{"id":329306,"date":"2026-08-18T08:17:30","date_gmt":"2026-08-18T06:17:30","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=329306"},"modified":"2026-08-18T08:17:32","modified_gmt":"2026-08-18T06:17:32","slug":"akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/","title":{"rendered":"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Naledi Pandor, ANC-veteraan en voormalige minister van ho\u00ebronderwys, het tydens \u2019n onlangse onderhoud, vir die African Renaissance Podcast, die bou van Akademia se nuwe kampus in Pretoria as \u201cunacceptable\u201d bestempel. Sy is van mening dat Suid-Afrikaners is \u201cfar too complacent with our freedom\u201d en waarsku dat die land nog nie klaar afgereken het met eeue van rassisme en kolonialisme nie. Voorts gee sy te kenne&nbsp; dat die publieke stilswye, met betrekking tot die bou van die nuwe kampus, organisasies soos AfriForum kredietwaardigheid gee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is \u2019n ernstige aanklag deur \u2019n openbare figuur. Pandor het onder andere voorheen die minister van ho\u00ebronderwysportefeulje beklee, is tans voorsitter van die Nelson Mandelastigting en dien ook as kanselier van die Nelson Mandela Universiteit. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996) ondersteun egter nie haar standpunt nie. Die reg om in die taal van jou keuse onderrig te ontvang, ook deur middel van enkelmediuminstellings wat op eie koste tot stand gebring word, is nie \u2019n skuiwergat in Suid-Afrika se demokrasie nie. Die Grondwet dien juis doelbewus as beskerming teen presies die soort ongemak wat Pandor namens \u2019n sogenaamde meerderheid uitspreek.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Episode 39 - Dr Naledi Pandor: Leadership, Education And South Africa\u2019s Future\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/gB_82vgkZGI?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-r3-2-miljard-kampus-in-pretoria\" class=\"wp-block-heading\">R3,2 miljard-kampus in Pretoria<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kom ons begin met die feite van die Akademiaprojek self. Dit is \u2019n private ho\u00ebronderwysinstelling sonder winsoogmerk, wat deur \u2019n vennootskap tussen Solidariteit en die eiendomsmaatskappy Kanton opgerig word. Die R3,2 miljard-kampus in Pretoria \u2013 plus \u2019n tweede terrein wat tans in die Paarl ontwikkel word \u2013 ontvang geen staatsbefondsing of subsidie nie. Dit word gefinansier deur ondernemingskapitaalbeleggers, bankfinansiering en die klas- en koshuisgelde van studente wat self\/vrywilliglik kies om daar te studeer. Niemand word verplig om daar te studeer nie en geen openbare fondse van enige ander instelling word weggeneem of weerhou om die nuwe kampus te ontwikkel nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat s\u00ea ons Grondwet? Volgens Artikel 29(3) van die Grondwet het \u201celkeen\u201d die reg \u201com op eie koste onafhanklike onderwysinstellings tot stand te bring en in stand te hou wat (a) nie op grond van ras diskrimineer nie; (b) by die staat geregistreer is; en (c) standaarde handhaaf wat nie minderwaardig is vergeleke met standaarde by vergelykbare openbare onderwysinstellings nie.\u201d Akademia voldoen aan al drie voorwaardes. Dit is geregistreer as \u2019n private ho\u00ebronderwysinstelling, sluit nie studente op grond van ras uit nie en pas dieselfde akkreditasiestandaarde toe as enige ander instelling wat deur die Departement van Ho\u00ebr Onderwys en Opleiding erken word. Artikel 29(3) maak geen uitsondering vir die taal van onderrig nie, en Afrikaans, wat steeds deur miljoene Suid-Afrikaners oor elke rassegroep heen gepraat word, is een van die land se twaalf amptelike tale ingevolge artikel 6 \u2013 en, volgens Statistiek Suid-Afrika se sensus van 2022, die derde grootste huistaal wat deur 10,6% van die bevolking in die land gepraat word (isiXhosa met 16,3% sprekers en isiZulu met 24,4% sprekers).<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"400\" height=\"600\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/dr.-Linette-van-der-Merwe.jpg\" alt=\"Dr. Linette van der Merwe.\" class=\"wp-image-329307\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/dr.-Linette-van-der-Merwe.jpg 400w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/dr.-Linette-van-der-Merwe-200x300.jpg 200w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Dr. Linette van der Merwe. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-opstellers-van-die-grondwet\" class=\"wp-block-heading\">Opstellers van die Grondwet<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Selfs gemeet aan artikel 29(2), wat spesifiek op openbare instellings van toepassing is, was die opstellers van die Grondwet uitdruklik daaroor dat enkelmediumonderwys \u2019n regmatige keuse is en nie \u2019n historiese reliek waarvan weggeskram moet word nie. Daardie subartikel bepaal juis: \u201cElkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is,\u201d en vereis dat die staat \u201calle redelike alternatiewe in die onderwys, met inbegrip van enkelmediuminstellings\u201d moet oorweeg, met inagneming van billikheid, doenlikheid en die behoefte om die gevolge van rasgebaseerde wette en praktyke van die verlede reg te stel. Die opstellers het presies geweet wat hulle doen toe hulle \u201cenkelmediuminstellings\u201d in die teks van \u2019n post-apartheid grondwet ingeskryf het. Hulle het voorsien dat taalgebaseerde instellings deel van die Suid-Afrikaanse lewe sou bly, en hulle het vrywaringsmaatre\u00ebls ingebou \u2013 nie-diskriminasie, billikheid, uitvoerbaarheid \u2013 eerder as \u2019n verbod.