{"id":329025,"date":"2026-08-12T12:00:00","date_gmt":"2026-08-12T10:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=329025"},"modified":"2026-08-12T11:42:37","modified_gmt":"2026-08-12T09:42:37","slug":"kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/","title":{"rendered":"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Weeksdae is die borrelende Sherlin die een wat KFM-luisteraars soggens laat glimlag, selfs al sit hulle buffer teen buffer in die mees geknoopte van verkeersknope. En dit wil gedoen wees! Maar nou het die lieflike 36-jarige ma van \u2019n tweeling weer \u2019n nuwe uitdaging aanvaar \u2013 as die nuwe aanbieder van die derde seisoen van <em>Ons gesels balans<\/em> op VIA.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy is darem nie \u2019n groentjie wat TV-werk behels nie. Kykers het reeds in 2012 met haar kennis gemaak toe sy deel was van <em>Top Billing<\/em> se soektog na nuwe aanbieders.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandeesmaand neem sy die teuels van <em>Ons gesels balans<\/em> oor by Katryn Kruger en daar gaan gefokus word op die vind van balans tussen skoonheid, velsorg, gesonde dieet en oefening.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe sien Sherlin hierdie nuwe pad vorentoe vir haar uitspeel?<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-hoekom-moet-mense-na-ons-gesels-balans-kyk\" class=\"wp-block-heading\">Hoekom moet mense na <em>Ons gesels balans<\/em> kyk?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die lewe kan so maklik oorweldigend besig raak. <em>Ons gesels balans<\/em> is nie net \u2019n mooi herinnering daaraan om balans in jou lewe \u2019n prioriteit te maak nie \u2013 dit bied ons ook die geleentheid om elke week saam met ons gaste en kykers meer oor die proses te leer. Kykers kan uitsien na persoonlike verhale, praktiese demonstrasies en eerlike gesprekke waarin egtheid veel belangriker as perfeksie is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is boonop my eerste TV-projek sedert ek ma geword het en dit dra by daartoe dat hierdie reeks vir my besonder spesiaal is. Die tydsberekening is perfek; dit voel asof alles net mooi in plek geval het.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-jy-is-self-iemand-wat-baie-balle-tegelyk-in-die-lug-hou-wat-is-jou-geheim-om-balans-te-vind-en-te-handhaaf\" class=\"wp-block-heading\">Jy is self iemand wat baie balle tegelyk in die lug hou. Wat is jou geheim om balans te vind \u00e9n te handhaaf?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek kan net so \u2019n vol lewe lei en soveel verskillende dinge aanpak omdat ek hulp het. Ek doen nie alles self nie, en ek wil ook nie. Ek is ongelooflik dankbaar vir my ondersteuningsnetwerk \u2013 my <em>village<\/em> \u2013 wat dit vir my moontlik maak.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-is-vir-jou-die-gevaartekens-dat-iemand-tred-verloor-het-met-sy-of-haar-eie-gevoel-van-balans\" class=\"wp-block-heading\">Wat is vir jou die gevaartekens dat iemand tred verloor het met sy of haar eie gevoel van balans?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek weet presies hoe dit vir my lyk en voel wanneer ek my eie balans begin verloor. Dit gebeur gewoonlik nie oornag nie, en daarom sal die pad terug na jou beste self ook nie noodwendig vinnig plaasvind nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My ma vra gereeld: \u201cHoe eet \u2019n mens \u2019n olifant?\u201d Die antwoord is eenvoudig: stukkie vir stukkie. Dieselfde geld wanneer jy weer balans wil vind of jou lewe wil verbeter. Wees geduldig met jouself.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vat dit een dag en een tree op \u2019n slag, en luister werklik na jou liggaam en vra jouself af: wat het dit nou nodig?<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-jy-glo-dat-n-mens-nooit-moet-ophou-groei-en-leer-nie-waarop-fokus-jy-tans-in-jou-eie-groeiproses\" class=\"wp-block-heading\">Jy glo dat \u2019n mens nooit moet ophou groei en leer nie. Waarop fokus jy tans in jou eie groeiproses?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Asemwerk. Ek het my studie deur <a href=\"https:\/\/www.breathworkafrica.co.za\/\">Breathwork Africa<\/a> vir eers uitgestel, maar beplan om dit volgende jaar voort te sit. Intussen beoefen ek steeds bewustelike asemhaling. Iets besonders gebeur wanneer ons ons aandag doelbewus na ons asem bring. Kykers gaan dit ook in een van die komende episodes ontdek.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My tweeling is tans besig met <em>potty training<\/em>, en glo my, dit verg baie geduld \u00e9n diep asemteue! Ek het ook geleer dat dit vir my kleuters makliker is om hul emosies te reguleer wanneer ek s\u00e9lf kalm en gereguleer is. Soms \u2013 eintlik gereeld \u2013 begin balans bloot by die manier waarop jy asemhaal.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wie-is-vandag-jou-grootste-inspirasie\" class=\"wp-block-heading\">Wie is vandag jou grootste inspirasie?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My ouers inspireer my elke dag. Hulle is albei afgetree, maar hulle leef steeds sulke vol en betekenisvolle lewens.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek put ook inspirasie uit my jonger self. Daarom hou ek altyd \u2019n foto van myself as vyfjarige dogtertjie byderhand. Dit is vir my belangrik dat daardie dogtertjie trots op my sal wees; dat sy die dinge sal nastreef waarna sy verlang \u00e9n omdat sy dit waardig is. Ek wil vir ons die lewe skep waarvan sy nog altyd gedroom het.