees om na die toets te luister en aantekeninge te maak indien die kabelgramme uit Nieu-Seeland nie vinnig genoeg opdaag om die spesiale uitgawe te haal nie. My taak was ook om onmiddellik na die eindfluitjie sekere kenners te bel om hul menings oor die toets te kry. Van hierdie kenners wat ek gebel het, onthou ek, was die einste Chris Koch wat nou afgetree het, asook oom Flappie Lochner, \u2019n Springbok-keurder.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daardie reeks het ons ook met 1-3 verloor, maar in 1970 in Suid-Afrika het Dawie en sy span die bordjies verhang deur met 3-1 te wen. Ek was \u2019n afwesige \u201ctoeskouer\u201d vir hierdie reeks aangesien die koerant my na Engeland verplaas het as Londense verteenwoordiger. Tog het ek die All Blacks in hierdie tydperk te siene gekry in toetse teen Wallis op Cardiff Arms Park en op Twickenham teen Engeland. Die hoogtepunt van die toer vir my was in Februarie 1973 toe ek na Parys gereis het om te sien hoe die Franse die All Blacks met 13-6 pak gee.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-die-dag-toe-wp-hulle-wen\" class=\"wp-block-heading\">Die dag toe WP hulle wen<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Ander hoogtepunt was drie jaar later in Suid-Afrika met die koms van die volgende All Black-toerspan. Dit was nie soseer die feit dat die Bokke die reeks met 3-1 gewen het wat my bygebly het nie, maar die oorwinning van 12-11 wat die Westelike Provinsie onder aanvoering van Morn\u00e9 du Plessis oor die toerspan behaal het. Dit was beslis een van die beste wedstryde ooit op Nuweland waar Robbie Blair \u2019n drie uit die hoek verdoel het voordat die eindfluitjie geblaas het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Na jare van sportisolasie was ek in 1994 bevoorreg om as rugbyskrywer die eerste Springboktoer sedert 1981 in Nieu-Seeland vir ons koerante (<em>Beeld, Die Burger, Volksblad<\/em>) te dek. Eerstehands kon mens ervaar hoe fanaties die Nieu-Seelanders oor hul gunstelingsport was. Maar daar was ook teleurstellende oomblikke, veral die voorval in die tweede toets in Wellington waar die voorryman Johan le Roux die All Black-kaptein, Sean Fitzpatrick, aan die oor gebyt het. Dit was \u2019n slapelose nag vir die media, want daar is vergaderings en nogmaals vergaderings gehou om oor Le Roux se lot te beslis. Om 4:00 is ons geroep na \u2019n perskonferensie om die nuus te ontvang dat Le Roux huis toe gestuur word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die All Blacks het twee van die drie toetse gewen (22-14, 13-9), terwyl die laaste een met 18-18 gelykop ge\u00ebindig het \u2013 \u2019n toets wat die Bokke eintlik moes gewen het. Daardie toer het die grondslag gel\u00ea vir die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks die volgende jaar in die W\u00eareldbeker-eindstryd op Ellispark.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;Wat \u2019n reis saam met die Bokke en die All Blacks. Nou wag ons vir die volgende episode.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Joubert is \u2019n afgetrede assitent-redakteur en onder meer sportjoernalis van <em>Die Burger<\/em>. Hy woon op Onrusrivier.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is heel gepas dat die huidige toer van die All Blacks die Greatest Rivalry gedoop is, want die wedywering tussen die Nieu-Seelanders en die Springbokke kan beslis beskou word as die grootste en mees tradisieryke onder alle rugbylande. My ervaring het 77 jaar gelede begin. As negejarige seun het my vader, Louw Joubert, my [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":327807,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Fritz Joubert","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[22],"tags":[17975,17637,15591,15577],"class_list":["post-329309","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sport","tag-fritz-joubert","tag-greatest-rivalry","tag-sport","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit is heel gepas dat die huidige toer van die All Blacks die Greatest Rivalry gedoop is, want die wedywering tussen die Nieu-Seelanders en die Springbokke kan beslis beskou word as die grootste en mees tradisieryke onder alle rugbylande. My ervaring het 77 jaar gelede begin. As negejarige seun het my vader, Louw Joubert, my [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-17T22:01:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-08-18T05:15:29+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/default-37ds.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"650\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"346\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Fritz Joubert\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks\",\"datePublished\":\"2026-08-17T22:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-18T05:15:29+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/\"},\"wordCount\":1201,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/default-37ds.jpg\",\"keywords\":[\"Fritz Joubert\",\"Greatest Rivalry\",\"Sport\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Sport\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/\",\"name\":\"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/default-37ds.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-17T22:01:00+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-18T05:15:29+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/default-37ds.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/default-37ds.jpg\",\"width\":650,\"height\":346,\"caption\":\"WP se Morn\u00e9 du Plessis. Foto Wessel Oosthuizen\\\/Gallo Images.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sport\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sport\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks","og_description":"Dit is heel gepas dat die huidige toer van die All Blacks die Greatest Rivalry gedoop is, want die wedywering tussen die Nieu-Seelanders en die Springbokke kan beslis beskou word as die grootste en mees tradisieryke onder alle rugbylande. My ervaring het 77 jaar gelede begin. As negejarige seun het my vader, Louw Joubert, my [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-17T22:01:00+00:00","article_modified_time":"2026-08-18T05:15:29+00:00","og_image":[{"width":650,"height":346,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/default-37ds.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Fritz Joubert","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks","datePublished":"2026-08-17T22:01:00+00:00","dateModified":"2026-08-18T05:15:29+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/"},"wordCount":1201,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/default-37ds.jpg","keywords":["Fritz Joubert","Greatest Rivalry","Sport","Top"],"articleSection":["Sport"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/","name":"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/default-37ds.jpg","datePublished":"2026-08-17T22:01:00+00:00","dateModified":"2026-08-18T05:15:29+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/default-37ds.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/default-37ds.jpg","width":650,"height":346,"caption":"WP se Morn\u00e9 du Plessis. Foto Wessel Oosthuizen\/Gallo Images."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sport","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sport\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Dis \u2019n lang reis saam met die All Blacks"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dis-n-lang-reis-saam-met-die-all-blacks\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329309","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=329309"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329309\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":330182,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329309\/revisions\/330182"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/327807"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=329309"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=329309"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=329309"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}