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pandor het gelyk dat Suid-Afrika nog nie klaar afgereken het met die nalatenskap van kolonialisme en apartheid nie, insluitend die geskiendenis van Afrikaans as \u2019n instrument van uitsluiting onder Bantoe-onderwys. Daardie geskiedenis is werklik en verdien om eerlik vertel te word. Dit is egter\u2019\u0149 totaal ander saak om te beweer, soos Pandor skynbaar doen, dat \u2019n privaat gefinansierde, nie-diskriminerende, Afrikaansmedium universiteit op sigself \u2019n voortsetting van daardie onreg is bloot op grond van die onderrigtaal. Artikel 9 van die Grondwet verbied onbillike diskriminasie op grond van taal net so streng as wat dit diskriminasie op grond van ras verbied. Taal word immers gelys as \u2019n diskriminasiegrond in artikel 9(3). Om \u2019n enkeltaalmediuminstelling verdag te ag, bloot weens die taal verteenwoordig glad nie die regmatige toepassing van die Grondwet nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Akademia-inisatiewe behoort as \u0149 empiriese bewys en konsepvoorbeeld vir elke Suid-Afrikaanse taal voorgehou te word, nie net Afrikaans nie. Dit bewys, in die praktyk, dat \u2019n private, niediskriminerende, ten volle geakkrediteerde universiteit gebou en in stand gehou kan word deur gemeenskapsbelegging en studentegelde, sonder \u2019n enkele sent van staatsbefondsing, geheel en al in \u2019n amptelike taal wat nie Engels insluit nie. Die presedent wat hierdeur geskep word, behoort te dien as inspirasie en konkrete bewyse dat \u2019n enkelmedium tersi\u00eare instelling moontlik is. As Solidariteit en Kanton meer as R3 miljard in ekwiteit, bankfinansiering en beleggingsinkomste kan genereer om \u2019n moedertaalkampus vir Afrikaanssprekende studente te bou, bestaan daar geen beginselrede waarom dieselfde model (private kapitaal, ondersteuning deur die gemeenskap, registrasie kragtens die Wet op Ho\u00ebr Onderwys) nie gebruik kan word om vergelykbare isiZulu-, isiXhosa-, Sesotho- of Sepedi-mediumonderriginstellings sou kon ontwikkel nie.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-verkeerde-aannames\" class=\"wp-block-heading\">Verkeerde aannames<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe meer sulke instellings bestaan, in meer tale, hoe makliker word dit om twee verwante aannames, wat sedert 1994 stilweg die Suid-Afrikaanse ho\u00ebronderwys gevorm het, te gronde te rig, naamlik, dat Engels die enigste geloofwaardige taal van wetenskap en professionele lewe is en dat Afrika-tale, Afrikaans ingesluit, op een of ander manier minderwaardig is wat ho\u00ebr kognitiewe funksies betref. Hierdie aannames &nbsp;vertel miljoene studente dat hulle, om akademies ernstig opgeneem te word, in \u2019n tweede of derde taal moet dink, redeneer en spesialiseer eerder as in die een waarin hulle die vlotste redeneer, en hulle laat Suid-Afrika se inheemse tale onderontwikkeld as tale van onder andere die regte, mediese navorsing, ingenieurswese en natuurwetenskappe \u2013 nie omdat hulle nie tot die ho\u00ebr kognitiewe funksies in staat is nie, maar omdat min of geen instellings ooit oor die hulpbronne beskik het om die funksies te ontwikkel. Elke moedertaalinstelling, soos Akademia, in enige amptelike taal, sal \u2019n wesenlike bydrae lewer tot daardie taal se wetenskapsterminologie, handboeke, geakkrediteerde vaktydskrifbydraes en institusionele selfvertroue om \u2019n taal se ho\u00ebr kognitiewe funksies te ontwikkel en bevorder. Akademia se werklike waarde vir Suid-Afrika het miskien minder met Afrikaans spesifiek te doen en meer daarmee om, konkreet te dien as bewys dat dit haalbaar is \u2013 en die moeite werd is om vir elke amptelike taal ewekansige geleenthede te bied en nie net een (Engels) nie.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-akademia-nie-bo-kritiek-verhewe\" class=\"wp-block-heading\">Akademia nie bo kritiek verhewe<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Niks hiervan beteken dat Akademia bo kritiek verhewe is, of dat debat daaroor ongewens is nie \u2013 Pandor het gelyk dat Suid-Afrikaners meer openlik met hierdie vrae moet omgaan eerder as om die veld aan enige een belangegroep oor te laat. Tog moet daardie debat binne die Grondwet se taalregte plaasvind, nie daarteen nie. Die reg van \u2019n gemeenskap om sy lede, op eie koste, in die taal van sy keuse op te voed, mits dit nie diskrimineer nie en aan nasionale standaarde voldoen, was nie \u2019n vergissing in 1996 nie. Dit was die kompromie waartoe die onderhandelings van die Grondwet van Suid-Afrika gekom het, juis sodat geen toekomstige individu(e), party of regering ooit \u2019n wetlik gekonstitueerde, niediskriminerende instelling \u201conaanvaarbaar\u201d kan verklaar bloot weens die onderrigtaal wat in die lesingsale gepraat word nie.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Dr. Linette van der Merwe is verbonde aan die Universiteit van Pretoria by die Departement Geesteswetenskaplike Opvoedkunde waar sy onder meer Afrikaansmetodologie doseer en die ko\u00f6rdineerder van die Nagraadse Onderwyssertifikaat is.