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-as-jy-enigiemand-ter-wereld-as-gas-op-ons-gesels-balans-kon-nooi-wie-sou-dit-wees-en-waarom\" class=\"wp-block-heading\">As jy enigiemand ter w\u00eareld as gas op <em>Ons gesels balans<\/em> kon nooi, wie sou dit wees en waarom?<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Amerikaanse aktrise Tracee Ellis Ross (<em>Girlfriends, Black-ish<\/em>). Sy inspireer my omdat sy \u2019n gebalanseerde lewe lei wat sy op haar \u00e9ie voorwaardes gedefinieer het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is \u2019n aanhaling van haar wat ek graag onthou: \u201cEk leer elke dag om toe te laat dat die ruimte tussen waar ek nou is en waar ek wil wees, my inspireer \u2013 eerder as om my bang te maak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is opreg dankbaar vir waar ek my tans bevind, maar terselfdertyd ook baie opgewonde oor alles wat nog voorl\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><em>Ons gesels balans word Donderdagaande om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Hierdie seisoen word deur <\/em><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/VitadermProfessionalSkincare?__tn__=-%5dK\"><em>Vitaderm Professional Skincare<\/em><\/a><em> geborg.<\/em><\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Weeksdae is die borrelende Sherlin die een wat KFM-luisteraars soggens laat glimlag, selfs al sit hulle buffer teen buffer in die mees geknoopte van verkeersknope. En dit wil gedoen wees! Maar nou het die lieflike 36-jarige ma van \u2019n tweeling weer \u2019n nuwe uitdaging aanvaar \u2013 as die nuwe aanbieder van die derde seisoen van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":329027,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[28],"tags":[17906,15771,17907,17905,15577,17632],"class_list":["post-329025","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leefstyl","tag-kfm","tag-leefstyl","tag-ons-gesels-balans","tag-sherlin-barends","tag-top","tag-via"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Weeksdae is die borrelende Sherlin die een wat KFM-luisteraars soggens laat glimlag, selfs al sit hulle buffer teen buffer in die mees geknoopte van verkeersknope. En dit wil gedoen wees! Maar nou het die lieflike 36-jarige ma van \u2019n tweeling weer \u2019n nuwe uitdaging aanvaar \u2013 as die nuwe aanbieder van die derde seisoen van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-12T10:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1069\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Annelene Oberholzer\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0\",\"datePublished\":\"2026-08-12T10:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/\"},\"wordCount\":770,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg\",\"keywords\":[\"KFM\",\"Leefstyl\",\"Ons gesels balans\",\"Sherlin Barends\",\"Top\",\"VIA\"],\"articleSection\":[\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/\",\"name\":\"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-12T10:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg\",\"width\":2000,\"height\":1069,\"caption\":\"Sherlin Barends. Foto: Verskaf\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0 | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0","og_description":"Weeksdae is die borrelende Sherlin die een wat KFM-luisteraars soggens laat glimlag, selfs al sit hulle buffer teen buffer in die mees geknoopte van verkeersknope. En dit wil gedoen wees! Maar nou het die lieflike 36-jarige ma van \u2019n tweeling weer \u2019n nuwe uitdaging aanvaar \u2013 as die nuwe aanbieder van die derde seisoen van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-12T10:00:00+00:00","og_image":[{"width":2000,"height":1069,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Annelene Oberholzer","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0","datePublished":"2026-08-12T10:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/"},"wordCount":770,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg","keywords":["KFM","Leefstyl","Ons gesels balans","Sherlin Barends","Top","VIA"],"articleSection":["Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/","name":"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg","datePublished":"2026-08-12T10:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Ons-Gesels-Balans_Website-image.jpg","width":2000,"height":1069,"caption":"Sherlin Barends. Foto: Verskaf"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Kykers gaan eersdaags balans vind saam met Sherlin Barends\u00a0"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kykers-gaan-eersdaags-balans-vind-saam-met-sherlin-barends\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329025","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=329025"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329025\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":329028,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/329025\/revisions\/329028"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/329027"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=329025"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=329025"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=329025"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}