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Naledi Pandor, ANC-veteraan en voormalige minister van ho\u00ebronderwys, het tydens \u2019n onlangse onderhoud, vir die African Renaissance Podcast, die bou van Akademia se nuwe kampus in Pretoria as \u201cunacceptable\u201d bestempel. Sy is van mening dat Suid-Afrikaners is \u201cfar too complacent with our freedom\u201d en waarsku dat die land nog nie klaar afgereken het met eeue [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":329277,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Linette van der Merwe","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[16519,17976,17921,15603,15577],"class_list":["post-329306","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-akademia","tag-linette-van-der-merwe","tag-naledi-pandor","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Naledi Pandor, ANC-veteraan en voormalige minister van ho\u00ebronderwys, het tydens \u2019n onlangse onderhoud, vir die African Renaissance Podcast, die bou van Akademia se nuwe kampus in Pretoria as \u201cunacceptable\u201d bestempel. Sy is van mening dat Suid-Afrikaners is \u201cfar too complacent with our freedom\u201d en waarsku dat die land nog nie klaar afgereken het met eeue [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-18T06:17:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-08-18T06:17:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_567417_69065-1024x681.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"681\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Linette van der Merwe\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie\",\"datePublished\":\"2026-08-18T06:17:30+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-18T06:17:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/\"},\"wordCount\":1308,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/ED_567417_69065.jpeg\",\"keywords\":[\"Akademia\",\"Linette van der Merwe\",\"Naledi Pandor\",\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/\",\"name\":\"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/ED_567417_69065.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-08-18T06:17:30+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-18T06:17:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/ED_567417_69065.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/ED_567417_69065.jpeg\",\"width\":2560,\"height\":1703,\"caption\":\"Dr. Naledi Pandor. Foto: Gallo Images\\\/Rapport\\\/Edrea du Toit.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta property=\"og:video\" content=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/gB_82vgkZGI\" \/>\n<meta property=\"og:video:type\" content=\"text\/html\" \/>\n<meta property=\"og:video:duration\" content=\"5426\" \/>\n<meta property=\"og:video:width\" content=\"480\" \/>\n<meta property=\"og:video:height\" content=\"270\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:adult\" content=\"false\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:upload_date\" content=\"2026-08-18T06:17:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:allow_embed\" content=\"true\" \/>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie","og_description":"Naledi Pandor, ANC-veteraan en voormalige minister van ho\u00ebronderwys, het tydens \u2019n onlangse onderhoud, vir die African Renaissance Podcast, die bou van Akademia se nuwe kampus in Pretoria as \u201cunacceptable\u201d bestempel. Sy is van mening dat Suid-Afrikaners is \u201cfar too complacent with our freedom\u201d en waarsku dat die land nog nie klaar afgereken het met eeue [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-18T06:17:30+00:00","article_modified_time":"2026-08-18T06:17:32+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":681,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_567417_69065-1024x681.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Linette van der Merwe","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie","datePublished":"2026-08-18T06:17:30+00:00","dateModified":"2026-08-18T06:17:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/"},"wordCount":1308,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_567417_69065.jpeg","keywords":["Akademia","Linette van der Merwe","Naledi Pandor","Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/","name":"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_567417_69065.jpeg","datePublished":"2026-08-18T06:17:30+00:00","dateModified":"2026-08-18T06:17:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_567417_69065.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/ED_567417_69065.jpeg","width":2560,"height":1703,"caption":"Dr. Naledi Pandor. Foto: Gallo Images\/Rapport\/Edrea du Toit."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Akademia nie die grondwetlike probleem wat Naledi Pandor dink nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/akademia-nie-die-grondwetlike-probleem-wat-naledi-pandor-dink-nie\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"og_video":"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/gB_82vgkZGI","og_video_type":"text\/html","og_video_duration":"5426","og_video_width":"480","og_video_height":"270","ya_ovs_adult":"false","ya_ovs_upload_date":"2026-08-18T06:17:30+00:00","ya_ovs_allow_embed":"true","geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329306","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=329306"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329306\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":330192,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329306\/revisions\/330192"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/329277"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=329306"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=329306"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=329306"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}